Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
bernardpoolman,
Desteni,
doel,
eqafe,
geld,
God,
goed voel,
lewe,
lyding,
reinig,
self vervulling,
spel,
vlees,
werklikheid
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat die doel van die Lewe is ‘n spel van, Hoe Ek Voel, en tensy ek GOED voel het die Lewe nie ‘n Doel nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om hoe Ek Voel meer belangrik te maak as die Lewe Self en dat ek gevoel gebruik om ander te kry om met my saam te stem want as twee of meer soos EK VOEL dan moet Ek reg wees, ten spyte van ‘n Wêreld wat bewys dat Ek niks Voel vir die Lyding wat my Voorkere en Gevoelens op die Vleismens neer gedaal het, want Ek wil altyd Eerste wees en Sal nie My Gevoelens opgee om Lewe Eerste te stel nie, want dan verloor Ek en Ek sal liewer die Lewe laat Verlore gaan voor ek gevoel opgee.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om van die Lewe ‘n Spel te maak wat ‘n Doel het wat die reg tot die lewe minder gestel het as die Doel van die Spel waar ek as Wenner uit die stryd kan kom met ‘n Doel wat my Lewe Rede gee waar die Doel My Lewe laat uitstaan as of Rykdom in Geld of Rykdom in Gees of Rykdom in Gevoel, want as Ek my Doel bereik, kan ek mos nie dom wees nie, want ek het die Doel van die Lewe Verstaan en twee of meer Stem met my saam en Ek is Dus met die Doel van God en staan nie Alleen nie, maar ek staan OOK nie vir die Reg tot Lewe vir Almal nie, maar dit maak nie saak nie wat dit moet die Doel van God wees wat ek Nooit sal kan verstaan nie, sê ek aan myself want Ek moet Myself Eer as Eerste, Lewe is nie my verantwoordelikheid nie, DIT IS GOD SE WIL
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Sonder Gevoel Lyding in die Lewens van Miljoene Mense op Aarde toe te laat solank EK Goed Voel en Voel ek bereik ‘n Doel sonder dat ek Soos ‘n Gek Voel omdat ek die Lewe vir ‘n Pot Lensiesop verkoop het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om op die hele doel van die Wêreld sisteem te Fokus rondom Individuele Gevoelsvervulling deur te fokus op die Spel van Mindere Self vervulling wat my Beter sal laat Voel oor My Lewe, want ek het aanvaar dat My Lewe net Waarde het as dit ‘n Doel het wat die resultaat het wat my GOED laat voel en dat Enige Iets wat my nie so gou moontlik laat Goed Voel nie, op die manier waar ek tevrede sal wees, kannie waar wees nie, want in die Spel van die duidelike Gevoelsvervulling kan Ek wen en Almal het mos ‘n kans om dieselfde te doen, maak ek self wys, sonder om te Besef dat Wysmakery ‘n skepping is wat Ek Maak in Belang van my Eie Gek in ‘n Wêreld so klein waar net Ek bestaan en die Lewe verkleineer word tot dat Niks werd is in werklikheid vir ander nie, maar net omdat My Lewe My Doel het, is Alles sommer net Reg en Sal ek nooit My Doel opgee nie, want My onmiddellike prentjie van My Lewe Lyk GOED en die werklikheid van die wêreld is Ver van My, want ek wil nie besef dat dit Net Geld en Kos en ‘n Dak oor my Kop is wat my Kop laat Raas met soek na ‘n Doel en snaaks genoeg sal Ek myself nie die Doel Gee om Lewe vir Almal as Een en Gelyk Eerste te stel nie, want ons kan mos nie ALMAL wen nie, want dan het ek Nooit ‘n kans om Spesiaal te wees nie en om Spesiaal te wees moet die Doel van die Lewe wees, want DAN voel EK goed en Ek is Mos nie ALLEEN in die gevoel nie, so ek moet my gevoel Najaag kom wat wil en Raas die Kop van die EIE GEK . Ek is Gek oor gevoel.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om op Opvoeding en Familie te fokus rondom die doel van die Unieke gevoel en dat Ek Die Rykdom van Gevoel die MEESTER van my lewe gemaak het ten spyte van die Daaglikse bewyse dat die gejaag na wind ‘n wêreld geskep het waar Lewe nie Eerste as Enigste Waarde Geëer word nie, maar dat ek die waarheid met ‘n eenvoudige waai van die hand kan afmaak as Onwaardig sodra dit indruis met my Doel van die lewe om die Droom te Soek waar my Lewe Goed sal voel,
Want dan het ek my doel vervul en so het ek my kinders van geslag tot geslag gelei tot die Slagting van die Lewe deur die Doel van die Lewe iets te maak soos Gevoel wat nie lewe nie Een en gelyk en Almal Eer nie, maar solank ek wen, is ek nie deel van die slagting nie, so ek moet reg wees anders sou ek mos ook gely het, maak ek myself wys.
