Dag 5 : Wensdenkery Lei tot Bedenklike Toestand

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om deel te neem aan wensdenkery waar ek in my kop stories optower wat my pas en my altyd laat wen in die stryd vir glorie sonder dat ek besef dat om altyd my wil as wens as my lewensoorsprong te gebruik,lei tot bedenklike besluite en optrede wat my self respek en integriteit verswak en tot nadeel strek vir my, my kinders en die hele mensdom.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het deur te weier om te sien dat ek in my kop stories opmaak oor almal en alles wat lei tot my afhanklikheid aan my prentjie wêreld, waar ek altyd my wense vervul sodat ek kan goed voel en myself waardeer ten spyte van die bewyse as die aardse realitiet wat oor en oor uitspeel dat stories opgemaak in die kop ander benadeel en verneder in my oog sodat ek as eie ek myself kan meer ag en regmatigheid aan myself toestaan.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek deur ander wonderlike dinge toe te wens, ek eintlik aan myself toestemming gee om ook in wensdenkery te lewe sonder om te besef dat die toordery van wensdenkery nie werklik geloofbaar werk in die tyd en spasie realiteit op aarde nie. Op aarde moet die mens die fisiese verhoudinge tussen mekaar en dinge wat daaruit vloei gelyk as lewenswaarheid eer, want die toewens van gelyke geluk sonder die praktiese skepping daarvan lei nie tot die versekerde uitkoms wat meetbaar beste vir alle lewe is nie. Net die praktiese doelbewuste gee van wat seker is en bepaalbaar is kan gegee word in die maat wat gelykheid van lewe eer sodat elkeen kan ontvang wat in gelyke maat gegee word.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om myself oor te gee aan wensvervulling instede van praktiese lewe in spasie en tyd wat sal lei deur praktiese gelyke gee/ontvang verhoudings patrone tot ‘n aardse ervaring en bestaan wat so na aan hemel is as wat mens moontlik is.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om myself en my nasate en my naaste toe te laat om oorgegee te word aan die geldgod as die enigste een wat alle wense kan vervul en selfs my gebede so ontwikkel het dat my wense se vervulling verdoesel word in die gebed in mooi woorde sodat my gebede beter klink as wat dit werklik is en dat ek nie enige werk maak daarvan om as mens saam te werk met my naaste om Jesus se boodskap te vervul deur die lewe as eweredigheid en gelykheid hier op aarde in te stel deur saam te stem om te gee soos elkeen wil ontvang. Instede wag almal om eers te ontvang voor daar oorweeg word om te gee en neem basies sonder om te vra net omdat hulle die geldgod se mag ontvang het om te kan vat en die reëls van aarde so te verdraai dat die lewe elke dag op alle maniere verraai word.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om met gemak en emosie die eenheids en gelykheids stelsel wat die praktiese toepassing is van Jesus se leringe as wensdenkery af te maak net sodat ek my eie ek se wense kan hoër ag as die reg tot lewe wat een ewe maat aan almal gegee is en toekom en dat ek die eie ek se wensdenkery as my dryfkrag gebruik wat my motiveer en regmatig laat klink, ten spyte van die bewyse op aarde dat die eie ek se aardse bestel reeds die helfte van die mensdom in hongerte gedompel het, tog stop ek nie myself nie, want my geldgod is met my.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het vir myself om die wensdenkery van die eie ek aan die genade van die geldgod se gawes gekoppel het en so die lewe verderf het tot’n hoerdery en tot die soeke van gierigheid en koppelary wat altyd net tot pyn en lyding van die menigte lei.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om te lewe in my oneerlikheid om die eie ek se wense eerste te stel en so die wêreld sisteem ingestel het om stelselmatig alles wat regmatig lewenswaardig is, te vernietig en te vervang met die wensdenkery van die eie ek se vals beeld van wens om sodoende die heerskappy van wensdenkery op aarde eerste te stel.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek deur die wensdenkery in my naaste te eer as vrye keuse ek aan myself die reg gegee het om ook in wensdenkery te lewe, want as almal dit mos doen is dit om te ewe.

Ek stel myself ten doel om alle wensdenkery in my kop te stop en om wat ek toelaat het een te maak met wat prakties gelewe kan word op aarde in maniere wat lewe as ewe eer sodat lewe eerste gestel en die kop nie langer geëer word nie.

Ek stel my ten doel om waar die aardse stelsel die lewe verneder het tot die prentjie in die kop wat die eie ek en die geldgod eer, dit tot almal se aandag te roep totdat almal hoor en weer na lewe terugkeer.

Ek stel my ten doel om lewenswaarheid as gelykheid te herstel as die enigste weg en die waarheid as lewe.

Ek stel my ten doel om dit na te jaag wat werklik in die fisiese spasie en tyd van aarde kan bestaan op maniere wat lewe as gelyk eer.

Ek stel my ten doel om self eerlikheid tot die regmatige plek op aarde te verhef sodat elkeen weer kan terugkeer na regmatigheid deur hulself te herstel as lewe deur die gif van die eie ek te verwyser deur self vergifinis.

Ek stel my ten doel om die lewe as dryfkrag te wees om sodoende ‘n voorbeeld te wees wat lewe is ten spyte van die baie wat sal skreeu vanuit hul vals beeld paleise dat die mens nie menswaardig is nie, en dat net die geldgod almal sal kan red as die geldgod onvoorwaardelik geëer word.

Ek stel my ten doel om ‘n stelsel voort te bring wat aan almal die geleentheid sal gee om die vals beeld van die eie ek te vergewe sodat lewe hier op aarde weereens dit sal wees wat asem haal.

Ek stel my ten doel om as enigste keuse altyd lewe eerste te stel en so ‘n einde te bring aan alle keuses wat die eie ek se bestaan moontlik maak.

comments (0)

Post a Comment