Showing posts with label oordeel. Show all posts
Showing posts with label oordeel. Show all posts

Dag 20: My Gesag word Ondermyn

0 comments


My gesag word ondermyn en dit het te doen met wat ek sien as myne.  Gesag is gewoonlik nie sag nie en die uitoefening van gesag is gewoonlik gepaardgaande met aggressie, geweld en beheer, fisies of in woorde. 

Ondermyning van my gesag is waar my selfwaarde ontwrig word deur die gebeurtenisse  wat my laat voel dat ek nie in beheer is nie. My gebrek aan beheer dui aan dat die gesag my beheer en my heer is.  Die gesag is dan ook dit wat my posisie  aan myself weergee.  Wanneer ander  my  gesag nie respekteer nie, is my selfwaarde as posisie bevraagtekend.  Dit dui aan dat dit waarop ek my selfwaarde baseer, nie waar is nie.  Die bas noot van die klank van my woord ontbreek dus. Die feit dat dit onder is in ondermyn beteken dat die gebrek aan selfwaarde net aangedui word, wanneer my oorspronklike motivering vir gesag bevraagteken word op een of ander manier.  Dus is die ondersoek van alle dinge veral die ondersoek van dit wat onderliggend is aan my selfwaarde dringend nodig.  Onderliggend is die fondasie van my lig van verstaan en dit wat my oplig.  Wanneer die fondasie nie ‘n ware fondasie is wat die lewe en beeld van die lewe waardig is nie, dan vind ek dat ek maklik ondermyn kan word.

Wat my fondasie is, is die feit dat my werklike selfbeeld die beeld van die lewe is wat in fisiese vorm uitgedruk word as persepsie, klank, gevoel, kreatiwiteit, liefde, woorde, wysheid ens.  Wanneer die onderliggende selfbeeld se definisie ontbreek, word ‘n vals selfbeeld geskep en ons blaas dan ons beul trompet baie harder en sê Kyk, hier is ek, Kyk wat kan ek doen!, Kyk, ek is beter as jy! Kyk, whê, whê, whê, whê, whê!  Die ondermynende inligting wat aan die mens geleer word is die onderliggende rede vir konflik op alle terreine van die lewe. Voorbeelde van oorlewing, kompetisie, wen, woede, manipulasie, gierigheid, dreigemente ens.  Om nee te sê vir die beheer van ons onderliggende fondasie deur die beheer van inligting en ‘n gebrek aan kennis van hoe die onderliggende basis van selfbeeld van die mens werk, bring bevryding, en die geleentheid om die lewe weer toe te pas met ‘n passie wat werklik liefde en vrede uitleef. 

Aan die vrug sal die boom geken word en die vrug is ons woorde. Ons woorde vorm dan die fondasie van ons dade en na die bewuswording van ons wording as woorde is daar ‘n tyd wat ons eers moet skoonmaak met vergifnis en deur die toetse van versoeking gaan om te sien of ons werklik verander het.  Elke aksie moet dus ondersoek word om te sien wat die onderliggende motivering van die aksie is.  Dus, waarop is die aksie gebaseer en waar kom die inligting vandaan wat die aksie motiveer en wat is die doel van die inligting wat die aksie motiveer.  Hierdie proses is waar ons proe aan elke aksie  en dit ondersoek  om te sien of dit werklik is wie ons is.  Werk ons aksies dus binne die basis van  doen aan ‘n ander wat jy aan jou gedoen wil hê, asook, is ek lief vir myself wat my toelaat om ander te verstaan en lief te hê.  Wanneer die onderliggende fondasie van jouself nog nie gevind is nie, word jou siel nogtans verkoop  aan omstadighede, en moet jy uitvind wie het jou siel in pag,  die omstanders wat deelneem aan jou lewe en wie in die kleine en die groter wêreld jou beheer en jou optrede bepaal.

Sê nee en proe aan die proses van genesing van jouself, jou selle,  en weet dat jy altyd die selle is, gister, vandag en tot in all ewigheid.  Wanneer hierdie inligting nie die onderliggende fondasie van jou lewe is en in volle verstaan word nie, ondermyn jy jouself en is dit tyd om nee te sê vir alles wat die inligting verdraai en jou siel verraai.  Hou op om te raai wie jy is, ondersoek jouself en sien wat in jou selle geskryf is.  Die kwessie van die gees is gewillig, maar die vlees is swak, is die lewensplek wat misbruik word om die inligting te verdraai en raai, raai, riepa te speel.  Hou op om jouself te veraai deur toe te gee aan die raaisel van die lewe soos voorgestel deur die wat nie verstaan nie en wat nie die ewebeeld van God wil uitleef nie.  Verstaan is verstaan  -  om nie te verstaan nie,  is om nie te verstaan nie.  Weet is weet, nie weet nie is nie weet nie, wie is jy?  Weet jy of nie?  Verstaan jy of nie? Vra God om jou te wys en vind uit vir jouself.