Ek stel my ten doel om die MENSDOM te wys dat die RYKDOM van GEVOEL net die gierigheid van die EIE GEK is wat Gevoel Hoër gestel het as Lewe en so ‘n wêreld hier geskep het wat lewe ONTEER deur lewe nie EWE EERSTE te stel nie.
Ek stel my ten doel om te wys dat WYSMAKERIGHEID nie Wysheid is nie en dat die Ouer as Onderwyser die kinders van Geslag tot Geslag mislei het oor die Doel van die Lewe en sodoende reeds groot dele van die aarde se oorspronklike lewe uitgewis het net om die Doel van Gevoel te vervul en dat die mens as lewe meer vermoëns, die aarde in ‘n paradys moes verander deur Gelykheid waar ALMAL Goed sal kan voel en nog steeds Uniek sou kon wees, maar nou het ons die aarde so verwoes, dat ons ons EIE belang sal moet opgee vir HIERDIE LEWE totdat ons ‘n Nuwe Wêreld geskep het waar die gelyke balans van lewe op aarde weer herstel is.
Ek stel my ten doel om daarop te wys dat ALLE gedagtes nie vertrou kan word nie, want ek het toegelaat dat Gevoel die Lewende vlees word en so die ware lewe vernietig en tot niet verklaar en sal dan eers die moed moet hê om my vlees te reinig van die Outydse gevoelens want dit laat toe dat baie nie eers kos het om te eet nie.
Ek stel my ten doel om daarop te wys dat daaglikse geskrewe van self vergifnis oor ‘n periode van MINIMUM 7 jaar uiteindelik die Vlees sal Reinig van die Onetiese Onmeetbare gevoelens en wanneer my Vlees gereinig is sal my Gees van lewe weer Rein wees en sal ek nie meer beheer word deur die Gevoelens van die Sondes van die Vaders nie. Dan sal ek Lewe op Aarde kan Herskep en ‘n Nuwe Aarde tot stand bring, waar gevoel Eties is en Lewe Eerste gestel word.
Ek vergewe myself dat ek Myself toegelaat het om te Aanvaar
dat die Gees na die Dood Lewe is, terwyl dit die Lewe is wat Doodgaan en
terugkeer na die Lewe op Aarde as Stof
Ek stel my ten doel om te wys dat Begeesterd Heid as kompetisie, en die Gejaag na Wind van Gevoel net tot by ‘n Wêreld van ongelykheid en Lyding waar die wat Die Mees Oneerlike is in denke, altyd wen
Ek stel my ten doel om te wys dat die Vlees gewillig is as die Boek van Tyd om dit te wees wat sal bewys Wie die Bewustheid van elke werklike is, die Eie Gek of Lewe
Ek stel my ten doel om te wys dat daar geen Heilige Gees is nie, want die Gees van die Mens is Onheilig en Gee nie ‘n duit om vir Enige Lewe nie
Ek stel my ten doel om te wys dat die opvoeding wat ‘n kind kry in die trant van die Gees van die Ouer as Wêrelds Gees, kinder mishandeling is en in werklikheid tot die Ewige Dood van die Kind lei
Ek stel my ten doel om te wys dat die Lewende Woord wat Vlees word, Lewe Eer en gee soos dit wil ontvang, as die Werklike Liefde as Lewe Altyd
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar
dat die Gees Meer belangrik is as die Lewe wat die Gees help met geboorte van
die kind en dat die dood nie my stof tot Nadenke gegee het nie
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar
dat daar ‘n Gees is wat in die kind gebore word, terwyl dit ‘n Liggaam is wat
KORREK moet funksioneer wat lewe moontlik maak en die Sogenaamde Gees maar net
‘n manier is waarop die mens die Vals Selfbeeld wan lewe misbruik, probeer
beter laat lyk, net soos Goed op die Winkel Rak, om sodoende ‘n vals geloof om
die lewe te vorm wat die Aarde van die afgrond gedryf het
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar
dat die Gevoel van Begeertlikheid wat my oorval, Beter voel as My Fisiese Lewe
op Aarde en dat ek Om die Rede die Gees Voed met Onleefbare Nonsens en die
Liggaam van sovele mense dryf na Armoede en Lyding, alles in die Naam van ‘n
Onsienbare Lewelose Gees
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar
dat die Gees Gewillig is, maar die Vlees swak is, sonder om te besef dat dit
die Gees is wat swak is en die Vlees wat sterk is en Lewe gee. Verder dui dit
aan hoe die denke van die Gees werk want die Vlees word nie verstaan en dat die
Onkunde ly tot ‘n wêreld van ongelykheid Sonder om Om te Gee vir die Vlees as
die Skepper van die Gees
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar
dat die Gees Godelik is, terwyl my Gedagtes duidelik wys hoe Goddeloos die Gees
Werklik is
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar
dat die Geestelike Wêreld meer is as die Vleeslike wêreld, terwyl die
