Showing posts with label lyding. Show all posts
Showing posts with label lyding. Show all posts

Dag 22: Gevoel is die Doel

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat die doel van die Lewe is ‘n spel van, Hoe Ek Voel, en tensy ek GOED voel het die Lewe nie ‘n Doel nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om hoe Ek Voel meer belangrik te maak as die Lewe Self en dat ek gevoel gebruik om ander te kry om met my saam te stem want as twee of meer soos EK VOEL dan moet Ek reg wees, ten spyte van ‘n Wêreld  wat bewys dat Ek niks Voel vir die Lyding wat my Voorkere en Gevoelens op die Vleismens neer gedaal het, want Ek wil altyd Eerste wees en Sal nie My Gevoelens opgee om Lewe Eerste te stel nie, want dan verloor Ek en Ek sal liewer die Lewe laat Verlore gaan voor ek gevoel opgee.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om van die Lewe ‘n Spel te maak wat ‘n Doel het wat die reg tot die lewe minder gestel het as die Doel van die Spel waar ek as Wenner uit die stryd kan kom met ‘n Doel wat my Lewe Rede gee waar die Doel My Lewe laat uitstaan as of Rykdom in Geld of Rykdom in Gees of Rykdom in Gevoel, want as Ek my Doel bereik, kan ek mos nie dom wees nie, want ek het die Doel van die Lewe Verstaan en twee of meer Stem met my saam en Ek is Dus met die Doel van God en staan nie Alleen nie, maar ek staan OOK nie vir die Reg tot Lewe vir Almal nie, maar dit maak nie saak nie wat dit moet die Doel van God wees wat ek Nooit sal kan verstaan nie, sê ek aan myself want Ek moet Myself Eer as Eerste, Lewe is nie my verantwoordelikheid nie, DIT IS GOD SE WIL

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Sonder Gevoel Lyding in die Lewens van Miljoene Mense op Aarde toe te laat solank EK Goed Voel en Voel ek bereik ‘n Doel sonder dat ek Soos ‘n Gek Voel omdat ek die Lewe vir ‘n Pot Lensiesop verkoop het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om op die hele doel van die Wêreld sisteem te Fokus rondom Individuele Gevoelsvervulling deur te fokus op die Spel van Mindere Self vervulling wat my Beter sal laat Voel oor My Lewe, want ek het aanvaar dat My Lewe net Waarde het as dit ‘n Doel het wat die resultaat het wat my GOED laat voel en dat Enige Iets wat my nie so gou moontlik laat Goed Voel nie, op die manier waar ek tevrede sal wees, kannie waar wees nie, want in die Spel van die duidelike Gevoelsvervulling kan Ek wen en Almal het mos ‘n kans om dieselfde te doen, maak ek self wys, sonder om te Besef dat Wysmakery ‘n skepping is wat Ek Maak in Belang van my Eie Gek in ‘n Wêreld so klein waar net Ek bestaan en die Lewe verkleineer word tot dat Niks werd is in werklikheid vir ander nie, maar net omdat My Lewe My Doel het, is Alles sommer net Reg en Sal ek nooit My Doel opgee nie, want My onmiddellike prentjie van My Lewe Lyk GOED en die werklikheid van die wêreld is Ver van My, want ek wil nie besef dat dit Net Geld en Kos en ‘n Dak oor my Kop is wat my Kop laat Raas met soek na ‘n Doel en snaaks genoeg sal Ek myself nie die Doel Gee om Lewe vir Almal as Een en Gelyk Eerste te stel nie, want ons kan mos nie ALMAL wen nie, want dan het ek Nooit ‘n kans om Spesiaal te wees nie en om Spesiaal te wees moet die Doel van die Lewe wees, want DAN voel EK goed en Ek is Mos nie ALLEEN in die gevoel nie, so ek moet my gevoel Najaag kom wat wil en Raas die Kop van die EIE GEK . Ek is Gek oor gevoel. 

