Dag 17: In die Naam van Liefde

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Naam van Liefde met die Maan vergelyk het sonder om te sien dat dit gely het tot die feit dat die Mensdom met die Maan gepla is en Niks omgee vir mekaar se lewe nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Man as Liefdevolle wese te sien terwyl die Wêreld wys dat daar geen Liefde is wat werklik bestaan nie, net die Eie GEK wat Gek is oor Liefde om self alleen  beter te laat voel sonder om te gee wat met lewe in hierdie wêreld gebeur

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat Ouer Liefde vir die Kind iets kosbaars is, terwyl nie almal op aarde kos kry nie, maar dat ek as ouer nie oor enige ander kinders omgee behalwe my eie kinders nie, asof Net Eienaarskap van my besittings as Kinders belangrik is, terwyl die lewe wat Ewe in Almal bestaan, verontagsaam word tot so ‘n Mate dat duisende daagliks sterf van Hongerte, terwyl ek lag en speel met my kinders want Geld beskerm my van die verskrikking wat die stadige dood wat Hongerte bring

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat dit God se Wil is dat Hongersnood bestaan terwyl ek weet dat God niks daarmee te doen het nie. Dit hang alles af oor wie Geld het en wie nie Geld het nie. Dus is die Liefde vir Geld die sleutel tot oorlewing en daar word geen poging aangewend om ‘n oplossing in plek te stel om die Liefde wat die Planeet aan almal gelyk gee, gelyke te deel nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om vergifnis die gif te maak van Geloof in die Onsienbare, terwyl ek die sienbare vergiftiging deur my oë op te slaan na die hemel en niks te doen aan al die dinge op die aarde wat ek wel kan verander en verbeter nie, want ek stel my lewe eerste sonder om te besef dat die wat eerste was sal laaste wees, want ek het dit wat vryelik gegee is as lewe aan almal nie ondersteun as die Waarde wat dit werklik is nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Liefde van God ydelik te gebruik deur ydel by te staan en die leun op aarde toe te laat wat ek wel kan verander indien ek ook Liefde was, maar ek weier om die ewebeeld en geykenis as lewe te wees, wat Gee soos ek wil ontvang as die Voorbeeld van Ware Liefde, Instede lewe ek die Vals beeld van die Eie Gek, tot so ‘n mate dat ek net maatstawwe najaag wat my die Wen moet gee en seker maak ek lewe Goed, al het ek Meer Goed as wat ek ooit kan gebruik, tog weier ek om my Te Veel Goed te deel met die wat Te Min Goed het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat my Liefde vir Goed en Goeie gevoellens die Waarheid van die Leed is wat baie deurgaan op aarde, totaal vermy sodat ek nie skuldig hoef te voel nie, want volgens my het die mens persoonlik die skuld wat die mens tot in Sonde verval het nagejaag, en omdat ek Sondig is in aard, mag ek maar myself beter maak deur myself te vergoed met Goed om te bewys dat ek Goed is en God se Wil doen. Tog is die najaag van my Goed gegee om my Goed te maak en die waarmee dit sleg gaan was sleg en daarom gaan dit sleg met hulle, net soos God beplan het. Tog is dit My Planne wat indruis met die Plan-eet se plan om almal te laat eet

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat Liefde net op Aarde sal bestaan wanneer lewe Een en Gelyk in almal geëer word

Ek stel my ten doel om te wys dat die Liefde wat die Mens najaag nie Ware Liefde is nie, maar dat dit net die gelykheid na die Eie Gek is

Ek stel my ten doel om te wys dat die Ouer die Liefde vir ‘n Kind misbruik in Eie belang om sodoende die Algemene Belang van Alle Lewe te verontagsaam

Ek stel my ten doel om te wys dat die Mens alle Hongersnood kan stop, maar omdat daar Geen Ware Liefde is nie word dit nie gedoen nie

Ek stel my ten doel om te wys dat alle geloof soos gif geword het wat lewe verontagsaam en net die Eie Gek se Belang Najaag

Ek stel my ten doel om te wys dat Elke Mens wat Hom beroep op die Liefde van God terwyl Eenheid en Gelykheid van Lewe op aarde nie ‘n werklikheid is nie, net lewens versprei in Eie Belang

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die Besit van Goed nie die Mens Goed maak nie, inteendeel dit bewys die Vrotheid van die mens

comments (0)

Post a Comment