Showing posts with label waarde. Show all posts
Showing posts with label waarde. Show all posts

Dag 23: Die Geleentheid se Verleentheid

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Anvaar dat die Geleentheid op AARDE om lewe te ervaar - nie gelyk is vir alle lewe nie, en dat die verarming en misbruik van lewe geen verleentheid wakker maak in die bewustheid van die mens nie.

Ek vergewe myself dat ek myself togelaat het om te lewe asof ek NIE op geleende Tyd is nie, sonder om the besef dat alle bewyse van die GRAF daarop wys, dat Niemand Tyd Besit nie, en dat almal net bestaan op geleende tyd wat afhanklik is van die Natuur van die Aarde om ‘n ekosisteem te voorSIEN aan almal gelyk, Maar die Mense het die VoorSIENIGHEID Ongelyk gemaak, en dit wat Gratis gelyk gegee word - met die bloed van lewe gekoop, om Sodoende die Ewebeeld en gelykenis van lewe vernietig - deur die waarde van lewe NIETIG te Verklaar deur die MANIER Waarop lewe op Aarde Bestuur word as EKOnomiese sisteme waar net RykDOM bepaal wie bereik ‘n Bestaan wat waardig is as lewe, waar die RES uitgestort word SOOS RESTE Sonder waarde.

Ek vergewe Myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het het om LEWE om te Draai na EUWEL deur die EKOSISTEEM wat die VOORSIENIGHEID aan alle LEWE gelyk Voorsien het Te BeDUIWEL, wat WEL aanDUI dat die Mens die LEWE vir ‘n POT LENSIESOP verkwansel het, en dat die Verkwanselling TOT op ELKE KANSEL goed gepraat word en so van die KERK die Slagveld Gemaak het waar Lewe Ingekerker word as Slawe van die wat Geen Respek vir Lewe het nie, Maar net na Hulle Eie Sak kyk, terwyl die Ongelykes in Sak en AS gelos word om seker te maak die RYKES kry Alles van AL wat is op AARDE.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en Aanvaar het om nie te SIEN dat die GEVAAR om die lewenswyse van die mensdom te AANVAAR waar lewe Ongelyk behandel word - Sal LEI tot die Verkwanselling van die Ewige lewe, Terwyl Lewe op AARDE as geleende TYD die TOETS was om te SIEN WIE gaan die GAWE van LEWE OMSKEP as EWEBEELD en GELYKENIS van EWEGE LEWE om Sodoendende die EWIGE LEWE te Ontvang deur dit te GEE, want soos jy gee sal jy ontvang.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en Aanvaar het om die Boodskap van Jesus van ‘gee en jy sal ontvang’, vervang het deur mekaar gevange the Hou in SISTEME van SKULD beskerm deur die SWAARD en SKILD om te verseker dat die wat GEWETENLOOS is, wegstap met die OORWINNAARS se Waarheid van Lewensmisbruik, Terwyl die aarde die Geleentheid is om Selfbelang te OORWIN om die Eenheid en Gelykheid van lewe te bevestig as Self, en So as OORWINNAAR te tree in die INNERLIKE Stryd van SelfBelang en Sodoende Lewe Eerste Stel as die Enigste Waarde wat in ALLE Ewigheid Werklik Bestaan.

Ek stel my ten doel om die Bedoelings van die Mens te Bevraagteken waar dit Indruis teen die Belang Van Lewe wat Een en gelyk aan almal gegee is met geboorte.

Ek stel my ten doel om die MensDOM daarop te wys dat LEWE ‘n Gawe is wat Verloor word deur die Besluite wat die mens maak wat LEI tot die Lyding van LEWE in SelfBelang.

Ek Stel my ten Doel om aan die HART van ELKE Mens te Klop en te Wys dat die HART van die Mens VERHARD is want dit is nie meer Lewe nie, maar is die EuWEL wat Nou as Lewe op Aarde aanvaar word.

Ek Stel my ten Doel om daarop te Wys dat Geen Mens Wat toelaat dat lewe MISBRUIK word, ooit die Ewege LEWE Sal ONTVANG NIE.

Ek Stel my Ten Doel om Daarop te Wys Dat om Dankbaar te wees VIR die Gawe van Lewe en die Voorsienigheid wat Lewe op Aarde Ondersteun, is Waardig Indien die Waarde Van Lewe - gegewe ewe aan Almal Gereflekteer word in die Lewenssisteem wat die DOEN en Late van die Gemeenskap Reguleer, Maar Indien Lewe nie Geëer word nie, Dan is die Dankbaarheid Vals want mens Val in die Klug dat om die Skepper te Eer die weg tot die Ewige Lewe is, Terwyl Dit Duidelik nie So is nie, Want Eerbaarheid is om dit wat Eerste is vir Almal, Eerste te stel as die Eerlikheid dat die Gawe as Lewe Gelyk is, en dat die Gelykheid as Lewenswysheid WYS dat Dankbaarheid in Praktiese Lewenswyse IS wat GEE soos dit Ontvang om die EWEBEELD en Gelykenis te WAARDEER, en SODOENDE te BEWYS dat die GAWE van LEWE die ENIGSTE Werklike Waarde is was ooit kan Bestaan. Die Wat LEWE nie EWE toepas is nie LEWE nie en is Dus Nie Dankbaar nie. Die Wêreld Sisteem TOON AAN dat Dankbaarheid Huidiglik net n KLUG is want die Ekonomiese, Politiese, Opvoedkundige en Alle Ander Sisteme wat die Wêreld REGULEER, Dui aan dat die mens nie REG ge-LEER word wat WERKLIK van Belang is op AARDE nie. Die Verskoning dat dit net die AARD  van die mens is, is ONKUNDE want die OORSAAK wat OOR en OOR gebeur is Hoe Elke Kind geleer word en ONTLEWE word in die Belang van die VREES van die OUER.

