Showing posts with label geldgod. Show all posts
Showing posts with label geldgod. Show all posts

Dag 10: Euwels is Heuwels

1 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om myself te omring met Euwels soos Heuwels rondom my dat ek net my eie lewe kan sien en maak asof ek niks anders kan sien nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om die verligting wat ek ondervind wanneer ek geld het om my te beskerm te verdraai as die Lig van God wat maak dat ek nie hoor soos ander Gil waar hulle nie die beskerming van die Geld God het nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Euwels net dinge is wat wat teen my eiendom en geld gerig is, waar my sekuriteit aangetas word en dat ek nie armoede en hongersnood en geldnood as euwels sien nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Geld die Weegskaal van Lewe is asof dit deur ‘n Hoër Hand gegee is sonder om te weeg in eerlikheid hoe die gawe van geld werklik werk

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat my verskoning dat God my die reg tot eiendom en geld gegee het nie gesien word as die euwel wat dit werklik is soos dit die aarde in ‘n doodsklem plaas waar der duisende sterwe net sodat ek agter my hoë heinings kan skuil en my tot die redding van die Geld God beroep asof dit die enigste beroep is wat die mensdom kan beoefen

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat euwels deur ‘n verblindende Lig verwyder kan word sonder dat ek met eerbaarheid sien dat die Lig net myself verblind om nie te sien dat die Euwels net groter Heuwels word en uiteindelik in Berge verander

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Geld wat ek aanvaar het as die oorsaak van alle Euwels, tog my enigste doel op aarde bly en ten spyte van my onderwerping aan die Euwel, ek myself voordoen as goedhartig en barmhartig

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat ek niks aan Euwel kan doen nie en dat slegs God my daarvan kan beskerm en dat ek sodoende Euwel opgehef het tot die Mag en Grootheid van ‘n God met my as arme Mens onderworpe aan die Euwel, sonder om met eerlikheid te kan sien dat dit Ek is as Mens wat alle Euwel Direk skep en so my Ewebeeld en Gelykenis as Skepper gelyk gemaak het as Euwel met die Aardse Bestaan as my bewys van my effektiwiteit in die skepping van Euwels

Ek stel my ten doel om alle Heuwels van Euwels uit te wys dat die Mens Wys kan word en sien wat hier as lewe deur die mens uitgeleef word

Ek stel my ten doel om uit te wys dat die Lig van Geld ‘n skaduwee van skade werp op die ganse mensdom en Aarde in die Algemeen

Ek stel my ten doel om te bewys dat Eiendom en besittingsreg die grootste Euwel is wat bestaan omdat geen mens wat enige iets werklik kan besit nie, want dit is tydelik. Net lewe mag dalk ewig word indien dit ewe aan almal gegee word

Ek stel my ten doel om te bewys dat hongersnood en armoede van baie gebore word deur die Rykdom van ‘n klein deel van die Mensdom

Ek stel my ten doel om uit te wys dat die weegskaal sal wys dat baie te LIG was en dus die Euwels van die wêreld doelbewus misgekyk het net om hulle eie besittings te beskerm

Ek stel my ten doel om uit te wys dat lewe die enigste Roeping is wat die Mens self kan op Beroep

Ek stel my ten doel om eerlikheid as lewe te beoefen en oor te dra aan elke Mens

Ek stel my ten doel om te bewys dat Barmhartigheid en goedhartigheid net bestaan waar Alle Lewe as Een Lewe gelyk geëer word

Ek stel my ten doel om te bewys dat die mens gelyk is aan Euwel en dus alle Euwel kan stop, want die Mens alleeen skep alle Euwel

Dag 9: Wat is Eerlikheid?

