Showing posts with label Jesus. Show all posts
Showing posts with label Jesus. Show all posts
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
armes,
bernardpoolman,
christendom,
Desteni,
ekonomiese sisteem,
eqafe,
gif,
Jesus,
kinders,
lewe,
mensdom,
skuld,
slaaf,
vergifnis,
waardes,
wil van god
Eke vergewe
myself dat ek myself Toegelaat het en Aanvaar het dat vergifnis van Aarde
verander word in die GIF wat die mens van mekaar verwyder soos elkeen wedywer
om beter te wees as die ander, en so te lewe met vergifnis as LIPPETAAL Sonder dat
die Manier van Lewe enige Egte Vergifnis Reflekteer.
Ek vergewe
dat ek myself Toegelaat het en Aanvaar het dat Vergifnis versprei word soos ‘n
gif waarop die mens besluite baseer om mekaar te Na te Kom en te Benadeel tot
so ‘n Mate dat Lewe op Aarde Sonder EER bestaan, want elkeen stel Hulself
Eerste in plaas van om Lewe wat Ewe in almal is Eerste te Stel.
Ek vergewe
myself dat ek myself Toegelat het en Aanvaar het, om vergifnis te verander in ‘n
PRODUK wat verkoop word deur te sê Dat Jesus Vergifnis vir die Mens deur sy
Bloed GEKOOP het, om Sodoende die Sisteem van SKULD en Profyt waarde te gee,
sodat die Benadeling van Mekaar aanvaarbaar te kan maak, want Sodoende kan
geglo word dat die mens in SKULD gebore is en dus kan die Ekonomiese Sisteem
van SKULD op mekaar afgedwing word as ‘n GAWE van GOD.
Ek vergewe
myself dat ek myself Toegelaat het en Aanvaar het dat SKULD die begin van ELKE
kind se Lewe is, SODAT Elke KIND ‘n SLAAF Lewenslank kan wees aan die Konsep
van SKULD, om Sodoende Hulle Kinders ook in SKULD te DOMpel as die Enigste
Bestaansreg van die mensDOM.
Ek vergewe
myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat NET die Bloed van Jesus Vergifnis
moontlik maak om die Mens te Verlos van die SKULD waarmee die Mens volgens
Oorlewering Mee Gebore is in hierdie Lewe, en word in elke kind INGEDWING om te
Verseker dat die Mens altyd bestaan as SKULDENAARS.
Ek vergewe
myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die LOT van die ARMES die
WIL van GOD is, want die ARMES Kan nie SKULD maak nie en het dus nie toegang
tot GELD nie.
Ek vergewe
myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om nie te SIEN, dat almal wat
aan die Stelsel van SKULD deelneem as Ekonomiese Sisteem Christene is, want SKULD
is die Fondasie van die ChristenDOM.
Ek Stel my
ten Doel om Aan te TOON, Dat Geestelike waardes weerspiëel word in Ekonomiese Waardes
en dat die Ekonomie Stelsel die Waardes van
die Geestelike Stelsel Voorstel.
Ek stel my
ten Doel om Aan te WYS, dat Bloed van Jesus Betalingstelsel die fondasie is van
die Wêreld Ekonomiese Stelsel wat Bloed
van Klippe tap deur die mens Verslaaf te Maak aan SKULD.
Ek stel my
ten DOEL om te Wys dat RykDOM deur SKULD die SKILLE op die Oë van die mens so
effektief gemaak het, dat die MENS GEEN meegevoel met die MedeMens het nie, en
DUS nie die NAASTE Lief het soos Self nie.
Ek stel my
ten Doel om Daarop te WYS dat die Huidige Ekonomiese Stelsel op Aarde die
Teenoorgestelde is, wat DIREK gekant is Teen die Leerstellinge van Jesus om jou
Naaste Lief te hê soos jouself en om te gee soos mens wil ontvang - en dat
enige Mens wat Jesus AANBID, maar nie Sien dat die Ekonomiese Stelsel Indruis
teen die Boodskap van Jesus, Besig is met Vals leerstellinge en ‘n Vals Beeld Voorhou
en dus nie Vertrou kan word met die Roeping om die AARDE se Bestier Volgens die
wil van GOD as Lewe nie.
Ek stel my
ten Doel om Daarop te Wys dat die AARDE en die Son in Alle Behoeftes Voorsien
Sonder SKULD, en dat SKULD ‘n uitvindsel is van die mensDOM om mekaar te
treiter en te Martel, terwyl agter die naam van Jesus Skuiling word.
