Dag 15: EK KERKER MYSELF NIE MEER IN NIE

0 comments

Ja, dis ‘n riskante saak wat mens in Risland kan laat beland.  Maar ek is ‘n rissie en die kerk en kerker is ‘n donker gat vir ‘n donkie.  ‘n Donkie is ‘n wonderlike ding en laat mens wonder wat mens met jou wonde doen as jy nie nee sê nie.  Jy kerker jou in in die kerk en word onaantasbaar.  Wie kan jou in elk geval in die gat (kerker) sien waarin jy geval het.  Net jy kan jouself help en nee sê vir die misbruik van God as vreeslik/vleeslik en dan is jy nie meer oorlede nie. Dan het jy jou lewe oor want jy is wedergebore, ek wed jou volgens wet.  Hoor net die oor van oorlede, ledemaat, of is dit litmaat, die maatemmer is die maat en ma wat die lig in die liggaam onder sit?  Onder wat? Onder die maatemmer!  So ondersoek alle dinge en lig die maatemmer op dat die lig in die liggaam kan skyn en die skyn van die kerker se flitslig van oomblikke, in lig van die lewe kan wees. Laat al jou inligting net lig oordra, want dan alleen is die boodskap van bo.
  
WIE STEEK MY IN DIE RUG EN WIE STEEK EK IN DIE RUG
Wanneer ek gerugte versprei van ‘n ander, dan steek ek die persoon in die rug en wanneer ‘n ander gerugte van my versprei, steek hulle my in die rug.  Die manier wat ons gebruik, is om te skinder.  Skinder is op die woord kind gebou.  Wanneer ons nie meer die onskuld van ‘n kind in onsself en in ander sien nie, dan skinder ons.  Die rede is dat ons nie vrede in onsself het nie, en ons onsself as beter probeer sien deur gerugte van ander te versprei.  As jy gerugte van ander versprei, weet dat jy self die probleem is.  Verander van rigting oor hoe jy jouself sien en sê nee vir die gerug – dus draai jou rug op die verspreiding van gerugte.  Wees lief vir jouself en dan kan jy lief wees  vir ander.  As jy gerugte versprei, is jy nie lief vir jouself nie.  Self is die uitdrukking van bewustheid deur jou selle.  Die vlees het die gees oordonder wanneer gerugte versprei word en die donder in die oor laat ‘n mens doof.  Wees stil en weet dat ek God is.  Onthou dat in die word gebore, twee ore is en in die word oorlede net een oor.  Die uitleen van jou ore lei tot ‘n situasie waar daar net een oor oor is by die tyd van die dood.  Sê  nee vir die uitleen van ore en wees een met jouself en jou gees en jy is weergebore sonder ‘ n weersverandering van weerligstrale.  Gee jouself die vryheid van die nee van genees.  Die verspreiding van gerugte maak mense berug en skep ‘n vals beeld voor my oor hoe ek na iemand anders en myself kyk. Dit is mos nie die voorbeeld wat ek as beeld voor my wil hou nie. Tog het ek vrye wil wat my nie vry maak solank ek’ n voorbeeld leef wat streef na ‘n vals beeld uitleef. Die vals noot is mos duidelik in die toon van my woord en die gebruik van my vlees. Die storie wat soos’ n gebroke telefoon versprei wys mos wat ‘n gerug doen. As kind het ons die gebroke telefoon geleer sonder om te sien hoe ons sonde met die bure skep in al die ure wat ons vergeet van die vryheid van kinders en dan ons net laat skinder in ons taal. Laat ons taal ons so laat betaal.’ n Wag voor die mond hou jou gesond.