1 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat eerlikheid met geld eerbaarheid voorstel, terwyl eerlikheid vir lewe tot verdoemenis lei.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat geld meer waarde het as lewe, tot so ‘n mate dat my gedagtes die hele tyd wentel om geld en geen gedagte toelaat oor die wat sonder geld van hongerte sterf of in absolute armoede lewe, sonder selfs ‘n kans om hulle lewe te verbeter nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat vergelding gekoppel word aan die nie betaling van skuld, terwyl daar geen vergelding is vir die wat sterf van armoede nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die geld sisteem die enigste manier is wat op aarde kan lewe, ten spyte van die duidelike bewys dat dit vir meer as die helfte van die mensdom geen hulp bied nie en  baie dwing na ‘n vorm van dwang arbeid net om geld te kry om te oorlewe.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die geldstelsel die wil van God is, asof God besluit wie het geld en wie het niks, terwyl ek diep binne my weet dat God niks met geld te doen het nie. Dit is alles net die mens se doen en late.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om my oneerlikheid oor geld sover te neem dat  ek self tot God bid om vir my ‘n weg te skep met geld, welwetende dat alle geld en geldsake net die doen en late is van die mensdom.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat om my kinders te leer om alles te doen om eerste te kom in wat hulle doen, ek aan my kinders ‘n vals beeld van self eerlikheid en lewens eerlikheid gekweek het en sodoende die mens en aarde se toekoms besoedel het met die vrees vir die menslike euwel wat ek weet is gekweek net vir oorlewing.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat om met geld te wen, moet ek eerste die euwel daad doen voor dit aan my gedoen word en dat ek hierdie besluit van euwel herdoop het as my eerlikheid met myself, want ek het al so baie ervaar dat waar ek wou goed doen, het ek onder deur geloop. Nou maak ek maar soos al die mense maak en doen my bes om die oomblik van my euwel te beplan op die Nippertjie, sodat ek ten minste die beste kry uit die saak en so na myself kyk. So leer ons mekaar en ons kinders ken en vorseer ons mekaar en ons kinders om eerlikheid so te leef dat die Eie Ek altyd wen en die Geld God altyd die baas bly.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om elke Sondag kerk toe te gaan ten spyte van die feit dat ek weet met geldsake sal ek nooit doen wat die beste is vir lewe nie, maar ek sal altyd dit doen wat verseker dat ek weg kom met geld in my sak. Ek weet ook dat God in werklikheid nie die optrede sal goedkeur nie, maar my stem in die kop oorreed my keer op keer dat ek ‘n goeie saak het en dat God na my sal luister, want Hy sien mos alle dinge en Hy sal noudat ek my bes gedoen het om eerlik te wees, maar aan die einde moes ek eerlik wees met myself en na my eie familie en sake omsien, want ek is seker God sou dit so goedkeur. Ek is nie ‘n slegte mens nie, maar moet na my verantwoorlikhede omsien en sorg vir my familie wat God aan my gegee het.  Ek doen dus God se wil om die familie eerste te plaas. As dit nie so was nie, sou God aan my ‘n teken gegee het dat ek anders moet optree. So spreek die stem in die kop wie ek my leidsman gemaak het in my binnekamer waar ek al my geheime gesprekke voer en beplan, hoe ek gaan wen in die lewe, waar almal teen my is. Maar God is mos met my en waar God met my is, wie kan teen my staan, veral met die geld wat God my gegee het deur my te lei tot waar ek as wenner staan, as die stryder vir God- al is dit eintlik teenstrydig met regte eerlikheid en Jesus se voorbeeld, moet ek God se wil doen en my familie en sake beskerm.

Ek stel my ten doel om self eerlikheid as lewe te herstel tot die enigste eerlikheid wat werklik bestaan en wat sal lei tot ‘n wêreld van vrede en harmonie.

Ek stel my ten doel om die waarde wat in geld geplaas is so te verander en vir alle lewe te staan, sodat geld die simbool word van lewe wat slegs lewe ondersteun en so ‘n einde bring aan die oorlewings euwel wat alle eerbaarheid verdring het.

Ek stel my ten doel om die geld stelsel van skuld tot ‘n einde te bring deur die mens te help om die skille van die oë te was, om te sien hoe onmeetbaar die mens werklik geword het.

Ek stel my ten doel om uit te wys, oral waar die geldstelsel in die hand van die mens pyn en lyding veroorsaak, tot die wat blind is sien en die wat doof is hoor.

