Showing posts with label woorde. Show all posts
Showing posts with label woorde. Show all posts
Posted by Bernard Poolman | Posted on
My gesag word ondermyn en dit het te doen met wat ek sien as
myne. Gesag is gewoonlik nie sag nie en die uitoefening van gesag is
gewoonlik gepaardgaande met aggressie, geweld en beheer, fisies of in
woorde.
Ondermyning van my gesag is waar my selfwaarde ontwrig word deur
die gebeurtenisse wat my laat voel dat ek nie in beheer is nie. My gebrek
aan beheer dui aan dat die gesag my beheer en my heer is. Die
gesag is dan ook dit wat my posisie aan myself weergee. Wanneer
ander my gesag nie respekteer nie, is my selfwaarde as posisie
bevraagtekend. Dit dui aan dat dit waarop ek my selfwaarde baseer, nie
waar is nie. Die bas noot van die klank van my woord ontbreek dus. Die
feit dat dit onder is in ondermyn beteken dat die gebrek aan selfwaarde net
aangedui word, wanneer my oorspronklike motivering vir gesag bevraagteken word
op een of ander manier. Dus is die ondersoek van alle dinge veral die
ondersoek van dit wat onderliggend is aan my selfwaarde dringend nodig.
Onderliggend is die fondasie van my lig van verstaan en dit wat my oplig.
Wanneer die fondasie nie ‘n ware fondasie is wat die lewe en beeld van die lewe
waardig is nie, dan vind ek dat ek maklik ondermyn kan word.
Wat my fondasie is, is die feit dat my werklike selfbeeld
die beeld van die lewe is wat in fisiese vorm uitgedruk word as persepsie,
klank, gevoel, kreatiwiteit, liefde, woorde, wysheid ens. Wanneer die
onderliggende selfbeeld se definisie ontbreek, word ‘n vals selfbeeld geskep en
ons blaas dan ons beul trompet baie harder en sê Kyk, hier is ek, Kyk wat kan
ek doen!, Kyk, ek is beter as jy! Kyk, whê, whê, whê, whê, whê! Die
ondermynende inligting wat aan die mens geleer word is die onderliggende rede
vir konflik op alle terreine van die lewe. Voorbeelde van oorlewing, kompetisie,
wen, woede, manipulasie, gierigheid, dreigemente ens. Om nee te sê vir
die beheer van ons onderliggende fondasie deur die beheer van inligting en ‘n
gebrek aan kennis van hoe die onderliggende basis van selfbeeld van die mens
werk, bring bevryding, en die geleentheid om die lewe weer toe te pas met ‘n
passie wat werklik liefde en vrede uitleef.
Aan die vrug sal die boom geken
word en die vrug is ons woorde. Ons woorde vorm dan die fondasie van ons dade
en na die bewuswording van ons wording as woorde is daar ‘n tyd wat ons eers
moet skoonmaak met vergifnis en deur die toetse van versoeking gaan om te sien
of ons werklik verander het. Elke aksie moet dus ondersoek word om te
sien wat die onderliggende motivering van die aksie is. Dus, waarop is
die aksie gebaseer en waar kom die inligting vandaan wat die aksie motiveer en
wat is die doel van die inligting wat die aksie motiveer. Hierdie proses
is waar ons proe aan elke aksie en dit ondersoek om te sien of dit
werklik is wie ons is. Werk ons aksies dus binne die basis van doen
aan ‘n ander wat jy aan jou gedoen wil hê, asook, is ek lief vir myself wat my
toelaat om ander te verstaan en lief te hê. Wanneer die onderliggende
fondasie van jouself nog nie gevind is nie, word jou siel nogtans verkoop
aan omstadighede, en moet jy uitvind wie het jou siel in pag, die
omstanders wat deelneem aan jou lewe en wie in die kleine en die groter wêreld
jou beheer en jou optrede bepaal.
