Showing posts with label liefde. Show all posts
Showing posts with label liefde. Show all posts

Dag 21: Begeesterde Geeste Gee nie Lewe Nie

0 comments

Ek vergewe myself dat ek Myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees na die Dood Lewe is, terwyl dit die Lewe is wat Doodgaan en terugkeer na die Lewe op Aarde as Stof

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees Meer belangrik is as die Lewe wat die Gees help met geboorte van die kind en dat die dood nie my stof tot Nadenke gegee het nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat daar ‘n Gees is wat in die kind gebore word, terwyl dit ‘n Liggaam is wat KORREK moet funksioneer wat lewe moontlik maak en die Sogenaamde Gees maar net ‘n manier is waarop die mens die Vals Selfbeeld wan lewe misbruik, probeer beter laat lyk, net soos Goed op die Winkel Rak, om sodoende ‘n vals geloof om die lewe te vorm wat die Aarde van die afgrond gedryf het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Gevoel van Begeertlikheid wat my oorval, Beter voel as My Fisiese Lewe op Aarde en dat ek Om die Rede die Gees Voed met Onleefbare Nonsens en die Liggaam van sovele mense dryf na Armoede en Lyding, alles in die Naam van ‘n Onsienbare Lewelose Gees

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Gees Gewillig is, maar die Vlees swak is, sonder om te besef dat dit die Gees is wat swak is en die Vlees wat sterk is en Lewe gee. Verder dui dit aan hoe die denke van die Gees werk want die Vlees word nie verstaan en dat die Onkunde ly tot ‘n wêreld van ongelykheid Sonder om Om te Gee vir die Vlees as die Skepper van die Gees

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees Godelik is, terwyl my Gedagtes duidelik wys hoe Goddeloos die Gees Werklik is

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Wêreld meer is as die Vleeslike wêreld,  terwyl die Geboorte van elke Kind van die Vlees afhang en die Gees van die Mens net Gierigheid en die Eie Gek najaag

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Bewussyn die Reg op Bestaan het, terwyl my lewe eintlik afhang van die Vleeslike Bewussyn

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Bewussyn Mag het op Aarde ten spyte van die Bewyse deur die Eeue dat die Gees nie Lewe Eer nie en ten spyte van Jesus se Voorbeeld van Vleeslike Bewyse as die Lewende Woord wat Vlees geword het, het die Gees die Boodsap van Jesus onteer en Lewe op Aarde in Hel verander

Ek stel my ten doel om die Geestelike Bewussyn van die Menslike Spirituele Idees te Ontmasker as die Euwel wat dit is, sodat die lewe as Vleeslike bewussyn op aarde herstel kan word vir Alle Lewe wat Nog Gebore sal word

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die Gees van die Mens deur die Ouers en Omgewing aan die Kind geleer word en dat dit die Val van die Mens in Sonde is, waar die mens Sonder Lewe as die Vlees opeindig

Ek stel my ten doel om te wys dat die Vleeslike Bewussyn die werklike lewe is wat Een en Gelyke geëer moet word deur te gee soos elke vlees Moet Ontvang om Lewe te kan hê as die EWEBEELD en GELYKENIS van Lewe

Ek stel my ten doel om te wys dat Begeesterd Heid as kompetisie, en die Gejaag na Wind van Gevoel net tot by ‘n Wêreld van ongelykheid en Lyding waar die wat Die Mees Oneerlike is in denke, altyd wen

Ek stel my ten doel om te wys dat die Vlees gewillig is as die Boek van Tyd om dit te wees wat sal bewys Wie die Bewustheid van elke werklike is, die Eie Gek of Lewe

Ek stel my ten doel om te wys dat daar geen Heilige Gees is nie, want die Gees van die Mens is Onheilig en Gee nie ‘n duit om vir Enige Lewe nie

Ek stel my ten doel om te wys dat die opvoeding wat ‘n kind kry in die trant van die Gees van die Ouer as Wêrelds Gees, kinder mishandeling is en in werklikheid tot  die Ewige Dood van die Kind lei

Ek stel my ten doel om te wys dat die Lewende Woord wat Vlees word, Lewe Eer en gee soos dit wil ontvang, as die Werklike Liefde as Lewe Altyd