Geboorte van elke Kind van die Vlees afhang en die Gees van die Mens net
Gierigheid en die Eie Gek najaag
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar
dat die Geestelike Bewussyn die Reg op Bestaan het, terwyl my lewe eintlik
afhang van die Vleeslike Bewussyn
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar
dat die Geestelike Bewussyn Mag het op Aarde ten spyte van die Bewyse deur die
Eeue dat die Gees nie Lewe Eer nie en ten spyte van Jesus se Voorbeeld van
Vleeslike Bewyse as die Lewende Woord wat Vlees geword het, het die Gees die
Boodsap van Jesus onteer en Lewe op Aarde in Hel verander
Ek stel my ten doel om die Geestelike Bewussyn van die
Menslike Spirituele Idees te Ontmasker as die Euwel wat dit is, sodat die lewe
as Vleeslike bewussyn op aarde herstel kan word vir Alle Lewe wat Nog Gebore
sal word
Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die Gees van die
Mens deur die Ouers en Omgewing aan die Kind geleer word en dat dit die Val van
die Mens in Sonde is, waar die mens Sonder Lewe as die Vlees opeindig
Ek stel my ten doel om te wys dat die Vleeslike Bewussyn die
werklike lewe is wat Een en Gelyke geëer moet word deur te gee soos elke vlees
Moet Ontvang om Lewe te kan hê as die EWEBEELD en GELYKENIS van Lewe
Ek stel my ten doel om te wys dat Begeesterd Heid as kompetisie, en die Gejaag na Wind van Gevoel net tot by ‘n Wêreld van ongelykheid en Lyding waar die wat Die Mees Oneerlike is in denke, altyd wen
Ek stel my ten doel om te wys dat die Vlees gewillig is as die Boek van Tyd om dit te wees wat sal bewys Wie die Bewustheid van elke werklike is, die Eie Gek of Lewe
Ek stel my ten doel om te wys dat daar geen Heilige Gees is nie, want die Gees van die Mens is Onheilig en Gee nie ‘n duit om vir Enige Lewe nie
Ek stel my ten doel om te wys dat die opvoeding wat ‘n kind kry in die trant van die Gees van die Ouer as Wêrelds Gees, kinder mishandeling is en in werklikheid tot die Ewige Dood van die Kind lei
Ek stel my ten doel om te wys dat die Lewende Woord wat Vlees word, Lewe Eer en gee soos dit wil ontvang, as die Werklike Liefde as Lewe Altyd
Posted by Bernard Poolman | Posted on
My gesag word ondermyn en dit het te doen met wat ek sien as
myne. Gesag is gewoonlik nie sag nie en die uitoefening van gesag is
gewoonlik gepaardgaande met aggressie, geweld en beheer, fisies of in
woorde.
Ondermyning van my gesag is waar my selfwaarde ontwrig word deur
die gebeurtenisse wat my laat voel dat ek nie in beheer is nie. My gebrek
aan beheer dui aan dat die gesag my beheer en my heer is. Die
gesag is dan ook dit wat my posisie aan myself weergee. Wanneer
ander my gesag nie respekteer nie, is my selfwaarde as posisie
bevraagtekend. Dit dui aan dat dit waarop ek my selfwaarde baseer, nie
waar is nie. Die bas noot van die klank van my woord ontbreek dus. Die
feit dat dit onder is in ondermyn beteken dat die gebrek aan selfwaarde net
aangedui word, wanneer my oorspronklike motivering vir gesag bevraagteken word
op een of ander manier. Dus is die ondersoek van alle dinge veral die
ondersoek van dit wat onderliggend is aan my selfwaarde dringend nodig.
Onderliggend is die fondasie van my lig van verstaan en dit wat my oplig.
Wanneer die fondasie nie ‘n ware fondasie is wat die lewe en beeld van die lewe
waardig is nie, dan vind ek dat ek maklik ondermyn kan word.
Wat my fondasie is, is die feit dat my werklike selfbeeld
die beeld van die lewe is wat in fisiese vorm uitgedruk word as persepsie,
klank, gevoel, kreatiwiteit, liefde, woorde, wysheid ens. Wanneer die
onderliggende selfbeeld se definisie ontbreek, word ‘n vals selfbeeld geskep en
ons blaas dan ons beul trompet baie harder en sê Kyk, hier is ek, Kyk wat kan
ek doen!, Kyk, ek is beter as jy! Kyk, whê, whê, whê, whê, whê! Die
ondermynende inligting wat aan die mens geleer word is die onderliggende rede
vir konflik op alle terreine van die lewe. Voorbeelde van oorlewing, kompetisie,
wen, woede, manipulasie, gierigheid, dreigemente ens. Om nee te sê vir
die beheer van ons onderliggende fondasie deur die beheer van inligting en ‘n
gebrek aan kennis van hoe die onderliggende basis van selfbeeld van die mens
werk, bring bevryding, en die geleentheid om die lewe weer toe te pas met ‘n
passie wat werklik liefde en vrede uitleef.
