Showing posts with label aarde. Show all posts
Showing posts with label aarde. Show all posts

Dag 23: Die Geleentheid se Verleentheid

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Anvaar dat die Geleentheid op AARDE om lewe te ervaar - nie gelyk is vir alle lewe nie, en dat die verarming en misbruik van lewe geen verleentheid wakker maak in die bewustheid van die mens nie.

Ek vergewe myself dat ek myself togelaat het om te lewe asof ek NIE op geleende Tyd is nie, sonder om the besef dat alle bewyse van die GRAF daarop wys, dat Niemand Tyd Besit nie, en dat almal net bestaan op geleende tyd wat afhanklik is van die Natuur van die Aarde om ‘n ekosisteem te voorSIEN aan almal gelyk, Maar die Mense het die VoorSIENIGHEID Ongelyk gemaak, en dit wat Gratis gelyk gegee word - met die bloed van lewe gekoop, om Sodoende die Ewebeeld en gelykenis van lewe vernietig - deur die waarde van lewe NIETIG te Verklaar deur die MANIER Waarop lewe op Aarde Bestuur word as EKOnomiese sisteme waar net RykDOM bepaal wie bereik ‘n Bestaan wat waardig is as lewe, waar die RES uitgestort word SOOS RESTE Sonder waarde.

Ek vergewe Myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het het om LEWE om te Draai na EUWEL deur die EKOSISTEEM wat die VOORSIENIGHEID aan alle LEWE gelyk Voorsien het Te BeDUIWEL, wat WEL aanDUI dat die Mens die LEWE vir ‘n POT LENSIESOP verkwansel het, en dat die Verkwanselling TOT op ELKE KANSEL goed gepraat word en so van die KERK die Slagveld Gemaak het waar Lewe Ingekerker word as Slawe van die wat Geen Respek vir Lewe het nie, Maar net na Hulle Eie Sak kyk, terwyl die Ongelykes in Sak en AS gelos word om seker te maak die RYKES kry Alles van AL wat is op AARDE.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en Aanvaar het om nie te SIEN dat die GEVAAR om die lewenswyse van die mensdom te AANVAAR waar lewe Ongelyk behandel word - Sal LEI tot die Verkwanselling van die Ewige lewe, Terwyl Lewe op AARDE as geleende TYD die TOETS was om te SIEN WIE gaan die GAWE van LEWE OMSKEP as EWEBEELD en GELYKENIS van EWEGE LEWE om Sodoendende die EWIGE LEWE te Ontvang deur dit te GEE, want soos jy gee sal jy ontvang.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en Aanvaar het om die Boodskap van Jesus van ‘gee en jy sal ontvang’, vervang het deur mekaar gevange the Hou in SISTEME van SKULD beskerm deur die SWAARD en SKILD om te verseker dat die wat GEWETENLOOS is, wegstap met die OORWINNAARS se Waarheid van Lewensmisbruik, Terwyl die aarde die Geleentheid is om Selfbelang te OORWIN om die Eenheid en Gelykheid van lewe te bevestig as Self, en So as OORWINNAAR te tree in die INNERLIKE Stryd van SelfBelang en Sodoende Lewe Eerste Stel as die Enigste Waarde wat in ALLE Ewigheid Werklik Bestaan.

Ek stel my ten doel om die Bedoelings van die Mens te Bevraagteken waar dit Indruis teen die Belang Van Lewe wat Een en gelyk aan almal gegee is met geboorte.

Ek stel my ten doel om die MensDOM daarop te wys dat LEWE ‘n Gawe is wat Verloor word deur die Besluite wat die mens maak wat LEI tot die Lyding van LEWE in SelfBelang.

Ek Stel my ten Doel om aan die HART van ELKE Mens te Klop en te Wys dat die HART van die Mens VERHARD is want dit is nie meer Lewe nie, maar is die EuWEL wat Nou as Lewe op Aarde aanvaar word.

Ek Stel my ten Doel om daarop te Wys dat Geen Mens Wat toelaat dat lewe MISBRUIK word, ooit die Ewege LEWE Sal ONTVANG NIE.