Dag 19: DIE VAL VAN DIE MENSDOM

0 comments


Die val van die mensdom het te doen met die dom dinge wat die mens doen en glo.  Wat die mens doen en glo is gebaseer op wat oorvertel word en op wat as voorbeeld gestel word aan kinders, met ander woorde die sondes van die vaders.  Dit gebeur deur denke, die skepping van beelde voor die menslike bewustheid wat dan deur woorde verduidelik word deur’ n prentjie te skilder.  Die strukture van beelde en woorde word dan die waarde gegee van waarheid en die mens sal sy siel verkoop om seker te maak hy/sy is reg in hulle geloof om nie deur sy medemens geoordeel te word nie. Hierdie onderliggende vrees is iets wat niemand in die openbaar will bespreek nie, want geloof is onaantasbaar en vrye spraak staan mos bo die plaas van ‘n wag voor die mond.  Die proses om reg te wees en reg te glo en die regte dinge te doen volg ‘n proses van oordeel tussen sogenaamde goed en kwaad, die boublok wat oordeel moontlik maak.  Die feit dat een ding wat vir een mens goed is, vir die ander mens kwaad is, gaan voor die oê van die mens verby sonder dat die mens die voorbeeld van oordeel raaksien as die feit van die vyeblaar en werklik verstaan wie die vyand is.  Die rede hoekom iets vir een mens goed is en vir die ander kwaad is, is meestal (nie altyd nie) gebaseer op die sondes van die vader, met ander woorde die denk patrone wat geleer is gedurende opvoeding.  Die sogenaamde sterker individu wat met manipulasie sy weg oopstoot, is gewoonlik die een wat ook die gemeenskaps – patroon vaslê.  Die feit dat gemeenskaps patrone wat deur wette geregverdig word,  volg gewoonlik op gebeure wat deur geslagte as patrone oorgedra is.  Die wette werk dus met die gevolg en die oorsaak. Die sondes van die vaders wat gebaseer is op ‘n gebrek aan die verstaan van menslike bewustheid en die prosessering van inligting, word nie verwyder nie. Deur nie die oorsaak van ’n gebrek aan verstaan te verwyder nie, kom al die mense voor as dieselfde, want hulle is dieselfde oordele geleer.
Met die dat daar met redelike sekerheid gesê word dat die mens in sonde gebore is.  Dit is nie waar nie. Die mense word as kind sonde geleer.  Die ouer is al so vasgevang in die net van denke, dat die denke patrone sonder verstaan op die kind afgedwing word.  Is dit die rede hoekom die woord denker en donker net ‘n “O” veskillend het? Ongelukkig nie ’n “O” wat die oë oopmaak nie.  Die ouer is nie eers bewus daarvan nie en noem dit optrede (as dit maar op was) instink – Ja, dit stink in – die proses om die kind in ouer te verander – van onskuld na skuld – in mens na dier – geen vermoë om die oë en ore te gebruik en God te vind as die lewe self nie.  Nou word God as ‘n persoonlikheid voorgestel met dieselfde persoonlikheid as die mens?  God wat oordeel?  Of is dit die mensdier wat oordeel.  Mensdier word wakker en sê nee vir die leerstelling wat net ‘n strik is om in ‘n gat te val wat donker is.  As jy nie weet hoe om jou lig aan te sit nie, dan gaan die gat lekker donker wees en enige een wat vir jou ‘n bietjie lig bring as verligting gaan jy glo.  So is dit met vrye keuse.  Jy mag kies wat jy wil en jou wil sal jy ervaar.  Dit is egter ook vanpas om die ervaring om te eg en die egtheid daarvan te ondersoek. Dolwe die grond om en sien of dit wel vrugbaar is en die ewebeeld van God se skepping ondersteun.  Dit is net moontlik met vermoëns wat geleer word om inligting te prosesseer en woorde met nuwe oë te sien.  So, sê nee vir die val van die mens en staan op en wees genees. Gebruik vergifnis om die gif van die vals beeld te verwyder en weier om deel te neem aan enige iets wat my en jou voorstel as minder as wat ons as God se woorde in waarheid gebring is. Die ewebeeld van God wat geseënd is.

