Dag 10: Euwels is Heuwels

1 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om myself te omring met Euwels soos Heuwels rondom my dat ek net my eie lewe kan sien en maak asof ek niks anders kan sien nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om die verligting wat ek ondervind wanneer ek geld het om my te beskerm te verdraai as die Lig van God wat maak dat ek nie hoor soos ander Gil waar hulle nie die beskerming van die Geld God het nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Euwels net dinge is wat wat teen my eiendom en geld gerig is, waar my sekuriteit aangetas word en dat ek nie armoede en hongersnood en geldnood as euwels sien nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Geld die Weegskaal van Lewe is asof dit deur ‘n Hoër Hand gegee is sonder om te weeg in eerlikheid hoe die gawe van geld werklik werk

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat my verskoning dat God my die reg tot eiendom en geld gegee het nie gesien word as die euwel wat dit werklik is soos dit die aarde in ‘n doodsklem plaas waar der duisende sterwe net sodat ek agter my hoë heinings kan skuil en my tot die redding van die Geld God beroep asof dit die enigste beroep is wat die mensdom kan beoefen

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat euwels deur ‘n verblindende Lig verwyder kan word sonder dat ek met eerbaarheid sien dat die Lig net myself verblind om nie te sien dat die Euwels net groter Heuwels word en uiteindelik in Berge verander

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Geld wat ek aanvaar het as die oorsaak van alle Euwels, tog my enigste doel op aarde bly en ten spyte van my onderwerping aan die Euwel, ek myself voordoen as goedhartig en barmhartig

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat ek niks aan Euwel kan doen nie en dat slegs God my daarvan kan beskerm en dat ek sodoende Euwel opgehef het tot die Mag en Grootheid van ‘n God met my as arme Mens onderworpe aan die Euwel, sonder om met eerlikheid te kan sien dat dit Ek is as Mens wat alle Euwel Direk skep en so my Ewebeeld en Gelykenis as Skepper gelyk gemaak het as Euwel met die Aardse Bestaan as my bewys van my effektiwiteit in die skepping van Euwels

Ek stel my ten doel om alle Heuwels van Euwels uit te wys dat die Mens Wys kan word en sien wat hier as lewe deur die mens uitgeleef word

Ek stel my ten doel om uit te wys dat die Lig van Geld ‘n skaduwee van skade werp op die ganse mensdom en Aarde in die Algemeen

Ek stel my ten doel om te bewys dat Eiendom en besittingsreg die grootste Euwel is wat bestaan omdat geen mens wat enige iets werklik kan besit nie, want dit is tydelik. Net lewe mag dalk ewig word indien dit ewe aan almal gegee word

Ek stel my ten doel om te bewys dat hongersnood en armoede van baie gebore word deur die Rykdom van ‘n klein deel van die Mensdom

Ek stel my ten doel om uit te wys dat die weegskaal sal wys dat baie te LIG was en dus die Euwels van die wêreld doelbewus misgekyk het net om hulle eie besittings te beskerm

Ek stel my ten doel om uit te wys dat lewe die enigste Roeping is wat die Mens self kan op Beroep

Ek stel my ten doel om eerlikheid as lewe te beoefen en oor te dra aan elke Mens

Ek stel my ten doel om te bewys dat Barmhartigheid en goedhartigheid net bestaan waar Alle Lewe as Een Lewe gelyk geëer word

Ek stel my ten doel om te bewys dat die mens gelyk is aan Euwel en dus alle Euwel kan stop, want die Mens alleeen skep alle Euwel

comments (1)

Bedankt!!!

Post a Comment