Ek stel my ten doel om die dwang arbeid, veroorsaak deur die geldstelsel, tot ‘n einde te bring, sodat almal in Vryheid kan lewe en die rykes nie meer die lewensarbeid van die armes kan koop vir ‘n appel en ‘n ei nie.

Ek stel my ten doel om die stem te wees wat die biddendes tot aandag roep, sodat hulle sien en hoor hoe gebede vir geld onsinbaar is, want met die mens se eie hand en wil kan die aarde omskep word in ‘n paradys.

Ek stel my ten doel om tot die aandag van almal te bring sodat lewe al is wat altyd eerste gestel moet word omdat dit die fondasie van eerlikheid en eerbaarheid is.

Ek stel my ten doel om die stem in die kop van elke mens te ontmasker en om te wys dat die stem nie werklik ‘n geheim is nie en dat die misbruik van die stem as die rigting gewer van besluite, werklik net lei tot ‘n lewenslose aarde wat geen respek werklik bestaan nie, want die Vals Beelde voor die lewensbeeld word gedien asof die lewensbeeld afhanklik is van die vals beeld, wat ‘n totale onwerklike leun is.

Dag 5 : Wensdenkery Lei tot Bedenklike Toestand

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om deel te neem aan wensdenkery waar ek in my kop stories optower wat my pas en my altyd laat wen in die stryd vir glorie sonder dat ek besef dat om altyd my wil as wens as my lewensoorsprong te gebruik,lei tot bedenklike besluite en optrede wat my self respek en integriteit verswak en tot nadeel strek vir my, my kinders en die hele mensdom.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het deur te weier om te sien dat ek in my kop stories opmaak oor almal en alles wat lei tot my afhanklikheid aan my prentjie wêreld, waar ek altyd my wense vervul sodat ek kan goed voel en myself waardeer ten spyte van die bewyse as die aardse realitiet wat oor en oor uitspeel dat stories opgemaak in die kop ander benadeel en verneder in my oog sodat ek as eie ek myself kan meer ag en regmatigheid aan myself toestaan.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek deur ander wonderlike dinge toe te wens, ek eintlik aan myself toestemming gee om ook in wensdenkery te lewe sonder om te besef dat die toordery van wensdenkery nie werklik geloofbaar werk in die tyd en spasie realiteit op aarde nie. Op aarde moet die mens die fisiese verhoudinge tussen mekaar en dinge wat daaruit vloei gelyk as lewenswaarheid eer, want die toewens van gelyke geluk sonder die praktiese skepping daarvan lei nie tot die versekerde uitkoms wat meetbaar beste vir alle lewe is nie. Net die praktiese doelbewuste gee van wat seker is en bepaalbaar is kan gegee word in die maat wat gelykheid van lewe eer sodat elkeen kan ontvang wat in gelyke maat gegee word.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om myself oor te gee aan wensvervulling instede van praktiese lewe in spasie en tyd wat sal lei deur praktiese gelyke gee/ontvang verhoudings patrone tot ‘n aardse ervaring en bestaan wat so na aan hemel is as wat mens moontlik is.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om myself en my nasate en my naaste toe te laat om oorgegee te word aan die geldgod as die enigste een wat alle wense kan vervul en selfs my gebede so ontwikkel het dat my wense se vervulling verdoesel word in die gebed in mooi woorde sodat my gebede beter klink as wat dit werklik is en dat ek nie enige werk maak daarvan om as mens saam te werk met my naaste om Jesus se boodskap te vervul deur die lewe as eweredigheid en gelykheid hier op aarde in te stel deur saam te stem om te gee soos elkeen wil ontvang. Instede wag almal om eers te ontvang voor daar oorweeg word om te gee en neem basies sonder om te vra net omdat hulle die geldgod se mag ontvang het om te kan vat en die reëls van aarde so te verdraai dat die lewe elke dag op alle maniere verraai word.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om met gemak en emosie die eenheids en gelykheids stelsel wat die praktiese toepassing is van Jesus se leringe as wensdenkery af te maak net sodat ek my eie ek se wense kan hoër ag as die reg tot lewe wat een ewe maat aan almal gegee is en toekom en dat ek die eie ek se wensdenkery as my dryfkrag gebruik wat my motiveer en regmatig laat klink, ten spyte van die bewyse op aarde dat die eie ek se aardse bestel reeds die helfte van die mensdom in hongerte gedompel het, tog stop ek nie myself nie, want my geldgod is met my.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het vir myself om die wensdenkery van die eie ek aan die genade van die geldgod se gawes gekoppel het en so die lewe verderf het tot’n hoerdery en tot die soeke van gierigheid en koppelary wat altyd net tot pyn en lyding van die menigte lei.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om te lewe in my oneerlikheid om die eie ek se wense eerste te stel en so die wêreld sisteem ingestel het om stelselmatig alles wat regmatig lewenswaardig is, te vernietig en te vervang met die wensdenkery van die eie ek se vals beeld van wens om sodoende die heerskappy van wensdenkery op aarde eerste te stel.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek deur die wensdenkery in my naaste te eer as vrye keuse ek aan myself die reg gegee het om ook in wensdenkery te lewe, want as almal dit mos doen is dit om te ewe.