Ek stel my
ten Doel om daarop te WYS dat SKULD die Gif is van Vergifnis Waar die Mens Die
Lewe Onteer in Eie BELANG
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
Afrikaans,
beelde,
bernardpoolman,
bewustheid,
Desteni,
eqafe,
Jesus,
kennis,
lewende woord,
mens,
ouerskap,
programeer,
taal,
vlees,
woorde
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te sien wat Jesus bedoel het toe hy gesê het hy is
die Lewende Woord wat Vlees geword het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om mee te Hoor dat “Die Vlees die Lewende Woord is” en dat
Bewustheid in Die Vlees gesetel is.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te wil sien dat die Ouer die lewende Woord se Waarde
as Vlees van die Kind bepaal en dat alle Bewyse daar is dat die Ouer nie die
Vlees as Lewe voorberei nie, van generasie tot generasie word die Gene
geprogrameer om te raas sonder om te sien die geheim van die skepping is in
Genesis wat sê “Gene Is”, en wat deur Jesus Bevestig is as Die Lewende Woord
wat Vlees geword het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie Te Sien dat Elke Woord Waarde het en dat indien
woorde in die vlees toegelaat word wat nie die Waarde van Lewe as wat beste vir
Lewe is bevat nie, sal die mens as lewende woord die Onwaardigheid uit lewe
soos dit tans wel op aarde gebeur.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te Sien dat Kennis net die Mag het wat aanvaar word
as waar die Mens Mag lewe en dat ons so deur ons Wette Magte losgelaat het wat
die lewe vergal het en verlaag het tot waar lewe geen waarde het nie en Kennis
wat misbuik word alle waarde het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om Net te Sien dat die Magte wat as Woorde en Beelde in die
Vlees losgelaat is as die Denke van die Mens die lewe in bedenklike toestand
geplaas het, waar die denke van die mens die spieëlbeeld is van die Woorde wat vlees
geword het, om sodoende ‘n vals beeld te plaas voor die ware beeld van die
vlees, wat die Werklike Lewende Wese hier op aarde is wat nie geëer word nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te Sien dat AFRIKAANS aan die MENSDOM weer ‘n kans
gee om te wys hoe dom die mens is om Nie te Sien dat die VLEES die Werklike
LEWENDE woord is
Ek stel my ten doel om te bewys dat die Lewende Woord dit
wat ‘n Persoon doen, dink en praat die lewende taal is van die Vlees wat die
Woord word as Lewe
Ek stel my ten doel om te bewys dat Bewustheid in die Vlees
as die Hele Liggaam gesetel is
Ek stel my ten doel om Ouerskap te Lig tot die Punt waar die
Lewe as Woord die Waarde van Lewe in Elke Kind se Vlees word sodat alle mense
lewe dit wat beste is vir alle lewe
Ek stel my ten doel om te bewys dat die Mens altyd net gelyk
is aan die Waarde van die Woorde wat Vlees geword het en dat die mens se
optrede altyd een en gelyk is met die Waarde van die Vleeslike Lewende Woord
Ek stel my ten doel om te bewys dat alle Kennis wat nie
gebasseer is op wat Beste is vir alle Lewe nie, gelewe sal word op Maniere wat
Lewe Benadeel en die Eie Gek Bevoordeel
Ek stel my ten doel om te Bewys dat die Vals Beelde wat deur
televisie en advertensies in die vlees ingeprent word, deur mense meer en meer
op Barbaarse Maniere uitgeleef gaan word, wat elke persoon te eniger tyd in
gevaar kan stel sonder enige waarskuwing
Ek stel my ten doel om te bewys dat on die Wêreld kan
verander en ‘n plek wat lewe Eer deur die Waarde wat onw Woorde Gee met die
Waarde te Meet wat altyd Beste vir alle lewe is
Ek stel my ten doel om te wys dat AFRIKAANS die Taal is wat
Bewys wat die Waarde van Woorde doen Wanneer dit Vlees word en dus ‘n Taal is
wat kan Verhoed dat ons die Prys betaal vir wat ons toegelaat het op aarde as
die Lewe waar die Eie Gek eerste geplaas is inplaas van Lewe
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
Afrikaans,
bernardpoolman,
bewustheid,
dier,
dierbaarheid,
eqafe,
Jesus,
lewenswaardigheid,
liefde,
om te gee,
omgee,
sleutel,
suurstof,
vrug,
weeskind
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om NIE TE SIEN dat ELKE kind wat gebore word op AARDE HIER ARRIVEER sonder ‘n Naam, SONDER ‘n Opvoeding, SONDER Geld, SONDER Godsdiens, SONDER ‘n Kultuur. SONDER Voorkeure en Afkeure en dat ALLES wat die kind gaan word en lewe deur die gemeenskap en die AANVAARDE WȆRELD, BEPAAL word
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die GEMEENSKAP op AARDE die GEMENE DELER is wat aandui hoe GOEDERE OP AARDE VERDEEL word. Die VERDELING wys HOE die AANVAARDE NATUUR van die Mens Funksioneer.VERDER wys die VERLEDE as die Geskiedenis van die Mens dat die MENS die ENIGSTE DEELNEMER is WAT al die LEED op Aarde veroorsaak deur die GOED wat Vrylik deur die Skepping GEGEE word, nie GELYK te verdeel nie
Die Ongelyke verdeling veroorsaak dat Lewe NIE EWEWAARDIG is nie en selfs toetaal waardeloos geword het
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om NIE TE SIEN dat ek my MEDEMENS deur Ongelyke Verdeling LEED veroorsaak deur nie Mede DEELSAAM te wees met ELKE KIND wat gebore word nie en DUS deur die GIERIGHEID van RYKDOM en EIENAARSKAP bepaald DEELNEEM aan Kindermishandeling deurdat elke KIND wat gebore word sonder ‘n gelyke genoegsame DEEL, se Lewe VERDOEM is terwyl ek as Ryke dit wat die Aarde VERNIET in gelyke Maat verskaf vat vir Myself sonder ENIGE MEEGEVOEL of Skuldgevoel. Dit terwyl die AARDE ONVOORWAARDELIK ALLES verskaf
