Dag 19: DIE VAL VAN DIE MENSDOM

0 comments


Die val van die mensdom het te doen met die dom dinge wat die mens doen en glo.  Wat die mens doen en glo is gebaseer op wat oorvertel word en op wat as voorbeeld gestel word aan kinders, met ander woorde die sondes van die vaders.  Dit gebeur deur denke, die skepping van beelde voor die menslike bewustheid wat dan deur woorde verduidelik word deur’ n prentjie te skilder.  Die strukture van beelde en woorde word dan die waarde gegee van waarheid en die mens sal sy siel verkoop om seker te maak hy/sy is reg in hulle geloof om nie deur sy medemens geoordeel te word nie. Hierdie onderliggende vrees is iets wat niemand in die openbaar will bespreek nie, want geloof is onaantasbaar en vrye spraak staan mos bo die plaas van ‘n wag voor die mond.  Die proses om reg te wees en reg te glo en die regte dinge te doen volg ‘n proses van oordeel tussen sogenaamde goed en kwaad, die boublok wat oordeel moontlik maak.  Die feit dat een ding wat vir een mens goed is, vir die ander mens kwaad is, gaan voor die oê van die mens verby sonder dat die mens die voorbeeld van oordeel raaksien as die feit van die vyeblaar en werklik verstaan wie die vyand is.  Die rede hoekom iets vir een mens goed is en vir die ander kwaad is, is meestal (nie altyd nie) gebaseer op die sondes van die vader, met ander woorde die denk patrone wat geleer is gedurende opvoeding.  Die sogenaamde sterker individu wat met manipulasie sy weg oopstoot, is gewoonlik die een wat ook die gemeenskaps – patroon vaslê.  Die feit dat gemeenskaps patrone wat deur wette geregverdig word,  volg gewoonlik op gebeure wat deur geslagte as patrone oorgedra is.  Die wette werk dus met die gevolg en die oorsaak. Die sondes van die vaders wat gebaseer is op ‘n gebrek aan die verstaan van menslike bewustheid en die prosessering van inligting, word nie verwyder nie. Deur nie die oorsaak van ’n gebrek aan verstaan te verwyder nie, kom al die mense voor as dieselfde, want hulle is dieselfde oordele geleer.
Met die dat daar met redelike sekerheid gesê word dat die mens in sonde gebore is.  Dit is nie waar nie. Die mense word as kind sonde geleer.  Die ouer is al so vasgevang in die net van denke, dat die denke patrone sonder verstaan op die kind afgedwing word.  Is dit die rede hoekom die woord denker en donker net ‘n “O” veskillend het? Ongelukkig nie ’n “O” wat die oë oopmaak nie.  Die ouer is nie eers bewus daarvan nie en noem dit optrede (as dit maar op was) instink – Ja, dit stink in – die proses om die kind in ouer te verander – van onskuld na skuld – in mens na dier – geen vermoë om die oë en ore te gebruik en God te vind as die lewe self nie.  Nou word God as ‘n persoonlikheid voorgestel met dieselfde persoonlikheid as die mens?  God wat oordeel?  Of is dit die mensdier wat oordeel.  Mensdier word wakker en sê nee vir die leerstelling wat net ‘n strik is om in ‘n gat te val wat donker is.  As jy nie weet hoe om jou lig aan te sit nie, dan gaan die gat lekker donker wees en enige een wat vir jou ‘n bietjie lig bring as verligting gaan jy glo.  So is dit met vrye keuse.  Jy mag kies wat jy wil en jou wil sal jy ervaar.  Dit is egter ook vanpas om die ervaring om te eg en die egtheid daarvan te ondersoek. Dolwe die grond om en sien of dit wel vrugbaar is en die ewebeeld van God se skepping ondersteun.  Dit is net moontlik met vermoëns wat geleer word om inligting te prosesseer en woorde met nuwe oë te sien.  So, sê nee vir die val van die mens en staan op en wees genees. Gebruik vergifnis om die gif van die vals beeld te verwyder en weier om deel te neem aan enige iets wat my en jou voorstel as minder as wat ons as God se woorde in waarheid gebring is. Die ewebeeld van God wat geseënd is.

