Dag 1 : Die Lewende Woord

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het,  om my woorde op aarde te lewe, as deel van die aanvaarde sisteem, waar leed die algemene aanvaarde en verwagte uitkoms is  wanneer twee of meer mense saamwerk om geld te kry om van te lewe.

Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het om blindelings te glo in die onsienbare, wanneer dit duidelik gestel was – In die begin was Die Woord en Die WOORD WAS GOD en die Woord was met God. God lewe as WOORDE as jy en ek maar ons is so gek dat ons nie wil sien hoe ons die woorde lewe as ons wereld nie.

Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het om die lewe wat aan my gegee is, te omskep as die euwel van my woorde, wat bewys dat daar geen wysheid is wat opregte eerlikheid openbaar nie. Dit Dui Wel aan dat die mensDom die DuiWel blameer sonder om te besef hoe ons op aarde lewe, een en gelyk staan met ons woorde soos ons dit dag na dag nagejaag het in ons gedagtes en dan vervlees as ons leuse wat ons uitleef.

Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het, die DogMa van ma en Pa aanvaar het, sonder om alle dinge te ondersoek om te sien wat onder wys en agter dit wys, wat is waaragter/waaragtig. Ek vergewe myself dat ek onderwysers aanvaar het as meesters van die lewe teenstrydig met die duidelike gevolge dat wat hulle elke kind geleer het as lewensreëls nie ‘n wêreld as resultaat gehad het wat die beste is vir elke een wat hier op aarde lewe nie.

Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het dat lewe onderdanig gemaak is tot die geldsugtigheid van die mens wat so fel heers dat dit in werklikheid die Here God van die mens geword het in alle maniere.

Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het, dat ek die woorde van Jesus nie vlees gemaak het as myself nie, deur te gee wat ek wil ontvang en dat ek sekere maniere van gee aanvaar het, solank dit onderdanig was aan die geld wat ek wil hê om lekker en sonder vrees te lewe.

Ek vergewe myself dat ek die valsheid toegelaat en aanvaar het om God te bedank vir die geld wat ek het, welwetende dat daar baie mense is wat met baie minder lewe maar meer waardig is en dat ek geen poging aangewend het om ‘n manier te vind dat almal kan hê wat ek het nie,  sodoende het ek die boodskap van Jesus verkrag om my eie inneliker stem te dien wat my die heeltyd help om my doen en late  vir myself beter te laat lyk, ten spyte van ‘n wereld waar dinge net goed lyk vir die wat geld het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om ander te oordeel wanneer hulle geld het, so baie dat hulle sommer lekker ruik en lekker ryk is, maar wanneer ek geld het, tree ek net so op soos die wat ek ge-oorrdeel het. Dit weereens wys dat Jesus wel insig gehad het, maar in plaas dat ons lewe soos hy voorgestel het, het ons hom opgehef as ‘n god sodat ons deur so ‘n opheffing ‘n verskoning kan hê hoekom ons nie sy gelyke is nie en hoekom ons nie die woorde van Jesus as vlees word nie.

Ek stel my ten doel om’ n sisteem op aarde te ontwikkel wat alle lewe as die enigste waarde sien en so almal toelaat om as gelykes in’ n eenheid as lewe te lewe, want dit sal ewigdurende vrede en liefde bring wat werklik waar is en die liefde wat nou deur die stem in die kop aangejaag word, sal tot niet gaan sodat lewe kan bestaan vir almal.

Ek stel my ten doel om die woord as lewe te word, op ‘n manier om alle lewe as gelyke te behandel sodat dit die woord lewe sal ondersteun, soos dit die woord stel as EWE en so vir alle wesens wat aarde toe kom die EWE LEWE te gee, sodat ek dit kan ontvang, want slegs deur so aksie word die EWIGE gedien, as Lewe en bewys ek my respek en eerbied aan dit wat aan my gegee is in gelyke maat.

Ek stel my ten doel om in die pad te staan van alle euwel wat lewe misbruik net vir eie gewin en om nie op te gee, tot almal sien dat die enigste pad op aarde is die pad wat lewe verenig as ewe.

Ek stel my ten doel om geldgierigheid tot ’n einde te bring, deur ‘n stelsel te implimenteer waar almal genoeg en ewe geld het, sodat alle vergelding en ontgelding wat nou aan god se wil toegeskryf word, tot ’n einde kan kom, deurdat almal ewe as lewe ge-ëer en ondersteun word.

Ek stel my ten doel om die lewende woord  wat beste virlewe is te word, in alle dimensies/die mensies sodat ek in dieselfde mate kan gee en ontvang en dus sal staan as die eenheid en gelykheid van lewe.

Ek stel my ten doel om die stem binne my, wat my so bemin te oordeel, tot stilstand te bring en te stop om deel te neem aan gedagtes wat net my vrese verwoord en aan my eie voordeel aandag gee.

Ek stel my ten doel om’n ekonomiese sisteem op aarde voor te stel wat ware waarde omskryf as lewe, om so’ n wêreld tot stand te bring waar slegs lewe hoog geag word.

comments (0)

Post a Comment