Ek vergewe myself dat ek Myself toegelaat het en aanvaar het om die Wette van die GEMEENSKAP so IN TE STEL dat dit Rykdom beskerm as EIENAARSKAP en GELD en dat ek WEIER om te sien watse NAARHEID die EIE gek skep met die ongelykheid wat so ingestel word. Die Domheid van die Ryke bewys hiermee waarom die Ryk Man NOOIT die EWEGE LEWE sal binnegaan nie, want die Ryke GEE nie ‘n EWE LEWE aan ALMAL nie en MISHANDEL Die LEWE met HARTSTOG
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om ‘n HIERARGIE op AARDE toe te laat wat aandui dat HIER RAAR GEGEE word ten spyte daarvan dat alles van waarde GRATIS deur AARDE VOORSIEN WORD EN SELF Jesus gesê het dat die lewe is om te Gee soos jy wil ontvang om te bewys dat ons wel omgee vir die lewe, tog word rykdom die Grootste Strewe van die MENSDOM wat bewys Hoe Dom die mens is om die EIE GEK en nie die LEWE EWE EERSTE te stel nie en dus die geboorte reg van EWIGE LEWE vir ‘n pot lensie sop verkwansel, self op die KANSEL en alle KANSE verspeel om ooit Hemel as Aarde te vestig en Skep
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om Kindermishandeling deel te maak van die lewe deur die geldgod te eer as eerste bo alle lewe, en sodoende die lewe as self in euwel verander het sonder enige meegevoel vir my Naaste wat moet EET om te Lewe en ewe soos ek op die PLAN – EET AARDE, Tog het ek my AARD van gierigheid op AARDE gevestig SONDER LIEFDE en die LIEFDE van die EIE GEK gemaak wat soek net vir my EIE GEK SE VOLDOENING
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om nie te sien dat in die dierbaarheid van die kind, die gemeenskaplikheid wat die mens met die dier het, waar die liggaam en die gelyk afhanklik is om te lewe van dit wat deur die aarde voorsien word en dat mens en dier dus as lewe gelyk is in afhanklikheid en dat die kop as meester van bewustheid dus hier is om seker te maak as verteenwoordiger, as ewe beeld en gelykenis van god met die verantwoordelikheid van dit, wat vrylik voorsien word, gelyk te verdeel tussen alle diere sodat die lewe werklik dierbaar kan wees vir almal wat hulself duidelik op die planeet aarde bevind en dan sodoende te bewys dat die ewebeeld en gelyke van God die verantwoordelikheid wat daarmee gaan, wel aanvaar word, want dit is die sleutel tot die ewige lewe en is waarom Jesus gesê het “ek is die weg, die waarheid en die lewe”, want hy het dit gestel dat daar moet gegee word soos mens ontvang, want dit bewys die liefde van god en sonder die liefde van die ewe sal die ewige lewe nooit wees nie en elke mens sal ‘n weeskind wees net soos dit nou gedoen word met elke kind wat mishandel word deur dat lewens belangrike basiese behoeftes nie vir elke kind gelyk voorsien word nie
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om NIE TE SIEN dat in die DIERBAARHEID van die KIND, die Gemeenskaplikheid van Mens en Dier Bewys word en dat die KIND eers Mens word wanneer die Euwel van die VOORSATE in die KOP INGEPRENT word deur die OUERS en die GEMEENSKAP. Beide die DIER EN DIE Menslike LIGGAAM is AFHANKLIK VAN wat die AARDE verskaf as KOS en SUURSTOF in GELYKE MAAT, die Voorsienigheid van die AARDE. Onvoorwaardelik GELYK. Die Mens as MEESTER van die AARDE deur BEWUSTHEID is dus die VERTEENWOORDIGER van die Skepper as die Ewebeeld en Gelykenis, om dit wat Vrylik voorsien word GELYK te verdeel, sodat die Lewe vir ALML DIERBAAR kan wees met Gelyke Geleentheid om die Lewe te GENIET en te Ervaar. Hiermee moet die Mens sy Lewenswaardigheid Bewys as Ewebeeld en Gelykenis as die Verantwoordelikheid vir Lewe. Dit is die SLEUTEL tot die EWEGE LEWE is waarom Jesus gesê het “Ek is die weg, die waarheid EN DIE LEWE” met die WEG as OM TE GEE soos jy wil ontvang. Dit is die ENIGSTE WARE LIEFDE want LIEFDE is OM TE GEE en solank daar nie om gegee word vir Elke Wese nie, Sal Liefde op Aarde nie bestaan nie
Ek stel my ten doel om aan die hart van elke mens te klop en daarop te wys dat die mens se hart verhard het met die idee dat harde werk die mens die reg gee om die hart te verhard en sodoende van die minder bevoorregtes die lewensnoodsaaklike te ontneem sonder dat die wat het enige skuldgevoel daaroor het, selfs al het die ryke die eiendom en kos met skuld gekoop, bly die ryke nog steeds sonder enige meegevoel met die arme, en dit net oor harde werk wat harte verhard
Ek stel my ten doel om die mensdom daarop te wys dat die boodskap van Jesus nooit lewenswaardig geword het nie, want die eie gek het die hart verhard om net die rykdom na te jaag ten koste van elke kind wat gebore word sonder die basiese reg tot lewe
Ek stel my ten doel om daarop te wys dat ons die liefde met bewys te wys, dat ons verstaan om te gee is om te ontvang en dat ons dus omgee
Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die tyd uitgeloop het en dat die lewe die laaste lewe en laaste kans is vir elke een om te bewys, wat ons kies is die lewe of die ewege dood, ek verstaan die ewege dood is die verbanning van die deelname aan lewe in totale alleenheid in die woestyn
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
aarde,
asem,
bedenklike toestand,
bernardpoolman,
denke,
Desteni,
dryfkrag,
eenheids-gelykheids-stelsel,
emosie,
eqafe,
fisiese verhoudinge,
gedagte,
gedagtes,
geldgod,
Jesus,
lewe
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om deel te neem aan wensdenkery waar ek in my kop stories optower wat my pas en my altyd laat wen in die stryd vir glorie sonder dat ek besef dat om altyd my wil as wens as my lewensoorsprong te gebruik,lei tot bedenklike besluite en optrede wat my self respek en integriteit verswak en tot nadeel strek vir my, my kinders en die hele mensdom.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het deur te weier om te sien dat ek in my kop stories opmaak oor almal en alles wat lei tot my afhanklikheid aan my prentjie wêreld, waar ek altyd my wense vervul sodat ek kan goed voel en myself waardeer ten spyte van die bewyse as die aardse realitiet wat oor en oor uitspeel dat stories opgemaak in die kop ander benadeel en verneder in my oog sodat ek as eie ek myself kan meer ag en regmatigheid aan myself toestaan.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek deur ander wonderlike dinge toe te wens, ek eintlik aan myself toestemming gee om ook in wensdenkery te lewe sonder om te besef dat die toordery van wensdenkery nie werklik geloofbaar werk in die tyd en spasie realiteit op aarde nie. Op aarde moet die mens die fisiese verhoudinge tussen mekaar en dinge wat daaruit vloei gelyk as lewenswaarheid eer, want die toewens van gelyke geluk sonder die praktiese skepping daarvan lei nie tot die versekerde uitkoms wat meetbaar beste vir alle lewe is nie. Net die praktiese doelbewuste gee van wat seker is en bepaalbaar is kan gegee word in die maat wat gelykheid van lewe eer sodat elkeen kan ontvang wat in gelyke maat gegee word.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om myself oor te gee aan wensvervulling instede van praktiese lewe in spasie en tyd wat sal lei deur praktiese gelyke gee/ontvang verhoudings patrone tot ‘n aardse ervaring en bestaan wat so na aan hemel is as wat mens moontlik is.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om myself en my nasate en my naaste toe te laat om oorgegee te word aan die geldgod as die enigste een wat alle wense kan vervul en selfs my gebede so ontwikkel het dat my wense se vervulling verdoesel word in die gebed in mooi woorde sodat my gebede beter klink as wat dit werklik is en dat ek nie enige werk maak daarvan om as mens saam te werk met my naaste om Jesus se boodskap te vervul deur die lewe as eweredigheid en gelykheid hier op aarde in te stel deur saam te stem om te gee soos elkeen wil ontvang. Instede wag almal om eers te ontvang voor daar oorweeg word om te gee en neem basies sonder om te vra net omdat hulle die geldgod se mag ontvang het om te kan vat en die reëls van aarde so te verdraai dat die lewe elke dag op alle maniere verraai word.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om met gemak en emosie die eenheids en gelykheids stelsel wat die praktiese toepassing is van Jesus se leringe as wensdenkery af te maak net sodat ek my eie ek se wense kan hoër ag as die reg tot lewe wat een ewe maat aan almal gegee is en toekom en dat ek die eie ek se wensdenkery as my dryfkrag gebruik wat my motiveer en regmatig laat klink, ten spyte van die bewyse op aarde dat die eie ek se aardse bestel reeds die helfte van die mensdom in hongerte gedompel het, tog stop ek nie myself nie, want my geldgod is met my.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het vir myself om die wensdenkery van die eie ek aan die genade van die geldgod se gawes gekoppel het en so die lewe verderf het tot’n hoerdery en tot die soeke van gierigheid en koppelary wat altyd net tot pyn en lyding van die menigte lei.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om te lewe in my oneerlikheid om die eie ek se wense eerste te stel en so die wêreld sisteem ingestel het om stelselmatig alles wat regmatig lewenswaardig is, te vernietig en te vervang met die wensdenkery van die eie ek se vals beeld van wens om sodoende die heerskappy van wensdenkery op aarde eerste te stel.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek deur die wensdenkery in my naaste te eer as vrye keuse ek aan myself die reg gegee het om ook in wensdenkery te lewe, want as almal dit mos doen is dit om te ewe.
Ek stel myself ten doel om alle wensdenkery in my kop te stop en om wat ek toelaat het een te maak met wat prakties gelewe kan word op aarde in maniere wat lewe as ewe eer sodat lewe eerste gestel en die kop nie langer geëer word nie.
Ek stel my ten doel om waar die aardse stelsel die lewe verneder het tot die prentjie in die kop wat die eie ek en die geldgod eer, dit tot almal se aandag te roep totdat almal hoor en weer na lewe terugkeer.
Ek stel my ten doel om lewenswaarheid as gelykheid te herstel as die enigste weg en die waarheid as lewe.