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om op Opvoeding en Familie te fokus rondom die doel van die Unieke gevoel en dat Ek Die Rykdom van Gevoel die MEESTER van my lewe gemaak het ten spyte van die Daaglikse bewyse dat die gejaag na wind ‘n wêreld geskep het waar Lewe nie Eerste as Enigste Waarde Geëer word nie, maar dat ek die waarheid met ‘n eenvoudige waai van die hand kan afmaak as Onwaardig sodra dit indruis met my Doel van die lewe om die Droom te Soek waar my Lewe Goed sal voel,
Want dan het ek my doel vervul en so het ek my kinders van geslag tot geslag gelei tot die Slagting van die Lewe deur die Doel van die Lewe iets te maak soos Gevoel wat nie lewe nie Een en gelyk en Almal Eer nie, maar solank ek wen, is ek nie deel van die slagting nie, so ek moet reg wees anders sou ek mos ook gely het, maak ek myself wys.

Ek stel my ten doel om die MENSDOM te wys dat die RYKDOM van GEVOEL net die gierigheid van die EIE GEK  is wat Gevoel Hoër gestel het as Lewe en so ‘n wêreld hier geskep het wat lewe ONTEER deur lewe nie EWE EERSTE te stel nie.

Ek stel my ten doel om te wys dat WYSMAKERIGHEID nie Wysheid is nie en dat die Ouer as Onderwyser die kinders van Geslag tot Geslag mislei het oor die Doel van die Lewe en sodoende reeds groot dele van die aarde se oorspronklike lewe uitgewis het net om die Doel van Gevoel te vervul en dat die mens as lewe meer vermoëns, die aarde in ‘n paradys moes verander deur Gelykheid waar ALMAL Goed sal kan voel en nog steeds Uniek sou kon wees, maar nou het ons die aarde so verwoes, dat ons ons EIE belang sal moet opgee vir HIERDIE LEWE totdat ons ‘n Nuwe Wêreld geskep het waar die gelyke balans van lewe op aarde weer herstel is.

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat ALLE gedagtes nie vertrou kan word nie, want ek het toegelaat dat Gevoel die Lewende vlees word en so die ware lewe vernietig en tot niet verklaar en sal dan eers die moed moet hê om my vlees te reinig van die Outydse gevoelens want dit laat toe dat baie nie eers kos het om te eet nie.

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat daaglikse geskrewe van self vergifnis oor ‘n periode van MINIMUM 7 jaar uiteindelik die Vlees sal Reinig van die Onetiese Onmeetbare gevoelens en wanneer my Vlees gereinig is sal my Gees van lewe weer Rein wees en sal  ek nie meer beheer word deur die Gevoelens van die Sondes van die Vaders nie. Dan sal ek Lewe op Aarde kan Herskep en ‘n Nuwe Aarde tot stand bring, waar gevoel Eties is en Lewe Eerste gestel word.

Dag 16: DIE WONDER VAN WONDERLIK

1 comments

DIE WONDER VAN WONDERLIK

Al ooit gewonder wat wonderlik beteken?  Wonderlik is om die wonde te genees van die kere wat jy nie nee gesê het en jouself eerste gestel en jouself ge-ëer het nie.  Daar waar jy jou waarheid vertrap het vir die goeie woorde van ander en toegelaat het dat ander se woorde en dade jou wond, is die begin van wonderlik.  Wanneer jy sien dat die wond deur jouself veroorsaak is deurdat jy nie nee gesê het nie, help jou sien hoe jy jouself gewond het en vergiftig het en in hel gesit het.  Wanneer jy verstaan hoe jy jouself vergiftig het, kan jy vergifnis doen.  Met die sien van die waarheid, vergewe jouself en vergewe ook die ander wat skynbaar aan jou iets gedoen het.  Vergifnis is die sleutel om wonderlik te ervaar.  Dan lek jy nie meer jou wonde nie en wonder nie meer oor die lewe nie, want jy sien die ek van jouself wat die gif/geskenk gebring het.  Dan wonder jy nie meer oor wat môre sal bring nie, want jy voel en is wonderlik en die lewe is wonderbaar en die openbaring baar ‘n nuwe môre wat in plek is wanneer jy daar kom.  Net soos die voëls van die veld gevoer word, so is jou pad dan wonderbaar en die dade wat groter is soos deur die Meester Jesus aangedui, word duidelik en jy kan dan ook jou meeste wees en wanneer jy jou meeste is, is jy jou eie meester.  Wonderlik, is dit nie?



