Dag 16: DIE WONDER VAN WONDERLIK

1 comments

DIE WONDER VAN WONDERLIK

Al ooit gewonder wat wonderlik beteken?  Wonderlik is om die wonde te genees van die kere wat jy nie nee gesê het en jouself eerste gestel en jouself ge-ëer het nie.  Daar waar jy jou waarheid vertrap het vir die goeie woorde van ander en toegelaat het dat ander se woorde en dade jou wond, is die begin van wonderlik.  Wanneer jy sien dat die wond deur jouself veroorsaak is deurdat jy nie nee gesê het nie, help jou sien hoe jy jouself gewond het en vergiftig het en in hel gesit het.  Wanneer jy verstaan hoe jy jouself vergiftig het, kan jy vergifnis doen.  Met die sien van die waarheid, vergewe jouself en vergewe ook die ander wat skynbaar aan jou iets gedoen het.  Vergifnis is die sleutel om wonderlik te ervaar.  Dan lek jy nie meer jou wonde nie en wonder nie meer oor die lewe nie, want jy sien die ek van jouself wat die gif/geskenk gebring het.  Dan wonder jy nie meer oor wat môre sal bring nie, want jy voel en is wonderlik en die lewe is wonderbaar en die openbaring baar ‘n nuwe môre wat in plek is wanneer jy daar kom.  Net soos die voëls van die veld gevoer word, so is jou pad dan wonderbaar en die dade wat groter is soos deur die Meester Jesus aangedui, word duidelik en jy kan dan ook jou meeste wees en wanneer jy jou meeste is, is jy jou eie meester.  Wonderlik, is dit nie?



EK SKIET MY IN MY EIE VOET

Om te skiet het ons ‘n patroon nodig.  Wanneer ons onsself in die voet skiet, dan loop ons moeilik. Die patrone van ons lewe is in ons ingeoefen van kindsbeen af en is die patrone van die sondes van die vaders wat ons besoek tot in met die sewende geslag.  Met die slagting van die sk-ape wat kom van ape, vergeet ons ons lag.  Om die patrone te indentifi-seer en te verstaan bring die moontlikheid van genesing en vernuwing. Wanneer ons dan nee sê vir die patrone, genees ons.  Om te trots te wees om na eie patrone te kyk, is dan die troon wat die siel onttroon. Dit is een van die skille van verskillende patrone wat ons laat skildig voel en alle soorte prente van hel en vuur in ons koppe skilder. Wie skilder die prentjie? Wie verkoop die siel van die mens met n skildery wat die ewebeeld van God nie waardig is nie? Wie hou die waarheid dig met skul dig of is dit kul dig?

Patrone wat ons aanneem word onder verskillende woorde beskryf in die boek.  Wanneer jy die patroon in jouself sien, vergewe jouself dat jy jouself toegelaat het om daaraan deel te neem en sê nee elke keer as die patroon opkom om jou te onttroon as kind van God.  Onthou dat die patroon op verskillende maniere as versoekings aan jou gewys sal word deur al jou kennisse/vriende/familie en gemeenskap van goed en kwaad. Ont hou jouself dan van deelname aan die patroon deur nee te sê vir jou deelname en dan sal jy nie meer hard wees op jouself deur jouself te oordeel nie.  Wanneer ander jou oordeel, oordeel hulle net hulself – Gee aan hulle ‘n boek en bespreek die woord en die krag van die woord. Bespreek die plan van die planeet waar daar genoeg is vir almal om te eet en moenie dat die spel van n preek die waarheid van God se woord weerspreek nie. In elke woord wat ons spreek, spreek God met ons tot ons weer ons waarheid ontdek en geeneen sal verlore gaan nie.  Laat die spel van die woord nie mag oor jou hê nie, maar mag jy deur die rede van die woord vrede vind tot in alle ewigheid.