Ek Stel my Ten Doel om Daarop te Wys Dat om Dankbaar te wees VIR die Gawe van Lewe en die Voorsienigheid wat Lewe op Aarde Ondersteun, is Waardig Indien die Waarde Van Lewe - gegewe ewe aan Almal Gereflekteer word in die Lewenssisteem wat die DOEN en Late van die Gemeenskap Reguleer, Maar Indien Lewe nie Geëer word nie, Dan is die Dankbaarheid Vals want mens Val in die Klug dat om die Skepper te Eer die weg tot die Ewige Lewe is, Terwyl Dit Duidelik nie So is nie, Want Eerbaarheid is om dit wat Eerste is vir Almal, Eerste te stel as die Eerlikheid dat die Gawe as Lewe Gelyk is, en dat die Gelykheid as Lewenswysheid WYS dat Dankbaarheid in Praktiese Lewenswyse IS wat GEE soos dit Ontvang om die EWEBEELD en Gelykenis te WAARDEER, en SODOENDE te BEWYS dat die GAWE van LEWE die ENIGSTE Werklike Waarde is was ooit kan Bestaan. Die Wat LEWE nie EWE toepas is nie LEWE nie en is Dus Nie Dankbaar nie. Die Wêreld Sisteem TOON AAN dat Dankbaarheid Huidiglik net n KLUG is want die Ekonomiese, Politiese, Opvoedkundige en Alle Ander Sisteme wat die Wêreld REGULEER, Dui aan dat die mens nie REG ge-LEER word wat WERKLIK van Belang is op AARDE nie. Die Verskoning dat dit net die AARD  van die mens is, is ONKUNDE want die OORSAAK wat OOR en OOR gebeur is Hoe Elke Kind geleer word en ONTLEWE word in die Belang van die VREES van die OUER.

Dag 21: Begeesterde Geeste Gee nie Lewe Nie

0 comments

Ek vergewe myself dat ek Myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees na die Dood Lewe is, terwyl dit die Lewe is wat Doodgaan en terugkeer na die Lewe op Aarde as Stof

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees Meer belangrik is as die Lewe wat die Gees help met geboorte van die kind en dat die dood nie my stof tot Nadenke gegee het nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat daar ‘n Gees is wat in die kind gebore word, terwyl dit ‘n Liggaam is wat KORREK moet funksioneer wat lewe moontlik maak en die Sogenaamde Gees maar net ‘n manier is waarop die mens die Vals Selfbeeld wan lewe misbruik, probeer beter laat lyk, net soos Goed op die Winkel Rak, om sodoende ‘n vals geloof om die lewe te vorm wat die Aarde van die afgrond gedryf het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Gevoel van Begeertlikheid wat my oorval, Beter voel as My Fisiese Lewe op Aarde en dat ek Om die Rede die Gees Voed met Onleefbare Nonsens en die Liggaam van sovele mense dryf na Armoede en Lyding, alles in die Naam van ‘n Onsienbare Lewelose Gees

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Gees Gewillig is, maar die Vlees swak is, sonder om te besef dat dit die Gees is wat swak is en die Vlees wat sterk is en Lewe gee. Verder dui dit aan hoe die denke van die Gees werk want die Vlees word nie verstaan en dat die Onkunde ly tot ‘n wêreld van ongelykheid Sonder om Om te Gee vir die Vlees as die Skepper van die Gees

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees Godelik is, terwyl my Gedagtes duidelik wys hoe Goddeloos die Gees Werklik is

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Wêreld meer is as die Vleeslike wêreld,  terwyl die Geboorte van elke Kind van die Vlees afhang en die Gees van die Mens net Gierigheid en die Eie Gek najaag

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Bewussyn die Reg op Bestaan het, terwyl my lewe eintlik afhang van die Vleeslike Bewussyn

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Bewussyn Mag het op Aarde ten spyte van die Bewyse deur die Eeue dat die Gees nie Lewe Eer nie en ten spyte van Jesus se Voorbeeld van Vleeslike Bewyse as die Lewende Woord wat Vlees geword het, het die Gees die Boodsap van Jesus onteer en Lewe op Aarde in Hel verander

Ek stel my ten doel om die Geestelike Bewussyn van die Menslike Spirituele Idees te Ontmasker as die Euwel wat dit is, sodat die lewe as Vleeslike bewussyn op aarde herstel kan word vir Alle Lewe wat Nog Gebore sal word

