Dag 14 Die Nee van genees!

1 comments

Die volgende klomp dae is skrywes van 1998 – 2002 wat nou vir die eerste keer gepubliseer word – geniet

Om Nee te sê, is een van die wonderlikste maniere om jouself te genees.

  Indien jy in ‘n situasie van misbruik is, sê nee aan die persoon wat jou misbruik of, as jy jouself misbruik, sê nee aan jou patroon en gewoonte om jouself te misbruik.  Indien ‘n wet, leier, kerk of kultuur jou misbruik, of enige ander wese in jou bewustheid jou misbruik, sê nee vir die misbruik en word genees van jou toelating van  misbruik. 

As ‘n besigheid of bank, of korporatiewe instelling, of man of vrou of kind jou misbruik, met woord, daad, insunuasie, indirek, swak beplanning, onregverdige wette, onregverdige korporatiewe beleid, sê nee en deel jou nee met almal om jou en jy sal weet jy is genees en almal om jou sal weet jy is genees en dit sal hulle help om ook nee te se en om sodoende ook genees te word.

Onthou om te onthou dat die toets van nee weergaan toet in jou lewe, dus as jy een keer nee gese het, gaan die toets om weer nee te se in dieselfde situasie weer opkom.  Sê nee en bly genees en blydskap sal jou oorval, want jou oor val nie meer nie en jy word nie meer oorval deur alles wat van jou verwag word nie, want jy se nee  voordat jy jou siel verkoop.


Die tuig van oortuiging!



Oortuiging is ‘n tuig wat op die oor geplaas word en verhoed dat ‘n mens hoor.  Dan dra jy net een hoed wat netjies pas by jou oortuiging.  Nou het jy moed nodig om die tuig van die oor af te haal.

Wanneer mens voor die wa bly in die tuig van jou oor, word jou gees driftig.  Die geesdriftigheid van jou gees sal die wa deur die drif trek en as jy anderkant uitkom, lyk alles anders en jy het verander, want jou oortuiging is ‘n lyk wat in die drif agtergebly het.  Die ou koeie in die drif sal nou deur jou kennisse van goed en kwaad opgehaal word om jou te toets.  Sê nee vir jou kennis van die ou koeie en ook vir jou kenisse wat die ou koeie opgrawe en wees genees.

Dan sal die lyk van jouself as die lewe anders lyk sonder dat jy jouself hoef te vergelyk met ander, alhoewel jy nog steeds steeks vasklou aan die idee om eendag as a lyk op te eindig. Bekyk hoe jy lyk en maak seker dat eindig nie die enigste manier word om die pyn te eindig(stop) nie.

Ek getuig dat my oortuiging myne is en slegs as padwyser dien vir ander. Moet dus nie teen my getuig as jou oortuiging anders is nie. Net die harmonie van ons oor van wat ons hoor, weeg die tuig oor ons oor. Oorweeg dit dus om harmonie na te jaag ten koste van alle oortuigings sodat jy die rede vir vrede kan vind in die oorweging van harmoniee van jou lewe.

Nee,nee,nee, ek genees nou. Nee vir die tuig op ander ore. Ek is hergebore. Nee vir vrees,want ek is meer as net vlees. Nee vir pyn, want ek verstaan nou die geheim van my lewe. Nee vir die man wat my leer deur my te manipuleer. Ek klim my eie leer en soos die leerskare  toekyk ,vergeet hulle om hulle eie leer te klim.

Almal onthou eendag dat hulle mal was om nie wat was in die was te los nie en om te wees wat is, is nie wat was nie. Dus sal n goeie was van n kopwasser ,die kop los maak met n oplossing wat verlossing bring. Los dus die verlede deur die lede/dele van die verlede in die verlede te los en nee te se vir lidmaatskap aan die klub as ledemaat van wat was en wat nie is nie.

Die maatemmer van ledemate is op die verlede baseer en maak net seer as die basnoot in hierdie tyd van nood nie verstaan word nie.
Deur die maatemmer van my ledemate word ek leed aangedoen omdat ek nie nee se vir die maatemmer nie en kies om deel te neem aan die oordeel van die ledemaat. En die oordeel van die ledemaat is gebaseer op die maatemmer wat alle lig en verligting onderdruk in my liggaam.



Ek byt op my lip!

Al ooit op jou lip gebyt, maar op dieselle tyd gedink “Ek gaan die ou moer!”?  Die moersleutel is die sleutel om hierdie selle patroon uit jou selle te kry.  Dan sal jy nooit weer se, “Die gees is gewillig mar die vlees is swak”.  Vreeslik waar of is dit vleeslik waar? 

Sê jou sê en gee die ou lip.   Om jou lip te byt, gaan jou eers laat bykom wanneer die bloed vloei en dan gaan jy sommer ‘n ander ou wil bykom.  Die eerste lipbyt het ‘n berg geword, want jy het al die moergedagtes tot vandag gebere, want jy het gedag jy kannie Nee sê nie.  Sê nee vir die ou en moer hom met jou nees.  As jou neus loop, weet dat jy nie nee sê nie.  My neus loop weg.  Stop daai moer, en sleutel ‘n nuwe kode in jou selle in.

Onthou om ‘Save’ te druk as die nuwe kode gesleutel is en dan is jy van jouself gered en ‘Saved’ en die mure van Jericho wankel en bewe met die sewende trompet.  Die val van die mure van ons “Kul jou hier, kul jou daar”-kultuur en  ervaar jy die redding van jouself deur jou selle en deur nee te se vir dieselle optrede wat nie op is nie.

  Watter deur gaan jy oopmaak?

comments (1)

Bedankt!!

Post a Comment