Aan die vrug sal die boom geken
word en die vrug is ons woorde. Ons woorde vorm dan die fondasie van ons dade
en na die bewuswording van ons wording as woorde is daar ‘n tyd wat ons eers
moet skoonmaak met vergifnis en deur die toetse van versoeking gaan om te sien
of ons werklik verander het. Elke aksie moet dus ondersoek word om te
sien wat die onderliggende motivering van die aksie is. Dus, waarop is
die aksie gebaseer en waar kom die inligting vandaan wat die aksie motiveer en
wat is die doel van die inligting wat die aksie motiveer. Hierdie proses
is waar ons proe aan elke aksie en dit ondersoek om te sien of dit
werklik is wie ons is. Werk ons aksies dus binne die basis van doen
aan ‘n ander wat jy aan jou gedoen wil hê, asook, is ek lief vir myself wat my
toelaat om ander te verstaan en lief te hê. Wanneer die onderliggende
fondasie van jouself nog nie gevind is nie, word jou siel nogtans verkoop
aan omstadighede, en moet jy uitvind wie het jou siel in pag, die
omstanders wat deelneem aan jou lewe en wie in die kleine en die groter wêreld
jou beheer en jou optrede bepaal.
Sê nee en proe aan die proses van genesing van jouself, jou
selle, en weet dat jy altyd die selle is, gister, vandag en tot in all
ewigheid. Wanneer hierdie inligting nie die onderliggende fondasie van
jou lewe is en in volle verstaan word nie, ondermyn jy jouself en is dit tyd om
nee te sê vir alles wat die inligting verdraai en jou siel verraai. Hou
op om te raai wie jy is, ondersoek jouself en sien wat in jou selle geskryf
is. Die kwessie van die gees is gewillig, maar die vlees is swak, is die
lewensplek wat misbruik word om die inligting te verdraai en raai, raai, riepa te
speel. Hou op om jouself te veraai deur toe te gee aan die raaisel van
die lewe soos voorgestel deur die wat nie verstaan nie en wat nie die ewebeeld
van God wil uitleef nie. Verstaan is verstaan - om nie te
verstaan nie, is om nie te verstaan nie. Weet is weet, nie weet nie
is nie weet nie, wie is jy? Weet jy of nie? Verstaan jy of nie? Vra
God om jou te wys en vind uit vir jouself.
VAN OORDEEL NA BEWUSTHEID
Oordeel is wanneer ons ons Oor deel met ander. Dit is
‘n aanduiding van ‘n gebrek aan bewustheid en verantwoordelikheid, want ons wil
nie ons eie antwoord en woorde glo nie. Bewustheid is die wiskunde van
aksie en gevolg, dus woorde en dade. Aksie en gevolg is die natuurlike
uitkoms van uitdrukking in vorm, weereens woorde en dade. Dus die
natuurlike gevolg van ons doen en late. Bewustheid is die verstaan van
die gevolg van doen en late. Wysheid is om die aksie en gevolg uit te
voer met bewustheid sonder om jou aan die oordeel (van ander en jouself) te
steur en sonder om jou Oor met ander te deel want jy verstaan die groter
prentjie. Jy skilder jou eie skildery sonder skuld en sonder om ‘n skild
te dra om jou te verdedig, want jy vind God se vrede.
Die gevolge van oordeel het as doel die doelbewuste
bewusmaking van die mens as bewustheid in vorm. Dit wil sê dat die wil
van die lewe is die bewuswording van die mens deur die Oor te deel met
pyn en smart. Om dus die pyn en smart te verminder, moet mens die
mindere wees en die oordeel laat gaan. Oordeel en die verstaan van
die mindere is net moontlik met die bewustelike verstaan van die lewe.
Die beteken nie om nie ook in aksie oor te gaan nie. Aksie met volle
bewustheid dirigeer die lewe soos ‘n orkes en eers aan die einde is die volle
waarheid van bewustheid, alhoewel die bewuste aan die begin bewus was van
die waarheid het die die bewustheid nou in aksie oorgegaan. Die
aksie vir die blinde en dowe sonder bewustheid, maak die dowe en blinde baie
bewus van hulle gebrek aan bewustheid deur die gevolge van hul onbewuste
optrede ( Dit is bekend dat blindes se sintuie soms beter ontwikkel is en
gebruik word as die sienende persoon). Die wet van die lewe is die wet wat die
natuur as voorbeeld aangee vir die mens om na te volg as hy wil en so te leer
waar sy waarheid te kort skiet in verstaan.
