Posted by Bernard Poolman | Posted on Tuesday, 29 May 2012
Posted by Bernard Poolman | Posted on Friday, 25 May 2012
Posted by Bernard Poolman | Posted on Monday, 21 May 2012
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat Hemel tot stand gekom het as die wyse wat deur die Kop gegenereer was
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat Aarde eerste reggestel moet word voordat Hemel aan Arde gelyk word sodat Hemel en Aarde een en gelyke kan wees en as Eendrag maak Mag saam te loop as Gelykes in Eenheid
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat die Siel en die Gees die Fiesiese op Aarde as oorsprong het en dat wat op Aarde toegelaat word, ook in die Gees toegelaat word en dus as Aarde nie funksioneer as wat Beste is vir alle lewe nie, sal Hemel nie funsioneer as wat Beste is vir alle lewe nie
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat gedagtes en die Dag op Aarde gelyk moet wees as wat Beste is vir die Lewe as Lewende Woord, om sodoende die Ewe as Ewige Lewe te Vestig as eenheid en gelykheid as Myself as Lewens verteenwoordiger
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat wanneer ek seks as die Fiesiese oorsprong van lewe afhanklik maak van my kop, wat die dienaar moet wees van lewe, ek die skepping van lewe as kinders ‘n waarheid maak waar die kind nie ‘n Lewe sal hê wat beste is altyd vir alle lewe nie en dus vir elke spesifieke lewe nie
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te besef dat die geskiedenis bewys dat deur Hemel Eerste en as Hoogste te stel, Hel op Aarde veroorsaak het, want die Mens het net in die Kop as Hemel gebly en nie op aarde as Die Liggaam nie. Dus het die Lig van die Lewe as die Liggaam, nie op aarde geskyn nie, want die Skynbeeld wat die Kop opgetower het, het net die Waarheid van Waar die Mens is verdoesel, en die Mens laat glo dat Wat in die Kop gesien word, die Waarheid is en so ‘n Vals lig geskep het wat die Liggaam in ‘n gillende hel gedompel het
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie alles te ondersoek en die goeie te behou nie, maar net die Kop ondersoek het en die Liggaam, as die Lig Raam van die Lewe so as ondergeskik verklaar het aan die kop, sonder om te besef dat die Kop nie alles is nie en nie alles weet nie en Niks te doen het met die Werklike funksie van die Fisiese Liggaam nie
En dus eintlik ondergeskik is aan die Fisiese Liggaam
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om ten spyte van die Bewyse wat wys dat die Pyn en Leiding op aarde werklik waar is, ek nog steeds net na my Kop geluister het, Sonder om myself as die Liggaam tot Bewussyn te Ruk
Ek stel my ten doel om die Eenvoud uit te wys van hoe Een Fout, oor wat eerste was en laaste is, die aarde nie in Hel omskep het en die Hemel tot ‘n Vals Hoop omskep het
Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die siel en gees van die Mens die Resultaat is van Jare se opvoeding in die Fiesiese liggaam en dat ‘n Baba eers ‘n mens word as dit as ‘n mens geleer is wat dit beteken om ‘n Mens te wees en dat Wat aan die Kind geleer word, die werêld word en in die verhouding lê die geheime tot ‘n Nuwe Hemel en ‘n Nuwe Aarde
Ek stel my ten doel om Aarde Eerste Reg te stel, sodat Hemel kan Vernuwe
Ek stel my ten doel om te wys dat die Siel en die Gees Niks verstaan van die Fisiese Liggaam nie en dus opeindig met die misbruik van aarde gebasseer in Vrese wat nie sou bestaan as die Orde van Dinge verstaan was en ge-eër was nie
Ek stel my ten doel om gedagtes en die Vleeslike dag Een en gelyk te stel, Sodat Hemel en Aarde Een en Gelyk kan wees, want dan is Hemel op Aarde en die Mens die Ware Ewebeeld en Gelykenis van God
Ek stel my ten doel om daarop te wys dat tensy die Lewe as Ewe op aarde geskep word, die Ewige Lewe vir die Skepper nie moontlik is nie, want die Skepper is altyd een en gelyk met die Skepping en die Mens is die Skepper op Aarde wat hier moet Besluit wat Wat na die dood, deur Wat op aarde geskep word
Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die Hoogste Hemele is nie Hoër as die Laagste fondasie op Aarde nie, want Hemel en Aarde is as skepping die spieëlbeeld van mekaar en is dus as Eenheid Gelyk en die Ewebeeld en Gelykenis van mekaar
Posted by Bernard Poolman | Posted on Wednesday, 16 May 2012
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om die verligting wat ek ondervind wanneer ek geld het om my te beskerm te verdraai as die Lig van God wat maak dat ek nie hoor soos ander Gil waar hulle nie die beskerming van die Geld God het nie
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Euwels net dinge is wat wat teen my eiendom en geld gerig is, waar my sekuriteit aangetas word en dat ek nie armoede en hongersnood en geldnood as euwels sien nie
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Geld die Weegskaal van Lewe is asof dit deur ‘n Hoër Hand gegee is sonder om te weeg in eerlikheid hoe die gawe van geld werklik werk
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat my verskoning dat God my die reg tot eiendom en geld gegee het nie gesien word as die euwel wat dit werklik is soos dit die aarde in ‘n doodsklem plaas waar der duisende sterwe net sodat ek agter my hoë heinings kan skuil en my tot die redding van die Geld God beroep asof dit die enigste beroep is wat die mensdom kan beoefen
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat euwels deur ‘n verblindende Lig verwyder kan word sonder dat ek met eerbaarheid sien dat die Lig net myself verblind om nie te sien dat die Euwels net groter Heuwels word en uiteindelik in Berge verander
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Geld wat ek aanvaar het as die oorsaak van alle Euwels, tog my enigste doel op aarde bly en ten spyte van my onderwerping aan die Euwel, ek myself voordoen as goedhartig en barmhartig
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat ek niks aan Euwel kan doen nie en dat slegs God my daarvan kan beskerm en dat ek sodoende Euwel opgehef het tot die Mag en Grootheid van ‘n God met my as arme Mens onderworpe aan die Euwel, sonder om met eerlikheid te kan sien dat dit Ek is as Mens wat alle Euwel Direk skep en so my Ewebeeld en Gelykenis as Skepper gelyk gemaak het as Euwel met die Aardse Bestaan as my bewys van my effektiwiteit in die skepping van Euwels
Ek stel my ten doel om alle Heuwels van Euwels uit te wys dat die Mens Wys kan word en sien wat hier as lewe deur die mens uitgeleef word
Ek stel my ten doel om uit te wys dat die Lig van Geld ‘n skaduwee van skade werp op die ganse mensdom en Aarde in die Algemeen
Ek stel my ten doel om te bewys dat Eiendom en besittingsreg die grootste Euwel is wat bestaan omdat geen mens wat enige iets werklik kan besit nie, want dit is tydelik. Net lewe mag dalk ewig word indien dit ewe aan almal gegee word
Ek stel my ten doel om te bewys dat hongersnood en armoede van baie gebore word deur die Rykdom van ‘n klein deel van die Mensdom
Ek stel my ten doel om uit te wys dat die weegskaal sal wys dat baie te LIG was en dus die Euwels van die wêreld doelbewus misgekyk het net om hulle eie besittings te beskerm
Ek stel my ten doel om uit te wys dat lewe die enigste Roeping is wat die Mens self kan op Beroep
Ek stel my ten doel om eerlikheid as lewe te beoefen en oor te dra aan elke Mens
Ek stel my ten doel om te bewys dat Barmhartigheid en goedhartigheid net bestaan waar Alle Lewe as Een Lewe gelyk geëer word
Ek stel my ten doel om te bewys dat die mens gelyk is aan Euwel en dus alle Euwel kan stop, want die Mens alleeen skep alle Euwel
Posted by Bernard Poolman | Posted on Thursday, 10 May 2012