VOORWOORD
Voor jy hierdie woorde lees, onthou dat hierdie woorde aan jou fluister – so luister mooi hoe die klanke van die woorde die geheime van lewe oordra.  Wanneer die geheime duidelik word, sal die woorde aandui dat die vinger wys na:” hy het dit aan my gedoen”, die groot nee is wat genees.  Wanneer jy die “hy” in jou woorde sien, het jy die geheim van die lewe ontdek. Dek dan die tafel vir jouself en sit aan by die maal deur aan ander te doen wat jy aan jouself gedoen wil hê male sonder tal.  Verander jouself deur anders te kyk en te sien hoe ander net jouself is wat deur ander oë kyk.  Kyk dus na die lewe deur ander oë en hoor wat die woord oordra en jy sal jouself gedra en jou lewe en ander se lewe draagbaar maak sonder om op n draagbaar te beland.  Die woord woord is gebou op die woord oor.  “In die begin was die woord en die woord was God en as jy die begin ken, ken jy die einde”.  Solank as jou woorde die kennis van goed en kwaad uitdra, eet jy van die appel van die boom van goed en kwaad en as dit jou oogappel is, gaan jy jou kennis en woorde as werklikheid ervaar.  “Ek maak alles nuut” is die skepping van ‘n nuwe verstaan van die woord en die harmonie van die klanke van die woord as die lied van die lewe.  Skoenmaker hou jou by jou lees beteken om eers jou eie vlees te lees en die stomp uit jou eie oog te neem voor jy die splinter uit ‘n ander se oog neem. Doen dit voor jy so afgestomp is dat net geld wat stom is kan regmaak wat krom is.  Luister eers na jou eie woorde.  Haal eers die balk uit jou eie oë.  In my selle is die self geskryf deur die oortuiging van my self.  So is die sondes van die vaders oorgedra deur ‘n tuig op ons oor te sit en die verstaanbaarheid van die lewe agter ‘n beeld voor my te verskuil.  Die beeld is dan die beul wat ons blaas.  Die beul maak dan net sin as ons dit kan vergelyk met ons oortuiging.  Wanneer ons oortuiging verander, verander die beul wat ons blaas en verander die beeld wat ons voorhou.  Indien jy vind dat die beeld wat jy uitdra kan verander, weet dat dit ‘n vals beeld is.  Die beeld van die lewe is Ek is en  “Ek is dieselfde gister, vandag en more tot in alle ewigheid”.  Sê nee vir die beeld wat kan verander en wees die voorbeeld van Ek is.  Dit is die beeld waarvolgens ons geskape is en is navolgenswaardig.  Die skaap van skape is die vals beeld wat kom van ape vir na-apers wat nie’ n naaste lief het nie.  Waar ons probeer inpas in kultuur, kerk, familie en verwag dat ons selfbeeld sal verbeter deur die toedoen van ander, verloon ons ons waarheid vir n loon en verkoop ons siel vir lensie sop en die lens van ons oog sien te eng om die engele te ken.  Dit beteken dat ons onsself sien as veranderlik en dat ons optrede gebaseer is op n uiterlike stimulus.  Ons beeld word gemeet deur die uitinge van ons woorde.  Dan word die woord vlees en ons word aan ons woord gemeet in die vlees en kannie meer God se boodskap lees.  Plaas is wag voor jou mond totdat jy die woord van God verstaan en laat jou trots staan en jou woorde sal nie meer soos ‘n rots voor jou staan.  Die waarde en waarheid van die tong lê in die tweesnydende swaard wat die waarheid verdraai en jou waarheid verraai en die lewe dan swaar maak.  Kyk na die woord waar en waar die waarheid inpas en hoe jy inpas by die waarheid. Dan sal jy die aar van Aarde in die waarheid sien waar die are ryp staan vir die oes. Koes, want ek moes die moles wat die moed van ons moeder aarde en ons Vader wat in ons woon se troon bevraagteken deur die toorn aan hom toe te skryf, openbaar. Wie gaan hom nog blind staar teen ‘n vyeblaar?

Afrikaans is evolusionêr die mees direkte taal in sekere opsigte en in ander die mins direkte, vir die taal het ons hart betaal.  As ‘n taal van net oor die honderd jaar ontwikkel het uit verskillende ander tale deur die revolusionêre metode van wegbeweeg van die kerk en leerstellinge van die kerk, het ‘n nuwe revolusie veroorsaak wat ons gebring het voor die openbaring van God se woord.  Nou staan ons voor nog ‘n revolusie, nog in draai in die wiel.  Gaan ons onself weer vasvang in eksterne leerstelling of gaan ons leer uit ons woord deur te hoor en sien met ons oog deur te sien. Wie sou kon dink dat ’n taal wat ons leer praat het met die waarheid en God se woord direk  na ons sou kom en ons sou die wederkoms van die woord nie sien nie. In die boek sal jy sien hoe God met ons elke oomblik praat, maar ons is doof en wil nie hoor nie en het weereens ons geboortereg verbeur. Nou is weer tyd om God se woord in elke woord te eer, want net soos ons God se woord van die sesde dag is wat vlees geword het met eie keuse, het ons woorde gekry om God se ewebeeld uit le lewe. Waarna gaan ons strewe? Wat gaan ons erwe of gaan dit net oor erwe van grond. Al wat bly en verbly is die woord van God in alle tale, maar duideliker in Afrikaans om ons weer ‘n kans te gee om die gees van God te ontdek, want hy lig die gees wat ons mos die heilige gees gedoop het.

Engels is ‘n 1000 jaar oud en het ook groot waarde in sekere opsigte.  Die engel van engels kan Afrikaans verbreed om die harmonie te herstel in ons taal waar ons woorde te kort skiet en ons dan op ‘n spoor vat waar ons optrede nie opwys met wysheid nie. Die wyse woord is mos die padwyser.

Luister dus met jou hart en moenie jou hart verhard met die lees van hierdie woorde nie.  Dit is met hardkoppigheid waar die hart met die kop gelei word en dan ly mens weer tot jou hart deur smart die sagmoedigheid van God se liefde ontdek op die ontdekkingsreis van die lewe.  Laat jou hart jou kop lei en moenie hard wees met jouself nie. Wees ook nie hard wees met ander nie, want niemand is weeskinders nie. Ons is almal die kinders van God, want dit is al hoe lewe bestaan en almal lewe mos of is ek nou mal? Daar is geen plek wat God nie is nie en die wat kan sien waar God nie is nie, se mos dan hulle sien meer as God. Kyk om jou. Die mens het niks geskep nie en alles hier gekry, tot ons taal. Ons neem net dit wat ons gekry het en maak goed daarmee om goed te doen. So sê ons mos. Maar soms kan goed wat goed is verblind soos ons die manna net vir onsself wil hou. Dan betaal ons weer deur die beheer van die kapitaal en land in die hospital. Dit is nooit te taal/laat nie.  Verander jouself deur nee te sê vir hard wees en genees jouself en soos jy jouself genees, sal ander om jou verander in genees en met eenvoud is daar ‘n nuwe aarde en ‘n nuwe hemel.  En sien, ek maak alles nuut.  Laat die suurdeeg werk.

comments (0)

Post a Comment