Die menslike natuur volg, of die natuur van die lewe, of die
natuur van die sondes van die vaders. Die gevolge is natuurlik binne die
natuur wat die mens volg. Op die huidige oomblik is die mens op sy
blindste, want al die vals lig of sal ons sê onnatuurlike lig van menslike
skeppings onder die sondes van die vaders verblind die mens vir die
natuurlike lig van die lewe en in die proses word die natuur verwoes. So
as dit woes gaan met die mens, dan broei ‘n storm uit en die kleintjie wat nou
groot gemaak word as ‘n gevolg aan die verwoesting, is die besoek van die dier
as mens. So skep ons woeste tuine as woestyne. So is die kringloop wat
die mens loop tot hy die kring sien en dan lui die klok en dit wat lok en
uitlok, word gesien vir wat dit blok – die lig word geblok deur dit wat
uitlok. Sê nee vir die lok van uitlok en word genees.
Ontblok
jouself. Sê nee vir die verwoesing op die planeet en word genees van
verwoesting. Sê nee vir die onnatuurlike lig wat die natuurlike lig
verblind en word genees van blindheid. Sê nee vir oordeel en waarmee jy
jou Oor deel en word genees. ‘n Genesing wat jou jou oorspronklike deel
aan die lewe oorgee. Die nee van genees, die gee van oorgee en die Oor
van oordeel. Laat alle ore hoor voordat die 2 ore van gebore die 1
oor van oorlede word, en stof tot stof, net stof tot nadenke los in die
bedenklike toestand wat die mens se denke nou is. Dan is die pyn van
tandetrek die toestand wat weer verstand aan die omstandighede gee waarin ons
beland het.
KOM VAN BEKOMMERD
Wanneer die vrees my bekom van wat my toekom, dan
verander my onsekerheid van my eie vermoë van uitdrukking in
bekommernis. Ek wil graag hê my toekoms moet so seker wees soos die vorm
van ‘n komkommer, anders word ek bekommerd. Die enigste realiteit van bekommerdheid
is die prentjie van bekommerdheid in my kop waaraan ek regte waarde
heg. Wanneer ek egter in die situasie beland waaroor ek my bekommer, is daar
verskeie moontlikhede. Ek kan die prentjie in my kop uitleef as ‘n
uitdrukking van wat binne in my aangaan, want die prentjie is deur my
geskilder. Ek kan die situasie sonder vooroordeel benader en dan my
bewustheid toepas as vorm en verstaan en kan ek sien hoe die
lewe voor my ontvou. As ek die kans nie neem nie, dan vou ek voor
ek by die toekoms kom en die ontvouding ( gewaarwording ) wat my toekom,
ontvou nooit in ‘n noot nie. Wanneer die prentjie in my kop
deur my as my waarheid uitgeleef word, het ek darem die geluk dat wat ek geglo
het, waar geword het. Maar as ons hierdie aap uit die mou laat, sien ons
dat die bewys van ons geloof nie geloofwaardig is nie.
Die sprokie wêreld waarin ons leef is soos ‘n sprokies karakter wat gedurig aan
homself wil bewys dat hy reg is en geloofwaardig is en dat sy evaluasie en
prentjie van ‘n situasie reg was. Die waarheid kan egter net ervaar
word wanneer die mens in elke oomblik onvoorwaardelik toelaat dat die lewe
ontvou en dan deelneem aan die ontvouding deur in die oomblik van die
gebeurtenis, jouself toe te pas as die lewe in uitdrukking volgens die
natuurwette.
Net soos die boom buig voor die wind waar die wind nou waai
en die boom se blare musiek maak in die wind, pas ons ons vryheid dan toe in
die ontvouding van die oomblik deur daaraan deel te neem volgens ons huidige
vlak van verstaan. Die meester van die situasie is dan die mens wat die
beste maak van elke geleentheid en sien dat dit net geleen is en in ‘n oomblik
verby is en dan is die volgende oomblik hier om aan deel te neem. Die
brommer van bekommerdheid is die mens wat alles bepaald wil hê voor hy/sy
daar kom. Die gebrom as alles nie uitwerk soos die prentjie in die kop
nie, is ‘n geraas wat ook met die volgende geleentheid daarna oordonder
word. Nou is die lewe dieselfde – brom van oomblik tot oomblik. Om
nee te sê aan die verwagting dat alles volgens die prentjie in my kop werk,
genees jou en laat jou toe om die polsslag van die oomblik te voel en dan met
jou volle deelname die oomblik volgens jou keuses en verstaan te beïnvloed en
te ervaar. Geen vrees nie wetende dat die vaderlike wet van
elke oomblik net die beste verlang vir elke kind van die vader.
Wanneer ons verlange en vertroue in die vader die verlange en vertroue van die
vader van lewe ontmoet, leef ons ten volle en is ons vervul.