VERHOUDINGS EN HOUDINGS

Verhoudings is waar twee of meer mense in ‘n verhouding met mekaar staan en ‘n houding aaneem van, hou van, of nie hou van nie.  Die verhouding tussen mense  bepaal met  dit waarmee ons mekaar kan identifiseer, maak nie saak wat die houding van die verhouding is nie.  Ons word gevang in verhoudings deurdat ons die houding inneem, wat van ons verwag word (verwagtinge word geskep) en as ons verwag, gaan ons ‘n beeld skep voor ons, want ons kan net die verhouding laat werk deur die houding van die beeld wat van ons verwag word, aan te neem. Dit is hoekom aanneming (aanvaarding) al vroeg by ’n kind ingekerker word.  In die proses verloor ons onsself in die oor van verloor en eindig die verhouding in stryd wat binne ons verwoedelik woed soos ons woede opkook om onsself weer te bevry.  Die weervoorspelling van so ‘n verhouding lees nie goed nie, want wat ons oor en oor die selle doen, is nou in ons selle as die houding wat ons by ander moet aanneem voor hulle ons sal aanneem en aanvaar. Die inligting wat ons in ons selle stoor het ons selfbeeld getoor (gestoor).  Die stormagtige verhoudings wat geskep word wanneer ons nie weet wat in  ons selle gestoor  is nie, is nodig, omdat ons dan mekaar help om weer die aar te vind vir ons doel op aarde en so ’n keuse het of ons aan die inligting wil vashou.  Wanneer ons weer ons aar op aarde vind, maak al die storms wat gewoed het as woede tog weer sin op die tog van die lewe en dan word die lewe weereens – die ewege of is dit ewige.  So, sê nee vir die verwagtings van ander in verhoudings en wees jouself en word genees.  Sê nee aan jou eie verwagtings in ander en sien dat dit net jou eie verwagtings is en word genees.  Sê nee vir die vals harmonie van die beeld van verhoudings en vind dit in jou wat sagkinds jou selle as kind bewaar in die liefde van die waarheid waar waar is.  Waar waar waar is, is die aar van aarde weer duidelik en sê ons nee vir aartjie na sy vaartjie en is ons dan genees van die sondes van die vaders wat ons nou al lank besoek omdat ons nie alles ondersoek om te sien wat die saak van die oor is nie, die oorsaak van alle dinge en alle houdings wat ons aanneem as ons beginpunt in ons verhoudings.  Sê nee vir die aanname en name van houdings en wees genees.  Daar is baie wee na die vader, maar o wee, die pyn totdat ons genees deur ons nees van verstaan. Wanneer die lig dan in ons opgaan, vind ons die Gees van God wat as ons gees aan ons gegee is, die ewige lewe. Dan word die woord vlees as die Woord van God, en die ou hemel gaan voor ons oë verby en n nuwe verskyn. Die nuwe verskyn net indien ons God werklik as ewebeeld dien.

SONDE EN DIE SONDES VAN DIE VADERS

‘n Son is ‘n ding wat lig skyn, nie waar nie?  ‘n Kind word in sonde gebore, nie waar nie?  Of is dit wat ons as vader/ouers ons kinders leer totdat die kind  word wat ons wil hê hulle moet wees. Wat ons ons kinders leer dra mos nie die ewebeeld van God as selfbeeld oor nie.  Die leerstelling is mos dan wat ons die sondes van die vaders noem en wat van geslag tot geslag oorgedra word tot in die sesde en die sewende geslag en die stel wat ons aftrap. Slagting op slagting het die oortuiging al op Aarde veroorsaak, maar ons kyk nie na die oorsaak nie, want dan moet ons verander en ons het nie die moed van ons oortuiging om te verander nie.  Wanneer ons nee sê vir die oordra van die manier wat ons ons beeld  skyn, die skyn wat ons glo is die lewe, kan die lig van ons verligtheid in ons inligting wys deur ons liggaam as die rots waarop die tempel van God gebou word. Die huis wat nie deur wind en weer verweer word nie en wat geen verweer nodig het nie, want dit is die tuiste van die Lewende Woord van God.  Die ewebeeld van God as die fontein van die lewe.
Hoeveel keer moet die woord wys, wat waar is?  Wanneer bou ons die waarheid van God se woord in ons lewe.  Sê nee en wees genees!  Leer hoe werk die liggaam met inligting en kyk wat se soort inligting oorgedra word van geslag tot geslag.  Elke keer los ons ‘n slagting agter wanneer ons vagevang word in die geslagtelike oordrag van sondes.  Wat ‘n ongelooflike uitdrukking van liefde wat nie verstaan of waardeer word nie.  Stop dit nou!