VAN OORDEEL NA BEWUSTHEID

Oordeel is wanneer ons ons Oor deel met ander.  Dit is ‘n aanduiding van ‘n gebrek aan bewustheid en verantwoordelikheid, want ons wil nie ons eie antwoord en woorde glo nie.  Bewustheid is die wiskunde van aksie en gevolg, dus woorde en dade.  Aksie en gevolg is die natuurlike uitkoms van uitdrukking in vorm, weereens woorde en dade.  Dus die natuurlike gevolg van ons doen en late.  Bewustheid is die verstaan van die gevolg van doen en late.  Wysheid is om die aksie en gevolg uit te voer met bewustheid sonder om jou aan die oordeel (van ander en jouself) te steur en sonder om jou Oor met ander te deel want jy verstaan die groter prentjie. Jy skilder jou eie skildery sonder skuld en sonder om  ‘n skild te dra om jou te verdedig, want jy vind God se vrede.

Die gevolge van oordeel  het as doel die doelbewuste bewusmaking van die mens as bewustheid in vorm.  Dit wil sê dat die wil van die lewe  is die bewuswording van die mens deur die Oor te deel met pyn en smart.  Om dus die pyn en smart te verminder, moet mens die mindere  wees en die oordeel laat gaan.  Oordeel en die verstaan van die mindere is net moontlik met die bewustelike verstaan van die lewe.  Die beteken nie om nie ook in aksie oor te gaan nie.  Aksie met volle bewustheid dirigeer die lewe soos ‘n orkes en eers aan die einde is die volle waarheid van  bewustheid, alhoewel die bewuste aan die begin bewus was van die waarheid het die die bewustheid  nou in aksie oorgegaan.  Die aksie vir die blinde en dowe sonder bewustheid, maak die dowe en blinde baie bewus van hulle gebrek aan bewustheid deur die gevolge van hul onbewuste optrede ( Dit is bekend dat blindes se sintuie soms beter ontwikkel is en gebruik word as die sienende persoon). Die wet van die lewe is die wet wat die natuur as voorbeeld aangee vir die mens om na te volg as hy wil en so te leer waar sy waarheid te kort skiet in verstaan.

Die menslike natuur volg, of die natuur van die lewe, of die natuur van die sondes van die vaders.  Die gevolge is natuurlik binne die natuur wat die mens volg.  Op die huidige oomblik is die mens op sy blindste, want al die vals lig of sal ons sê onnatuurlike lig van menslike skeppings onder die sondes van die vaders verblind die mens  vir die natuurlike lig van die lewe en in die proses word die natuur verwoes.  So as dit woes gaan met die mens, dan broei ‘n storm uit en die kleintjie wat nou groot gemaak word as ‘n gevolg aan die verwoesting, is die besoek van die dier as mens. So skep ons woeste tuine as woestyne.  So is die kringloop wat die mens loop tot hy die kring sien en dan lui die klok en dit wat lok en uitlok, word gesien vir wat dit blok – die lig word geblok deur dit wat uitlok.  Sê nee vir die lok van uitlok en word genees.  

Ontblok jouself.  Sê nee vir die verwoesing op die planeet en word genees van verwoesting.  Sê nee vir die onnatuurlike lig wat die natuurlike lig verblind en word genees van blindheid.  Sê nee vir oordeel en waarmee jy jou Oor deel en word genees.  ‘n Genesing wat jou jou oorspronklike deel aan die lewe oorgee.  Die nee van genees, die gee van oorgee en die Oor van oordeel.  Laat alle ore hoor voordat die 2 ore van gebore die  1 oor van oorlede word, en stof tot stof, net stof tot nadenke los in die bedenklike toestand wat die mens se denke nou is. Dan  is die pyn van tandetrek die toestand wat weer verstand aan die omstandighede gee waarin ons beland het.