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die Gees van die Mens deur die Ouers en Omgewing aan die Kind geleer word en dat dit die Val van die Mens in Sonde is, waar die mens Sonder Lewe as die Vlees opeindig

Ek stel my ten doel om te wys dat die Vleeslike Bewussyn die werklike lewe is wat Een en Gelyke geëer moet word deur te gee soos elke vlees Moet Ontvang om Lewe te kan hê as die EWEBEELD en GELYKENIS van Lewe

Ek stel my ten doel om te wys dat Begeesterd Heid as kompetisie, en die Gejaag na Wind van Gevoel net tot by ‘n Wêreld van ongelykheid en Lyding waar die wat Die Mees Oneerlike is in denke, altyd wen

Ek stel my ten doel om te wys dat die Vlees gewillig is as die Boek van Tyd om dit te wees wat sal bewys Wie die Bewustheid van elke werklike is, die Eie Gek of Lewe

Ek stel my ten doel om te wys dat daar geen Heilige Gees is nie, want die Gees van die Mens is Onheilig en Gee nie ‘n duit om vir Enige Lewe nie

Ek stel my ten doel om te wys dat die opvoeding wat ‘n kind kry in die trant van die Gees van die Ouer as Wêrelds Gees, kinder mishandeling is en in werklikheid tot  die Ewige Dood van die Kind lei

Ek stel my ten doel om te wys dat die Lewende Woord wat Vlees word, Lewe Eer en gee soos dit wil ontvang, as die Werklike Liefde as Lewe Altyd

Dag 17: In die Naam van Liefde

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Naam van Liefde met die Maan vergelyk het sonder om te sien dat dit gely het tot die feit dat die Mensdom met die Maan gepla is en Niks omgee vir mekaar se lewe nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Man as Liefdevolle wese te sien terwyl die Wêreld wys dat daar geen Liefde is wat werklik bestaan nie, net die Eie GEK wat Gek is oor Liefde om self alleen  beter te laat voel sonder om te gee wat met lewe in hierdie wêreld gebeur

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat Ouer Liefde vir die Kind iets kosbaars is, terwyl nie almal op aarde kos kry nie, maar dat ek as ouer nie oor enige ander kinders omgee behalwe my eie kinders nie, asof Net Eienaarskap van my besittings as Kinders belangrik is, terwyl die lewe wat Ewe in Almal bestaan, verontagsaam word tot so ‘n Mate dat duisende daagliks sterf van Hongerte, terwyl ek lag en speel met my kinders want Geld beskerm my van die verskrikking wat die stadige dood wat Hongerte bring

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat dit God se Wil is dat Hongersnood bestaan terwyl ek weet dat God niks daarmee te doen het nie. Dit hang alles af oor wie Geld het en wie nie Geld het nie. Dus is die Liefde vir Geld die sleutel tot oorlewing en daar word geen poging aangewend om ‘n oplossing in plek te stel om die Liefde wat die Planeet aan almal gelyk gee, gelyke te deel nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om vergifnis die gif te maak van Geloof in die Onsienbare, terwyl ek die sienbare vergiftiging deur my oë op te slaan na die hemel en niks te doen aan al die dinge op die aarde wat ek wel kan verander en verbeter nie, want ek stel my lewe eerste sonder om te besef dat die wat eerste was sal laaste wees, want ek het dit wat vryelik gegee is as lewe aan almal nie ondersteun as die Waarde wat dit werklik is nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Liefde van God ydelik te gebruik deur ydel by te staan en die leun op aarde toe te laat wat ek wel kan verander indien ek ook Liefde was, maar ek weier om die ewebeeld en geykenis as lewe te wees, wat Gee soos ek wil ontvang as die Voorbeeld van Ware Liefde, Instede lewe ek die Vals beeld van die Eie Gek, tot so ‘n mate dat ek net maatstawwe najaag wat my die Wen moet gee en seker maak ek lewe Goed, al het ek Meer Goed as wat ek ooit kan gebruik, tog weier ek om my Te Veel Goed te deel met die wat Te Min Goed het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat my Liefde vir Goed en Goeie gevoellens die Waarheid van die Leed is wat baie deurgaan op aarde, totaal vermy sodat ek nie skuldig hoef te voel nie, want volgens my het die mens persoonlik die skuld wat die mens tot in Sonde verval het nagejaag, en omdat ek Sondig is in aard, mag ek maar myself beter maak deur myself te vergoed met Goed om te bewys dat ek Goed is en God se Wil doen. Tog is die najaag van my Goed gegee om my Goed te maak en die waarmee dit sleg gaan was sleg en daarom gaan dit sleg met hulle, net soos God beplan het. Tog is dit My Planne wat indruis met die Plan-eet se plan om almal te laat eet