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat geld meer waarde het as lewe, tot so ‘n mate dat my gedagtes die hele tyd wentel om geld en geen gedagte toelaat oor die wat sonder geld van hongerte sterf of in absolute armoede lewe, sonder selfs ‘n kans om hulle lewe te verbeter nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat vergelding gekoppel word aan die nie betaling van skuld, terwyl daar geen vergelding is vir die wat sterf van armoede nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die geld sisteem die enigste manier is wat op aarde kan lewe, ten spyte van die duidelike bewys dat dit vir meer as die helfte van die mensdom geen hulp bied nie en baie dwing na ‘n vorm van dwang arbeid net om geld te kry om te oorlewe.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die geldstelsel die wil van God is, asof God besluit wie het geld en wie het niks, terwyl ek diep binne my weet dat God niks met geld te doen het nie. Dit is alles net die mens se doen en late.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om my oneerlikheid oor geld sover te neem dat ek self tot God bid om vir my ‘n weg te skep met geld, welwetende dat alle geld en geldsake net die doen en late is van die mensdom.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat om my kinders te leer om alles te doen om eerste te kom in wat hulle doen, ek aan my kinders ‘n vals beeld van self eerlikheid en lewens eerlikheid gekweek het en sodoende die mens en aarde se toekoms besoedel het met die vrees vir die menslike euwel wat ek weet is gekweek net vir oorlewing.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat om met geld te wen, moet ek eerste die euwel daad doen voor dit aan my gedoen word en dat ek hierdie besluit van euwel herdoop het as my eerlikheid met myself, want ek het al so baie ervaar dat waar ek wou goed doen, het ek onder deur geloop. Nou maak ek maar soos al die mense maak en doen my bes om die oomblik van my euwel te beplan op die Nippertjie, sodat ek ten minste die beste kry uit die saak en so na myself kyk. So leer ons mekaar en ons kinders ken en vorseer ons mekaar en ons kinders om eerlikheid so te leef dat die Eie Ek altyd wen en die Geld God altyd die baas bly.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om elke Sondag kerk toe te gaan ten spyte van die feit dat ek weet met geldsake sal ek nooit doen wat die beste is vir lewe nie, maar ek sal altyd dit doen wat verseker dat ek weg kom met geld in my sak. Ek weet ook dat God in werklikheid nie die optrede sal goedkeur nie, maar my stem in die kop oorreed my keer op keer dat ek ‘n goeie saak het en dat God na my sal luister, want Hy sien mos alle dinge en Hy sal noudat ek my bes gedoen het om eerlik te wees, maar aan die einde moes ek eerlik wees met myself en na my eie familie en sake omsien, want ek is seker God sou dit so goedkeur. Ek is nie ‘n slegte mens nie, maar moet na my verantwoorlikhede omsien en sorg vir my familie wat God aan my gegee het. Ek doen dus God se wil om die familie eerste te plaas. As dit nie so was nie, sou God aan my ‘n teken gegee het dat ek anders moet optree. So spreek die stem in die kop wie ek my leidsman gemaak het in my binnekamer waar ek al my geheime gesprekke voer en beplan, hoe ek gaan wen in die lewe, waar almal teen my is. Maar God is mos met my en waar God met my is, wie kan teen my staan, veral met die geld wat God my gegee het deur my te lei tot waar ek as wenner staan, as die stryder vir God- al is dit eintlik teenstrydig met regte eerlikheid en Jesus se voorbeeld, moet ek God se wil doen en my familie en sake beskerm.
Ek stel my ten doel om self eerlikheid as lewe te herstel tot die enigste eerlikheid wat werklik bestaan en wat sal lei tot ‘n wêreld van vrede en harmonie.
Ek stel my ten doel om die waarde wat in geld geplaas is so te verander en vir alle lewe te staan, sodat geld die simbool word van lewe wat slegs lewe ondersteun en so ‘n einde bring aan die oorlewings euwel wat alle eerbaarheid verdring het.
Ek stel my ten doel om die geld stelsel van skuld tot ‘n einde te bring deur die mens te help om die skille van die oë te was, om te sien hoe onmeetbaar die mens werklik geword het.
Ek stel my ten doel om uit te wys, oral waar die geldstelsel in die hand van die mens pyn en lyding veroorsaak, tot die wat blind is sien en die wat doof is hoor.
Ek stel my ten doel om die dwang arbeid, veroorsaak deur die geldstelsel, tot ‘n einde te bring, sodat almal in Vryheid kan lewe en die rykes nie meer die lewensarbeid van die armes kan koop vir ‘n appel en ‘n ei nie.
