Showing posts with label dood. Show all posts
Showing posts with label dood. Show all posts

Dag 21: Begeesterde Geeste Gee nie Lewe Nie

0 comments

Ek vergewe myself dat ek Myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees na die Dood Lewe is, terwyl dit die Lewe is wat Doodgaan en terugkeer na die Lewe op Aarde as Stof

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees Meer belangrik is as die Lewe wat die Gees help met geboorte van die kind en dat die dood nie my stof tot Nadenke gegee het nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat daar ‘n Gees is wat in die kind gebore word, terwyl dit ‘n Liggaam is wat KORREK moet funksioneer wat lewe moontlik maak en die Sogenaamde Gees maar net ‘n manier is waarop die mens die Vals Selfbeeld wan lewe misbruik, probeer beter laat lyk, net soos Goed op die Winkel Rak, om sodoende ‘n vals geloof om die lewe te vorm wat die Aarde van die afgrond gedryf het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Gevoel van Begeertlikheid wat my oorval, Beter voel as My Fisiese Lewe op Aarde en dat ek Om die Rede die Gees Voed met Onleefbare Nonsens en die Liggaam van sovele mense dryf na Armoede en Lyding, alles in die Naam van ‘n Onsienbare Lewelose Gees

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Gees Gewillig is, maar die Vlees swak is, sonder om te besef dat dit die Gees is wat swak is en die Vlees wat sterk is en Lewe gee. Verder dui dit aan hoe die denke van die Gees werk want die Vlees word nie verstaan en dat die Onkunde ly tot ‘n wêreld van ongelykheid Sonder om Om te Gee vir die Vlees as die Skepper van die Gees

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees Godelik is, terwyl my Gedagtes duidelik wys hoe Goddeloos die Gees Werklik is

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Wêreld meer is as die Vleeslike wêreld,  terwyl die Geboorte van elke Kind van die Vlees afhang en die Gees van die Mens net Gierigheid en die Eie Gek najaag

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Bewussyn die Reg op Bestaan het, terwyl my lewe eintlik afhang van die Vleeslike Bewussyn

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Bewussyn Mag het op Aarde ten spyte van die Bewyse deur die Eeue dat die Gees nie Lewe Eer nie en ten spyte van Jesus se Voorbeeld van Vleeslike Bewyse as die Lewende Woord wat Vlees geword het, het die Gees die Boodsap van Jesus onteer en Lewe op Aarde in Hel verander

Ek stel my ten doel om die Geestelike Bewussyn van die Menslike Spirituele Idees te Ontmasker as die Euwel wat dit is, sodat die lewe as Vleeslike bewussyn op aarde herstel kan word vir Alle Lewe wat Nog Gebore sal word

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die Gees van die Mens deur die Ouers en Omgewing aan die Kind geleer word en dat dit die Val van die Mens in Sonde is, waar die mens Sonder Lewe as die Vlees opeindig

Ek stel my ten doel om te wys dat die Vleeslike Bewussyn die werklike lewe is wat Een en Gelyke geëer moet word deur te gee soos elke vlees Moet Ontvang om Lewe te kan hê as die EWEBEELD en GELYKENIS van Lewe

Ek stel my ten doel om te wys dat Begeesterd Heid as kompetisie, en die Gejaag na Wind van Gevoel net tot by ‘n Wêreld van ongelykheid en Lyding waar die wat Die Mees Oneerlike is in denke, altyd wen

Ek stel my ten doel om te wys dat die Vlees gewillig is as die Boek van Tyd om dit te wees wat sal bewys Wie die Bewustheid van elke werklike is, die Eie Gek of Lewe

Ek stel my ten doel om te wys dat daar geen Heilige Gees is nie, want die Gees van die Mens is Onheilig en Gee nie ‘n duit om vir Enige Lewe nie