EK SKIET MY IN MY EIE VOET

Om te skiet het ons ‘n patroon nodig.  Wanneer ons onsself in die voet skiet, dan loop ons moeilik. Die patrone van ons lewe is in ons ingeoefen van kindsbeen af en is die patrone van die sondes van die vaders wat ons besoek tot in met die sewende geslag.  Met die slagting van die sk-ape wat kom van ape, vergeet ons ons lag.  Om die patrone te indentifi-seer en te verstaan bring die moontlikheid van genesing en vernuwing. Wanneer ons dan nee sê vir die patrone, genees ons.  Om te trots te wees om na eie patrone te kyk, is dan die troon wat die siel onttroon. Dit is een van die skille van verskillende patrone wat ons laat skildig voel en alle soorte prente van hel en vuur in ons koppe skilder. Wie skilder die prentjie? Wie verkoop die siel van die mens met n skildery wat die ewebeeld van God nie waardig is nie? Wie hou die waarheid dig met skul dig of is dit kul dig?

Patrone wat ons aanneem word onder verskillende woorde beskryf in die boek.  Wanneer jy die patroon in jouself sien, vergewe jouself dat jy jouself toegelaat het om daaraan deel te neem en sê nee elke keer as die patroon opkom om jou te onttroon as kind van God.  Onthou dat die patroon op verskillende maniere as versoekings aan jou gewys sal word deur al jou kennisse/vriende/familie en gemeenskap van goed en kwaad. Ont hou jouself dan van deelname aan die patroon deur nee te sê vir jou deelname en dan sal jy nie meer hard wees op jouself deur jouself te oordeel nie.  Wanneer ander jou oordeel, oordeel hulle net hulself – Gee aan hulle ‘n boek en bespreek die woord en die krag van die woord. Bespreek die plan van die planeet waar daar genoeg is vir almal om te eet en moenie dat die spel van n preek die waarheid van God se woord weerspreek nie. In elke woord wat ons spreek, spreek God met ons tot ons weer ons waarheid ontdek en geeneen sal verlore gaan nie.  Laat die spel van die woord nie mag oor jou hê nie, maar mag jy deur die rede van die woord vrede vind tot in alle ewigheid.



