Dag 8: Ken net ten Dele

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek net ten dele kan ken en my so ‘n verskoning gegee het om nie verantwoordelikheid vir my lewe en alle ander lewens op aarde te aanvaar nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek net ten volle kan weet teen die einde van die tyd, SONDER om te sien dat elke oomblik in tyd die einde van die tyd van baie besluite aanbreek waarvan ek kan leer, maar omdat ek die einde van die tyd doelbewus nie wil verstaan nie, leer ek niks van die einde van die tyd in elke oomblik, om op aarde ‘n lewe van waarde te vestig nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat daar ‘n tyd is vir alle dinge, maar ek weier om te leer van die tyd wat eindig in elke oomblik sodat ek my besluite kan versterk om sodoende ‘n aardsbestaan te skep wat beste is vir alle lewe.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat tyd soos ‘n gety werk, wat die vorm aanneem van goeie tyd en slegte tyd. sonder dat ek leer van die einde van die tyd in elke oomblik, om so oor tyd te heers en op aarde dit te skep wat beste vir alle lewe is.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om goeie tyding te koppel aan die koms van Jesus in plaas van om die tyding te wys wat van tyd leer, in so myself gelyk te stel aan die voorbeeld van Jesus en so Vrede en Liefde op aarde te vestig as die enigste manier waarop dit kan bestaan, naamlik waar alles gereël word in gelyke maat op die manier wat beste is vir alle lewe.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die wêreld van tyd net ‘n skynbeeld is en dat ek eers werklik kan sien na die dood wanneer ek volgens my geloof die tydlose ingaan, sonder om te sien dat waar tydloosheid bestaan, kan ek niks leer nie en as ek nie leer in die tyd wat aan my gegee is nie, ek nie die tydlose kan ingaan as die ewebeeld en gelykenis van God nie, want ek het die ewebeeld en gelykenis wat aan my gegee is ydelik gebruik en was so ydel dat ek niks geleer het van die einde van die tyd nie en dat ek my kans as lewe so verydel het, geloof gebruik het om ydel met kop omhoog te loop en te verklaar dat, omdat ek gekies is om die ewebeeld en gelykenis te verteenwoordig hoef ek niks te doen nie, want ek is die spesiaal verkose van God, sonder dat ek besef, wat gegee is kan weggeneem word en deur my talente nie in werking te bring in werksaamheid om te bewys dat ek die gawe van ewebeeld en gelykenis waardig is nie, tot my ondergang sal dien waar net die klaagliedere van my wederegtilikheid sal oorbly, omdat ek dit tot te laat gelos het om wel op te staan as lewe vir lewe.

Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings, uit te wys dat almal altyd ten volle kan.

Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings uit te wys dat in elke oomblik die einde van die tyd hier is om van te leer, hoe om die reëls op aarde te stel dat werk op maniere wat beste is vir alle lewe.

Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings uit te wys dat die tyd vir alle dinge oorheers kan word met wat beste is vir alle lewe.

Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat die gety nou is om van die einde van tyd in elke oomblik te leer.

Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat om te wag vir Jesus en nie as sy voorbeeld hier in lewende aksie te staan nie, is ‘n mors van tyd en lewe en wanneer tyd verlore gaan word mens tydloos en kry jy die tyd nooit weer terug nie.

Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat die ewebeeld en gelykenis van God as mens ydelik gebruik word en dat almal wat die naam van God ydelik gebruik sekerlik sal sterwe.

comments (0)

Post a Comment