Ek stel my ten doel om dit na te jaag wat werklik in die fisiese spasie en tyd van aarde kan bestaan op maniere wat lewe as gelyk eer.
Ek stel my ten doel om self eerlikheid tot die regmatige plek op aarde te verhef sodat elkeen weer kan terugkeer na regmatigheid deur hulself te herstel as lewe deur die gif van die eie ek te verwyser deur self vergifinis.
Ek stel my ten doel om die lewe as dryfkrag te wees om sodoende ‘n voorbeeld te wees wat lewe is ten spyte van die baie wat sal skreeu vanuit hul vals beeld paleise dat die mens nie menswaardig is nie, en dat net die geldgod almal sal kan red as die geldgod onvoorwaardelik geëer word.
Ek stel my ten doel om ‘n stelsel voort te bring wat aan almal die geleentheid sal gee om die vals beeld van die eie ek te vergewe sodat lewe hier op aarde weereens dit sal wees wat asem haal.
Ek stel my ten doel om as enigste keuse altyd lewe eerste te stel en so ‘n einde te bring aan alle keuses wat die eie ek se bestaan moontlik maak.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het deur te weier om te sien dat ek in my kop stories opmaak oor almal en alles wat lei tot my afhanklikheid aan my prentjie wêreld, waar ek altyd my wense vervul sodat ek kan goed voel en myself waardeer ten spyte van die bewyse as die aardse realitiet wat oor en oor uitspeel dat stories opgemaak in die kop ander benadeel en verneder in my oog sodat ek as eie ek myself kan meer ag en regmatigheid aan myself toestaan.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek deur ander wonderlike dinge toe te wens, ek eintlik aan myself toestemming gee om ook in wensdenkery te lewe sonder om te besef dat die toordery van wensdenkery nie werklik geloofbaar werk in die tyd en spasie realiteit op aarde nie. Op aarde moet die mens die fisiese verhoudinge tussen mekaar en dinge wat daaruit vloei gelyk as lewenswaarheid eer, want die toewens van gelyke geluk sonder die praktiese skepping daarvan lei nie tot die versekerde uitkoms wat meetbaar beste vir alle lewe is nie. Net die praktiese doelbewuste gee van wat seker is en bepaalbaar is kan gegee word in die maat wat gelykheid van lewe eer sodat elkeen kan ontvang wat in gelyke maat gegee word.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om myself oor te gee aan wensvervulling instede van praktiese lewe in spasie en tyd wat sal lei deur praktiese gelyke gee/ontvang verhoudings patrone tot ‘n aardse ervaring en bestaan wat so na aan hemel is as wat mens moontlik is.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om myself en my nasate en my naaste toe te laat om oorgegee te word aan die geldgod as die enigste een wat alle wense kan vervul en selfs my gebede so ontwikkel het dat my wense se vervulling verdoesel word in die gebed in mooi woorde sodat my gebede beter klink as wat dit werklik is en dat ek nie enige werk maak daarvan om as mens saam te werk met my naaste om Jesus se boodskap te vervul deur die lewe as eweredigheid en gelykheid hier op aarde in te stel deur saam te stem om te gee soos elkeen wil ontvang. Instede wag almal om eers te ontvang voor daar oorweeg word om te gee en neem basies sonder om te vra net omdat hulle die geldgod se mag ontvang het om te kan vat en die reëls van aarde so te verdraai dat die lewe elke dag op alle maniere verraai word.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om met gemak en emosie die eenheids en gelykheids stelsel wat die praktiese toepassing is van Jesus se leringe as wensdenkery af te maak net sodat ek my eie ek se wense kan hoër ag as die reg tot lewe wat een ewe maat aan almal gegee is en toekom en dat ek die eie ek se wensdenkery as my dryfkrag gebruik wat my motiveer en regmatig laat klink, ten spyte van die bewyse op aarde dat die eie ek se aardse bestel reeds die helfte van die mensdom in hongerte gedompel het, tog stop ek nie myself nie, want my geldgod is met my.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het vir myself om die wensdenkery van die eie ek aan die genade van die geldgod se gawes gekoppel het en so die lewe verderf het tot’n hoerdery en tot die soeke van gierigheid en koppelary wat altyd net tot pyn en lyding van die menigte lei.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om te lewe in my oneerlikheid om die eie ek se wense eerste te stel en so die wêreld sisteem ingestel het om stelselmatig alles wat regmatig lewenswaardig is, te vernietig en te vervang met die wensdenkery van die eie ek se vals beeld van wens om sodoende die heerskappy van wensdenkery op aarde eerste te stel.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek deur die wensdenkery in my naaste te eer as vrye keuse ek aan myself die reg gegee het om ook in wensdenkery te lewe, want as almal dit mos doen is dit om te ewe.
Ek stel myself ten doel om alle wensdenkery in my kop te stop en om wat ek toelaat het een te maak met wat prakties gelewe kan word op aarde in maniere wat lewe as ewe eer sodat lewe eerste gestel en die kop nie langer geëer word nie.
Ek stel my ten doel om waar die aardse stelsel die lewe verneder het tot die prentjie in die kop wat die eie ek en die geldgod eer, dit tot almal se aandag te roep totdat almal hoor en weer na lewe terugkeer.
Ek stel my ten doel om lewenswaarheid as gelykheid te herstel as die enigste weg en die waarheid as lewe.