GELD EN VERGELDING

Geld (Om baie geld te he) is tog te lekker en as ons geld het, gebruik ons ons geld tog so maklik vir vergelding (betaal vir dit wat).  Ek gaan jou terug kry vir wat jy gedoen het veral as die persoon wat ons wil terug kry, se rug oop, is en hy het geen verdediging geldelik nie.  So, ons reg en geregtigheid het nou geld en vergelding geword.  As jy geld het, is jy reg en kan jy vir jou geregtigheid betaal.  Die geldeloses is dan die wat verag word as goddeloses.  Waaragtig is dit ‘n snaakse waarde wat ons aan papier met prentjies gee. Wie is werklik die Goddeloses.  Die pitte van die pampoen.  Sê nee vir die gebruik van geld vir vergelding en laat almal gelyk die reg tot geregtigheid kry.  So genees ons samelewing.  Ons moet tog saam lewe.  Onthou dat die geldelose nie die goddelose is nie.  Die geldelose is net die een wie se bek stilgehou word dat die ruik man kan aanhou stink.  Word mos die instink van oorlewing en die man wat stinkryk is, genoem. 

Dag 17: In die Naam van Liefde

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Naam van Liefde met die Maan vergelyk het sonder om te sien dat dit gely het tot die feit dat die Mensdom met die Maan gepla is en Niks omgee vir mekaar se lewe nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Man as Liefdevolle wese te sien terwyl die Wêreld wys dat daar geen Liefde is wat werklik bestaan nie, net die Eie GEK wat Gek is oor Liefde om self alleen  beter te laat voel sonder om te gee wat met lewe in hierdie wêreld gebeur

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat Ouer Liefde vir die Kind iets kosbaars is, terwyl nie almal op aarde kos kry nie, maar dat ek as ouer nie oor enige ander kinders omgee behalwe my eie kinders nie, asof Net Eienaarskap van my besittings as Kinders belangrik is, terwyl die lewe wat Ewe in Almal bestaan, verontagsaam word tot so ‘n Mate dat duisende daagliks sterf van Hongerte, terwyl ek lag en speel met my kinders want Geld beskerm my van die verskrikking wat die stadige dood wat Hongerte bring

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat dit God se Wil is dat Hongersnood bestaan terwyl ek weet dat God niks daarmee te doen het nie. Dit hang alles af oor wie Geld het en wie nie Geld het nie. Dus is die Liefde vir Geld die sleutel tot oorlewing en daar word geen poging aangewend om ‘n oplossing in plek te stel om die Liefde wat die Planeet aan almal gelyk gee, gelyke te deel nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om vergifnis die gif te maak van Geloof in die Onsienbare, terwyl ek die sienbare vergiftiging deur my oë op te slaan na die hemel en niks te doen aan al die dinge op die aarde wat ek wel kan verander en verbeter nie, want ek stel my lewe eerste sonder om te besef dat die wat eerste was sal laaste wees, want ek het dit wat vryelik gegee is as lewe aan almal nie ondersteun as die Waarde wat dit werklik is nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Liefde van God ydelik te gebruik deur ydel by te staan en die leun op aarde toe te laat wat ek wel kan verander indien ek ook Liefde was, maar ek weier om die ewebeeld en geykenis as lewe te wees, wat Gee soos ek wil ontvang as die Voorbeeld van Ware Liefde, Instede lewe ek die Vals beeld van die Eie Gek, tot so ‘n mate dat ek net maatstawwe najaag wat my die Wen moet gee en seker maak ek lewe Goed, al het ek Meer Goed as wat ek ooit kan gebruik, tog weier ek om my Te Veel Goed te deel met die wat Te Min Goed het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat my Liefde vir Goed en Goeie gevoellens die Waarheid van die Leed is wat baie deurgaan op aarde, totaal vermy sodat ek nie skuldig hoef te voel nie, want volgens my het die mens persoonlik die skuld wat die mens tot in Sonde verval het nagejaag, en omdat ek Sondig is in aard, mag ek maar myself beter maak deur myself te vergoed met Goed om te bewys dat ek Goed is en God se Wil doen. Tog is die najaag van my Goed gegee om my Goed te maak en die waarmee dit sleg gaan was sleg en daarom gaan dit sleg met hulle, net soos God beplan het. Tog is dit My Planne wat indruis met die Plan-eet se plan om almal te laat eet

