Dag 11: Vrede op Aarde

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat die REDE hoekom daar nie VREDE op AARDE is nie, is in die AARD van die Mens soos die Mens se Deelname vloei as die Voorbeeld van Lewe as ‘n Lewensaard en Lewenswaardigheid

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat die wat Voordeel trek uit die aanvaarde Aard van die Mens, vir hulle self Eerste Deel en verseker dat hul Deelname eerste Voldoen word deur seker te maak dat nie genoeg vir almal gegee word op aarde nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om REDE nie te Baseer op VREDE op AARDE nie en dat ek die Aard van die Mens as onveranderlik aanvaar het sodat ons nie hoef vir mekaar om te gee nie, en dus nie omgee wie lieg en wie lewe nie, want ons weet nie meer hoe om te gee om mekaar se Menswaardigheid en Lewenswaarde te beskerm nie ten spyte van kerm en klaagliedere van die wat nie kry nie, want die Liefde wat mos vertroetel is net vir onsself en nie vir Alle Lewe as Gelyk en Ewe dat ons so ‘n Ewige Lewe vir almal kan skep nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om my ore uit te leen aan die wat nie die Lewe Eer nie en so oorlog binne onsself toegelaat het as INFORMASIE, altyd gereed om te Veg vir ons Eie Ek en so onsself te Verdedig teen die Aard van Onsself wat ons sien is ook die aard van elke Mens en Ons onself so goed ken, dat ons weet ons sal nooit eerlik wees met lewe nie, want dan sal ons in vrede en gelykheid moet lewe en die Eie Ek wil nooit Een en Gelyk wees nie, maar het mos die doel om Meer te Wees, Meer te Voel, Meer te Neem en in die Malheid van die Meerdere, die Mindere te ontneem van die Reg tot Lewe

Ek vergewe myself dat ek myself met die Eie Ek gevul het, wat met die Eie wil vervul en dringend soek na die Ewige Lewe na die dood en so die planeet waar lewe wel ewig is, dood te druk, op elke moontlike manier, om nie te sien dat ons Gelykheid as Lewe reeds bestaan, want waar gelykheid bestaan, kan die Eie Ek nie bestaan nie en dit terwyl die Eie Ek Gek

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te WIL SIEN
Dat die Aarde daagliks in Oorlog gewikkel is, want die Gewik en Geweeg van die Eie Ek stel nie belang in die Waarheid van Lewe nie, en wil net ten Alle koste Wen en Reg wees om die Vrees te Verdoesel dat daar dalk nie iets Groter na die dood is nie, en daarvan moet die Eie Ek die Beste van die SLEGTE saak maak en soveel GELT as moontlik bymekaar maak as die Wapenrusting van die Aarde, sodat die Eie GEK teen die Ander GEKKE op aarde beskerm kan word

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om die Spirituele wat die Geestelike moes heel en genees, verwardelik Een gemaak het met die Eie Gek en so daarop aanspraak gemaak het dat die GEES gesond is terwyl die GEES van die Mens op Aarde mekaar benadeel deur net na EIE voordeel te kyk deur Seker te maak dat net die Beste na die Eie Gek gaan, sonder enige konsiderasie vir wat lewe wels werklik is as ‘n eenheid op een planet met ‘n onvoorwaardelike plan om almal te laat EET maar die EIE GEK is so begeesterd om nie Lewe te Gee as Gelyke nie en so is die GEESTELIKE van die Mens Beduiwel

Ek stel my ten doel om te Wys dat Vrede op Aarde net moontlik is wanneer die AARD van die Mens om te gee soos jy wil ontvang herstel is en ingestel is om Lewe te Eer

Ek stel my ten doel om te wys dat die mens net werk om aan hulself te Gee en dus eintlik Meer Neem as wat Nodig is en so baie Ontneem van die Geleentheid om ook ‘n Gelyke Lewe te hĂȘ

Ek stel my ten doel om te wys dat die Eie GEK nie lewens waardig is nie en Nooit die Ewige Lewe sal ontvang nie, want die EIE GEK kan nie eweredig gee nie

Ek stel my ten doel om te wys dat deur te Neem meer as wat jy Nodig het, oorlog geskep word en alle Moontlikheid van Vrede op Aarde Weggeneem word

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die EIE GEK NIE SAL Voortgaan na die Dood nie

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat GELT  soos dit Nou Bestaan, die skepping is van die EIE GEK wat dus net die EIE GEK  Eer en Eerste stel

Ek stel my ten doel om te bewys dat die GEES van die Spirituele is om te GEE soos jy wil ontvang en dat die Spirituele deur die EIE GEK oorgeneem is waar net die EIE GEK se REDE aanvaarbaar is

Ek stel my ten doel om te wys dat slegs deur te GEE nie die GEES van hoe jy wil ontvang, die Spirituele sal Heelmaak en Genees en die HEEL AL sal Herstel tot LEWE en EWE

comments (0)

Post a Comment