LEIERS MOET NIE LYDING BRING NIE

Waar die waarheid van enige situasie in die wêreld lyding is, moet die vraag gevra word : “Waarom laat die leiers van die wêreld toe dat die lyding plaasvind?”.  Die lyding is ‘n refleksie van die leierskap in die wêreld en as inwoners van die wêreld is dit tyd dat die mense, ek en jy, nee sê vir die soort leierskap en die toelaat van die lyding.  Dan sal die wêreld genees.  Om te begin sê ons nee in ons eie huise vir enige vorm van lyding, dan brei ons dit uit na ons woongebied, dan na ons dorpe en stede, dan na ons dorpsbestuur dan na ons provinsiebestuur, dan na ons landsbestuur, dan na ons buurstate en in die proses help ons die proses van genesing, reg oor die wêreld.  Leiers moet lei deur hul verstaan van die waarheid van die woorde wat gespreek word en hoe ons woorde ons werklikheid skep. n Werklikheid wat nie vir almal werk nie.  Met leiers wat maniere ontwikkel het om die mense in die wêreld in die donker te hou deur so min as moontlik te sê, het ‘n plan-eet geskep waar almal nie w-eet nie.  Nou dat ons wêreld in ‘n donker tyd is, weet dat ons deelneem (Ons wêreld is in ‘n donker tyd en ons neem daaraan deel) aan die skepping van die donkerte, omdat ons nie nee sê daarvoor nie en hierdie donker beeld voor as voorbeeld gebruik in plaas van die ewebeeld van God.  Weet dat daar niks verborge is wat nie bekend gemaak sal word nie.  Dus is die hou van geheime en die gebrek aan inligting onaanvaarbaar, want dit bring ‘n gebrek in ons gemeenskap.  Die gebrek aan inligting bring in ‘n gebrek aan lig wat donkerte is.  Wanneer die mens in die donker bly, word vrees’ n manier van lewe en die lig word onder die maatemmer van oordeel  gebêre wat net donkerte bring.  Die donkerte in ‘n donker tyd meet die lig van die liggaam van die mens en laat die lig van verstaan uitstaan wanneer daar nee gesê word vir die donkerte.  Die manier wat die lig onderdruk word in hierdie dae is die Groot Onderdrukking.  Openbaar jouself, genees jouself, sê nee en genees.  Onthou om ook jou kommunikasie en oordra van inligting aan ander te meet aan die lig wat dit skep en die verstaan wat dit oordra.  Om in te lig is om lig te maak.  Om te verstaan is om die lig te wees.  Die beheer van inligting skep ‘n gebrek aan lig wat donkerte bring en ons neem daaraan deel.    Is dit die oordeel?  Om te hoor en nie die lig van verstaan oor te dra nie, want on skies om deel te neem aan n gebrek van inligting waar ons voel ons het nie direkte verantwoordelikheid nie.  Dan is ons mos verlos, want ons het ons los gemaak van verantwoordelikheid. Dit is egter nie die verlossing wat Jesus die voorbeeld van was nie. Jesus is die voorbeeld van die uitleef van die ewebeeld van God met volle verstaan en ons weier om die verantwoordelikheid te neem om sy voorbeeld in word en daad te volg. Om te weier beteken om n weier veld van invloed te hê deur jou lig van verstaan te skyn en so jou naaste te verlos van die invloed van vrees en die duisternis van nie die ewebeeld van God leef nie.  Die skyn van jou lig van verstaan wat in jou hart en kop aangaan word gemeet aan jou vermoë om die inligting wat jy praat as raad uit te dra aan ander om te deel in jou verstaan sonder oordeel of skrikwekkende boodskappe van hel en vuur.  Meet jou woorde en dan jou dade aan die lig wat dit bring.  Meet jou leiers aan die lig wat hulle uitdra in hulle inligting, woorde en dade sowel as gebrek aan inligting, woorde en dade. Vir ‘n leier om te sê:” Vertrou my, ek weet beter!”, skep donkerte.  Die donkerte is die gebied van vrees en onsekerheid en is die val van die mens in die gat van vals inligting en vertroue.   Wie is tans in beheer van die wêreld?  Lig of donkerte?  Wie is ons Heer en Meester?  Lig of donkerte? Dit wat jou woorde skep en waaraan jy deelneem in jou dade dui mos aan watter deel jy neem in die wereld in jou deelname en die name wat jy daaraan gee as jou deel in oordeel.  Net jy kan jouself oordeel om ‘n nuwe keuse te maak oor hoe jy jou inligting uitdra deur die gebruik en verstaan van jou woorde.


ONTHOU OM TE ONT HOU

Wat ons van hou, het ‘n houvas op ons.  Wat ‘n houvas op ons het, het ons normaalweg van iemand anders geleer.  Wanneer ons die leer van ‘n ander klim, vind ons onsself nie en ontgin ons ‘n ander se kleim en vind nie ons eie skat van die lewe nie.  Wanneer ons kyk na die aap en die pampoen storie, sien ons dat die vashou van die pitte deur die aap hom ‘n gevangene maak van die pampoen.  Interessant noem ons geld ook pitte in Afrikaans.  As ons aan geld vashou, het geld ‘n houvas op ons. Dan beheer geld ons en word(woord) ons heer en meester wat bepaal wanneer ons die meeste is. Ons prys onself mos dan ook met hoeveel geld ons het en almal om ons moet die prys van ons geldheer betaal.