Laat ons nie toelaat dat die groot onderdrukking van onsself
voortgaan deur prentjies wat ons skilder en nie verstaan nie, want dan is ons
lewens gebrekkig. Openbaar jouself nou en sê nee vir die onderdrukking van
jouself, lewe die lewe van die Vader van volheid en volmaaktheid sonder om jou
te bekommer.
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
benardpoolman,
Desteni,
eqafe,
equal money,
geld,
God,
lewende woord,
liefde,
mensdom,
selfbeeld,
sondes,
val,
vergelding,
verhouding
Die val van die mensdom het te doen met die dom dinge wat
die mens doen en glo. Wat die mens doen en glo is gebaseer op wat oorvertel
word en op wat as voorbeeld gestel word aan kinders, met ander woorde die
sondes van die vaders. Dit gebeur deur denke, die skepping van beelde
voor die menslike bewustheid wat dan deur woorde verduidelik word deur’ n
prentjie te skilder. Die strukture van beelde en woorde word dan die
waarde gegee van waarheid en die mens sal sy siel verkoop om seker te maak
hy/sy is reg in hulle geloof om nie deur sy medemens geoordeel te word nie.
Hierdie onderliggende vrees is iets wat niemand in die openbaar will bespreek
nie, want geloof is onaantasbaar en vrye spraak staan mos bo die plaas van ‘n
wag voor die mond. Die proses om reg te wees en reg te glo en die regte
dinge te doen volg ‘n proses van oordeel tussen sogenaamde goed en kwaad, die
boublok wat oordeel moontlik maak. Die feit dat een ding wat vir een mens
goed is, vir die ander mens kwaad is, gaan voor die oê van die mens verby
sonder dat die mens die voorbeeld van oordeel raaksien as die feit van die
vyeblaar en werklik verstaan wie die vyand is. Die rede hoekom iets vir
een mens goed is en vir die ander kwaad is, is meestal (nie altyd nie) gebaseer
op die sondes van die vader, met ander woorde die denk patrone wat geleer is
gedurende opvoeding. Die sogenaamde sterker individu wat met manipulasie
sy weg oopstoot, is gewoonlik die een wat ook die gemeenskaps – patroon
vaslê. Die feit dat gemeenskaps patrone wat deur wette geregverdig
word, volg gewoonlik op gebeure wat deur geslagte as patrone oorgedra
is. Die wette werk dus met die gevolg en die oorsaak. Die sondes van die
vaders wat gebaseer is op ‘n gebrek aan die verstaan van menslike bewustheid en
die prosessering van inligting, word nie verwyder nie. Deur nie die oorsaak van
’n gebrek aan verstaan te verwyder nie, kom al die mense voor as dieselfde,
want hulle is dieselfde oordele geleer.
Met die dat daar met redelike sekerheid gesê word dat die
mens in sonde gebore is. Dit is nie waar nie. Die mense word as kind
sonde geleer. Die ouer is al so vasgevang in die net van denke, dat die denke
patrone sonder verstaan op die kind afgedwing word. Is dit die rede
hoekom die woord denker en donker net ‘n “O” veskillend het? Ongelukkig nie ’n
“O” wat die oë oopmaak nie. Die ouer is nie eers bewus daarvan nie en
noem dit optrede (as dit maar op was) instink – Ja, dit stink in – die proses
om die kind in ouer te verander – van onskuld na skuld – in mens na dier – geen
vermoë om die oë en ore te gebruik en God te vind as die lewe self nie.
Nou word God as ‘n persoonlikheid voorgestel met dieselfde persoonlikheid as
die mens? God wat oordeel? Of is dit die mensdier wat
oordeel. Mensdier word wakker en sê nee vir die leerstelling wat net ‘n
strik is om in ‘n gat te val wat donker is. As jy nie weet hoe om jou lig
aan te sit nie, dan gaan die gat lekker donker wees en enige een wat vir jou ‘n
bietjie lig bring as verligting gaan jy glo. So is dit met vrye
keuse. Jy mag kies wat jy wil en jou wil sal jy ervaar. Dit is
egter ook vanpas om die ervaring om te eg en die egtheid daarvan te ondersoek.
Dolwe die grond om en sien of dit wel vrugbaar is en die ewebeeld van God se
skepping ondersteun. Dit is net moontlik met vermoëns wat geleer word om
inligting te prosesseer en woorde met nuwe oë te sien. So, sê nee vir die
val van die mens en staan op en wees genees. Gebruik vergifnis om die gif van
die vals beeld te verwyder en weier om deel te neem aan enige iets wat my en
jou voorstel as minder as wat ons as God se woorde in waarheid gebring is. Die
ewebeeld van God wat geseënd is.
VERHOUDINGS EN HOUDINGS
Verhoudings is waar twee of meer mense in ‘n verhouding met
mekaar staan en ‘n houding aaneem van, hou van, of nie hou van nie. Die
verhouding tussen mense bepaal met dit waarmee ons mekaar kan
identifiseer, maak nie saak wat die houding van die verhouding is nie.