Ek stel my ten doel om dit na te jaag wat werklik in die fisiese spasie en tyd van aarde kan bestaan op maniere wat lewe as gelyk eer.
Ek stel my ten doel om self eerlikheid tot die regmatige plek op aarde te verhef sodat elkeen weer kan terugkeer na regmatigheid deur hulself te herstel as lewe deur die gif van die eie ek te verwyser deur self vergifinis.
Ek stel my ten doel om die lewe as dryfkrag te wees om sodoende ‘n voorbeeld te wees wat lewe is ten spyte van die baie wat sal skreeu vanuit hul vals beeld paleise dat die mens nie menswaardig is nie, en dat net die geldgod almal sal kan red as die geldgod onvoorwaardelik geëer word.
Ek stel my ten doel om ‘n stelsel voort te bring wat aan almal die geleentheid sal gee om die vals beeld van die eie ek te vergewe sodat lewe hier op aarde weereens dit sal wees wat asem haal.
Ek stel my ten doel om as enigste keuse altyd lewe eerste te stel en so ‘n einde te bring aan alle keuses wat die eie ek se bestaan moontlik maak.
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
antwoord,
bernardpoolman,
bybel,
christenskap,
Desteni,
eqafe,
geld,
gelykheid geldstelsel,
genot,
God,
Jesus,
rykdom,
verantwoordelikheid
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat verantwoordelikheid nie noodwendig met n antwoord kom nie ten spyte dat die woord verantwoordelikheid wel aandui dat dit die antwoord omvang.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om antwoorde te versin met die versinnebeelding van beelde voor wat werklik belangrik is as lewe, om so die verantwoordelikheids sin wat lewenswaardig moes wees, te verarm met a stelsel van arm en ryk sodat ek ‘n verskoning kan hê hoekom ek my koningskap met geld kan koop en selfs my rykdom kan beskerm ten spyte van die kerm van die arm lasposte, deur wette in te stel wat eiendom beskerm as die groot belangrike verantwoordelike ding om te besit wat deur geen ander reg aangetas mag word nie, al lei dit tot die dood van die armes.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om my verskoning te gebruik dat die armes mos n hand kan uitsteek en werk vir hulle geld net soos ek gewerk het vir my geld sonder dat ek kyk in eerlikheid hoe geld werklik werk en dat geld nie vir almal werk nie, maar my eie belang rus so groot op my hart dat ek die deur van my hart nie kan oopkry om in lewensbelang na my antwoorde te kyk met die fondasie dat die enigste ware verantwoordelikheid op aarde dit is wat lewe as gelyke gawe in alles erken en ondersteun.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te lag in die grootsheid van my mag wat deur geld toegestaan is dat ek net verantwoordelikheid vir myself aanvaar en die genot van my lewe uitleef ten spyte van die bewustheid dat baie nie het wat hulle as lewe moet he nie. Tog gee ek nie om nie, want my lewe is goed en die god van geld beskerm my selfs teen die grootste storms met versekering dat wat vergaan sal nuut vervang word. My god van geld is so verantwoordelik dat ek nooit n ander god sal dien nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek nie my broer se wagter is nie want my eie ek is al wat ek aanvaar as my waarde as die antwoord van my verantwoordelikheid en ek voel niks wanneer daagliks baie in pyn en lyding die wereld verlaat omdat daar vir hulle geen heenkome was nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om die rykdom van my goeie god te aanvaar en om deur Sy wil te leef asof ek nooit sal sterf nie, want die erfenis van my geld god gee aan my ‘n waardeuring van die lewe waardeur ek kan sê ek is dankbaar dat ek so ‘n skat van my geld god ontvang het en daarom bou ek vir my geld god paleise van kerke dat die armes ook kan kom rus vind by die skaduwee van my grootse geld god en wens dat hulle pense ook soos myne gevul word met die wyn en brood van die bloed van die lewe, wat ek elke dag verspil in die naam van my geld god as my persoonlike offer aan die almag van die geld god, sodat my weg altyd vol geld kan wees en ek te alle tye kan leef in die vervulling wat geld my bied.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om myself voor te doen as die antwoord tenspyte daarvan dat my antwoord van die geld god nie die lewe ewe in all wesens eer nie, maar eerder my as geldvogtige eerste plaas aan die regterhand van die geld god van waar ek heers oor hemel en aarde en self al kom daar tsoenamies of aardskuddings, sal ek nie vrees nie, want ek weet my geld god is met my en sal vir my en my saad sorg sodat my naam verewig kan word in the geboue en strate en kerke wat deur die geld god moontlik gemaak is en sodoende sal my naam vir ewig lewe as bewys dat die geld god die enigste ware god is met sy baie name wat hy as wese aanneem wat ek kan geniet met die geld wat sy liefde aan my gee. So het ek elke ding wat die geld god maak as sy kind in wie hy welbehae het, want ek bewys bo alle twyfel dat daar geen ander god is as die geld god wie my naaste is en in my hart woon waar hy die pad skoon hou dat die geld soos fonteine van geld in my lewe kan vloei en so aan my die lewe gee wat alle ander net kan beny.
Ek stel my ten doel om die geld god uit te roei deur geld beskikbaar te maak in gelyke dele genoegsaam in waarde aan alle lewe deur ’n nume ekonomies politiese sisteem gebaseer op een mense en stem.