Ongelukkig is ook baie van ons in-lig-ting geba-seer op donker nuus.  Die donker nuus maak seker ons hou vas aan pitte( be-lof-tes ) van versekering wat ons toe-kom-s verseker.  Wat dit verseker is dat ons kry wat ons toekom, net ‘n pampoen.  Dan noem ons mos so ‘n per-so-on ‘n pampoenkop?  Net soos die aap se hand vassit in die pampoen, sit die sk-aap se hand nou vas vol geld in die k-luis.

Wat is so belangrik in ons definisie van onsself en ander in die lewe dat ons aan ons oordeel van ons omskrywing moet vashou? Sel-fbeeld?  Stof wat ons optof? Wat is die beeld wat ons uitdra in ons inligting? Wat is die voorbeeld wat ons s-tel? Is dit die voorbeeld van God of die beeld voor God?  Onthou dat ons inligting aan ons gegee word deur ouers, kerk, kultuur, skool, koerant, televisie, boeke, ens.  In meeste van hierdie gevalle word woorde gebruik met pr-ente om ‘n prentjie te skilder. Die woorde dra of lig uit as inligting wat verstaan word vir die liggaam van die mens of dit dra ‘n gebrek aan lig  uit wat dan donkerte en vrees  bring.  Sê nee vir enige inligting wat donkerte en vrees  bring en genees jouself van die houvas van die donkerte en vrees. Maak jouself los aan die manier wat inligting het om altyd die selle te lyk (met die selfde prentjie oor en oor word jou oor-deel ver-deel) en om in jou selle te woon as jou selfbeeld. Wanneer jy verstaan dat jou inligting bepaal wie jy is en wat jy lewe, sal jou nuwe keuse verlossing bring.  Diegene wat die gene van die mens se optrede verstaan, maak seker dat hulle die inligting beheer en is dan die heer van die optrede van die mens. Dan word die ewebeeld van God in Genesis 1 vergeet.

Weereens is dit slegs onthouding deur selfdissipline met toepassing van die ewebeeld van God wat dissipels van die lewe en lig van verstaan skep.  Die maatstaf van die maatemmer skep die manier om te sien of ons die lig van verstaan ondersteun of die donkerte as ‘n gebrek aan verstaan ondersteun.  Die vermoë om inligting te verstaan en prosesseer is die sentrale vermoë wat ontwikkel moet word sodat jou bewustheid ‘n sentrale word wat woorde met werklikheid opkoppel.  Daar voor is moed nodig, want dit beteken die opgee van ons oortuigings wat ons aan vashou, dus onthouding, dus die verwydering van dit wat ons vashou sodat ons die nuwe dag kan ingaan sonder dit wat ons onthou van gister.  Ons lewe dus elke dag sonder beinvloeding van wat  ons gister gelewe het en dit wat ons onthou as geheue waaruit ons oordeel gebore word.  Die beheer van inligting skep die situasie waar ons elke dag herinner word wat die beheerders van inligting wil hê ons inner beeld en innerlike self moet wees.

Hierdie proses is slegs ‘n proses van verstaan en is nie ‘n oordeel van diegene wat donkerte uitdra as lig nie.  Hulle verstaan nie en ons as toepassers van die inligting gee aan hulle die mag om aan ons te wys hoe ‘n gebrek aan inligting die donkerte skep. Dit skep dan aan ons die geleentheid om wakker te word en die vreugde van die wakker word te ervaar. En groot is die vreugde in die leerskares wanneer een verlore kind tuiskom en sy werlike doel op aarde ontdek. Die doel om die woorde wat hulle spreek as ewebeeld van God te lewe, en dan word die w-oor-d vlees en God openbaar homself in sy kind.