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat Liefde net op Aarde sal bestaan wanneer lewe Een en Gelyk in almal geëer word

Ek stel my ten doel om te wys dat die Liefde wat die Mens najaag nie Ware Liefde is nie, maar dat dit net die gelykheid na die Eie Gek is

Ek stel my ten doel om te wys dat die Ouer die Liefde vir ‘n Kind misbruik in Eie belang om sodoende die Algemene Belang van Alle Lewe te verontagsaam

Ek stel my ten doel om te wys dat die Mens alle Hongersnood kan stop, maar omdat daar Geen Ware Liefde is nie word dit nie gedoen nie

Ek stel my ten doel om te wys dat alle geloof soos gif geword het wat lewe verontagsaam en net die Eie Gek se Belang Najaag

Ek stel my ten doel om te wys dat Elke Mens wat Hom beroep op die Liefde van God terwyl Eenheid en Gelykheid van Lewe op aarde nie ‘n werklikheid is nie, net lewens versprei in Eie Belang

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die Besit van Goed nie die Mens Goed maak nie, inteendeel dit bewys die Vrotheid van die mens

Dag 11: Vrede op Aarde

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat die REDE hoekom daar nie VREDE op AARDE is nie, is in die AARD van die Mens soos die Mens se Deelname vloei as die Voorbeeld van Lewe as ‘n Lewensaard en Lewenswaardigheid

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat die wat Voordeel trek uit die aanvaarde Aard van die Mens, vir hulle self Eerste Deel en verseker dat hul Deelname eerste Voldoen word deur seker te maak dat nie genoeg vir almal gegee word op aarde nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om REDE nie te Baseer op VREDE op AARDE nie en dat ek die Aard van die Mens as onveranderlik aanvaar het sodat ons nie hoef vir mekaar om te gee nie, en dus nie omgee wie lieg en wie lewe nie, want ons weet nie meer hoe om te gee om mekaar se Menswaardigheid en Lewenswaarde te beskerm nie ten spyte van kerm en klaagliedere van die wat nie kry nie, want die Liefde wat mos vertroetel is net vir onsself en nie vir Alle Lewe as Gelyk en Ewe dat ons so ‘n Ewige Lewe vir almal kan skep nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om my ore uit te leen aan die wat nie die Lewe Eer nie en so oorlog binne onsself toegelaat het as INFORMASIE, altyd gereed om te Veg vir ons Eie Ek en so onsself te Verdedig teen die Aard van Onsself wat ons sien is ook die aard van elke Mens en Ons onself so goed ken, dat ons weet ons sal nooit eerlik wees met lewe nie, want dan sal ons in vrede en gelykheid moet lewe en die Eie Ek wil nooit Een en Gelyk wees nie, maar het mos die doel om Meer te Wees, Meer te Voel, Meer te Neem en in die Malheid van die Meerdere, die Mindere te ontneem van die Reg tot Lewe

Ek vergewe myself dat ek myself met die Eie Ek gevul het, wat met die Eie wil vervul en dringend soek na die Ewige Lewe na die dood en so die planeet waar lewe wel ewig is, dood te druk, op elke moontlike manier, om nie te sien dat ons Gelykheid as Lewe reeds bestaan, want waar gelykheid bestaan, kan die Eie Ek nie bestaan nie en dit terwyl die Eie Ek Gek

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te WIL SIEN
Dat die Aarde daagliks in Oorlog gewikkel is, want die Gewik en Geweeg van die Eie Ek stel nie belang in die Waarheid van Lewe nie, en wil net ten Alle koste Wen en Reg wees om die Vrees te Verdoesel dat daar dalk nie iets Groter na die dood is nie, en daarvan moet die Eie Ek die Beste van die SLEGTE saak maak en soveel GELT as moontlik bymekaar maak as die Wapenrusting van die Aarde, sodat die Eie GEK teen die Ander GEKKE op aarde beskerm kan word