Ek stel myself ten doel om alle wensdenkery in my kop te stop en om wat ek toelaat het een te maak met wat prakties gelewe kan word op aarde in maniere wat lewe as ewe eer sodat lewe eerste gestel en die kop nie langer geëer word nie.

Ek stel my ten doel om waar die aardse stelsel die lewe verneder het tot die prentjie in die kop wat die eie ek en die geldgod eer, dit tot almal se aandag te roep totdat almal hoor en weer na lewe terugkeer.

Ek stel my ten doel om lewenswaarheid as gelykheid te herstel as die enigste weg en die waarheid as lewe.

Ek stel my ten doel om dit na te jaag wat werklik in die fisiese spasie en tyd van aarde kan bestaan op maniere wat lewe as gelyk eer.

Ek stel my ten doel om self eerlikheid tot die regmatige plek op aarde te verhef sodat elkeen weer kan terugkeer na regmatigheid deur hulself te herstel as lewe deur die gif van die eie ek te verwyser deur self vergifinis.

Ek stel my ten doel om die lewe as dryfkrag te wees om sodoende ‘n voorbeeld te wees wat lewe is ten spyte van die baie wat sal skreeu vanuit hul vals beeld paleise dat die mens nie menswaardig is nie, en dat net die geldgod almal sal kan red as die geldgod onvoorwaardelik geëer word.

Ek stel my ten doel om ‘n stelsel voort te bring wat aan almal die geleentheid sal gee om die vals beeld van die eie ek te vergewe sodat lewe hier op aarde weereens dit sal wees wat asem haal.

Ek stel my ten doel om as enigste keuse altyd lewe eerste te stel en so ‘n einde te bring aan alle keuses wat die eie ek se bestaan moontlik maak.

Dag 4: Was Jou kind se Brein, Pa en Ma!

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die manier waarop my kind geleer word van die wêreld, die beste manier is sonder dat ek besef het ek breinwas my kind om dieselfde foute te maak as wat ek gemaak het.

Ek vergewe myself dat  ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek nie die reg het om my kind te leer wat beste is vir lewe nie en instede dat ek geleer het van my foute en die foute van die mensdom, het ek maar net aangegaan om die sondes van die vaders voort te plant in die saad van my afstammelinge soos’ n ondier wat net nie die bose kan laat staan nie.


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om my kinders die kuns te leer van oorlewing alwetende dat ek hulle leer om te lieg en bedrieg want dit was hoe ek my weg deur die lewe gevind het, deur die dinge wat ek nie kon sien of verander nie, as aanvaarbaar te plaas terwyl ek weet ek belieg die lewe en loop nie dit wat waaragtig die beste vir alle lewe is nie.

