Showing posts with label lewende woord. Show all posts
Showing posts with label lewende woord. Show all posts
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
benardpoolman,
Desteni,
eqafe,
equal money,
geld,
God,
lewende woord,
liefde,
mensdom,
selfbeeld,
sondes,
val,
vergelding,
verhouding
Die val van die mensdom het te doen met die dom dinge wat
die mens doen en glo. Wat die mens doen en glo is gebaseer op wat oorvertel
word en op wat as voorbeeld gestel word aan kinders, met ander woorde die
sondes van die vaders. Dit gebeur deur denke, die skepping van beelde
voor die menslike bewustheid wat dan deur woorde verduidelik word deur’ n
prentjie te skilder. Die strukture van beelde en woorde word dan die
waarde gegee van waarheid en die mens sal sy siel verkoop om seker te maak
hy/sy is reg in hulle geloof om nie deur sy medemens geoordeel te word nie.
Hierdie onderliggende vrees is iets wat niemand in die openbaar will bespreek
nie, want geloof is onaantasbaar en vrye spraak staan mos bo die plaas van ‘n
wag voor die mond. Die proses om reg te wees en reg te glo en die regte
dinge te doen volg ‘n proses van oordeel tussen sogenaamde goed en kwaad, die
boublok wat oordeel moontlik maak. Die feit dat een ding wat vir een mens
goed is, vir die ander mens kwaad is, gaan voor die oê van die mens verby
sonder dat die mens die voorbeeld van oordeel raaksien as die feit van die
vyeblaar en werklik verstaan wie die vyand is. Die rede hoekom iets vir
een mens goed is en vir die ander kwaad is, is meestal (nie altyd nie) gebaseer
op die sondes van die vader, met ander woorde die denk patrone wat geleer is
gedurende opvoeding. Die sogenaamde sterker individu wat met manipulasie
sy weg oopstoot, is gewoonlik die een wat ook die gemeenskaps – patroon
vaslê. Die feit dat gemeenskaps patrone wat deur wette geregverdig
word, volg gewoonlik op gebeure wat deur geslagte as patrone oorgedra
is. Die wette werk dus met die gevolg en die oorsaak. Die sondes van die
vaders wat gebaseer is op ‘n gebrek aan die verstaan van menslike bewustheid en
die prosessering van inligting, word nie verwyder nie. Deur nie die oorsaak van
’n gebrek aan verstaan te verwyder nie, kom al die mense voor as dieselfde,
want hulle is dieselfde oordele geleer.
Met die dat daar met redelike sekerheid gesê word dat die
mens in sonde gebore is. Dit is nie waar nie. Die mense word as kind
sonde geleer. Die ouer is al so vasgevang in die net van denke, dat die denke
patrone sonder verstaan op die kind afgedwing word. Is dit die rede
hoekom die woord denker en donker net ‘n “O” veskillend het? Ongelukkig nie ’n
“O” wat die oë oopmaak nie. Die ouer is nie eers bewus daarvan nie en
noem dit optrede (as dit maar op was) instink – Ja, dit stink in – die proses
om die kind in ouer te verander – van onskuld na skuld – in mens na dier – geen
vermoë om die oë en ore te gebruik en God te vind as die lewe self nie.
Nou word God as ‘n persoonlikheid voorgestel met dieselfde persoonlikheid as
die mens? God wat oordeel? Of is dit die mensdier wat
oordeel. Mensdier word wakker en sê nee vir die leerstelling wat net ‘n
strik is om in ‘n gat te val wat donker is. As jy nie weet hoe om jou lig
aan te sit nie, dan gaan die gat lekker donker wees en enige een wat vir jou ‘n
bietjie lig bring as verligting gaan jy glo. So is dit met vrye
keuse. Jy mag kies wat jy wil en jou wil sal jy ervaar. Dit is
egter ook vanpas om die ervaring om te eg en die egtheid daarvan te ondersoek.
Dolwe die grond om en sien of dit wel vrugbaar is en die ewebeeld van God se
skepping ondersteun. Dit is net moontlik met vermoëns wat geleer word om
inligting te prosesseer en woorde met nuwe oë te sien. So, sê nee vir die
val van die mens en staan op en wees genees. Gebruik vergifnis om die gif van
die vals beeld te verwyder en weier om deel te neem aan enige iets wat my en
jou voorstel as minder as wat ons as God se woorde in waarheid gebring is. Die
ewebeeld van God wat geseënd is.
VERHOUDINGS EN HOUDINGS
Verhoudings is waar twee of meer mense in ‘n verhouding met
mekaar staan en ‘n houding aaneem van, hou van, of nie hou van nie. Die
verhouding tussen mense bepaal met dit waarmee ons mekaar kan
identifiseer, maak nie saak wat die houding van die verhouding is nie.