Ek stel my ten doel om alle vals beelde van grootsheid gebaaseer in geld oop te maak, om te wys dat om so baas te speel maak ander seer.
Ek stel my ten doel om die eerlikheid van lewe te herstel sodat almal wen en eerste is as gelykes sodat die eie ek van die valsheid van n lensiesop lewe tot besinning geruk kan word.
Ek stel my ten doel om die gal te ontbloot wat deur die lag geskep word deur die wat van hulle sinne beroof is deur die geld god en om weereens deel te wees van die aarde waar net die lewe aard.
Ek stel my ten doel dat eerlikheid as wat beste is vir lewe die wagetr word sodat almal gelyk sal wees as lewe en dus as een familie sal lewe as kinders van die aarde.
Ek stel my ten doel om uit te reik na elke mens wat verval het pens en pootjies en deel geword het van die lensiesop wat die waarde van lewe versteur het sodat dit wat lewe is wel weer opstaan en op aarde wortel skiet.
Ek stel my ten doel om die antwoord van verntwoordelikheid te wees as lewe wat lewe weer herstel tot die aarde as gelykheid vir almal.
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
bernardpoolman,
dood,
dwase,
ekonomiese sisteem,
eqafe,
geld,
gelykheid geldstelsel,
gemeenskap,
God,
Jesus,
kruisiging,
liefde,
misbruik,
religie
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om deel te wees en deel te neem aan die skepping en instandhouding van die gemeenskap terwyl daar niks van gemeenskaplike belang werklik tot stand gekom het nie, omdat dit wat regtig lewe is onderhewig geplaas is aan geld waarsonder niemand kan oorleef nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die enigste gemene belang wat elke wese het naamlik Lewe, so te min ag dat ek toegelaat het dat tot die helfte van die menslike bevolking in brandarmte lewe, terwyl ek niks doen om die brand te blus nie, want ek is nie lus om my hande vuil te maak terwyl ek my kan verlustig in die wonderlike dinge wat geld kan koop.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om geld die almagtige heerser as die baas te plaas soos die blaas op die brein vol wind wat maak asof die gejaag na wind nou werklik enige waarde kan hê, terwyl die gejagery eintlik tog net eindig waar alle misbruik eindig, die ewige daaglikse dood van brandarmte want ek het my reg van lewe verkoop vir n pot lensie sop.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die praktiese lewens boodskap van Jesus, om te gee sodat jy kan ontvang , onderdanig gemaak het aan die reëls van profyt, eienaarskap en geld, want ten spyte van die voorbeeld van Jesus het ek van Jesus ‘n drogbeeld gemaak deur sy kruisiging as vreesbeeld in elke mens in te boender om seker te maak niemand staan op en bevraagteken wat nou eintlik werklik op aarde aangaan nie, want as jy bevraagteken sal jy gekruisig word, selfs deur die wat beweer hulle volg Jesus terwyl hulle eintlik geld volg.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om wette op skrif te plaas om die dwase wat leef net om die baas van geld te wees, te beskerm en so Geld die God gemaak het wat alle mag het oor lewe en dood en my in vrees laat lewe elke oomblik waar ek my geld moet tel om te sien of ek nog kan kos koop en ‘n dak oor my kop het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die dwase te eer deur self ook brein blase vol wind te kry wat jaag na geld asof daar geen ander manier is nie, want die geld god is onwrikbaar en onoorwinbaar en heers met vrees deur die krag van die wet van die profyte wat my najaag totdat ek betaal vir my sonde om nie aan God te gee wat God toekom nie. Die God van Geld het nie ‘n seun of kind nie en vergewe niemand en sal jou tot in die afgrond jaag as jy die geld god haat en so moet ons dus ons god liefhê voordat ons van ons God kan ontvang en in die maat van ons liefde vir ons geldgod, word ons skatkamers gevul.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om nooit te bevraagteken hoekom die mens op aarde nie lewe as ewe nie totdat ek verstaan het dat God nie aan elkeen ewe veel geld gegee het nie en dat jy net soveel geld kan kry as die liefde wat jy het vir die liewe geldgod.
Ek stel my ten doel om saam te werk met ander wat een is dat ons wel die aarde kan herwin vir die lewe en om wat hier is te omskep in dit wat in die gemene belang van lewe is sodat elkeen kan lewe in vervuldheid.
Ek stel myself ten doel om ‘n ekonomiese sisteem in wording en werking te stel wat op alle maniere aan elke mens ‘n lewenswaardige bestaan sal gee en omdat ek dit aan elke mens gee sal ek dit ontvang omdat ek deel is van die mensdom.
Ek stel my ten doel om die gejaag na geld te stop deur ‘n nuwe ekonomiese sisteem wat aan almal gelyke geld sal besorg sodat elkeen vir hulle self kan sorg en ‘n waardige lewe mag hê.
Ek stel my ten doel om die boodskap van gee, sodat dit wat jy wil ontvang, as lewende woord te vestig, as ‘n ekonomiese sisteem wat alle lewe as ewe ag, en wat gegee word, deur die aarde gelyk te verdeel, sodat almal gelyk sal wees voor die aangesig van lewe
Ek stel my ten doel om slegs lewe te eer as waarde en my lewende woorde as woordeskat en om die skatkamer van lewe in te rig.
