Dag 12: Hemel op Aarde

1 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat Die Heelal as die Fisiese Eers bestaan het Voordat Aarde tot stand gekom het nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat Hemel tot stand gekom het as die wyse wat deur die Kop gegenereer was

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat Aarde eerste reggestel moet word voordat Hemel aan Arde gelyk word sodat Hemel en Aarde een en gelyke kan wees en as Eendrag maak Mag saam te loop as Gelykes in Eenheid

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat die Siel en die Gees die Fiesiese op Aarde as oorsprong het en dat wat op Aarde toegelaat word, ook in die Gees toegelaat word en dus as Aarde nie funksioneer as wat Beste is vir alle lewe nie, sal Hemel nie funsioneer as wat Beste is vir alle lewe nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat gedagtes en die Dag op Aarde gelyk moet wees as wat Beste is vir die Lewe as Lewende Woord, om sodoende die Ewe as Ewige Lewe te Vestig as eenheid en gelykheid as Myself as Lewens  verteenwoordiger

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat wanneer ek seks as die Fiesiese oorsprong van lewe afhanklik maak van my kop, wat die dienaar moet wees van lewe, ek die skepping van lewe as kinders ‘n waarheid maak waar die kind nie ‘n Lewe sal hê wat beste is altyd vir alle lewe nie en dus vir elke spesifieke lewe nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te besef dat die geskiedenis bewys dat deur Hemel Eerste en as Hoogste te stel, Hel op Aarde veroorsaak het, want die Mens het net in die Kop as Hemel gebly en nie op aarde as Die Liggaam nie.  Dus het die Lig van die Lewe as die Liggaam, nie op aarde geskyn nie, want die Skynbeeld wat die Kop opgetower het, het net die Waarheid van Waar die Mens is verdoesel, en die Mens laat glo dat  Wat in die Kop gesien word, die Waarheid is en so ‘n Vals lig geskep het wat die Liggaam in ‘n gillende hel gedompel het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie alles te ondersoek en die goeie te behou nie, maar net die Kop ondersoek het en die Liggaam, as die Lig Raam van die Lewe so as ondergeskik verklaar het aan die kop, sonder om te besef dat die Kop nie alles is nie en nie alles weet nie en Niks te doen het met die Werklike funksie van die Fisiese Liggaam nie
En dus eintlik ondergeskik is aan die Fisiese Liggaam

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om ten spyte van die Bewyse wat wys dat die Pyn en Leiding op aarde werklik waar is, ek nog steeds net na my Kop geluister het, Sonder om myself as die Liggaam tot Bewussyn te Ruk

Ek stel my ten doel om die Eenvoud uit te wys van hoe Een  Fout, oor wat eerste was en laaste is, die aarde nie in Hel omskep het en die Hemel tot ‘n Vals Hoop omskep het

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die siel en gees van die Mens die Resultaat is van Jare se opvoeding in die Fiesiese liggaam en dat ‘n Baba eers ‘n mens word as dit as ‘n mens geleer is wat dit beteken om ‘n Mens te wees en dat Wat aan die Kind geleer word, die werêld word en in die verhouding lê die geheime tot ‘n Nuwe Hemel en ‘n Nuwe Aarde

Ek stel my ten doel om Aarde Eerste Reg te stel, sodat Hemel kan Vernuwe

Ek stel my ten doel om te wys dat die Siel en die Gees Niks verstaan van die Fisiese Liggaam nie en dus opeindig met die misbruik van aarde gebasseer in Vrese wat nie sou bestaan as die Orde van Dinge verstaan was en ge-eër was nie

Ek stel my ten doel om gedagtes en die Vleeslike dag Een en gelyk te stel, Sodat Hemel en Aarde Een en Gelyk kan wees, want dan is Hemel op Aarde en die Mens die Ware Ewebeeld en Gelykenis van God

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat tensy die Lewe as Ewe op aarde geskep word, die Ewige Lewe vir die Skepper nie moontlik is nie, want die Skepper is altyd een en gelyk met die Skepping en die Mens is die Skepper op Aarde wat hier moet Besluit wat Wat na die dood, deur Wat op aarde geskep word

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die Hoogste Hemele is nie Hoër as die Laagste fondasie op Aarde nie, want Hemel en Aarde is as skepping die spieëlbeeld van mekaar en is dus as Eenheid Gelyk en die Ewebeeld en Gelykenis van mekaar

comments (1)

Cool - thanks! Wat in die Kop gesien word, die Waarheid is en so ‘n Vals lig geskep het wat die Liggaam in ‘n gillende hel gedompel het

Post a Comment