Ons word gevang in verhoudings deurdat ons die houding inneem, wat van ons
verwag word (verwagtinge word geskep) en as ons verwag, gaan ons ‘n beeld skep
voor ons, want ons kan net die verhouding laat werk deur die houding van die
beeld wat van ons verwag word, aan te neem. Dit is hoekom aanneming
(aanvaarding) al vroeg by ’n kind ingekerker word. In die proses verloor
ons onsself in die oor van verloor en eindig die verhouding in stryd wat binne
ons verwoedelik woed soos ons woede opkook om onsself weer te bevry. Die
weervoorspelling van so ‘n verhouding lees nie goed nie, want wat ons oor en
oor die selle doen, is nou in ons selle as die houding wat ons by ander moet
aanneem voor hulle ons sal aanneem en aanvaar. Die inligting wat ons in ons
selle stoor het ons selfbeeld getoor (gestoor). Die stormagtige
verhoudings wat geskep word wanneer ons nie weet wat in ons selle
gestoor is nie, is nodig, omdat ons dan mekaar help om weer die aar te
vind vir ons doel op aarde en so ’n keuse het of ons aan die inligting wil
vashou. Wanneer ons weer ons aar op aarde vind, maak al die storms wat
gewoed het as woede tog weer sin op die tog van die lewe en dan word die lewe
weereens – die ewege of is dit ewige. So, sê nee vir die verwagtings van ander
in verhoudings en wees jouself en word genees. Sê nee aan jou eie
verwagtings in ander en sien dat dit net jou eie verwagtings is en word
genees. Sê nee vir die vals harmonie van die beeld van verhoudings en
vind dit in jou wat sagkinds jou selle as kind bewaar in die liefde van die
waarheid waar waar is. Waar waar waar is, is die aar van aarde weer
duidelik en sê ons nee vir aartjie na sy vaartjie en is ons dan genees van die
sondes van die vaders wat ons nou al lank besoek omdat ons nie alles ondersoek
om te sien wat die saak van die oor is nie, die oorsaak van alle dinge en alle
houdings wat ons aanneem as ons beginpunt in ons verhoudings. Sê nee vir
die aanname en name van houdings en wees genees. Daar is baie wee na die
vader, maar o wee, die pyn totdat ons genees deur ons nees van verstaan.
Wanneer die lig dan in ons opgaan, vind ons die Gees van God wat as ons gees
aan ons gegee is, die ewige lewe. Dan word die woord vlees as die Woord van
God, en die ou hemel gaan voor ons oë verby en n nuwe verskyn. Die nuwe verskyn
net indien ons God werklik as ewebeeld dien.
SONDE EN DIE SONDES VAN DIE VADERS
‘n Son is ‘n ding wat lig skyn, nie waar nie? ‘n Kind
word in sonde gebore, nie waar nie? Of is dit wat ons as vader/ouers ons
kinders leer totdat die kind word wat ons wil hê hulle moet wees. Wat ons
ons kinders leer dra mos nie die ewebeeld van God as selfbeeld oor nie.
Die leerstelling is mos dan wat ons die sondes van die vaders noem en wat van
geslag tot geslag oorgedra word tot in die sesde en die sewende geslag en die
stel wat ons aftrap. Slagting op slagting het die oortuiging al op Aarde
veroorsaak, maar ons kyk nie na die oorsaak nie, want dan moet ons verander en
ons het nie die moed van ons oortuiging om te verander nie. Wanneer ons nee
sê vir die oordra van die manier wat ons ons beeld skyn, die skyn wat ons
glo is die lewe, kan die lig van ons verligtheid in ons inligting wys deur ons
liggaam as die rots waarop die tempel van God gebou word. Die huis wat nie deur
wind en weer verweer word nie en wat geen verweer nodig het nie, want dit is
die tuiste van die Lewende Woord van God. Die ewebeeld van God as die
fontein van die lewe.
Hoeveel keer moet die woord wys, wat waar is? Wanneer
bou ons die waarheid van God se woord in ons lewe. Sê nee en wees
genees! Leer hoe werk die liggaam met inligting en kyk wat se soort
inligting oorgedra word van geslag tot geslag. Elke keer los ons ‘n
slagting agter wanneer ons vagevang word in die geslagtelike oordrag van
sondes. Wat ‘n ongelooflike uitdrukking van liefde wat nie verstaan of
waardeer word nie. Stop dit nou!
GELD EN VERGELDING
Geld (Om baie geld te he) is tog te lekker en as ons geld
het, gebruik ons ons geld tog so maklik vir vergelding (betaal vir dit
wat). Ek gaan jou terug kry vir wat jy gedoen het veral as die persoon
wat ons wil terug kry, se rug oop, is en hy het geen verdediging geldelik
nie. So, ons reg en geregtigheid het nou geld en vergelding geword.