Dag 17: In die Naam van Liefde

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Naam van Liefde met die Maan vergelyk het sonder om te sien dat dit gely het tot die feit dat die Mensdom met die Maan gepla is en Niks omgee vir mekaar se lewe nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Man as Liefdevolle wese te sien terwyl die Wêreld wys dat daar geen Liefde is wat werklik bestaan nie, net die Eie GEK wat Gek is oor Liefde om self alleen  beter te laat voel sonder om te gee wat met lewe in hierdie wêreld gebeur

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat Ouer Liefde vir die Kind iets kosbaars is, terwyl nie almal op aarde kos kry nie, maar dat ek as ouer nie oor enige ander kinders omgee behalwe my eie kinders nie, asof Net Eienaarskap van my besittings as Kinders belangrik is, terwyl die lewe wat Ewe in Almal bestaan, verontagsaam word tot so ‘n Mate dat duisende daagliks sterf van Hongerte, terwyl ek lag en speel met my kinders want Geld beskerm my van die verskrikking wat die stadige dood wat Hongerte bring

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat dit God se Wil is dat Hongersnood bestaan terwyl ek weet dat God niks daarmee te doen het nie. Dit hang alles af oor wie Geld het en wie nie Geld het nie. Dus is die Liefde vir Geld die sleutel tot oorlewing en daar word geen poging aangewend om ‘n oplossing in plek te stel om die Liefde wat die Planeet aan almal gelyk gee, gelyke te deel nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om vergifnis die gif te maak van Geloof in die Onsienbare, terwyl ek die sienbare vergiftiging deur my oë op te slaan na die hemel en niks te doen aan al die dinge op die aarde wat ek wel kan verander en verbeter nie, want ek stel my lewe eerste sonder om te besef dat die wat eerste was sal laaste wees, want ek het dit wat vryelik gegee is as lewe aan almal nie ondersteun as die Waarde wat dit werklik is nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Liefde van God ydelik te gebruik deur ydel by te staan en die leun op aarde toe te laat wat ek wel kan verander indien ek ook Liefde was, maar ek weier om die ewebeeld en geykenis as lewe te wees, wat Gee soos ek wil ontvang as die Voorbeeld van Ware Liefde, Instede lewe ek die Vals beeld van die Eie Gek, tot so ‘n mate dat ek net maatstawwe najaag wat my die Wen moet gee en seker maak ek lewe Goed, al het ek Meer Goed as wat ek ooit kan gebruik, tog weier ek om my Te Veel Goed te deel met die wat Te Min Goed het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat my Liefde vir Goed en Goeie gevoellens die Waarheid van die Leed is wat baie deurgaan op aarde, totaal vermy sodat ek nie skuldig hoef te voel nie, want volgens my het die mens persoonlik die skuld wat die mens tot in Sonde verval het nagejaag, en omdat ek Sondig is in aard, mag ek maar myself beter maak deur myself te vergoed met Goed om te bewys dat ek Goed is en God se Wil doen. Tog is die najaag van my Goed gegee om my Goed te maak en die waarmee dit sleg gaan was sleg en daarom gaan dit sleg met hulle, net soos God beplan het. Tog is dit My Planne wat indruis met die Plan-eet se plan om almal te laat eet

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat Liefde net op Aarde sal bestaan wanneer lewe Een en Gelyk in almal geëer word

Ek stel my ten doel om te wys dat die Liefde wat die Mens najaag nie Ware Liefde is nie, maar dat dit net die gelykheid na die Eie Gek is

Ek stel my ten doel om te wys dat die Ouer die Liefde vir ‘n Kind misbruik in Eie belang om sodoende die Algemene Belang van Alle Lewe te verontagsaam

Ek stel my ten doel om te wys dat die Mens alle Hongersnood kan stop, maar omdat daar Geen Ware Liefde is nie word dit nie gedoen nie

Ek stel my ten doel om te wys dat alle geloof soos gif geword het wat lewe verontagsaam en net die Eie Gek se Belang Najaag

Ek stel my ten doel om te wys dat Elke Mens wat Hom beroep op die Liefde van God terwyl Eenheid en Gelykheid van Lewe op aarde nie ‘n werklikheid is nie, net lewens versprei in Eie Belang

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die Besit van Goed nie die Mens Goed maak nie, inteendeel dit bewys die Vrotheid van die mens

Dag 1 : Die Lewende Woord

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het,  om my woorde op aarde te lewe, as deel van die aanvaarde sisteem, waar leed die algemene aanvaarde en verwagte uitkoms is  wanneer twee of meer mense saamwerk om geld te kry om van te lewe.

Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het om blindelings te glo in die onsienbare, wanneer dit duidelik gestel was – In die begin was Die Woord en Die WOORD WAS GOD en die Woord was met God. God lewe as WOORDE as jy en ek maar ons is so gek dat ons nie wil sien hoe ons die woorde lewe as ons wereld nie.

Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het om die lewe wat aan my gegee is, te omskep as die euwel van my woorde, wat bewys dat daar geen wysheid is wat opregte eerlikheid openbaar nie. Dit Dui Wel aan dat die mensDom die DuiWel blameer sonder om te besef hoe ons op aarde lewe, een en gelyk staan met ons woorde soos ons dit dag na dag nagejaag het in ons gedagtes en dan vervlees as ons leuse wat ons uitleef.

Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het, die DogMa van ma en Pa aanvaar het, sonder om alle dinge te ondersoek om te sien wat onder wys en agter dit wys, wat is waaragter/waaragtig. Ek vergewe myself dat ek onderwysers aanvaar het as meesters van die lewe teenstrydig met die duidelike gevolge dat wat hulle elke kind geleer het as lewensreëls nie ‘n wêreld as resultaat gehad het wat die beste is vir elke een wat hier op aarde lewe nie.

Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het dat lewe onderdanig gemaak is tot die geldsugtigheid van die mens wat so fel heers dat dit in werklikheid die Here God van die mens geword het in alle maniere.

Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het, dat ek die woorde van Jesus nie vlees gemaak het as myself nie, deur te gee wat ek wil ontvang en dat ek sekere maniere van gee aanvaar het, solank dit onderdanig was aan die geld wat ek wil hê om lekker en sonder vrees te lewe.

Ek vergewe myself dat ek die valsheid toegelaat en aanvaar het om God te bedank vir die geld wat ek het, welwetende dat daar baie mense is wat met baie minder lewe maar meer waardig is en dat ek geen poging aangewend het om ‘n manier te vind dat almal kan hê wat ek het nie,  sodoende het ek die boodskap van Jesus verkrag om my eie inneliker stem te dien wat my die heeltyd help om my doen en late  vir myself beter te laat lyk, ten spyte van ‘n wereld waar dinge net goed lyk vir die wat geld het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om ander te oordeel wanneer hulle geld het, so baie dat hulle sommer lekker ruik en lekker ryk is, maar wanneer ek geld het, tree ek net so op soos die wat ek ge-oorrdeel het. Dit weereens wys dat Jesus wel insig gehad het, maar in plaas dat ons lewe soos hy voorgestel het, het ons hom opgehef as ‘n god sodat ons deur so ‘n opheffing ‘n verskoning kan hê hoekom ons nie sy gelyke is nie en hoekom ons nie die woorde van Jesus as vlees word nie.

Ek stel my ten doel om’ n sisteem op aarde te ontwikkel wat alle lewe as die enigste waarde sien en so almal toelaat om as gelykes in’ n eenheid as lewe te lewe, want dit sal ewigdurende vrede en liefde bring wat werklik waar is en die liefde wat nou deur die stem in die kop aangejaag word, sal tot niet gaan sodat lewe kan bestaan vir almal.

Ek stel my ten doel om die woord as lewe te word, op ‘n manier om alle lewe as gelyke te behandel sodat dit die woord lewe sal ondersteun, soos dit die woord stel as EWE en so vir alle wesens wat aarde toe kom die EWE LEWE te gee, sodat ek dit kan ontvang, want slegs deur so aksie word die EWIGE gedien, as Lewe en bewys ek my respek en eerbied aan dit wat aan my gegee is in gelyke maat.

Ek stel my ten doel om in die pad te staan van alle euwel wat lewe misbruik net vir eie gewin en om nie op te gee, tot almal sien dat die enigste pad op aarde is die pad wat lewe verenig as ewe.

Ek stel my ten doel om geldgierigheid tot ’n einde te bring, deur ‘n stelsel te implimenteer waar almal genoeg en ewe geld het, sodat alle vergelding en ontgelding wat nou aan god se wil toegeskryf word, tot ’n einde kan kom, deurdat almal ewe as lewe ge-ëer en ondersteun word.

Ek stel my ten doel om die lewende woord  wat beste virlewe is te word, in alle dimensies/die mensies sodat ek in dieselfde mate kan gee en ontvang en dus sal staan as die eenheid en gelykheid van lewe.

Ek stel my ten doel om die stem binne my, wat my so bemin te oordeel, tot stilstand te bring en te stop om deel te neem aan gedagtes wat net my vrese verwoord en aan my eie voordeel aandag gee.

Ek stel my ten doel om’n ekonomiese sisteem op aarde voor te stel wat ware waarde omskryf as lewe, om so’ n wêreld tot stand te bring waar slegs lewe hoog geag word.