LEIERS MOET NIE LYDING BRING NIE

Waar die waarheid van enige situasie in die wêreld lyding is, moet die vraag gevra word : “Waarom laat die leiers van die wêreld toe dat die lyding plaasvind?”.  Die lyding is ‘n refleksie van die leierskap in die wêreld en as inwoners van die wêreld is dit tyd dat die mense, ek en jy, nee sê vir die soort leierskap en die toelaat van die lyding.  Dan sal die wêreld genees.  Om te begin sê ons nee in ons eie huise vir enige vorm van lyding, dan brei ons dit uit na ons woongebied, dan na ons dorpe en stede, dan na ons dorpsbestuur dan na ons provinsiebestuur, dan na ons landsbestuur, dan na ons buurstate en in die proses help ons die proses van genesing, reg oor die wêreld.  Leiers moet lei deur hul verstaan van die waarheid van die woorde wat gespreek word en hoe ons woorde ons werklikheid skep. n Werklikheid wat nie vir almal werk nie.  Met leiers wat maniere ontwikkel het om die mense in die wêreld in die donker te hou deur so min as moontlik te sê, het ‘n plan-eet geskep waar almal nie w-eet nie.  Nou dat ons wêreld in ‘n donker tyd is, weet dat ons deelneem (Ons wêreld is in ‘n donker tyd en ons neem daaraan deel) aan die skepping van die donkerte, omdat ons nie nee sê daarvoor nie en hierdie donker beeld voor as voorbeeld gebruik in plaas van die ewebeeld van God.  Weet dat daar niks verborge is wat nie bekend gemaak sal word nie.  Dus is die hou van geheime en die gebrek aan inligting onaanvaarbaar, want dit bring ‘n gebrek in ons gemeenskap.  Die gebrek aan inligting bring in ‘n gebrek aan lig wat donkerte is.  Wanneer die mens in die donker bly, word vrees’ n manier van lewe en die lig word onder die maatemmer van oordeel  gebêre wat net donkerte bring.  Die donkerte in ‘n donker tyd meet die lig van die liggaam van die mens en laat die lig van verstaan uitstaan wanneer daar nee gesê word vir die donkerte.  Die manier wat die lig onderdruk word in hierdie dae is die Groot Onderdrukking.  Openbaar jouself, genees jouself, sê nee en genees.  Onthou om ook jou kommunikasie en oordra van inligting aan ander te meet aan die lig wat dit skep en die verstaan wat dit oordra.  Om in te lig is om lig te maak.  Om te verstaan is om die lig te wees.  Die beheer van inligting skep ‘n gebrek aan lig wat donkerte bring en ons neem daaraan deel.    Is dit die oordeel?  Om te hoor en nie die lig van verstaan oor te dra nie, want on skies om deel te neem aan n gebrek van inligting waar ons voel ons het nie direkte verantwoordelikheid nie.  Dan is ons mos verlos, want ons het ons los gemaak van verantwoordelikheid. Dit is egter nie die verlossing wat Jesus die voorbeeld van was nie. Jesus is die voorbeeld van die uitleef van die ewebeeld van God met volle verstaan en ons weier om die verantwoordelikheid te neem om sy voorbeeld in word en daad te volg. Om te weier beteken om n weier veld van invloed te hê deur jou lig van verstaan te skyn en so jou naaste te verlos van die invloed van vrees en die duisternis van nie die ewebeeld van God leef nie.  Die skyn van jou lig van verstaan wat in jou hart en kop aangaan word gemeet aan jou vermoë om die inligting wat jy praat as raad uit te dra aan ander om te deel in jou verstaan sonder oordeel of skrikwekkende boodskappe van hel en vuur.  Meet jou woorde en dan jou dade aan die lig wat dit bring.  Meet jou leiers aan die lig wat hulle uitdra in hulle inligting, woorde en dade sowel as gebrek aan inligting, woorde en dade. Vir ‘n leier om te sê:” Vertrou my, ek weet beter!”, skep donkerte.  Die donkerte is die gebied van vrees en onsekerheid en is die val van die mens in die gat van vals inligting en vertroue.   Wie is tans in beheer van die wêreld?  Lig of donkerte?  Wie is ons Heer en Meester?  Lig of donkerte? Dit wat jou woorde skep en waaraan jy deelneem in jou dade dui mos aan watter deel jy neem in die wereld in jou deelname en die name wat jy daaraan gee as jou deel in oordeel.  Net jy kan jouself oordeel om ‘n nuwe keuse te maak oor hoe jy jou inligting uitdra deur die gebruik en verstaan van jou woorde.