Ek stel my ten doel om die stem te wees wat die biddendes tot aandag roep, sodat hulle sien en hoor hoe gebede vir geld onsinbaar is, want met die mens se eie hand en wil kan die aarde omskep word in ‘n paradys.
Ek stel my ten doel om tot die aandag van almal te bring sodat lewe al is wat altyd eerste gestel moet word omdat dit die fondasie van eerlikheid en eerbaarheid is.
Ek stel my ten doel om die stem in die kop van elke mens te ontmasker en om te wys dat die stem nie werklik ‘n geheim is nie en dat die misbruik van die stem as die rigting gewer van besluite, werklik net lei tot ‘n lewenslose aarde wat geen respek werklik bestaan nie, want die Vals Beelde voor die lewensbeeld word gedien asof die lewensbeeld afhanklik is van die vals beeld, wat ‘n totale onwerklike leun is.
Posted by Bernard Poolman | Posted on Wednesday, 9 May 2012
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek net ten volle kan weet teen die einde van die tyd, SONDER om te sien dat elke oomblik in tyd die einde van die tyd van baie besluite aanbreek waarvan ek kan leer, maar omdat ek die einde van die tyd doelbewus nie wil verstaan nie, leer ek niks van die einde van die tyd in elke oomblik, om op aarde ‘n lewe van waarde te vestig nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat daar ‘n tyd is vir alle dinge, maar ek weier om te leer van die tyd wat eindig in elke oomblik sodat ek my besluite kan versterk om sodoende ‘n aardsbestaan te skep wat beste is vir alle lewe.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat tyd soos ‘n gety werk, wat die vorm aanneem van goeie tyd en slegte tyd. sonder dat ek leer van die einde van die tyd in elke oomblik, om so oor tyd te heers en op aarde dit te skep wat beste vir alle lewe is.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om goeie tyding te koppel aan die koms van Jesus in plaas van om die tyding te wys wat van tyd leer, in so myself gelyk te stel aan die voorbeeld van Jesus en so Vrede en Liefde op aarde te vestig as die enigste manier waarop dit kan bestaan, naamlik waar alles gereël word in gelyke maat op die manier wat beste is vir alle lewe.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die wêreld van tyd net ‘n skynbeeld is en dat ek eers werklik kan sien na die dood wanneer ek volgens my geloof die tydlose ingaan, sonder om te sien dat waar tydloosheid bestaan, kan ek niks leer nie en as ek nie leer in die tyd wat aan my gegee is nie, ek nie die tydlose kan ingaan as die ewebeeld en gelykenis van God nie, want ek het die ewebeeld en gelykenis wat aan my gegee is ydelik gebruik en was so ydel dat ek niks geleer het van die einde van die tyd nie en dat ek my kans as lewe so verydel het, geloof gebruik het om ydel met kop omhoog te loop en te verklaar dat, omdat ek gekies is om die ewebeeld en gelykenis te verteenwoordig hoef ek niks te doen nie, want ek is die spesiaal verkose van God, sonder dat ek besef, wat gegee is kan weggeneem word en deur my talente nie in werking te bring in werksaamheid om te bewys dat ek die gawe van ewebeeld en gelykenis waardig is nie, tot my ondergang sal dien waar net die klaagliedere van my wederegtilikheid sal oorbly, omdat ek dit tot te laat gelos het om wel op te staan as lewe vir lewe.
Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings, uit te wys dat almal altyd ten volle kan.
Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings uit te wys dat in elke oomblik die einde van die tyd hier is om van te leer, hoe om die reëls op aarde te stel dat werk op maniere wat beste is vir alle lewe.
Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings uit te wys dat die tyd vir alle dinge oorheers kan word met wat beste is vir alle lewe.
Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat die gety nou is om van die einde van tyd in elke oomblik te leer.
Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat om te wag vir Jesus en nie as sy voorbeeld hier in lewende aksie te staan nie, is ‘n mors van tyd en lewe en wanneer tyd verlore gaan word mens tydloos en kry jy die tyd nooit weer terug nie.
Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat die ewebeeld en gelykenis van God as mens ydelik gebruik word en dat almal wat die naam van God ydelik gebruik sekerlik sal sterwe.
Posted by Bernard Poolman | Posted on Saturday, 5 May 2012
Posted by Bernard Poolman | Posted on Tuesday, 1 May 2012