Ek stel my ten doel om te wys dat die opvoeding wat ‘n kind kry in die trant van die Gees van die Ouer as Wêrelds Gees, kinder mishandeling is en in werklikheid tot  die Ewige Dood van die Kind lei

Ek stel my ten doel om te wys dat die Lewende Woord wat Vlees word, Lewe Eer en gee soos dit wil ontvang, as die Werklike Liefde as Lewe Altyd

Dag 8: Ken net ten Dele

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek net ten dele kan ken en my so ‘n verskoning gegee het om nie verantwoordelikheid vir my lewe en alle ander lewens op aarde te aanvaar nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek net ten volle kan weet teen die einde van die tyd, SONDER om te sien dat elke oomblik in tyd die einde van die tyd van baie besluite aanbreek waarvan ek kan leer, maar omdat ek die einde van die tyd doelbewus nie wil verstaan nie, leer ek niks van die einde van die tyd in elke oomblik, om op aarde ‘n lewe van waarde te vestig nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat daar ‘n tyd is vir alle dinge, maar ek weier om te leer van die tyd wat eindig in elke oomblik sodat ek my besluite kan versterk om sodoende ‘n aardsbestaan te skep wat beste is vir alle lewe.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat tyd soos ‘n gety werk, wat die vorm aanneem van goeie tyd en slegte tyd. sonder dat ek leer van die einde van die tyd in elke oomblik, om so oor tyd te heers en op aarde dit te skep wat beste vir alle lewe is.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om goeie tyding te koppel aan die koms van Jesus in plaas van om die tyding te wys wat van tyd leer, in so myself gelyk te stel aan die voorbeeld van Jesus en so Vrede en Liefde op aarde te vestig as die enigste manier waarop dit kan bestaan, naamlik waar alles gereël word in gelyke maat op die manier wat beste is vir alle lewe.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die wêreld van tyd net ‘n skynbeeld is en dat ek eers werklik kan sien na die dood wanneer ek volgens my geloof die tydlose ingaan, sonder om te sien dat waar tydloosheid bestaan, kan ek niks leer nie en as ek nie leer in die tyd wat aan my gegee is nie, ek nie die tydlose kan ingaan as die ewebeeld en gelykenis van God nie, want ek het die ewebeeld en gelykenis wat aan my gegee is ydelik gebruik en was so ydel dat ek niks geleer het van die einde van die tyd nie en dat ek my kans as lewe so verydel het, geloof gebruik het om ydel met kop omhoog te loop en te verklaar dat, omdat ek gekies is om die ewebeeld en gelykenis te verteenwoordig hoef ek niks te doen nie, want ek is die spesiaal verkose van God, sonder dat ek besef, wat gegee is kan weggeneem word en deur my talente nie in werking te bring in werksaamheid om te bewys dat ek die gawe van ewebeeld en gelykenis waardig is nie, tot my ondergang sal dien waar net die klaagliedere van my wederegtilikheid sal oorbly, omdat ek dit tot te laat gelos het om wel op te staan as lewe vir lewe.

Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings, uit te wys dat almal altyd ten volle kan.

Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings uit te wys dat in elke oomblik die einde van die tyd hier is om van te leer, hoe om die reëls op aarde te stel dat werk op maniere wat beste is vir alle lewe.

Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings uit te wys dat die tyd vir alle dinge oorheers kan word met wat beste is vir alle lewe.

Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat die gety nou is om van die einde van tyd in elke oomblik te leer.

Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat om te wag vir Jesus en nie as sy voorbeeld hier in lewende aksie te staan nie, is ‘n mors van tyd en lewe en wanneer tyd verlore gaan word mens tydloos en kry jy die tyd nooit weer terug nie.

Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat die ewebeeld en gelykenis van God as mens ydelik gebruik word en dat almal wat die naam van God ydelik gebruik sekerlik sal sterwe.

