Dag 9: Wat is Eerlikheid?

1 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat eerlikheid met geld eerbaarheid voorstel, terwyl eerlikheid vir lewe tot verdoemenis lei.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat geld meer waarde het as lewe, tot so ‘n mate dat my gedagtes die hele tyd wentel om geld en geen gedagte toelaat oor die wat sonder geld van hongerte sterf of in absolute armoede lewe, sonder selfs ‘n kans om hulle lewe te verbeter nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat vergelding gekoppel word aan die nie betaling van skuld, terwyl daar geen vergelding is vir die wat sterf van armoede nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die geld sisteem die enigste manier is wat op aarde kan lewe, ten spyte van die duidelike bewys dat dit vir meer as die helfte van die mensdom geen hulp bied nie en  baie dwing na ‘n vorm van dwang arbeid net om geld te kry om te oorlewe.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die geldstelsel die wil van God is, asof God besluit wie het geld en wie het niks, terwyl ek diep binne my weet dat God niks met geld te doen het nie. Dit is alles net die mens se doen en late.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om my oneerlikheid oor geld sover te neem dat  ek self tot God bid om vir my ‘n weg te skep met geld, welwetende dat alle geld en geldsake net die doen en late is van die mensdom.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat om my kinders te leer om alles te doen om eerste te kom in wat hulle doen, ek aan my kinders ‘n vals beeld van self eerlikheid en lewens eerlikheid gekweek het en sodoende die mens en aarde se toekoms besoedel het met die vrees vir die menslike euwel wat ek weet is gekweek net vir oorlewing.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat om met geld te wen, moet ek eerste die euwel daad doen voor dit aan my gedoen word en dat ek hierdie besluit van euwel herdoop het as my eerlikheid met myself, want ek het al so baie ervaar dat waar ek wou goed doen, het ek onder deur geloop. Nou maak ek maar soos al die mense maak en doen my bes om die oomblik van my euwel te beplan op die Nippertjie, sodat ek ten minste die beste kry uit die saak en so na myself kyk. So leer ons mekaar en ons kinders ken en vorseer ons mekaar en ons kinders om eerlikheid so te leef dat die Eie Ek altyd wen en die Geld God altyd die baas bly.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om elke Sondag kerk toe te gaan ten spyte van die feit dat ek weet met geldsake sal ek nooit doen wat die beste is vir lewe nie, maar ek sal altyd dit doen wat verseker dat ek weg kom met geld in my sak. Ek weet ook dat God in werklikheid nie die optrede sal goedkeur nie, maar my stem in die kop oorreed my keer op keer dat ek ‘n goeie saak het en dat God na my sal luister, want Hy sien mos alle dinge en Hy sal noudat ek my bes gedoen het om eerlik te wees, maar aan die einde moes ek eerlik wees met myself en na my eie familie en sake omsien, want ek is seker God sou dit so goedkeur. Ek is nie ‘n slegte mens nie, maar moet na my verantwoorlikhede omsien en sorg vir my familie wat God aan my gegee het.  Ek doen dus God se wil om die familie eerste te plaas. As dit nie so was nie, sou God aan my ‘n teken gegee het dat ek anders moet optree. So spreek die stem in die kop wie ek my leidsman gemaak het in my binnekamer waar ek al my geheime gesprekke voer en beplan, hoe ek gaan wen in die lewe, waar almal teen my is. Maar God is mos met my en waar God met my is, wie kan teen my staan, veral met die geld wat God my gegee het deur my te lei tot waar ek as wenner staan, as die stryder vir God- al is dit eintlik teenstrydig met regte eerlikheid en Jesus se voorbeeld, moet ek God se wil doen en my familie en sake beskerm.

Ek stel my ten doel om self eerlikheid as lewe te herstel tot die enigste eerlikheid wat werklik bestaan en wat sal lei tot ‘n wêreld van vrede en harmonie.

Ek stel my ten doel om die waarde wat in geld geplaas is so te verander en vir alle lewe te staan, sodat geld die simbool word van lewe wat slegs lewe ondersteun en so ‘n einde bring aan die oorlewings euwel wat alle eerbaarheid verdring het.

Ek stel my ten doel om die geld stelsel van skuld tot ‘n einde te bring deur die mens te help om die skille van die oë te was, om te sien hoe onmeetbaar die mens werklik geword het.

Ek stel my ten doel om uit te wys, oral waar die geldstelsel in die hand van die mens pyn en lyding veroorsaak, tot die wat blind is sien en die wat doof is hoor.

Ek stel my ten doel om die dwang arbeid, veroorsaak deur die geldstelsel, tot ‘n einde te bring, sodat almal in Vryheid kan lewe en die rykes nie meer die lewensarbeid van die armes kan koop vir ‘n appel en ‘n ei nie.

Ek stel my ten doel om die stem te wees wat die biddendes tot aandag roep, sodat hulle sien en hoor hoe gebede vir geld onsinbaar is, want met die mens se eie hand en wil kan die aarde omskep word in ‘n paradys.

Ek stel my ten doel om tot die aandag van almal te bring sodat lewe al is wat altyd eerste gestel moet word omdat dit die fondasie van eerlikheid en eerbaarheid is.

Ek stel my ten doel om die stem in die kop van elke mens te ontmasker en om te wys dat die stem nie werklik ‘n geheim is nie en dat die misbruik van die stem as die rigting gewer van besluite, werklik net lei tot ‘n lewenslose aarde wat geen respek werklik bestaan nie, want die Vals Beelde voor die lewensbeeld word gedien asof die lewensbeeld afhanklik is van die vals beeld, wat ‘n totale onwerklike leun is.

comments (1)

More ek is PIETER WILLEM VAN HEERDEN en wil net vir julle dankie se vir die mooi stukkie inligting dit word opreg wardeer en dit help mu baie want ek het totaal en al oneerlik geleef in alles tot in my self en het almal wat my lief gehad het weg gestoot en nou begin ek van voor af en dit is n harde pad en weet ek sal oorwin in JESUS NAAM.

Post a Comment