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om die Spirituele wat die Geestelike moes heel en genees, verwardelik Een gemaak het met die Eie Gek en so daarop aanspraak gemaak het dat die GEES gesond is terwyl die GEES van die Mens op Aarde mekaar benadeel deur net na EIE voordeel te kyk deur Seker te maak dat net die Beste na die Eie Gek gaan, sonder enige konsiderasie vir wat lewe wels werklik is as ‘n eenheid op een planet met ‘n onvoorwaardelike plan om almal te laat EET maar die EIE GEK is so begeesterd om nie Lewe te Gee as Gelyke nie en so is die GEESTELIKE van die Mens Beduiwel

Ek stel my ten doel om te Wys dat Vrede op Aarde net moontlik is wanneer die AARD van die Mens om te gee soos jy wil ontvang herstel is en ingestel is om Lewe te Eer

Ek stel my ten doel om te wys dat die mens net werk om aan hulself te Gee en dus eintlik Meer Neem as wat Nodig is en so baie Ontneem van die Geleentheid om ook ‘n Gelyke Lewe te hê

Ek stel my ten doel om te wys dat die Eie GEK nie lewens waardig is nie en Nooit die Ewige Lewe sal ontvang nie, want die EIE GEK kan nie eweredig gee nie

Ek stel my ten doel om te wys dat deur te Neem meer as wat jy Nodig het, oorlog geskep word en alle Moontlikheid van Vrede op Aarde Weggeneem word

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die EIE GEK NIE SAL Voortgaan na die Dood nie

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat GELT  soos dit Nou Bestaan, die skepping is van die EIE GEK wat dus net die EIE GEK  Eer en Eerste stel

Ek stel my ten doel om te bewys dat die GEES van die Spirituele is om te GEE soos jy wil ontvang en dat die Spirituele deur die EIE GEK oorgeneem is waar net die EIE GEK se REDE aanvaarbaar is

Ek stel my ten doel om te wys dat slegs deur te GEE nie die GEES van hoe jy wil ontvang, die Spirituele sal Heelmaak en Genees en die HEEL AL sal Herstel tot LEWE en EWE

Dag 9: Wat is Eerlikheid?

1 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat eerlikheid met geld eerbaarheid voorstel, terwyl eerlikheid vir lewe tot verdoemenis lei.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat geld meer waarde het as lewe, tot so ‘n mate dat my gedagtes die hele tyd wentel om geld en geen gedagte toelaat oor die wat sonder geld van hongerte sterf of in absolute armoede lewe, sonder selfs ‘n kans om hulle lewe te verbeter nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat vergelding gekoppel word aan die nie betaling van skuld, terwyl daar geen vergelding is vir die wat sterf van armoede nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die geld sisteem die enigste manier is wat op aarde kan lewe, ten spyte van die duidelike bewys dat dit vir meer as die helfte van die mensdom geen hulp bied nie en  baie dwing na ‘n vorm van dwang arbeid net om geld te kry om te oorlewe.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die geldstelsel die wil van God is, asof God besluit wie het geld en wie het niks, terwyl ek diep binne my weet dat God niks met geld te doen het nie. Dit is alles net die mens se doen en late.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om my oneerlikheid oor geld sover te neem dat  ek self tot God bid om vir my ‘n weg te skep met geld, welwetende dat alle geld en geldsake net die doen en late is van die mensdom.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat om my kinders te leer om alles te doen om eerste te kom in wat hulle doen, ek aan my kinders ‘n vals beeld van self eerlikheid en lewens eerlikheid gekweek het en sodoende die mens en aarde se toekoms besoedel het met die vrees vir die menslike euwel wat ek weet is gekweek net vir oorlewing.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat om met geld te wen, moet ek eerste die euwel daad doen voor dit aan my gedoen word en dat ek hierdie besluit van euwel herdoop het as my eerlikheid met myself, want ek het al so baie ervaar dat waar ek wou goed doen, het ek onder deur geloop. Nou maak ek maar soos al die mense maak en doen my bes om die oomblik van my euwel te beplan op die Nippertjie, sodat ek ten minste die beste kry uit die saak en so na myself kyk. So leer ons mekaar en ons kinders ken en vorseer ons mekaar en ons kinders om eerlikheid so te leef dat die Eie Ek altyd wen en die Geld God altyd die baas bly.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om elke Sondag kerk toe te gaan ten spyte van die feit dat ek weet met geldsake sal ek nooit doen wat die beste is vir lewe nie, maar ek sal altyd dit doen wat verseker dat ek weg kom met geld in my sak. Ek weet ook dat God in werklikheid nie die optrede sal goedkeur nie, maar my stem in die kop oorreed my keer op keer dat ek ‘n goeie saak het en dat God na my sal luister, want Hy sien mos alle dinge en Hy sal noudat ek my bes gedoen het om eerlik te wees, maar aan die einde moes ek eerlik wees met myself en na my eie familie en sake omsien, want ek is seker God sou dit so goedkeur. Ek is nie ‘n slegte mens nie, maar moet na my verantwoorlikhede omsien en sorg vir my familie wat God aan my gegee het.  Ek doen dus God se wil om die familie eerste te plaas. As dit nie so was nie, sou God aan my ‘n teken gegee het dat ek anders moet optree. So spreek die stem in die kop wie ek my leidsman gemaak het in my binnekamer waar ek al my geheime gesprekke voer en beplan, hoe ek gaan wen in die lewe, waar almal teen my is. Maar God is mos met my en waar God met my is, wie kan teen my staan, veral met die geld wat God my gegee het deur my te lei tot waar ek as wenner staan, as die stryder vir God- al is dit eintlik teenstrydig met regte eerlikheid en Jesus se voorbeeld, moet ek God se wil doen en my familie en sake beskerm.

