Dag 13: Die Geboorte van die KIND van die MENS

1 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om NIE TE SIEN dat ELKE kind wat gebore word op AARDE HIER ARRIVEER sonder ‘n Naam, SONDER ‘n Opvoeding, SONDER Geld, SONDER Godsdiens, SONDER ‘n Kultuur. SONDER Voorkeure en Afkeure en dat ALLES wat die kind gaan word en lewe deur die gemeenskap en die AANVAARDE WȆRELD, BEPAAL word

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die GEMEENSKAP op AARDE die GEMENE DELER is wat aandui hoe GOEDERE OP AARDE VERDEEL word. Die VERDELING wys HOE die AANVAARDE NATUUR van die Mens Funksioneer.VERDER wys die VERLEDE as die Geskiedenis van die Mens dat die MENS die ENIGSTE DEELNEMER is WAT al die LEED op Aarde veroorsaak deur die GOED wat Vrylik deur die Skepping GEGEE word, nie GELYK te verdeel nie
Die Ongelyke verdeling veroorsaak dat Lewe NIE EWEWAARDIG is nie en selfs toetaal waardeloos geword het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om NIE TE SIEN dat ek my MEDEMENS deur Ongelyke Verdeling LEED veroorsaak deur nie Mede DEELSAAM te wees met ELKE KIND wat gebore word nie en DUS deur die GIERIGHEID van RYKDOM en EIENAARSKAP bepaald DEELNEEM aan Kindermishandeling deurdat elke KIND wat gebore word sonder ‘n gelyke genoegsame DEEL, se Lewe VERDOEM is terwyl ek as Ryke dit wat die Aarde VERNIET in gelyke Maat verskaf vat vir Myself sonder ENIGE MEEGEVOEL of Skuldgevoel. Dit terwyl die AARDE ONVOORWAARDELIK ALLES verskaf

Ek vergewe myself dat ek Myself toegelaat het en aanvaar het om die Wette van die GEMEENSKAP so IN TE STEL dat dit Rykdom beskerm as EIENAARSKAP en GELD en dat ek WEIER om te sien watse NAARHEID die EIE gek skep met die ongelykheid wat so ingestel word. Die Domheid van die Ryke bewys hiermee waarom die Ryk Man NOOIT die EWEGE LEWE sal binnegaan nie, want die Ryke GEE nie ‘n EWE LEWE aan ALMAL nie en MISHANDEL Die LEWE met HARTSTOG

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om ‘n HIERARGIE op AARDE toe te laat wat aandui dat HIER RAAR GEGEE word ten spyte daarvan dat alles van waarde GRATIS deur AARDE VOORSIEN WORD EN SELF Jesus gesê het dat die lewe is om te Gee soos jy wil ontvang om te bewys dat ons wel omgee vir die lewe, tog word rykdom die Grootste Strewe van die MENSDOM wat bewys Hoe Dom die mens is om die EIE GEK en nie die LEWE EWE EERSTE te stel nie en dus die geboorte reg van EWIGE LEWE vir ‘n pot lensie sop verkwansel, self op die KANSEL en alle KANSE verspeel om ooit Hemel as Aarde te vestig en Skep

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om Kindermishandeling deel te maak van die lewe deur die geldgod te eer as eerste bo alle lewe, en sodoende die lewe as self in euwel verander het sonder enige meegevoel vir my Naaste wat moet EET om te Lewe en ewe soos ek op die PLAN – EET AARDE, Tog het ek my AARD van gierigheid op AARDE gevestig SONDER LIEFDE en die LIEFDE van die EIE GEK gemaak wat soek net vir my EIE GEK SE VOLDOENING