ONTHOU OM TE ONT HOU

Wat ons van hou, het ‘n houvas op ons.  Wat ‘n houvas op ons het, het ons normaalweg van iemand anders geleer.  Wanneer ons die leer van ‘n ander klim, vind ons onsself nie en ontgin ons ‘n ander se kleim en vind nie ons eie skat van die lewe nie.  Wanneer ons kyk na die aap en die pampoen storie, sien ons dat die vashou van die pitte deur die aap hom ‘n gevangene maak van die pampoen.  Interessant noem ons geld ook pitte in Afrikaans.  As ons aan geld vashou, het geld ‘n houvas op ons. Dan beheer geld ons en word(woord) ons heer en meester wat bepaal wanneer ons die meeste is. Ons prys onself mos dan ook met hoeveel geld ons het en almal om ons moet die prys van ons geldheer betaal.

Ongelukkig is ook baie van ons in-lig-ting geba-seer op donker nuus.  Die donker nuus maak seker ons hou vas aan pitte( be-lof-tes ) van versekering wat ons toe-kom-s verseker.  Wat dit verseker is dat ons kry wat ons toekom, net ‘n pampoen.  Dan noem ons mos so ‘n per-so-on ‘n pampoenkop?  Net soos die aap se hand vassit in die pampoen, sit die sk-aap se hand nou vas vol geld in die k-luis.

Wat is so belangrik in ons definisie van onsself en ander in die lewe dat ons aan ons oordeel van ons omskrywing moet vashou? Sel-fbeeld?  Stof wat ons optof? Wat is die beeld wat ons uitdra in ons inligting? Wat is die voorbeeld wat ons s-tel? Is dit die voorbeeld van God of die beeld voor God?  Onthou dat ons inligting aan ons gegee word deur ouers, kerk, kultuur, skool, koerant, televisie, boeke, ens.  In meeste van hierdie gevalle word woorde gebruik met pr-ente om ‘n prentjie te skilder. Die woorde dra of lig uit as inligting wat verstaan word vir die liggaam van die mens of dit dra ‘n gebrek aan lig  uit wat dan donkerte en vrees  bring.  Sê nee vir enige inligting wat donkerte en vrees  bring en genees jouself van die houvas van die donkerte en vrees. Maak jouself los aan die manier wat inligting het om altyd die selle te lyk (met die selfde prentjie oor en oor word jou oor-deel ver-deel) en om in jou selle te woon as jou selfbeeld. Wanneer jy verstaan dat jou inligting bepaal wie jy is en wat jy lewe, sal jou nuwe keuse verlossing bring.  Diegene wat die gene van die mens se optrede verstaan, maak seker dat hulle die inligting beheer en is dan die heer van die optrede van die mens. Dan word die ewebeeld van God in Genesis 1 vergeet.

Weereens is dit slegs onthouding deur selfdissipline met toepassing van die ewebeeld van God wat dissipels van die lewe en lig van verstaan skep.  Die maatstaf van die maatemmer skep die manier om te sien of ons die lig van verstaan ondersteun of die donkerte as ‘n gebrek aan verstaan ondersteun.  Die vermoë om inligting te verstaan en prosesseer is die sentrale vermoë wat ontwikkel moet word sodat jou bewustheid ‘n sentrale word wat woorde met werklikheid opkoppel.  Daar voor is moed nodig, want dit beteken die opgee van ons oortuigings wat ons aan vashou, dus onthouding, dus die verwydering van dit wat ons vashou sodat ons die nuwe dag kan ingaan sonder dit wat ons onthou van gister.  Ons lewe dus elke dag sonder beinvloeding van wat  ons gister gelewe het en dit wat ons onthou as geheue waaruit ons oordeel gebore word.  Die beheer van inligting skep die situasie waar ons elke dag herinner word wat die beheerders van inligting wil hê ons inner beeld en innerlike self moet wees.

Hierdie proses is slegs ‘n proses van verstaan en is nie ‘n oordeel van diegene wat donkerte uitdra as lig nie.  Hulle verstaan nie en ons as toepassers van die inligting gee aan hulle die mag om aan ons te wys hoe ‘n gebrek aan inligting die donkerte skep. Dit skep dan aan ons die geleentheid om wakker te word en die vreugde van die wakker word te ervaar. En groot is die vreugde in die leerskares wanneer een verlore kind tuiskom en sy werlike doel op aarde ontdek. Die doel om die woorde wat hulle spreek as ewebeeld van God te lewe, en dan word die w-oor-d vlees en God openbaar homself in sy kind.

comments (1)

Ik kan het lezen! Heel mooi wat je met de taal doet. De woorden laten zelf horen hoe de werkelijkheid in elkaar steekt door hoe ze klinken
I can read this! Very nice how you handle the language. The words by their very sound let us hear how reality works
Dankie

Post a Comment