KOM VAN BEKOMMERD

Wanneer die vrees my bekom  van wat my toekom, dan verander my  onsekerheid van my eie vermoë van uitdrukking in bekommernis.  Ek wil graag hê my toekoms moet so seker wees soos die vorm van ‘n komkommer, anders word ek bekommerd. Die enigste realiteit van bekommerdheid is die prentjie van bekommerdheid in my kop waaraan ek  regte  waarde heg. Wanneer ek egter in die situasie beland waaroor ek my bekommer, is daar verskeie moontlikhede.  Ek kan die prentjie in my kop uitleef as ‘n uitdrukking van wat binne in my aangaan, want die prentjie is deur my geskilder.  Ek kan die situasie sonder vooroordeel benader en dan my bewustheid toepas as vorm  en  verstaan  en kan ek sien hoe die lewe  voor my ontvou.  As ek die kans nie neem nie, dan vou ek voor ek by die toekoms kom en die ontvouding  ( gewaarwording ) wat my toekom, ontvou nooit in ‘n noot nie.    Wanneer die prentjie in my kop deur my as my waarheid uitgeleef word, het ek darem die geluk dat wat ek geglo het, waar geword het.  Maar as ons hierdie aap uit die mou laat, sien ons dat die bewys  van ons geloof nie geloofwaardig is nie.    Die sprokie wêreld waarin ons leef is soos ‘n sprokies karakter wat gedurig aan homself wil bewys dat hy reg is en geloofwaardig is en dat sy evaluasie en prentjie  van ‘n situasie reg was.  Die waarheid kan egter net ervaar word wanneer die mens in elke oomblik onvoorwaardelik toelaat dat die lewe ontvou en dan deelneem aan die ontvouding deur in die oomblik van die gebeurtenis, jouself toe te pas as die lewe in uitdrukking volgens die natuurwette.  

Net soos die boom buig voor die wind waar die wind nou waai en die boom se blare musiek maak in die wind, pas ons ons vryheid dan toe in die ontvouding van die oomblik deur daaraan deel te neem volgens ons huidige vlak van verstaan.  Die meester van die situasie is dan die mens wat die beste maak van elke geleentheid en sien dat dit net geleen is en in ‘n oomblik verby is en dan is die volgende oomblik hier om aan deel te neem.  Die brommer van bekommerdheid  is die mens wat alles bepaald wil hê voor hy/sy daar kom.  Die gebrom as alles nie uitwerk soos die prentjie in die kop nie, is ‘n geraas wat ook met die volgende geleentheid  daarna oordonder word.  Nou is die lewe dieselfde – brom van oomblik tot oomblik.  Om nee te sê aan die verwagting dat alles volgens die prentjie in my kop werk, genees jou en laat jou toe om die polsslag van die oomblik te voel en dan met jou volle deelname die oomblik volgens jou keuses en verstaan te beïnvloed en te ervaar.  Geen  vrees nie wetende  dat die vaderlike wet van elke oomblik  net die beste verlang vir elke kind van die vader.  Wanneer ons verlange en vertroue in die vader die verlange en vertroue van die vader van lewe  ontmoet, leef ons ten volle en is ons vervul.

Laat ons nie toelaat dat die groot onderdrukking van onsself voortgaan deur prentjies wat ons skilder en nie verstaan nie, want dan is ons lewens gebrekkig. Openbaar jouself nou en sê nee vir die onderdrukking van jouself, lewe die lewe van die Vader van volheid en volmaaktheid sonder om jou te bekommer.

Dag 14 Die Nee van genees!

1 comments

Die volgende klomp dae is skrywes van 1998 – 2002 wat nou vir die eerste keer gepubliseer word – geniet

Om Nee te sê, is een van die wonderlikste maniere om jouself te genees.

  Indien jy in ‘n situasie van misbruik is, sê nee aan die persoon wat jou misbruik of, as jy jouself misbruik, sê nee aan jou patroon en gewoonte om jouself te misbruik.  Indien ‘n wet, leier, kerk of kultuur jou misbruik, of enige ander wese in jou bewustheid jou misbruik, sê nee vir die misbruik en word genees van jou toelating van  misbruik. 

As ‘n besigheid of bank, of korporatiewe instelling, of man of vrou of kind jou misbruik, met woord, daad, insunuasie, indirek, swak beplanning, onregverdige wette, onregverdige korporatiewe beleid, sê nee en deel jou nee met almal om jou en jy sal weet jy is genees en almal om jou sal weet jy is genees en dit sal hulle help om ook nee te se en om sodoende ook genees te word.

