Posted by Bernard Poolman | Posted on Thursday, 23 August 2012
Filed under:
armes,
bernardpoolman,
christendom,
Desteni,
ekonomiese sisteem,
eqafe,
gif,
Jesus,
kinders,
lewe,
mensdom,
skuld,
slaaf,
vergifnis,
waardes,
wil van god
Eke vergewe
myself dat ek myself Toegelaat het en Aanvaar het dat vergifnis van Aarde
verander word in die GIF wat die mens van mekaar verwyder soos elkeen wedywer
om beter te wees as die ander, en so te lewe met vergifnis as LIPPETAAL Sonder dat
die Manier van Lewe enige Egte Vergifnis Reflekteer.
Ek vergewe
dat ek myself Toegelaat het en Aanvaar het dat Vergifnis versprei word soos ‘n
gif waarop die mens besluite baseer om mekaar te Na te Kom en te Benadeel tot
so ‘n Mate dat Lewe op Aarde Sonder EER bestaan, want elkeen stel Hulself
Eerste in plaas van om Lewe wat Ewe in almal is Eerste te Stel.
Ek vergewe
myself dat ek myself Toegelat het en Aanvaar het, om vergifnis te verander in ‘n
PRODUK wat verkoop word deur te sê Dat Jesus Vergifnis vir die Mens deur sy
Bloed GEKOOP het, om Sodoende die Sisteem van SKULD en Profyt waarde te gee,
sodat die Benadeling van Mekaar aanvaarbaar te kan maak, want Sodoende kan
geglo word dat die mens in SKULD gebore is en dus kan die Ekonomiese Sisteem
van SKULD op mekaar afgedwing word as ‘n GAWE van GOD.
Ek vergewe
myself dat ek myself Toegelaat het en Aanvaar het dat SKULD die begin van ELKE
kind se Lewe is, SODAT Elke KIND ‘n SLAAF Lewenslank kan wees aan die Konsep
van SKULD, om Sodoende Hulle Kinders ook in SKULD te DOMpel as die Enigste
Bestaansreg van die mensDOM.
Ek vergewe
myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat NET die Bloed van Jesus Vergifnis
moontlik maak om die Mens te Verlos van die SKULD waarmee die Mens volgens
Oorlewering Mee Gebore is in hierdie Lewe, en word in elke kind INGEDWING om te
Verseker dat die Mens altyd bestaan as SKULDENAARS.
Ek vergewe
myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die LOT van die ARMES die
WIL van GOD is, want die ARMES Kan nie SKULD maak nie en het dus nie toegang
tot GELD nie.
Ek vergewe
myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om nie te SIEN, dat almal wat
aan die Stelsel van SKULD deelneem as Ekonomiese Sisteem Christene is, want SKULD
is die Fondasie van die ChristenDOM.
Ek Stel my
ten Doel om Aan te TOON, Dat Geestelike waardes weerspiëel word in Ekonomiese Waardes
en dat die Ekonomie Stelsel die Waardes van
die Geestelike Stelsel Voorstel.
Ek stel my
ten Doel om Aan te WYS, dat Bloed van Jesus Betalingstelsel die fondasie is van
die Wêreld Ekonomiese Stelsel wat Bloed
van Klippe tap deur die mens Verslaaf te Maak aan SKULD.
Ek stel my
ten DOEL om te Wys dat RykDOM deur SKULD die SKILLE op die Oë van die mens so
effektief gemaak het, dat die MENS GEEN meegevoel met die MedeMens het nie, en
DUS nie die NAASTE Lief het soos Self nie.
Ek stel my
ten Doel om Daarop te WYS dat die Huidige Ekonomiese Stelsel op Aarde die
Teenoorgestelde is, wat DIREK gekant is Teen die Leerstellinge van Jesus om jou
Naaste Lief te hê soos jouself en om te gee soos mens wil ontvang - en dat
enige Mens wat Jesus AANBID, maar nie Sien dat die Ekonomiese Stelsel Indruis
teen die Boodskap van Jesus, Besig is met Vals leerstellinge en ‘n Vals Beeld Voorhou
en dus nie Vertrou kan word met die Roeping om die AARDE se Bestier Volgens die
wil van GOD as Lewe nie.
Ek stel my
ten Doel om Daarop te Wys dat die AARDE en die Son in Alle Behoeftes Voorsien
Sonder SKULD, en dat SKULD ‘n uitvindsel is van die mensDOM om mekaar te
treiter en te Martel, terwyl agter die naam van Jesus Skuiling word.
Ek stel my
ten Doel om daarop te WYS dat SKULD die Gif is van Vergifnis Waar die Mens Die
Lewe Onteer in Eie BELANG
Don't miss a single post! Subscribe to my RSS feed
Posted by
Bernard Poolman |
Leave a Comment
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
comments (0)
Post a Comment