Ek stel my ten doel om self eerlikheid as lewe te herstel tot die enigste eerlikheid wat werklik bestaan en wat sal lei tot ‘n wêreld van vrede en harmonie.

Ek stel my ten doel om die waarde wat in geld geplaas is so te verander en vir alle lewe te staan, sodat geld die simbool word van lewe wat slegs lewe ondersteun en so ‘n einde bring aan die oorlewings euwel wat alle eerbaarheid verdring het.

Ek stel my ten doel om die geld stelsel van skuld tot ‘n einde te bring deur die mens te help om die skille van die oë te was, om te sien hoe onmeetbaar die mens werklik geword het.

Ek stel my ten doel om uit te wys, oral waar die geldstelsel in die hand van die mens pyn en lyding veroorsaak, tot die wat blind is sien en die wat doof is hoor.

Ek stel my ten doel om die dwang arbeid, veroorsaak deur die geldstelsel, tot ‘n einde te bring, sodat almal in Vryheid kan lewe en die rykes nie meer die lewensarbeid van die armes kan koop vir ‘n appel en ‘n ei nie.

Ek stel my ten doel om die stem te wees wat die biddendes tot aandag roep, sodat hulle sien en hoor hoe gebede vir geld onsinbaar is, want met die mens se eie hand en wil kan die aarde omskep word in ‘n paradys.

Ek stel my ten doel om tot die aandag van almal te bring sodat lewe al is wat altyd eerste gestel moet word omdat dit die fondasie van eerlikheid en eerbaarheid is.

Ek stel my ten doel om die stem in die kop van elke mens te ontmasker en om te wys dat die stem nie werklik ‘n geheim is nie en dat die misbruik van die stem as die rigting gewer van besluite, werklik net lei tot ‘n lewenslose aarde wat geen respek werklik bestaan nie, want die Vals Beelde voor die lewensbeeld word gedien asof die lewensbeeld afhanklik is van die vals beeld, wat ‘n totale onwerklike leun is.

Dag 6: Is die Aarde ‘n Malhuis? Deel 1

0 comments

Vir navorsing sien die Dokumentêr van Adam Curtis “The Trap” Part 1

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat elke mens irrationeel is en slegs besluite neem wat selfs alleen tot voordeel strek en dus dat elke mens uiteindelik my sal verraai eerder as om op te tree in die beste manier wat die beste resultaat vir ons albei sal lewer

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het, dat Die Natuur van die Mens ongeneesbaar gebroke is en dat ons daarom as gemeenskap mekaar se gebrokenheid moet aanvaar en ondersteun en bestuur om ons van mekaar te beskerm