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat Liefde net op Aarde sal bestaan wanneer lewe Een en Gelyk in almal geëer word

Ek stel my ten doel om te wys dat die Liefde wat die Mens najaag nie Ware Liefde is nie, maar dat dit net die gelykheid na die Eie Gek is

Ek stel my ten doel om te wys dat die Ouer die Liefde vir ‘n Kind misbruik in Eie belang om sodoende die Algemene Belang van Alle Lewe te verontagsaam

Ek stel my ten doel om te wys dat die Mens alle Hongersnood kan stop, maar omdat daar Geen Ware Liefde is nie word dit nie gedoen nie

Ek stel my ten doel om te wys dat alle geloof soos gif geword het wat lewe verontagsaam en net die Eie Gek se Belang Najaag

Ek stel my ten doel om te wys dat Elke Mens wat Hom beroep op die Liefde van God terwyl Eenheid en Gelykheid van Lewe op aarde nie ‘n werklikheid is nie, net lewens versprei in Eie Belang

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die Besit van Goed nie die Mens Goed maak nie, inteendeel dit bewys die Vrotheid van die mens

Dag 13: Die Geboorte van die KIND van die MENS

1 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om NIE TE SIEN dat ELKE kind wat gebore word op AARDE HIER ARRIVEER sonder ‘n Naam, SONDER ‘n Opvoeding, SONDER Geld, SONDER Godsdiens, SONDER ‘n Kultuur. SONDER Voorkeure en Afkeure en dat ALLES wat die kind gaan word en lewe deur die gemeenskap en die AANVAARDE WȆRELD, BEPAAL word

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die GEMEENSKAP op AARDE die GEMENE DELER is wat aandui hoe GOEDERE OP AARDE VERDEEL word. Die VERDELING wys HOE die AANVAARDE NATUUR van die Mens Funksioneer.VERDER wys die VERLEDE as die Geskiedenis van die Mens dat die MENS die ENIGSTE DEELNEMER is WAT al die LEED op Aarde veroorsaak deur die GOED wat Vrylik deur die Skepping GEGEE word, nie GELYK te verdeel nie
Die Ongelyke verdeling veroorsaak dat Lewe NIE EWEWAARDIG is nie en selfs toetaal waardeloos geword het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om NIE TE SIEN dat ek my MEDEMENS deur Ongelyke Verdeling LEED veroorsaak deur nie Mede DEELSAAM te wees met ELKE KIND wat gebore word nie en DUS deur die GIERIGHEID van RYKDOM en EIENAARSKAP bepaald DEELNEEM aan Kindermishandeling deurdat elke KIND wat gebore word sonder ‘n gelyke genoegsame DEEL, se Lewe VERDOEM is terwyl ek as Ryke dit wat die Aarde VERNIET in gelyke Maat verskaf vat vir Myself sonder ENIGE MEEGEVOEL of Skuldgevoel. Dit terwyl die AARDE ONVOORWAARDELIK ALLES verskaf

Ek vergewe myself dat ek Myself toegelaat het en aanvaar het om die Wette van die GEMEENSKAP so IN TE STEL dat dit Rykdom beskerm as EIENAARSKAP en GELD en dat ek WEIER om te sien watse NAARHEID die EIE gek skep met die ongelykheid wat so ingestel word. Die Domheid van die Ryke bewys hiermee waarom die Ryk Man NOOIT die EWEGE LEWE sal binnegaan nie, want die Ryke GEE nie ‘n EWE LEWE aan ALMAL nie en MISHANDEL Die LEWE met HARTSTOG