Sê nee en proe aan die proses van genesing van jouself, jou
selle, en weet dat jy altyd die selle is, gister, vandag en tot in all
ewigheid. Wanneer hierdie inligting nie die onderliggende fondasie van
jou lewe is en in volle verstaan word nie, ondermyn jy jouself en is dit tyd om
nee te sê vir alles wat die inligting verdraai en jou siel verraai. Hou
op om te raai wie jy is, ondersoek jouself en sien wat in jou selle geskryf
is. Die kwessie van die gees is gewillig, maar die vlees is swak, is die
lewensplek wat misbruik word om die inligting te verdraai en raai, raai, riepa te
speel. Hou op om jouself te veraai deur toe te gee aan die raaisel van
die lewe soos voorgestel deur die wat nie verstaan nie en wat nie die ewebeeld
van God wil uitleef nie. Verstaan is verstaan - om nie te
verstaan nie, is om nie te verstaan nie. Weet is weet, nie weet nie
is nie weet nie, wie is jy? Weet jy of nie? Verstaan jy of nie? Vra
God om jou te wys en vind uit vir jouself.
VAN OORDEEL NA BEWUSTHEID
Oordeel is wanneer ons ons Oor deel met ander. Dit is
‘n aanduiding van ‘n gebrek aan bewustheid en verantwoordelikheid, want ons wil
nie ons eie antwoord en woorde glo nie. Bewustheid is die wiskunde van
aksie en gevolg, dus woorde en dade. Aksie en gevolg is die natuurlike
uitkoms van uitdrukking in vorm, weereens woorde en dade. Dus die
natuurlike gevolg van ons doen en late. Bewustheid is die verstaan van
die gevolg van doen en late. Wysheid is om die aksie en gevolg uit te
voer met bewustheid sonder om jou aan die oordeel (van ander en jouself) te
steur en sonder om jou Oor met ander te deel want jy verstaan die groter
prentjie. Jy skilder jou eie skildery sonder skuld en sonder om ‘n skild
te dra om jou te verdedig, want jy vind God se vrede.
Die gevolge van oordeel het as doel die doelbewuste
bewusmaking van die mens as bewustheid in vorm. Dit wil sê dat die wil
van die lewe is die bewuswording van die mens deur die Oor te deel met
pyn en smart. Om dus die pyn en smart te verminder, moet mens die
mindere wees en die oordeel laat gaan. Oordeel en die verstaan van
die mindere is net moontlik met die bewustelike verstaan van die lewe.
Die beteken nie om nie ook in aksie oor te gaan nie. Aksie met volle
bewustheid dirigeer die lewe soos ‘n orkes en eers aan die einde is die volle
waarheid van bewustheid, alhoewel die bewuste aan die begin bewus was van
die waarheid het die die bewustheid nou in aksie oorgegaan. Die
aksie vir die blinde en dowe sonder bewustheid, maak die dowe en blinde baie
bewus van hulle gebrek aan bewustheid deur die gevolge van hul onbewuste
optrede ( Dit is bekend dat blindes se sintuie soms beter ontwikkel is en
gebruik word as die sienende persoon). Die wet van die lewe is die wet wat die
natuur as voorbeeld aangee vir die mens om na te volg as hy wil en so te leer
waar sy waarheid te kort skiet in verstaan.
Die menslike natuur volg, of die natuur van die lewe, of die
natuur van die sondes van die vaders. Die gevolge is natuurlik binne die
natuur wat die mens volg. Op die huidige oomblik is die mens op sy
blindste, want al die vals lig of sal ons sê onnatuurlike lig van menslike
skeppings onder die sondes van die vaders verblind die mens vir die
natuurlike lig van die lewe en in die proses word die natuur verwoes. So
as dit woes gaan met die mens, dan broei ‘n storm uit en die kleintjie wat nou
groot gemaak word as ‘n gevolg aan die verwoesting, is die besoek van die dier
as mens. So skep ons woeste tuine as woestyne. So is die kringloop wat
die mens loop tot hy die kring sien en dan lui die klok en dit wat lok en
uitlok, word gesien vir wat dit blok – die lig word geblok deur dit wat
uitlok. Sê nee vir die lok van uitlok en word genees.