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om my kinders op te voed in die kuns om hulself eerste te plaas en seker te maak dat hulle wen, uit vrees dat hulle nie sal oorleef en ‘n lewe kan maak as hulle nie hulself altyd ten alle koste eerste plaas nie

­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het as afhanklik van oneerlikheid om my weg deur die wêreld te maak en sodoende soveel as moontlik geleer het hoe om My Selfsug vir oorlewing te verwoord, dat dit aanvaarbaar klink, omdat dit aanvaar word as hoe die Menslike Natuur  werk

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die sisteem as kontrole so ingestel moet wees dat dit nie aanvaarde onvoorspelbaarheid van die Menslike Natuur kan beheer deur wette wat vreesaanjaende gevolge het, sonder dat ek besef het dat ek so ‘n wêreld van vrees skep met vreeslike gevolge, want elke mens sal altyd twee gesigte voorhou, die een wat hulle wil hê jy moet sien en een waar self belang die voorrang geniet

Ek stel my ten doel om te bewys dat die mens wel die ewebeeld van lewe kan wees wat optree in die belang van lewe te alle tye

­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­­Ek stel my ten doel om te bewys dat die ewige lewe beteken ‘n lewe van ewe-waardigheid, wat deur alle deelnemers vertrou kan word sodat Vrees nie meer die lewenswyse van die Mensdom kan Beduiwel nie

Ek stel my ten doel om te bewys dat die Natuur van die Mens nie onherstelbaar verbrokkel het nie en dat elke mens hulself kan genees wanneer hulle kundig word om Nee te sê vir dit wat nie die beste vir alle lewe is nie

Ek stel my ten doel om die fondasie van wat dit beteken of familie te wees, as die verantwoordelike partye wat die lewe van ‘n nuut gebore kind se uitkoms bepaal, te transformeer in die fondasie van lewe met die kundigheid vanlewe om so die weg en reg van die lewe as gelyke  mate te herstel en ‘n wêreld so tot stand te bring waar elke mens as lewe gerespekteer en geëer sal word

Ek stel my ten doel om te bewys dat die onderliggende oneerlikheid van die geheime Self, wat in die gedagtes van die mens bestaan, net bestaan as ‘n oorlewings model  wat elke besluit beplan om seker te maak die persoon stel hulself eerste om sodoende te oorleef en te verhoed dat wat die persoon aan ‘n ander moet doen vir oorlewing, aan hulle eerste gedoen word

Ek stel my ten doel om te bewys dat ‘n gemeenskap wat deur vrees beheer word,  vreeslike dinge sal doen wanneer hulle voel dat hulle oorlewing bedreig word en hulle woede uithaal op lede van die gemeenskap, op onvoorspelbare brutale maniere om sodoende aandag te vestig op die feit dat hulle lewens nie as waardig beskou word nie

