Dag 3: Is die Antwoord Verantwoordelik?

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat verantwoordelikheid nie noodwendig met n antwoord kom nie ten spyte dat die woord verantwoordelikheid wel aandui dat dit die antwoord omvang.

Ek vergewe myself dat  ek myself toegelaat het om antwoorde te versin met die versinnebeelding van beelde voor wat werklik belangrik is as lewe, om so die verantwoordelikheids sin wat lewenswaardig moes wees, te verarm met a stelsel van arm en ryk sodat ek ‘n verskoning kan hê hoekom ek my koningskap met geld kan koop en selfs my rykdom kan beskerm ten spyte van die kerm van die arm lasposte, deur wette in te stel wat eiendom beskerm as die groot belangrike verantwoordelike ding om te besit wat deur geen ander reg aangetas mag word nie, al lei dit tot die dood van die armes.

Ek vergewe myself dat  ek myself toegelaat het om my verskoning te gebruik dat die armes mos n hand kan uitsteek en werk vir hulle geld net soos ek gewerk het vir my geld sonder dat ek kyk in eerlikheid hoe geld werklik werk en dat geld nie vir almal werk nie, maar my eie belang rus so groot op my hart dat ek die deur van my hart nie kan oopkry om in lewensbelang na my antwoorde te kyk met die fondasie dat die enigste ware verantwoordelikheid op aarde dit is wat lewe as gelyke gawe in alles erken en ondersteun.

Ek vergewe myself dat  ek myself toegelaat het om te lag in die grootsheid  van my mag wat  deur geld toegestaan is dat ek net verantwoordelikheid vir myself aanvaar en die genot van my lewe uitleef ten spyte van die bewustheid dat baie nie het wat hulle as lewe moet he nie. Tog gee ek nie om nie, want my lewe is goed en die god van geld beskerm my selfs teen die grootste storms met versekering dat wat vergaan sal nuut vervang word. My god van geld is so verantwoordelik dat ek nooit n ander god sal dien nie.


Ek vergewe myself dat  ek myself toegelaat het om te aanvaar dat  ek nie my broer se wagter is nie want my eie ek is al wat ek aanvaar as my waarde as die antwoord van my verantwoordelikheid en ek voel niks wanneer daagliks baie in pyn en lyding die wereld verlaat omdat daar vir hulle geen heenkome was nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om die rykdom van my goeie god te aanvaar en om deur Sy wil te leef asof ek nooit sal sterf nie, want die erfenis van my geld god gee aan my ‘n waardeuring van die lewe waardeur ek kan sê ek is dankbaar dat ek so ‘n skat van my geld god ontvang het en daarom bou ek vir my geld god paleise van kerke dat die armes ook kan kom rus vind by die skaduwee van my grootse geld god en wens dat hulle pense ook soos myne gevul word met die wyn en brood van die bloed van die lewe, wat ek elke dag verspil in die naam van my geld god as my persoonlike offer aan die almag van die geld god, sodat my weg altyd vol geld kan wees en ek te alle tye kan leef in die vervulling wat geld my bied.

Ek vergewe myself dat  ek myself toegelaat het om myself voor te doen as die antwoord tenspyte daarvan dat my antwoord van die geld god nie die lewe ewe in all wesens eer nie, maar eerder my as geldvogtige eerste plaas aan die regterhand van die geld god van waar ek heers oor hemel en aarde en self al kom daar tsoenamies of aardskuddings, sal ek nie vrees nie, want ek weet my geld god is met my en sal vir my en my saad sorg sodat my naam verewig kan word in the geboue en strate en kerke wat deur die geld god moontlik gemaak is en sodoende sal my naam vir ewig lewe as bewys dat die geld god die enigste ware god is met sy baie name wat hy as wese aanneem wat ek kan geniet met die geld wat sy liefde aan my gee. So het ek elke ding wat die geld god maak as sy kind in wie hy welbehae het, want ek bewys bo alle twyfel dat daar geen ander god is as die geld god wie my naaste is en in my hart woon waar hy die pad skoon hou dat die geld soos fonteine van geld in my lewe kan vloei en so aan my die lewe gee wat alle ander net kan beny.


Ek stel my ten doel om die geld god uit te roei deur geld beskikbaar te maak in gelyke dele genoegsaam in waarde aan alle lewe deur  ’n nume ekonomies politiese sisteem gebaseer op een mense en stem.

Ek stel my ten doel om alle vals beelde van grootsheid gebaaseer in geld oop te maak, om te wys dat om so baas te speel maak ander seer.

Ek stel my ten doel om die eerlikheid van lewe te herstel sodat almal wen en eerste is as gelykes sodat die eie ek van die valsheid van n lensiesop lewe tot besinning geruk kan word.

Ek stel my ten doel om die gal te ontbloot wat deur die lag geskep word deur die wat van hulle sinne beroof is deur die geld god en om weereens deel te wees van die aarde waar net die lewe aard.

Ek stel my ten doel dat eerlikheid as wat beste is vir lewe die wagetr word sodat almal gelyk sal wees as lewe en dus as een familie sal lewe as kinders van die aarde.

Ek stel my ten doel om uit te reik na elke mens wat verval het pens en pootjies en deel geword het van die lensiesop wat die waarde van lewe versteur het sodat dit wat lewe is wel weer opstaan en op aarde wortel skiet.

Ek stel my ten doel om die antwoord van verntwoordelikheid te wees as lewe wat lewe weer herstel tot die aarde as gelykheid vir almal.

comments (0)

Post a Comment