Onthou om te onthou dat die toets van nee weergaan toet in jou lewe, dus as jy een keer nee gese het, gaan die toets om weer nee te se in dieselfde situasie weer opkom.  Sê nee en bly genees en blydskap sal jou oorval, want jou oor val nie meer nie en jy word nie meer oorval deur alles wat van jou verwag word nie, want jy se nee  voordat jy jou siel verkoop.


Die tuig van oortuiging!



Oortuiging is ‘n tuig wat op die oor geplaas word en verhoed dat ‘n mens hoor.  Dan dra jy net een hoed wat netjies pas by jou oortuiging.  Nou het jy moed nodig om die tuig van die oor af te haal.

Wanneer mens voor die wa bly in die tuig van jou oor, word jou gees driftig.  Die geesdriftigheid van jou gees sal die wa deur die drif trek en as jy anderkant uitkom, lyk alles anders en jy het verander, want jou oortuiging is ‘n lyk wat in die drif agtergebly het.  Die ou koeie in die drif sal nou deur jou kennisse van goed en kwaad opgehaal word om jou te toets.  Sê nee vir jou kennis van die ou koeie en ook vir jou kenisse wat die ou koeie opgrawe en wees genees.

Dan sal die lyk van jouself as die lewe anders lyk sonder dat jy jouself hoef te vergelyk met ander, alhoewel jy nog steeds steeks vasklou aan die idee om eendag as a lyk op te eindig. Bekyk hoe jy lyk en maak seker dat eindig nie die enigste manier word om die pyn te eindig(stop) nie.

Ek getuig dat my oortuiging myne is en slegs as padwyser dien vir ander. Moet dus nie teen my getuig as jou oortuiging anders is nie. Net die harmonie van ons oor van wat ons hoor, weeg die tuig oor ons oor. Oorweeg dit dus om harmonie na te jaag ten koste van alle oortuigings sodat jy die rede vir vrede kan vind in die oorweging van harmoniee van jou lewe.

Nee,nee,nee, ek genees nou. Nee vir die tuig op ander ore. Ek is hergebore. Nee vir vrees,want ek is meer as net vlees. Nee vir pyn, want ek verstaan nou die geheim van my lewe. Nee vir die man wat my leer deur my te manipuleer. Ek klim my eie leer en soos die leerskare  toekyk ,vergeet hulle om hulle eie leer te klim.

Almal onthou eendag dat hulle mal was om nie wat was in die was te los nie en om te wees wat is, is nie wat was nie. Dus sal n goeie was van n kopwasser ,die kop los maak met n oplossing wat verlossing bring. Los dus die verlede deur die lede/dele van die verlede in die verlede te los en nee te se vir lidmaatskap aan die klub as ledemaat van wat was en wat nie is nie.

Die maatemmer van ledemate is op die verlede baseer en maak net seer as die basnoot in hierdie tyd van nood nie verstaan word nie.
Deur die maatemmer van my ledemate word ek leed aangedoen omdat ek nie nee se vir die maatemmer nie en kies om deel te neem aan die oordeel van die ledemaat. En die oordeel van die ledemaat is gebaseer op die maatemmer wat alle lig en verligting onderdruk in my liggaam.



Ek byt op my lip!

Al ooit op jou lip gebyt, maar op dieselle tyd gedink “Ek gaan die ou moer!”?  Die moersleutel is die sleutel om hierdie selle patroon uit jou selle te kry.  Dan sal jy nooit weer se, “Die gees is gewillig mar die vlees is swak”.  Vreeslik waar of is dit vleeslik waar? 

Sê jou sê en gee die ou lip.   Om jou lip te byt, gaan jou eers laat bykom wanneer die bloed vloei en dan gaan jy sommer ‘n ander ou wil bykom.  Die eerste lipbyt het ‘n berg geword, want jy het al die moergedagtes tot vandag gebere, want jy het gedag jy kannie Nee sê nie.  Sê nee vir die ou en moer hom met jou nees.  As jou neus loop, weet dat jy nie nee sê nie.  My neus loop weg.  Stop daai moer, en sleutel ‘n nuwe kode in jou selle in.

Onthou om ‘Save’ te druk as die nuwe kode gesleutel is en dan is jy van jouself gered en ‘Saved’ en die mure van Jericho wankel en bewe met die sewende trompet.  Die val van die mure van ons “Kul jou hier, kul jou daar”-kultuur en  ervaar jy die redding van jouself deur jou selle en deur nee te se vir dieselle optrede wat nie op is nie.

  Watter deur gaan jy oopmaak?