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om nie te sien dat in die dierbaarheid van die kind, die gemeenskaplikheid wat die mens met die dier het, waar die liggaam en die gelyk afhanklik is om te lewe van dit wat deur die aarde voorsien word en dat mens en dier dus as lewe gelyk is in afhanklikheid en dat die kop as meester van bewustheid dus hier is om seker te maak as verteenwoordiger, as ewe beeld en gelykenis van god met die verantwoordelikheid van dit, wat vrylik voorsien word, gelyk te verdeel tussen alle diere sodat die lewe werklik dierbaar kan wees vir almal wat hulself duidelik op die planeet aarde bevind en dan sodoende te bewys dat die ewebeeld en gelyke van God die verantwoordelikheid wat daarmee gaan, wel aanvaar word, want dit is die sleutel tot die ewige lewe en is waarom Jesus gesê het “ek is die weg, die waarheid en die lewe”, want hy het dit gestel dat daar moet gegee word soos mens ontvang, want dit bewys die liefde van god en sonder die liefde van die ewe sal die ewige lewe nooit wees nie en elke mens sal ‘n weeskind wees net soos dit nou gedoen word met elke kind wat mishandel word deur dat lewens belangrike basiese behoeftes nie vir elke kind gelyk voorsien word nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om NIE TE SIEN dat in die DIERBAARHEID van die KIND, die Gemeenskaplikheid van Mens en Dier Bewys word en dat die KIND eers Mens word wanneer die Euwel van die VOORSATE in die KOP INGEPRENT word deur die OUERS en die GEMEENSKAP. Beide die DIER EN DIE Menslike LIGGAAM is AFHANKLIK VAN wat die AARDE verskaf as KOS en SUURSTOF in GELYKE MAAT, die Voorsienigheid van die AARDE. Onvoorwaardelik GELYK. Die Mens as MEESTER van die AARDE deur BEWUSTHEID is dus die VERTEENWOORDIGER van die Skepper as die Ewebeeld en Gelykenis, om dit wat Vrylik voorsien word GELYK te verdeel, sodat die Lewe vir ALML DIERBAAR kan wees met Gelyke Geleentheid om die Lewe te GENIET en te Ervaar. Hiermee moet die Mens sy Lewenswaardigheid Bewys as Ewebeeld en Gelykenis as die Verantwoordelikheid vir Lewe. Dit is die SLEUTEL  tot die EWEGE LEWE is waarom Jesus gesê het “Ek is die weg, die waarheid EN DIE LEWE” met die WEG  as OM TE GEE soos jy wil ontvang. Dit is die ENIGSTE WARE LIEFDE want LIEFDE is OM TE GEE en solank daar nie om gegee word vir Elke Wese nie, Sal Liefde op Aarde nie bestaan nie

Ek stel my ten doel om aan die hart van elke mens te klop en daarop te wys dat die mens se hart verhard het met die idee dat harde werk die mens die reg gee om die hart te verhard en sodoende van die minder bevoorregtes die lewensnoodsaaklike te ontneem sonder dat die wat het enige skuldgevoel daaroor het, selfs al het die ryke die eiendom en kos met skuld gekoop, bly die ryke nog steeds sonder enige meegevoel met die arme, en dit net oor harde werk wat harte verhard

Ek stel my ten doel om die mensdom daarop te wys dat die boodskap van Jesus nooit lewenswaardig geword het nie, want die eie gek het die hart verhard om net die rykdom na te jaag ten koste van elke kind wat gebore word sonder die basiese reg tot lewe

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat ons die liefde met bewys te wys, dat ons verstaan om te gee is om te ontvang en dat ons dus omgee

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die tyd uitgeloop het en dat die lewe die laaste lewe en laaste kans is vir elke een om te bewys, wat ons kies is die lewe of die ewege dood, ek verstaan die ewege dood is die verbanning van die deelname aan lewe in totale alleenheid in die woestyn

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die vrug van die boom van die lewe net beskikbaar is vir die mens wat omgee en dat die wat nie omgee, nie sal kry wat hul kies in die woeste tuin nie. Dit is die wet van eenheid en gelykheid– jy is altyd een en gelyk met wat jy gee/kies

comments (1)

Bedankt!

Post a Comment