Ons word gevang in verhoudings deurdat ons die houding inneem, wat van ons
verwag word (verwagtinge word geskep) en as ons verwag, gaan ons ‘n beeld skep
voor ons, want ons kan net die verhouding laat werk deur die houding van die
beeld wat van ons verwag word, aan te neem. Dit is hoekom aanneming
(aanvaarding) al vroeg by ’n kind ingekerker word. In die proses verloor
ons onsself in die oor van verloor en eindig die verhouding in stryd wat binne
ons verwoedelik woed soos ons woede opkook om onsself weer te bevry. Die
weervoorspelling van so ‘n verhouding lees nie goed nie, want wat ons oor en
oor die selle doen, is nou in ons selle as die houding wat ons by ander moet
aanneem voor hulle ons sal aanneem en aanvaar. Die inligting wat ons in ons
selle stoor het ons selfbeeld getoor (gestoor). Die stormagtige
verhoudings wat geskep word wanneer ons nie weet wat in ons selle
gestoor is nie, is nodig, omdat ons dan mekaar help om weer die aar te
vind vir ons doel op aarde en so ’n keuse het of ons aan die inligting wil
vashou. Wanneer ons weer ons aar op aarde vind, maak al die storms wat
gewoed het as woede tog weer sin op die tog van die lewe en dan word die lewe
weereens – die ewege of is dit ewige. So, sê nee vir die verwagtings van ander
in verhoudings en wees jouself en word genees. Sê nee aan jou eie
verwagtings in ander en sien dat dit net jou eie verwagtings is en word
genees. Sê nee vir die vals harmonie van die beeld van verhoudings en
vind dit in jou wat sagkinds jou selle as kind bewaar in die liefde van die
waarheid waar waar is. Waar waar waar is, is die aar van aarde weer
duidelik en sê ons nee vir aartjie na sy vaartjie en is ons dan genees van die
sondes van die vaders wat ons nou al lank besoek omdat ons nie alles ondersoek
om te sien wat die saak van die oor is nie, die oorsaak van alle dinge en alle
houdings wat ons aanneem as ons beginpunt in ons verhoudings. Sê nee vir
die aanname en name van houdings en wees genees. Daar is baie wee na die
vader, maar o wee, die pyn totdat ons genees deur ons nees van verstaan.
Wanneer die lig dan in ons opgaan, vind ons die Gees van God wat as ons gees
aan ons gegee is, die ewige lewe. Dan word die woord vlees as die Woord van
God, en die ou hemel gaan voor ons oë verby en n nuwe verskyn. Die nuwe verskyn
net indien ons God werklik as ewebeeld dien.
SONDE EN DIE SONDES VAN DIE VADERS
‘n Son is ‘n ding wat lig skyn, nie waar nie? ‘n Kind
word in sonde gebore, nie waar nie? Of is dit wat ons as vader/ouers ons
kinders leer totdat die kind word wat ons wil hê hulle moet wees. Wat ons
ons kinders leer dra mos nie die ewebeeld van God as selfbeeld oor nie.
Die leerstelling is mos dan wat ons die sondes van die vaders noem en wat van
geslag tot geslag oorgedra word tot in die sesde en die sewende geslag en die
stel wat ons aftrap. Slagting op slagting het die oortuiging al op Aarde
veroorsaak, maar ons kyk nie na die oorsaak nie, want dan moet ons verander en
ons het nie die moed van ons oortuiging om te verander nie. Wanneer ons nee
sê vir die oordra van die manier wat ons ons beeld skyn, die skyn wat ons
glo is die lewe, kan die lig van ons verligtheid in ons inligting wys deur ons
liggaam as die rots waarop die tempel van God gebou word. Die huis wat nie deur
wind en weer verweer word nie en wat geen verweer nodig het nie, want dit is
die tuiste van die Lewende Woord van God. Die ewebeeld van God as die
fontein van die lewe.
Hoeveel keer moet die woord wys, wat waar is? Wanneer
bou ons die waarheid van God se woord in ons lewe. Sê nee en wees
genees! Leer hoe werk die liggaam met inligting en kyk wat se soort
inligting oorgedra word van geslag tot geslag. Elke keer los ons ‘n
slagting agter wanneer ons vagevang word in die geslagtelike oordrag van
sondes. Wat ‘n ongelooflike uitdrukking van liefde wat nie verstaan of
waardeer word nie. Stop dit nou!
GELD EN VERGELDING
Geld (Om baie geld te he) is tog te lekker en as ons geld
het, gebruik ons ons geld tog so maklik vir vergelding (betaal vir dit
wat). Ek gaan jou terug kry vir wat jy gedoen het veral as die persoon
wat ons wil terug kry, se rug oop, is en hy het geen verdediging geldelik
nie. So, ons reg en geregtigheid het nou geld en vergelding geword.
