Dag 6: Is die Aarde ‘n Malhuis? Deel 1

0 comments

Vir navorsing sien die Dokumentêr van Adam Curtis “The Trap” Part 1

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat elke mens irrationeel is en slegs besluite neem wat selfs alleen tot voordeel strek en dus dat elke mens uiteindelik my sal verraai eerder as om op te tree in die beste manier wat die beste resultaat vir ons albei sal lewer

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het, dat Die Natuur van die Mens ongeneesbaar gebroke is en dat ons daarom as gemeenskap mekaar se gebrokenheid moet aanvaar en ondersteun en bestuur om ons van mekaar te beskerm

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om my kinders op te voed in die kuns om hulself eerste te plaas en seker te maak dat hulle wen, uit vrees dat hulle nie sal oorleef en ‘n lewe kan maak as hulle nie hulself altyd ten alle koste eerste plaas nie

­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het as afhanklik van oneerlikheid om my weg deur die wêreld te maak en sodoende soveel as moontlik geleer het hoe om My Selfsug vir oorlewing te verwoord, dat dit aanvaarbaar klink, omdat dit aanvaar word as hoe die Menslike Natuur  werk

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die sisteem as kontrole so ingestel moet wees dat dit nie aanvaarde onvoorspelbaarheid van die Menslike Natuur kan beheer deur wette wat vreesaanjaende gevolge het, sonder dat ek besef het dat ek so ‘n wêreld van vrees skep met vreeslike gevolge, want elke mens sal altyd twee gesigte voorhou, die een wat hulle wil hê jy moet sien en een waar self belang die voorrang geniet

Ek stel my ten doel om te bewys dat die mens wel die ewebeeld van lewe kan wees wat optree in die belang van lewe te alle tye

­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­Ek stel my ten doel om te bewys dat die ewige lewe beteken ‘n lewe van ewe-waardigheid, wat deur alle deelnemers vertrou kan word sodat Vrees nie meer die lewenswyse van die Mensdom kan Beduiwel nie

Ek stel my ten doel om te bewys dat die Natuur van die Mens nie onherstelbaar verbrokkel het nie en dat elke mens hulself kan genees wanneer hulle kundig word om Nee te sê vir dit wat nie die beste vir alle lewe is nie

Ek stel my ten doel om die fondasie van wat dit beteken of familie te wees, as die verantwoordelike partye wat die lewe van ‘n nuut gebore kind se uitkoms bepaal, te transformeer in die fondasie van lewe met die kundigheid vanlewe om so die weg en reg van die lewe as gelyke  mate te herstel en ‘n wêreld so tot stand te bring waar elke mens as lewe gerespekteer en geëer sal word

Ek stel my ten doel om te bewys dat die onderliggende oneerlikheid van die geheime Self, wat in die gedagtes van die mens bestaan, net bestaan as ‘n oorlewings model  wat elke besluit beplan om seker te maak die persoon stel hulself eerste om sodoende te oorleef en te verhoed dat wat die persoon aan ‘n ander moet doen vir oorlewing, aan hulle eerste gedoen word

Ek stel my ten doel om te bewys dat ‘n gemeenskap wat deur vrees beheer word,  vreeslike dinge sal doen wanneer hulle voel dat hulle oorlewing bedreig word en hulle woede uithaal op lede van die gemeenskap, op onvoorspelbare brutale maniere om sodoende aandag te vestig op die feit dat hulle lewens nie as waardig beskou word nie

comments (0)

Post a Comment