Ontblok
jouself. Sê nee vir die verwoesing op die planeet en word genees van
verwoesting. Sê nee vir die onnatuurlike lig wat die natuurlike lig
verblind en word genees van blindheid. Sê nee vir oordeel en waarmee jy
jou Oor deel en word genees. ‘n Genesing wat jou jou oorspronklike deel
aan die lewe oorgee. Die nee van genees, die gee van oorgee en die Oor
van oordeel. Laat alle ore hoor voordat die 2 ore van gebore die 1
oor van oorlede word, en stof tot stof, net stof tot nadenke los in die
bedenklike toestand wat die mens se denke nou is. Dan is die pyn van
tandetrek die toestand wat weer verstand aan die omstandighede gee waarin ons
beland het.
KOM VAN BEKOMMERD
Wanneer die vrees my bekom van wat my toekom, dan
verander my onsekerheid van my eie vermoë van uitdrukking in
bekommernis. Ek wil graag hê my toekoms moet so seker wees soos die vorm
van ‘n komkommer, anders word ek bekommerd. Die enigste realiteit van bekommerdheid
is die prentjie van bekommerdheid in my kop waaraan ek regte waarde
heg. Wanneer ek egter in die situasie beland waaroor ek my bekommer, is daar
verskeie moontlikhede. Ek kan die prentjie in my kop uitleef as ‘n
uitdrukking van wat binne in my aangaan, want die prentjie is deur my
geskilder. Ek kan die situasie sonder vooroordeel benader en dan my
bewustheid toepas as vorm en verstaan en kan ek sien hoe die
lewe voor my ontvou. As ek die kans nie neem nie, dan vou ek voor
ek by die toekoms kom en die ontvouding ( gewaarwording ) wat my toekom,
ontvou nooit in ‘n noot nie. Wanneer die prentjie in my kop
deur my as my waarheid uitgeleef word, het ek darem die geluk dat wat ek geglo
het, waar geword het. Maar as ons hierdie aap uit die mou laat, sien ons
dat die bewys van ons geloof nie geloofwaardig is nie.
Die sprokie wêreld waarin ons leef is soos ‘n sprokies karakter wat gedurig aan
homself wil bewys dat hy reg is en geloofwaardig is en dat sy evaluasie en
prentjie van ‘n situasie reg was. Die waarheid kan egter net ervaar
word wanneer die mens in elke oomblik onvoorwaardelik toelaat dat die lewe
ontvou en dan deelneem aan die ontvouding deur in die oomblik van die
gebeurtenis, jouself toe te pas as die lewe in uitdrukking volgens die
natuurwette.
Net soos die boom buig voor die wind waar die wind nou waai
en die boom se blare musiek maak in die wind, pas ons ons vryheid dan toe in
die ontvouding van die oomblik deur daaraan deel te neem volgens ons huidige
vlak van verstaan. Die meester van die situasie is dan die mens wat die
beste maak van elke geleentheid en sien dat dit net geleen is en in ‘n oomblik
verby is en dan is die volgende oomblik hier om aan deel te neem. Die
brommer van bekommerdheid is die mens wat alles bepaald wil hê voor hy/sy
daar kom. Die gebrom as alles nie uitwerk soos die prentjie in die kop
nie, is ‘n geraas wat ook met die volgende geleentheid daarna oordonder
word. Nou is die lewe dieselfde – brom van oomblik tot oomblik. Om
nee te sê aan die verwagting dat alles volgens die prentjie in my kop werk,
genees jou en laat jou toe om die polsslag van die oomblik te voel en dan met
jou volle deelname die oomblik volgens jou keuses en verstaan te beïnvloed en
te ervaar. Geen vrees nie wetende dat die vaderlike wet van
elke oomblik net die beste verlang vir elke kind van die vader.
Wanneer ons verlange en vertroue in die vader die verlange en vertroue van die
vader van lewe ontmoet, leef ons ten volle en is ons vervul.
Laat ons nie toelaat dat die groot onderdrukking van onsself
voortgaan deur prentjies wat ons skilder en nie verstaan nie, want dan is ons
lewens gebrekkig. Openbaar jouself nou en sê nee vir die onderdrukking van
jouself, lewe die lewe van die Vader van volheid en volmaaktheid sonder om jou
te bekommer.