As jy geld het, is jy reg en kan jy vir jou geregtigheid betaal. Die
geldeloses is dan die wat verag word as goddeloses. Waaragtig is dit ‘n
snaakse waarde wat ons aan papier met prentjies gee. Wie is werklik die
Goddeloses. Die pitte van die pampoen. Sê nee vir die gebruik van
geld vir vergelding en laat almal gelyk die reg tot geregtigheid kry. So
genees ons samelewing. Ons moet tog saam lewe. Onthou dat die
geldelose nie die goddelose is nie. Die geldelose is net die een wie se
bek stilgehou word dat die ruik man kan aanhou stink. Word mos die
instink van oorlewing en die man wat stinkryk is, genoem.
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
Afrikaans,
beelde,
bernardpoolman,
bewustheid,
Desteni,
eqafe,
Jesus,
kennis,
lewende woord,
mens,
ouerskap,
programeer,
taal,
vlees,
woorde
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te sien wat Jesus bedoel het toe hy gesê het hy is
die Lewende Woord wat Vlees geword het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om mee te Hoor dat “Die Vlees die Lewende Woord is” en dat
Bewustheid in Die Vlees gesetel is.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te wil sien dat die Ouer die lewende Woord se Waarde
as Vlees van die Kind bepaal en dat alle Bewyse daar is dat die Ouer nie die
Vlees as Lewe voorberei nie, van generasie tot generasie word die Gene
geprogrameer om te raas sonder om te sien die geheim van die skepping is in
Genesis wat sê “Gene Is”, en wat deur Jesus Bevestig is as Die Lewende Woord
wat Vlees geword het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie Te Sien dat Elke Woord Waarde het en dat indien
woorde in die vlees toegelaat word wat nie die Waarde van Lewe as wat beste vir
Lewe is bevat nie, sal die mens as lewende woord die Onwaardigheid uit lewe
soos dit tans wel op aarde gebeur.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te Sien dat Kennis net die Mag het wat aanvaar word
as waar die Mens Mag lewe en dat ons so deur ons Wette Magte losgelaat het wat
die lewe vergal het en verlaag het tot waar lewe geen waarde het nie en Kennis
wat misbuik word alle waarde het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om Net te Sien dat die Magte wat as Woorde en Beelde in die
Vlees losgelaat is as die Denke van die Mens die lewe in bedenklike toestand
geplaas het, waar die denke van die mens die spieëlbeeld is van die Woorde wat vlees
geword het, om sodoende ‘n vals beeld te plaas voor die ware beeld van die
vlees, wat die Werklike Lewende Wese hier op aarde is wat nie geëer word nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te Sien dat AFRIKAANS aan die MENSDOM weer ‘n kans
gee om te wys hoe dom die mens is om Nie te Sien dat die VLEES die Werklike
LEWENDE woord is
Ek stel my ten doel om te bewys dat die Lewende Woord dit
wat ‘n Persoon doen, dink en praat die lewende taal is van die Vlees wat die
Woord word as Lewe
Ek stel my ten doel om te bewys dat Bewustheid in die Vlees
as die Hele Liggaam gesetel is
Ek stel my ten doel om Ouerskap te Lig tot die Punt waar die
Lewe as Woord die Waarde van Lewe in Elke Kind se Vlees word sodat alle mense
lewe dit wat beste is vir alle lewe
Ek stel my ten doel om te bewys dat die Mens altyd net gelyk
is aan die Waarde van die Woorde wat Vlees geword het en dat die mens se
optrede altyd een en gelyk is met die Waarde van die Vleeslike Lewende Woord
Ek stel my ten doel om te bewys dat alle Kennis wat nie
gebasseer is op wat Beste is vir alle Lewe nie, gelewe sal word op Maniere wat
Lewe Benadeel en die Eie Gek Bevoordeel
Ek stel my ten doel om te Bewys dat die Vals Beelde wat deur
televisie en advertensies in die vlees ingeprent word, deur mense meer en meer
op Barbaarse Maniere uitgeleef gaan word, wat elke persoon te eniger tyd in
gevaar kan stel sonder enige waarskuwing
Ek stel my ten doel om te bewys dat on die Wêreld kan
verander en ‘n plek wat lewe Eer deur die Waarde wat onw Woorde Gee met die
Waarde te Meet wat altyd Beste vir alle lewe is
Ek stel my ten doel om te wys dat AFRIKAANS die Taal is wat
Bewys wat die Waarde van Woorde doen Wanneer dit Vlees word en dus ‘n Taal is
wat kan Verhoed dat ons die Prys betaal vir wat ons toegelaat het op aarde as
die Lewe waar die Eie Gek eerste geplaas is inplaas van Lewe
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
Afrikaans,
bernardpoolman,
betekenis,
dagloon,
Desteni,
eqafe,
gedagtes,
kop,
koperasie,
lewe,
lewende woord,
matjies kombers,
naald,
raas,
regstelling,
verloon,
ydelik