As jy geld het, is jy reg en kan jy vir jou geregtigheid betaal. Die
geldeloses is dan die wat verag word as goddeloses. Waaragtig is dit ‘n
snaakse waarde wat ons aan papier met prentjies gee. Wie is werklik die
Goddeloses. Die pitte van die pampoen. Sê nee vir die gebruik van
geld vir vergelding en laat almal gelyk die reg tot geregtigheid kry. So
genees ons samelewing. Ons moet tog saam lewe. Onthou dat die
geldelose nie die goddelose is nie. Die geldelose is net die een wie se
bek stilgehou word dat die ruik man kan aanhou stink. Word mos die
instink van oorlewing en die man wat stinkryk is, genoem.
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
Afrikaans,
beelde,
bernardpoolman,
bewustheid,
Desteni,
eqafe,
Jesus,
kennis,
lewende woord,
mens,
ouerskap,
programeer,
taal,
vlees,
woorde
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te sien wat Jesus bedoel het toe hy gesê het hy is
die Lewende Woord wat Vlees geword het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om mee te Hoor dat “Die Vlees die Lewende Woord is” en dat
Bewustheid in Die Vlees gesetel is.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te wil sien dat die Ouer die lewende Woord se Waarde
as Vlees van die Kind bepaal en dat alle Bewyse daar is dat die Ouer nie die
Vlees as Lewe voorberei nie, van generasie tot generasie word die Gene
geprogrameer om te raas sonder om te sien die geheim van die skepping is in
Genesis wat sê “Gene Is”, en wat deur Jesus Bevestig is as Die Lewende Woord
wat Vlees geword het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie Te Sien dat Elke Woord Waarde het en dat indien
woorde in die vlees toegelaat word wat nie die Waarde van Lewe as wat beste vir
Lewe is bevat nie, sal die mens as lewende woord die Onwaardigheid uit lewe
soos dit tans wel op aarde gebeur.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te Sien dat Kennis net die Mag het wat aanvaar word
as waar die Mens Mag lewe en dat ons so deur ons Wette Magte losgelaat het wat
die lewe vergal het en verlaag het tot waar lewe geen waarde het nie en Kennis
wat misbuik word alle waarde het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om Net te Sien dat die Magte wat as Woorde en Beelde in die
Vlees losgelaat is as die Denke van die Mens die lewe in bedenklike toestand
geplaas het, waar die denke van die mens die spieëlbeeld is van die Woorde wat vlees
geword het, om sodoende ‘n vals beeld te plaas voor die ware beeld van die
vlees, wat die Werklike Lewende Wese hier op aarde is wat nie geëer word nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te Sien dat AFRIKAANS aan die MENSDOM weer ‘n kans
gee om te wys hoe dom die mens is om Nie te Sien dat die VLEES die Werklike
LEWENDE woord is
Ek stel my ten doel om te bewys dat die Lewende Woord dit
wat ‘n Persoon doen, dink en praat die lewende taal is van die Vlees wat die
Woord word as Lewe
Ek stel my ten doel om te bewys dat Bewustheid in die Vlees
as die Hele Liggaam gesetel is
Ek stel my ten doel om Ouerskap te Lig tot die Punt waar die
Lewe as Woord die Waarde van Lewe in Elke Kind se Vlees word sodat alle mense
lewe dit wat beste is vir alle lewe
Ek stel my ten doel om te bewys dat die Mens altyd net gelyk
is aan die Waarde van die Woorde wat Vlees geword het en dat die mens se
optrede altyd een en gelyk is met die Waarde van die Vleeslike Lewende Woord
Ek stel my ten doel om te bewys dat alle Kennis wat nie
gebasseer is op wat Beste is vir alle Lewe nie, gelewe sal word op Maniere wat
Lewe Benadeel en die Eie Gek Bevoordeel
Ek stel my ten doel om te Bewys dat die Vals Beelde wat deur
televisie en advertensies in die vlees ingeprent word, deur mense meer en meer
op Barbaarse Maniere uitgeleef gaan word, wat elke persoon te eniger tyd in
gevaar kan stel sonder enige waarskuwing
Ek stel my ten doel om te bewys dat on die Wêreld kan
verander en ‘n plek wat lewe Eer deur die Waarde wat onw Woorde Gee met die
Waarde te Meet wat altyd Beste vir alle lewe is
Ek stel my ten doel om te wys dat AFRIKAANS die Taal is wat
Bewys wat die Waarde van Woorde doen Wanneer dit Vlees word en dus ‘n Taal is
wat kan Verhoed dat ons die Prys betaal vir wat ons toegelaat het op aarde as
die Lewe waar die Eie Gek eerste geplaas is inplaas van Lewe
Subscribe to:
Posts (Atom)