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om ‘n HIERARGIE op AARDE toe te laat wat aandui dat HIER RAAR GEGEE word ten spyte daarvan dat alles van waarde GRATIS deur AARDE VOORSIEN WORD EN SELF Jesus gesê het dat die lewe is om te Gee soos jy wil ontvang om te bewys dat ons wel omgee vir die lewe, tog word rykdom die Grootste Strewe van die MENSDOM wat bewys Hoe Dom die mens is om die EIE GEK en nie die LEWE EWE EERSTE te stel nie en dus die geboorte reg van EWIGE LEWE vir ‘n pot lensie sop verkwansel, self op die KANSEL en alle KANSE verspeel om ooit Hemel as Aarde te vestig en Skep

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om Kindermishandeling deel te maak van die lewe deur die geldgod te eer as eerste bo alle lewe, en sodoende die lewe as self in euwel verander het sonder enige meegevoel vir my Naaste wat moet EET om te Lewe en ewe soos ek op die PLAN – EET AARDE, Tog het ek my AARD van gierigheid op AARDE gevestig SONDER LIEFDE en die LIEFDE van die EIE GEK gemaak wat soek net vir my EIE GEK SE VOLDOENING

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om nie te sien dat in die dierbaarheid van die kind, die gemeenskaplikheid wat die mens met die dier het, waar die liggaam en die gelyk afhanklik is om te lewe van dit wat deur die aarde voorsien word en dat mens en dier dus as lewe gelyk is in afhanklikheid en dat die kop as meester van bewustheid dus hier is om seker te maak as verteenwoordiger, as ewe beeld en gelykenis van god met die verantwoordelikheid van dit, wat vrylik voorsien word, gelyk te verdeel tussen alle diere sodat die lewe werklik dierbaar kan wees vir almal wat hulself duidelik op die planeet aarde bevind en dan sodoende te bewys dat die ewebeeld en gelyke van God die verantwoordelikheid wat daarmee gaan, wel aanvaar word, want dit is die sleutel tot die ewige lewe en is waarom Jesus gesê het “ek is die weg, die waarheid en die lewe”, want hy het dit gestel dat daar moet gegee word soos mens ontvang, want dit bewys die liefde van god en sonder die liefde van die ewe sal die ewige lewe nooit wees nie en elke mens sal ‘n weeskind wees net soos dit nou gedoen word met elke kind wat mishandel word deur dat lewens belangrike basiese behoeftes nie vir elke kind gelyk voorsien word nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om NIE TE SIEN dat in die DIERBAARHEID van die KIND, die Gemeenskaplikheid van Mens en Dier Bewys word en dat die KIND eers Mens word wanneer die Euwel van die VOORSATE in die KOP INGEPRENT word deur die OUERS en die GEMEENSKAP. Beide die DIER EN DIE Menslike LIGGAAM is AFHANKLIK VAN wat die AARDE verskaf as KOS en SUURSTOF in GELYKE MAAT, die Voorsienigheid van die AARDE. Onvoorwaardelik GELYK. Die Mens as MEESTER van die AARDE deur BEWUSTHEID is dus die VERTEENWOORDIGER van die Skepper as die Ewebeeld en Gelykenis, om dit wat Vrylik voorsien word GELYK te verdeel, sodat die Lewe vir ALML DIERBAAR kan wees met Gelyke Geleentheid om die Lewe te GENIET en te Ervaar. Hiermee moet die Mens sy Lewenswaardigheid Bewys as Ewebeeld en Gelykenis as die Verantwoordelikheid vir Lewe. Dit is die SLEUTEL  tot die EWEGE LEWE is waarom Jesus gesê het “Ek is die weg, die waarheid EN DIE LEWE” met die WEG  as OM TE GEE soos jy wil ontvang. Dit is die ENIGSTE WARE LIEFDE want LIEFDE is OM TE GEE en solank daar nie om gegee word vir Elke Wese nie, Sal Liefde op Aarde nie bestaan nie

Ek stel my ten doel om aan die hart van elke mens te klop en daarop te wys dat die mens se hart verhard het met die idee dat harde werk die mens die reg gee om die hart te verhard en sodoende van die minder bevoorregtes die lewensnoodsaaklike te ontneem sonder dat die wat het enige skuldgevoel daaroor het, selfs al het die ryke die eiendom en kos met skuld gekoop, bly die ryke nog steeds sonder enige meegevoel met die arme, en dit net oor harde werk wat harte verhard