Dag 5 : Wensdenkery Lei tot Bedenklike Toestand

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om deel te neem aan wensdenkery waar ek in my kop stories optower wat my pas en my altyd laat wen in die stryd vir glorie sonder dat ek besef dat om altyd my wil as wens as my lewensoorsprong te gebruik,lei tot bedenklike besluite en optrede wat my self respek en integriteit verswak en tot nadeel strek vir my, my kinders en die hele mensdom.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het deur te weier om te sien dat ek in my kop stories opmaak oor almal en alles wat lei tot my afhanklikheid aan my prentjie wêreld, waar ek altyd my wense vervul sodat ek kan goed voel en myself waardeer ten spyte van die bewyse as die aardse realitiet wat oor en oor uitspeel dat stories opgemaak in die kop ander benadeel en verneder in my oog sodat ek as eie ek myself kan meer ag en regmatigheid aan myself toestaan.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek deur ander wonderlike dinge toe te wens, ek eintlik aan myself toestemming gee om ook in wensdenkery te lewe sonder om te besef dat die toordery van wensdenkery nie werklik geloofbaar werk in die tyd en spasie realiteit op aarde nie. Op aarde moet die mens die fisiese verhoudinge tussen mekaar en dinge wat daaruit vloei gelyk as lewenswaarheid eer, want die toewens van gelyke geluk sonder die praktiese skepping daarvan lei nie tot die versekerde uitkoms wat meetbaar beste vir alle lewe is nie. Net die praktiese doelbewuste gee van wat seker is en bepaalbaar is kan gegee word in die maat wat gelykheid van lewe eer sodat elkeen kan ontvang wat in gelyke maat gegee word.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om myself oor te gee aan wensvervulling instede van praktiese lewe in spasie en tyd wat sal lei deur praktiese gelyke gee/ontvang verhoudings patrone tot ‘n aardse ervaring en bestaan wat so na aan hemel is as wat mens moontlik is.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om myself en my nasate en my naaste toe te laat om oorgegee te word aan die geldgod as die enigste een wat alle wense kan vervul en selfs my gebede so ontwikkel het dat my wense se vervulling verdoesel word in die gebed in mooi woorde sodat my gebede beter klink as wat dit werklik is en dat ek nie enige werk maak daarvan om as mens saam te werk met my naaste om Jesus se boodskap te vervul deur die lewe as eweredigheid en gelykheid hier op aarde in te stel deur saam te stem om te gee soos elkeen wil ontvang. Instede wag almal om eers te ontvang voor daar oorweeg word om te gee en neem basies sonder om te vra net omdat hulle die geldgod se mag ontvang het om te kan vat en die reëls van aarde so te verdraai dat die lewe elke dag op alle maniere verraai word.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om met gemak en emosie die eenheids en gelykheids stelsel wat die praktiese toepassing is van Jesus se leringe as wensdenkery af te maak net sodat ek my eie ek se wense kan hoër ag as die reg tot lewe wat een ewe maat aan almal gegee is en toekom en dat ek die eie ek se wensdenkery as my dryfkrag gebruik wat my motiveer en regmatig laat klink, ten spyte van die bewyse op aarde dat die eie ek se aardse bestel reeds die helfte van die mensdom in hongerte gedompel het, tog stop ek nie myself nie, want my geldgod is met my.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het vir myself om die wensdenkery van die eie ek aan die genade van die geldgod se gawes gekoppel het en so die lewe verderf het tot’n hoerdery en tot die soeke van gierigheid en koppelary wat altyd net tot pyn en lyding van die menigte lei.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om te lewe in my oneerlikheid om die eie ek se wense eerste te stel en so die wêreld sisteem ingestel het om stelselmatig alles wat regmatig lewenswaardig is, te vernietig en te vervang met die wensdenkery van die eie ek se vals beeld van wens om sodoende die heerskappy van wensdenkery op aarde eerste te stel.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek deur die wensdenkery in my naaste te eer as vrye keuse ek aan myself die reg gegee het om ook in wensdenkery te lewe, want as almal dit mos doen is dit om te ewe.

Ek stel myself ten doel om alle wensdenkery in my kop te stop en om wat ek toelaat het een te maak met wat prakties gelewe kan word op aarde in maniere wat lewe as ewe eer sodat lewe eerste gestel en die kop nie langer geëer word nie.

Ek stel my ten doel om waar die aardse stelsel die lewe verneder het tot die prentjie in die kop wat die eie ek en die geldgod eer, dit tot almal se aandag te roep totdat almal hoor en weer na lewe terugkeer.

Ek stel my ten doel om lewenswaarheid as gelykheid te herstel as die enigste weg en die waarheid as lewe.

Ek stel my ten doel om dit na te jaag wat werklik in die fisiese spasie en tyd van aarde kan bestaan op maniere wat lewe as gelyk eer.

Ek stel my ten doel om self eerlikheid tot die regmatige plek op aarde te verhef sodat elkeen weer kan terugkeer na regmatigheid deur hulself te herstel as lewe deur die gif van die eie ek te verwyser deur self vergifinis.

Ek stel my ten doel om die lewe as dryfkrag te wees om sodoende ‘n voorbeeld te wees wat lewe is ten spyte van die baie wat sal skreeu vanuit hul vals beeld paleise dat die mens nie menswaardig is nie, en dat net die geldgod almal sal kan red as die geldgod onvoorwaardelik geëer word.

Ek stel my ten doel om ‘n stelsel voort te bring wat aan almal die geleentheid sal gee om die vals beeld van die eie ek te vergewe sodat lewe hier op aarde weereens dit sal wees wat asem haal.

Ek stel my ten doel om as enigste keuse altyd lewe eerste te stel en so ‘n einde te bring aan alle keuses wat die eie ek se bestaan moontlik maak.