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
Afrikaans,
bernardpoolman,
Desteni,
dogma,
eenheid,
eqafe,
euwel,
ewe,
geld,
geldsugtigheid,
gelykheid geldstelsel,
God,
Jesus,
lewe,
lewende taal,
waarde
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het, om my woorde op aarde te lewe, as deel van die aanvaarde sisteem, waar leed die algemene aanvaarde en verwagte uitkoms is wanneer twee of meer mense saamwerk om geld te kry om van te lewe.
Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het om blindelings te glo in die onsienbare, wanneer dit duidelik gestel was – In die begin was Die Woord en Die WOORD WAS GOD en die Woord was met God. God lewe as WOORDE as jy en ek maar ons is so gek dat ons nie wil sien hoe ons die woorde lewe as ons wereld nie.
Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het om die lewe wat aan my gegee is, te omskep as die euwel van my woorde, wat bewys dat daar geen wysheid is wat opregte eerlikheid openbaar nie. Dit Dui Wel aan dat die mensDom die DuiWel blameer sonder om te besef hoe ons op aarde lewe, een en gelyk staan met ons woorde soos ons dit dag na dag nagejaag het in ons gedagtes en dan vervlees as ons leuse wat ons uitleef.
Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het, die DogMa van ma en Pa aanvaar het, sonder om alle dinge te ondersoek om te sien wat onder wys en agter dit wys, wat is waaragter/waaragtig. Ek vergewe myself dat ek onderwysers aanvaar het as meesters van die lewe teenstrydig met die duidelike gevolge dat wat hulle elke kind geleer het as lewensreëls nie ‘n wêreld as resultaat gehad het wat die beste is vir elke een wat hier op aarde lewe nie.
Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het dat lewe onderdanig gemaak is tot die geldsugtigheid van die mens wat so fel heers dat dit in werklikheid die Here God van die mens geword het in alle maniere.
Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het, dat ek die woorde van Jesus nie vlees gemaak het as myself nie, deur te gee wat ek wil ontvang en dat ek sekere maniere van gee aanvaar het, solank dit onderdanig was aan die geld wat ek wil hê om lekker en sonder vrees te lewe.
Ek vergewe myself dat ek die valsheid toegelaat en aanvaar het om God te bedank vir die geld wat ek het, welwetende dat daar baie mense is wat met baie minder lewe maar meer waardig is en dat ek geen poging aangewend het om ‘n manier te vind dat almal kan hê wat ek het nie, sodoende het ek die boodskap van Jesus verkrag om my eie inneliker stem te dien wat my die heeltyd help om my doen en late vir myself beter te laat lyk, ten spyte van ‘n wereld waar dinge net goed lyk vir die wat geld het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om ander te oordeel wanneer hulle geld het, so baie dat hulle sommer lekker ruik en lekker ryk is, maar wanneer ek geld het, tree ek net so op soos die wat ek ge-oorrdeel het. Dit weereens wys dat Jesus wel insig gehad het, maar in plaas dat ons lewe soos hy voorgestel het, het ons hom opgehef as ‘n god sodat ons deur so ‘n opheffing ‘n verskoning kan hê hoekom ons nie sy gelyke is nie en hoekom ons nie die woorde van Jesus as vlees word nie.
Ek stel my ten doel om’ n sisteem op aarde te ontwikkel wat alle lewe as die enigste waarde sien en so almal toelaat om as gelykes in’ n eenheid as lewe te lewe, want dit sal ewigdurende vrede en liefde bring wat werklik waar is en die liefde wat nou deur die stem in die kop aangejaag word, sal tot niet gaan sodat lewe kan bestaan vir almal.
Ek stel my ten doel om die woord as lewe te word, op ‘n manier om alle lewe as gelyke te behandel sodat dit die woord lewe sal ondersteun, soos dit die woord stel as EWE en so vir alle wesens wat aarde toe kom die EWE LEWE te gee, sodat ek dit kan ontvang, want slegs deur so aksie word die EWIGE gedien, as Lewe en bewys ek my respek en eerbied aan dit wat aan my gegee is in gelyke maat.
Ek stel my ten doel om in die pad te staan van alle euwel wat lewe misbruik net vir eie gewin en om nie op te gee, tot almal sien dat die enigste pad op aarde is die pad wat lewe verenig as ewe.
Ek stel my ten doel om geldgierigheid tot ’n einde te bring, deur ‘n stelsel te implimenteer waar almal genoeg en ewe geld het, sodat alle vergelding en ontgelding wat nou aan god se wil toegeskryf word, tot ’n einde kan kom, deurdat almal ewe as lewe ge-ëer en ondersteun word.
Ek stel my ten doel om die lewende woord wat beste virlewe is te word, in alle dimensies/die mensies sodat ek in dieselfde mate kan gee en ontvang en dus sal staan as die eenheid en gelykheid van lewe.
Ek stel my ten doel om die stem binne my, wat my so bemin te oordeel, tot stilstand te bring en te stop om deel te neem aan gedagtes wat net my vrese verwoord en aan my eie voordeel aandag gee.
Ek stel my ten doel om’n ekonomiese sisteem op aarde voor te stel wat ware waarde omskryf as lewe, om so’ n wêreld tot stand te bring waar slegs lewe hoog geag word.
Subscribe to:
Posts (Atom)