Dag 2 : Dwase met Brein Blase

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om deel te wees en deel te neem aan die skepping en instandhouding van die gemeenskap terwyl daar niks van gemeenskaplike belang werklik tot stand gekom het nie, omdat dit wat regtig lewe is onderhewig geplaas is aan geld waarsonder niemand kan oorleef nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die enigste gemene belang wat elke wese het naamlik Lewe, so te min ag dat ek toegelaat het dat tot die helfte van die menslike bevolking in brandarmte lewe, terwyl ek niks doen om die brand te blus nie, want ek is nie lus om my hande vuil te maak terwyl ek my kan verlustig in die wonderlike dinge wat geld kan koop.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om geld die almagtige heerser as die baas te plaas soos die blaas op die brein vol wind wat maak asof die gejaag na wind nou werklik enige waarde kan hê, terwyl die gejagery eintlik tog net eindig waar alle misbruik eindig, die ewige daaglikse dood van brandarmte want ek het my reg van lewe verkoop vir n pot lensie sop.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die praktiese lewens boodskap van Jesus, om te gee sodat jy kan ontvang , onderdanig gemaak het aan die reëls van profyt, eienaarskap en geld, want ten spyte van die voorbeeld van Jesus het ek van Jesus ‘n drogbeeld gemaak deur sy kruisiging as vreesbeeld in elke mens in te boender om seker te maak niemand staan op en bevraagteken wat nou eintlik werklik op aarde aangaan nie, want as jy bevraagteken sal jy gekruisig word, selfs deur die wat beweer hulle volg Jesus terwyl hulle eintlik geld volg.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om wette op skrif te plaas om die dwase wat leef net om die baas van  geld te wees, te beskerm en so Geld die God gemaak het wat alle mag het oor lewe en dood en my in vrees laat lewe elke oomblik waar ek my geld moet tel om te sien of ek nog kan kos koop en ‘n dak oor my kop het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die dwase te eer deur self ook brein blase vol wind te kry wat jaag na geld asof daar geen ander manier is nie, want die geld god is onwrikbaar en onoorwinbaar en heers met vrees deur die krag van die wet van die profyte wat my najaag totdat ek betaal vir my sonde om nie aan God te gee wat God toekom nie. Die God van Geld het nie ‘n seun of kind nie en vergewe niemand en sal jou tot in die afgrond jaag as jy die geld god haat en so moet ons dus ons god liefhê voordat ons van ons God kan ontvang en in die maat van ons liefde vir ons geldgod, word ons skatkamers gevul.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om nooit te bevraagteken hoekom die mens op aarde nie lewe as ewe nie totdat ek verstaan het dat God nie aan elkeen ewe veel geld gegee het nie en dat jy net soveel geld kan kry as die liefde wat jy het vir die liewe geldgod.

Ek stel my ten doel  om saam te werk met ander wat een is dat ons wel die aarde kan herwin vir die lewe en om wat hier is te omskep in dit wat in die gemene belang van lewe is sodat elkeen kan lewe in vervuldheid.

Ek stel myself ten doel om ‘n ekonomiese sisteem in wording en werking te stel wat op alle maniere aan elke mens ‘n lewenswaardige bestaan sal gee en omdat ek dit aan elke mens gee sal ek dit ontvang omdat ek deel is van die mensdom.

Ek stel my ten doel  om die gejaag na geld te stop deur ‘n nuwe ekonomiese sisteem wat aan almal gelyke geld sal besorg sodat elkeen vir hulle self kan sorg en ‘n waardige lewe mag hê.

Ek stel my ten doel om die boodskap van gee, sodat dit wat jy wil ontvang, as lewende woord te vestig, as ‘n ekonomiese sisteem wat alle lewe as ewe ag, en wat gegee word, deur die aarde gelyk te verdeel, sodat almal gelyk sal wees voor die aangesig van lewe

Ek stel my ten doel om slegs lewe te eer as waarde en my lewende woorde as woordeskat en om die skatkamer van lewe in te rig.