Dag 2 : Dwase met Brein Blase

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om deel te wees en deel te neem aan die skepping en instandhouding van die gemeenskap terwyl daar niks van gemeenskaplike belang werklik tot stand gekom het nie, omdat dit wat regtig lewe is onderhewig geplaas is aan geld waarsonder niemand kan oorleef nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die enigste gemene belang wat elke wese het naamlik Lewe, so te min ag dat ek toegelaat het dat tot die helfte van die menslike bevolking in brandarmte lewe, terwyl ek niks doen om die brand te blus nie, want ek is nie lus om my hande vuil te maak terwyl ek my kan verlustig in die wonderlike dinge wat geld kan koop.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om geld die almagtige heerser as die baas te plaas soos die blaas op die brein vol wind wat maak asof die gejaag na wind nou werklik enige waarde kan hê, terwyl die gejagery eintlik tog net eindig waar alle misbruik eindig, die ewige daaglikse dood van brandarmte want ek het my reg van lewe verkoop vir n pot lensie sop.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die praktiese lewens boodskap van Jesus, om te gee sodat jy kan ontvang , onderdanig gemaak het aan die reëls van profyt, eienaarskap en geld, want ten spyte van die voorbeeld van Jesus het ek van Jesus ‘n drogbeeld gemaak deur sy kruisiging as vreesbeeld in elke mens in te boender om seker te maak niemand staan op en bevraagteken wat nou eintlik werklik op aarde aangaan nie, want as jy bevraagteken sal jy gekruisig word, selfs deur die wat beweer hulle volg Jesus terwyl hulle eintlik geld volg.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om wette op skrif te plaas om die dwase wat leef net om die baas van  geld te wees, te beskerm en so Geld die God gemaak het wat alle mag het oor lewe en dood en my in vrees laat lewe elke oomblik waar ek my geld moet tel om te sien of ek nog kan kos koop en ‘n dak oor my kop het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die dwase te eer deur self ook brein blase vol wind te kry wat jaag na geld asof daar geen ander manier is nie, want die geld god is onwrikbaar en onoorwinbaar en heers met vrees deur die krag van die wet van die profyte wat my najaag totdat ek betaal vir my sonde om nie aan God te gee wat God toekom nie. Die God van Geld het nie ‘n seun of kind nie en vergewe niemand en sal jou tot in die afgrond jaag as jy die geld god haat en so moet ons dus ons god liefhê voordat ons van ons God kan ontvang en in die maat van ons liefde vir ons geldgod, word ons skatkamers gevul.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om nooit te bevraagteken hoekom die mens op aarde nie lewe as ewe nie totdat ek verstaan het dat God nie aan elkeen ewe veel geld gegee het nie en dat jy net soveel geld kan kry as die liefde wat jy het vir die liewe geldgod.

Ek stel my ten doel  om saam te werk met ander wat een is dat ons wel die aarde kan herwin vir die lewe en om wat hier is te omskep in dit wat in die gemene belang van lewe is sodat elkeen kan lewe in vervuldheid.

Ek stel myself ten doel om ‘n ekonomiese sisteem in wording en werking te stel wat op alle maniere aan elke mens ‘n lewenswaardige bestaan sal gee en omdat ek dit aan elke mens gee sal ek dit ontvang omdat ek deel is van die mensdom.

Ek stel my ten doel  om die gejaag na geld te stop deur ‘n nuwe ekonomiese sisteem wat aan almal gelyke geld sal besorg sodat elkeen vir hulle self kan sorg en ‘n waardige lewe mag hê.

Ek stel my ten doel om die boodskap van gee, sodat dit wat jy wil ontvang, as lewende woord te vestig, as ‘n ekonomiese sisteem wat alle lewe as ewe ag, en wat gegee word, deur die aarde gelyk te verdeel, sodat almal gelyk sal wees voor die aangesig van lewe

Ek stel my ten doel om slegs lewe te eer as waarde en my lewende woorde as woordeskat en om die skatkamer van lewe in te rig.

comments (0)

Post a Comment