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
Afrikaans,
beelde,
bernardpoolman,
bewustheid,
Desteni,
eqafe,
Jesus,
kennis,
lewende woord,
mens,
ouerskap,
programeer,
taal,
vlees,
woorde
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te sien wat Jesus bedoel het toe hy gesê het hy is
die Lewende Woord wat Vlees geword het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om mee te Hoor dat “Die Vlees die Lewende Woord is” en dat
Bewustheid in Die Vlees gesetel is.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te wil sien dat die Ouer die lewende Woord se Waarde
as Vlees van die Kind bepaal en dat alle Bewyse daar is dat die Ouer nie die
Vlees as Lewe voorberei nie, van generasie tot generasie word die Gene
geprogrameer om te raas sonder om te sien die geheim van die skepping is in
Genesis wat sê “Gene Is”, en wat deur Jesus Bevestig is as Die Lewende Woord
wat Vlees geword het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie Te Sien dat Elke Woord Waarde het en dat indien
woorde in die vlees toegelaat word wat nie die Waarde van Lewe as wat beste vir
Lewe is bevat nie, sal die mens as lewende woord die Onwaardigheid uit lewe
soos dit tans wel op aarde gebeur.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te Sien dat Kennis net die Mag het wat aanvaar word
as waar die Mens Mag lewe en dat ons so deur ons Wette Magte losgelaat het wat
die lewe vergal het en verlaag het tot waar lewe geen waarde het nie en Kennis
wat misbuik word alle waarde het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om Net te Sien dat die Magte wat as Woorde en Beelde in die
Vlees losgelaat is as die Denke van die Mens die lewe in bedenklike toestand
geplaas het, waar die denke van die mens die spieëlbeeld is van die Woorde wat vlees
geword het, om sodoende ‘n vals beeld te plaas voor die ware beeld van die
vlees, wat die Werklike Lewende Wese hier op aarde is wat nie geëer word nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te Sien dat AFRIKAANS aan die MENSDOM weer ‘n kans
gee om te wys hoe dom die mens is om Nie te Sien dat die VLEES die Werklike
LEWENDE woord is
Ek stel my ten doel om te bewys dat die Lewende Woord dit
wat ‘n Persoon doen, dink en praat die lewende taal is van die Vlees wat die
Woord word as Lewe
Ek stel my ten doel om te bewys dat Bewustheid in die Vlees
as die Hele Liggaam gesetel is
Ek stel my ten doel om Ouerskap te Lig tot die Punt waar die
Lewe as Woord die Waarde van Lewe in Elke Kind se Vlees word sodat alle mense
lewe dit wat beste is vir alle lewe
Ek stel my ten doel om te bewys dat die Mens altyd net gelyk
is aan die Waarde van die Woorde wat Vlees geword het en dat die mens se
optrede altyd een en gelyk is met die Waarde van die Vleeslike Lewende Woord
Ek stel my ten doel om te bewys dat alle Kennis wat nie
gebasseer is op wat Beste is vir alle Lewe nie, gelewe sal word op Maniere wat
Lewe Benadeel en die Eie Gek Bevoordeel
Ek stel my ten doel om te Bewys dat die Vals Beelde wat deur
televisie en advertensies in die vlees ingeprent word, deur mense meer en meer
op Barbaarse Maniere uitgeleef gaan word, wat elke persoon te eniger tyd in
gevaar kan stel sonder enige waarskuwing
Ek stel my ten doel om te bewys dat on die Wêreld kan
verander en ‘n plek wat lewe Eer deur die Waarde wat onw Woorde Gee met die
Waarde te Meet wat altyd Beste vir alle lewe is
Ek stel my ten doel om te wys dat AFRIKAANS die Taal is wat
Bewys wat die Waarde van Woorde doen Wanneer dit Vlees word en dus ‘n Taal is
wat kan Verhoed dat ons die Prys betaal vir wat ons toegelaat het op aarde as
die Lewe waar die Eie Gek eerste geplaas is inplaas van Lewe
Subscribe to:
Posts (Atom)