Ek stel my ten doel om die mensdom daarop te wys dat die boodskap van Jesus nooit lewenswaardig geword het nie, want die eie gek het die hart verhard om net die rykdom na te jaag ten koste van elke kind wat gebore word sonder die basiese reg tot lewe

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat ons die liefde met bewys te wys, dat ons verstaan om te gee is om te ontvang en dat ons dus omgee

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die tyd uitgeloop het en dat die lewe die laaste lewe en laaste kans is vir elke een om te bewys, wat ons kies is die lewe of die ewege dood, ek verstaan die ewege dood is die verbanning van die deelname aan lewe in totale alleenheid in die woestyn

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die vrug van die boom van die lewe net beskikbaar is vir die mens wat omgee en dat die wat nie omgee, nie sal kry wat hul kies in die woeste tuin nie. Dit is die wet van eenheid en gelykheid– jy is altyd een en gelyk met wat jy gee/kies

Dag 8: Ken net ten Dele

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek net ten dele kan ken en my so ‘n verskoning gegee het om nie verantwoordelikheid vir my lewe en alle ander lewens op aarde te aanvaar nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek net ten volle kan weet teen die einde van die tyd, SONDER om te sien dat elke oomblik in tyd die einde van die tyd van baie besluite aanbreek waarvan ek kan leer, maar omdat ek die einde van die tyd doelbewus nie wil verstaan nie, leer ek niks van die einde van die tyd in elke oomblik, om op aarde ‘n lewe van waarde te vestig nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat daar ‘n tyd is vir alle dinge, maar ek weier om te leer van die tyd wat eindig in elke oomblik sodat ek my besluite kan versterk om sodoende ‘n aardsbestaan te skep wat beste is vir alle lewe.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat tyd soos ‘n gety werk, wat die vorm aanneem van goeie tyd en slegte tyd. sonder dat ek leer van die einde van die tyd in elke oomblik, om so oor tyd te heers en op aarde dit te skep wat beste vir alle lewe is.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om goeie tyding te koppel aan die koms van Jesus in plaas van om die tyding te wys wat van tyd leer, in so myself gelyk te stel aan die voorbeeld van Jesus en so Vrede en Liefde op aarde te vestig as die enigste manier waarop dit kan bestaan, naamlik waar alles gereël word in gelyke maat op die manier wat beste is vir alle lewe.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die wêreld van tyd net ‘n skynbeeld is en dat ek eers werklik kan sien na die dood wanneer ek volgens my geloof die tydlose ingaan, sonder om te sien dat waar tydloosheid bestaan, kan ek niks leer nie en as ek nie leer in die tyd wat aan my gegee is nie, ek nie die tydlose kan ingaan as die ewebeeld en gelykenis van God nie, want ek het die ewebeeld en gelykenis wat aan my gegee is ydelik gebruik en was so ydel dat ek niks geleer het van die einde van die tyd nie en dat ek my kans as lewe so verydel het, geloof gebruik het om ydel met kop omhoog te loop en te verklaar dat, omdat ek gekies is om die ewebeeld en gelykenis te verteenwoordig hoef ek niks te doen nie, want ek is die spesiaal verkose van God, sonder dat ek besef, wat gegee is kan weggeneem word en deur my talente nie in werking te bring in werksaamheid om te bewys dat ek die gawe van ewebeeld en gelykenis waardig is nie, tot my ondergang sal dien waar net die klaagliedere van my wederegtilikheid sal oorbly, omdat ek dit tot te laat gelos het om wel op te staan as lewe vir lewe.

Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings, uit te wys dat almal altyd ten volle kan.

Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings uit te wys dat in elke oomblik die einde van die tyd hier is om van te leer, hoe om die reëls op aarde te stel dat werk op maniere wat beste is vir alle lewe.

Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings uit te wys dat die tyd vir alle dinge oorheers kan word met wat beste is vir alle lewe.

Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat die gety nou is om van die einde van tyd in elke oomblik te leer.

Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat om te wag vir Jesus en nie as sy voorbeeld hier in lewende aksie te staan nie, is ‘n mors van tyd en lewe en wanneer tyd verlore gaan word mens tydloos en kry jy die tyd nooit weer terug nie.

Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat die ewebeeld en gelykenis van God as mens ydelik gebruik word en dat almal wat die naam van God ydelik gebruik sekerlik sal sterwe.

Dag 2 : Dwase met Brein Blase

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om deel te wees en deel te neem aan die skepping en instandhouding van die gemeenskap terwyl daar niks van gemeenskaplike belang werklik tot stand gekom het nie, omdat dit wat regtig lewe is onderhewig geplaas is aan geld waarsonder niemand kan oorleef nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die enigste gemene belang wat elke wese het naamlik Lewe, so te min ag dat ek toegelaat het dat tot die helfte van die menslike bevolking in brandarmte lewe, terwyl ek niks doen om die brand te blus nie, want ek is nie lus om my hande vuil te maak terwyl ek my kan verlustig in die wonderlike dinge wat geld kan koop.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om geld die almagtige heerser as die baas te plaas soos die blaas op die brein vol wind wat maak asof die gejaag na wind nou werklik enige waarde kan hê, terwyl die gejagery eintlik tog net eindig waar alle misbruik eindig, die ewige daaglikse dood van brandarmte want ek het my reg van lewe verkoop vir n pot lensie sop.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die praktiese lewens boodskap van Jesus, om te gee sodat jy kan ontvang , onderdanig gemaak het aan die reëls van profyt, eienaarskap en geld, want ten spyte van die voorbeeld van Jesus het ek van Jesus ‘n drogbeeld gemaak deur sy kruisiging as vreesbeeld in elke mens in te boender om seker te maak niemand staan op en bevraagteken wat nou eintlik werklik op aarde aangaan nie, want as jy bevraagteken sal jy gekruisig word, selfs deur die wat beweer hulle volg Jesus terwyl hulle eintlik geld volg.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om wette op skrif te plaas om die dwase wat leef net om die baas van  geld te wees, te beskerm en so Geld die God gemaak het wat alle mag het oor lewe en dood en my in vrees laat lewe elke oomblik waar ek my geld moet tel om te sien of ek nog kan kos koop en ‘n dak oor my kop het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die dwase te eer deur self ook brein blase vol wind te kry wat jaag na geld asof daar geen ander manier is nie, want die geld god is onwrikbaar en onoorwinbaar en heers met vrees deur die krag van die wet van die profyte wat my najaag totdat ek betaal vir my sonde om nie aan God te gee wat God toekom nie. Die God van Geld het nie ‘n seun of kind nie en vergewe niemand en sal jou tot in die afgrond jaag as jy die geld god haat en so moet ons dus ons god liefhê voordat ons van ons God kan ontvang en in die maat van ons liefde vir ons geldgod, word ons skatkamers gevul.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om nooit te bevraagteken hoekom die mens op aarde nie lewe as ewe nie totdat ek verstaan het dat God nie aan elkeen ewe veel geld gegee het nie en dat jy net soveel geld kan kry as die liefde wat jy het vir die liewe geldgod.

Ek stel my ten doel  om saam te werk met ander wat een is dat ons wel die aarde kan herwin vir die lewe en om wat hier is te omskep in dit wat in die gemene belang van lewe is sodat elkeen kan lewe in vervuldheid.

Ek stel myself ten doel om ‘n ekonomiese sisteem in wording en werking te stel wat op alle maniere aan elke mens ‘n lewenswaardige bestaan sal gee en omdat ek dit aan elke mens gee sal ek dit ontvang omdat ek deel is van die mensdom.

Ek stel my ten doel  om die gejaag na geld te stop deur ‘n nuwe ekonomiese sisteem wat aan almal gelyke geld sal besorg sodat elkeen vir hulle self kan sorg en ‘n waardige lewe mag hê.

Ek stel my ten doel om die boodskap van gee, sodat dit wat jy wil ontvang, as lewende woord te vestig, as ‘n ekonomiese sisteem wat alle lewe as ewe ag, en wat gegee word, deur die aarde gelyk te verdeel, sodat almal gelyk sal wees voor die aangesig van lewe

Ek stel my ten doel om slegs lewe te eer as waarde en my lewende woorde as woordeskat en om die skatkamer van lewe in te rig.