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat my gedagtes myself is, sonder dat ek dit as maatstaf gebruik om net eerlikheid na my binneste oordele van ander te kyk en te sien wie ek werklik is as hoe my kop werk en as wat ek deelneem in die werk van die werklikheid van lewe op aarde.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die geraas in my kop te glo as maatstaf van lewe sonder dat ek verstaan en begryp hoe my kop se vrugte van geraas gegroei het van niks tot die energieke warboel wat my altyd die baas van die plaas maak soos in ‘n kooporasie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het en in alle eerlikheid nie besef het dat ek met geboorte geen denke gehad het nie en eers mettertyd leer dink en in taal geleer was en dus in werklikheid net die ikoon van kloning is wat die gevolg is van wat ek geleer en gedink het van ander dus eintlik nie werklik die waarheid is nie maar net die sondes van die vaders is wat ek help aanteel deur gedagtes wat mekaar te laat teel in die geboer en remoerdery van my persoonlike geheime gedagte wereld sonder dat ek bekommerd word en besef dat ek eintlik kyk na die Ware Ek wat ek toegelaat het om tot stand te bring en so die lewe op aarde toegelaat het om totaal opgevoeter te word.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat ek ten spyte van myself as voorbeeld my kinders geleer het om gedagtes te eer en hul gedagtes eerste te plaas, in plaas van die lewe, teen spyte van die gereelde demonstrasie deur die lewe, dat die dood ‘n einde aan gedagte bring.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om lewe gelyk te stel aan die EIE EK van gedagtes sonder om te sien hoe verdag die optrede van gedagtes is in die natuur van hul oordeel waar ek myself toelaat om my gedagtes die reg van oordeel te gee, waar ek altyd reg is sonder om te hoor wat Jesus gesê het - oordeel nie want so sal jy ge-oordeel word, betekende dat wat jy in jou gedagte toelaat sal die Vlees Word wat jy lewe as lewende Woord.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat ek nie besef het dat die Lewende Woord van die Vlees die Lewe op aarde skep en dat die gemors begin met die gemor in die kop waar gedagtes elke dag beplan tot dit die dagloon word wat die lewe verloon.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat eerlikheid nooit ontwikkel het tot die besef dat wat eerste was, wel lewe was, maar dat ek toegelaat het dat lewe verydel word, deur die lewe ydelik te gebruik in die Naam van my gierigheid om MY EIE EK altyd Eerste te Plaas, en so doende lewe op AARDE verwoes het op elk manier moontlik sonder om my self te stop en tot regstelling te ruk.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat ek die waarheid van die lewende woord wat ek toegelaat het op aarde met beelde voor my as mooie prentjies te plaas om nie te sien wie ek werklik as werklikheid is nie, want ek het my gelyk gestel as die beelde van skoonheid wat in die ware werklikheid nie skoon is nie, maar wat as my verskoning kies om my die Reg te gee om my Eie Ek Eerste te stel as al wat ek EER.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat ek myself nie tot oordeel geroep het oor die leed wat ek op aarde toegelaat het nie, en die woord van die lewe oor gedeel het tot leed nie meer bestaan nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat ek die leed van oordeel lewensreg gegee het in my gedagtes soos n krimineel sonder om die verdagte optrede te sien van hoe dit werklik werk om die leed te veroorsaak hier op aarde nie.
Ek stel my ten doel om alle gedagtes van alle mense tot oordeel te roep sodat leed op aarde tot einde kan kom en slegs dit wat beste vir lewe as die lewende woord as vlees toegelaat word.
Ek stel my ten doel om die ware betekenis van lewe as die lewende woord tot wording te bring sodat lewe eerste gestel word en die vals beeld van die EIE EK verdoem word vir wat dit werklik is totdat net lewe hier is waar geen geheime meer bestaan nie, want alles is oopgemaak om te sien wat werklik as werklikheid toegelaat was.
Ek stel my ten doel om te wys hoe die skepping deur die gedagtes die god's verlatenheid op aarde geskep het deur die God van die lewende woord verlore te laat as die verdagte van gedagtes waar die god die lewe verlaat het sonder om verantwoordelikheid te neem vir die antwoord van die lewende Vlees as die Lewende Woord wat werklik die ooga van die Naald is wat die Matjies Kombers aan mekaar werk om die prent van die lewe te Vorm.
Subscribe to:
Posts (Atom)