Ek vergewe myself dat  ek nooit die kerk bevraagteken het toe ek bewus word dat die wat die lewende woord moes beskerm as lewe,  hulle hande in onskuld was as dit kom by die sake van die goewermente en so die bose losgelaat het in alle maniere sodat die geld god totale oorheersing oor die aarde bekom het, tot so ‘n mate dat nie eers ‘n handvol mense met lewe meer gevind kan word nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om my kinders te leer dat geld meer waarde het as lewe en dat mens moet eerlik wees met geld, maar oneerlik met lewe, en dat geld die mag het oor lewe en dood sonder dat ek of my kinders enige-iets voel of ons ontferm oor die wat deur geld van hul lewens beroof word.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het  om lewe en die diens wat lewe toekom afhanklik gemaak het van geld en profyt en dat ek my kinders die dood voor die oë gesweer het as hulle nie die sisteem van geld leer ken om seker te maak hulle oorlewe nie en dat ek op geen stadium werk gemaak het om die werklikheid van lewe vir almal te beskerm nie, al het die gekerm soms my ore bereik, het ek net gesê dat die armgatte verlore is en wel sal geld kry as hulle hulle hulp op die geld god werp dat hy hom sal ontferm, net soos die geld god hom oor my ontferm het. Ek het, dit is die geheim, met my kinders bespreek dat die geld god dit wil hê dat elkeen vir homself sorg deur die geld god lief te hê bo all dinge, sodat dit duidelik kan wys hoe groot en onoorwinlik die geld god werklik is en ek het dit aan my kinders bewys dat net een wat mal is hom ooit sal keer teen die geld god soos die baie wat in tente en skuilings lewe bewys. Laat jou gebed gaan elke dag na die god wat hom oor jou ontferm en die geld sal stroom uit die fontein van die lewe sodat god as geld kan wys wie is die baas op aarde.

Ek vergewe myself dat  ek myself toegelaat het om my siel te verkoop aan die geld god en dit wragtag reggekry het om so effektief vir myself te lieg dat ek glo dat die geld god die ware god is terwyl die lewe ly voor my aangesig en ek my kop net wegdraai sonder dat ek iets voel, want wat gebeur met die wat ly, is volgens my die wil van die geld god en waag enige een om die geld god te bevraagteken sal ek oorgaan tot geweldadigheid en selfs daad, om die eer van my geld god te beskerm.

Ek vergewe myself dat  ek dit nooit oorweeg het on eerlik te wees met myself oor wat ek werklik toegelaat het nie en dat ek sodoende my kinders en nasate verdoem het tot die ewige verdoemenis van die geld god - generasie na generasie ons almal sal dwing om in leuens te lewe terwyl ons met gefynsde gesigte lag en ons lot aanvaar want ons was SoDom dat ons nie nag a-More om gesien het as lewe nie. Nou het ons die paradys van lewe omskep in masjiene wat ons prober oortuig dat ons geen ander god het as die geld god nie.


Ek stel my ten doel om toe te sien dat alle ouers wakker word en hulle kinders leer van die lewe om te verhoed dat die sondes van die vaders die lewe van die kinders steel en dit aan die geld god offer as bloed offer van toewyding aan die geld god.

Ek stel my ten doel om te bewys hoe die ouer, die onderwys en kerk die kinders tot die geld god verlei sodat die lewe nie meer sigbaar is in enige oog nie.

Ek stel my ten doel om my lewe te wy om weer die lewe terug te bring in die oog van elke kind en om die geld god te vernietig met sy eie krag deur gelyke geld aan almal toe te wei dat almal mag lewe sonder die straf van die geld god wat heeltyd ondergang belowe as mens nie bly by die geld god gelowe nie.

Ek stel my ten doel om eerlikheid te herstel  tot sy regmatige plek sodat eerlikheid nie meer aan die geld god gekoppel word nie, maar dat eerlikheid aan lewe gekoppel word sodat mense mekaar nie meer kan benadeel in die naam van die geld god nie.

EK stel my ten doel om die mensdom te wys hoe dom mens moet wees om Sodom te wees om die geld god te vertrou en so jou lewe te verkoop vir niks, net ‘n gejaag na wind wat met die laaste asem ophou waai.