VERHOUDINGS EN HOUDINGS

Verhoudings is waar twee of meer mense in ‘n verhouding met mekaar staan en ‘n houding aaneem van, hou van, of nie hou van nie.  Die verhouding tussen mense  bepaal met  dit waarmee ons mekaar kan identifiseer, maak nie saak wat die houding van die verhouding is nie.  Ons word gevang in verhoudings deurdat ons die houding inneem, wat van ons verwag word (verwagtinge word geskep) en as ons verwag, gaan ons ‘n beeld skep voor ons, want ons kan net die verhouding laat werk deur die houding van die beeld wat van ons verwag word, aan te neem. Dit is hoekom aanneming (aanvaarding) al vroeg by ’n kind ingekerker word.  In die proses verloor ons onsself in die oor van verloor en eindig die verhouding in stryd wat binne ons verwoedelik woed soos ons woede opkook om onsself weer te bevry.  Die weervoorspelling van so ‘n verhouding lees nie goed nie, want wat ons oor en oor die selle doen, is nou in ons selle as die houding wat ons by ander moet aanneem voor hulle ons sal aanneem en aanvaar. Die inligting wat ons in ons selle stoor het ons selfbeeld getoor (gestoor).  Die stormagtige verhoudings wat geskep word wanneer ons nie weet wat in  ons selle gestoor  is nie, is nodig, omdat ons dan mekaar help om weer die aar te vind vir ons doel op aarde en so ’n keuse het of ons aan die inligting wil vashou.  Wanneer ons weer ons aar op aarde vind, maak al die storms wat gewoed het as woede tog weer sin op die tog van die lewe en dan word die lewe weereens – die ewege of is dit ewige.  So, sê nee vir die verwagtings van ander in verhoudings en wees jouself en word genees.  Sê nee aan jou eie verwagtings in ander en sien dat dit net jou eie verwagtings is en word genees.  Sê nee vir die vals harmonie van die beeld van verhoudings en vind dit in jou wat sagkinds jou selle as kind bewaar in die liefde van die waarheid waar waar is.  Waar waar waar is, is die aar van aarde weer duidelik en sê ons nee vir aartjie na sy vaartjie en is ons dan genees van die sondes van die vaders wat ons nou al lank besoek omdat ons nie alles ondersoek om te sien wat die saak van die oor is nie, die oorsaak van alle dinge en alle houdings wat ons aanneem as ons beginpunt in ons verhoudings.  Sê nee vir die aanname en name van houdings en wees genees.  Daar is baie wee na die vader, maar o wee, die pyn totdat ons genees deur ons nees van verstaan. Wanneer die lig dan in ons opgaan, vind ons die Gees van God wat as ons gees aan ons gegee is, die ewige lewe. Dan word die woord vlees as die Woord van God, en die ou hemel gaan voor ons oë verby en n nuwe verskyn. Die nuwe verskyn net indien ons God werklik as ewebeeld dien.

SONDE EN DIE SONDES VAN DIE VADERS

‘n Son is ‘n ding wat lig skyn, nie waar nie?  ‘n Kind word in sonde gebore, nie waar nie?  Of is dit wat ons as vader/ouers ons kinders leer totdat die kind  word wat ons wil hê hulle moet wees. Wat ons ons kinders leer dra mos nie die ewebeeld van God as selfbeeld oor nie.  Die leerstelling is mos dan wat ons die sondes van die vaders noem en wat van geslag tot geslag oorgedra word tot in die sesde en die sewende geslag en die stel wat ons aftrap. Slagting op slagting het die oortuiging al op Aarde veroorsaak, maar ons kyk nie na die oorsaak nie, want dan moet ons verander en ons het nie die moed van ons oortuiging om te verander nie.  Wanneer ons nee sê vir die oordra van die manier wat ons ons beeld  skyn, die skyn wat ons glo is die lewe, kan die lig van ons verligtheid in ons inligting wys deur ons liggaam as die rots waarop die tempel van God gebou word. Die huis wat nie deur wind en weer verweer word nie en wat geen verweer nodig het nie, want dit is die tuiste van die Lewende Woord van God.  Die ewebeeld van God as die fontein van die lewe.
Hoeveel keer moet die woord wys, wat waar is?  Wanneer bou ons die waarheid van God se woord in ons lewe.  Sê nee en wees genees!  Leer hoe werk die liggaam met inligting en kyk wat se soort inligting oorgedra word van geslag tot geslag.  Elke keer los ons ‘n slagting agter wanneer ons vagevang word in die geslagtelike oordrag van sondes.  Wat ‘n ongelooflike uitdrukking van liefde wat nie verstaan of waardeer word nie.  Stop dit nou!

GELD EN VERGELDING

Geld (Om baie geld te he) is tog te lekker en as ons geld het, gebruik ons ons geld tog so maklik vir vergelding (betaal vir dit wat).  Ek gaan jou terug kry vir wat jy gedoen het veral as die persoon wat ons wil terug kry, se rug oop, is en hy het geen verdediging geldelik nie.  So, ons reg en geregtigheid het nou geld en vergelding geword.  As jy geld het, is jy reg en kan jy vir jou geregtigheid betaal.  Die geldeloses is dan die wat verag word as goddeloses.  Waaragtig is dit ‘n snaakse waarde wat ons aan papier met prentjies gee. Wie is werklik die Goddeloses.  Die pitte van die pampoen.  Sê nee vir die gebruik van geld vir vergelding en laat almal gelyk die reg tot geregtigheid kry.  So genees ons samelewing.  Ons moet tog saam lewe.  Onthou dat die geldelose nie die goddelose is nie.  Die geldelose is net die een wie se bek stilgehou word dat die ruik man kan aanhou stink.  Word mos die instink van oorlewing en die man wat stinkryk is, genoem. 

comments (0)

Post a Comment