Showing posts with label ydelik. Show all posts
Showing posts with label ydelik. Show all posts

Dag 8: Ken net ten Dele

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek net ten dele kan ken en my so ‘n verskoning gegee het om nie verantwoordelikheid vir my lewe en alle ander lewens op aarde te aanvaar nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek net ten volle kan weet teen die einde van die tyd, SONDER om te sien dat elke oomblik in tyd die einde van die tyd van baie besluite aanbreek waarvan ek kan leer, maar omdat ek die einde van die tyd doelbewus nie wil verstaan nie, leer ek niks van die einde van die tyd in elke oomblik, om op aarde ‘n lewe van waarde te vestig nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat daar ‘n tyd is vir alle dinge, maar ek weier om te leer van die tyd wat eindig in elke oomblik sodat ek my besluite kan versterk om sodoende ‘n aardsbestaan te skep wat beste is vir alle lewe.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat tyd soos ‘n gety werk, wat die vorm aanneem van goeie tyd en slegte tyd. sonder dat ek leer van die einde van die tyd in elke oomblik, om so oor tyd te heers en op aarde dit te skep wat beste vir alle lewe is.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om goeie tyding te koppel aan die koms van Jesus in plaas van om die tyding te wys wat van tyd leer, in so myself gelyk te stel aan die voorbeeld van Jesus en so Vrede en Liefde op aarde te vestig as die enigste manier waarop dit kan bestaan, naamlik waar alles gereël word in gelyke maat op die manier wat beste is vir alle lewe.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die wêreld van tyd net ‘n skynbeeld is en dat ek eers werklik kan sien na die dood wanneer ek volgens my geloof die tydlose ingaan, sonder om te sien dat waar tydloosheid bestaan, kan ek niks leer nie en as ek nie leer in die tyd wat aan my gegee is nie, ek nie die tydlose kan ingaan as die ewebeeld en gelykenis van God nie, want ek het die ewebeeld en gelykenis wat aan my gegee is ydelik gebruik en was so ydel dat ek niks geleer het van die einde van die tyd nie en dat ek my kans as lewe so verydel het, geloof gebruik het om ydel met kop omhoog te loop en te verklaar dat, omdat ek gekies is om die ewebeeld en gelykenis te verteenwoordig hoef ek niks te doen nie, want ek is die spesiaal verkose van God, sonder dat ek besef, wat gegee is kan weggeneem word en deur my talente nie in werking te bring in werksaamheid om te bewys dat ek die gawe van ewebeeld en gelykenis waardig is nie, tot my ondergang sal dien waar net die klaagliedere van my wederegtilikheid sal oorbly, omdat ek dit tot te laat gelos het om wel op te staan as lewe vir lewe.

Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings, uit te wys dat almal altyd ten volle kan.

Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings uit te wys dat in elke oomblik die einde van die tyd hier is om van te leer, hoe om die reëls op aarde te stel dat werk op maniere wat beste is vir alle lewe.

Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings uit te wys dat die tyd vir alle dinge oorheers kan word met wat beste is vir alle lewe.

Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat die gety nou is om van die einde van tyd in elke oomblik te leer.

Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat om te wag vir Jesus en nie as sy voorbeeld hier in lewende aksie te staan nie, is ‘n mors van tyd en lewe en wanneer tyd verlore gaan word mens tydloos en kry jy die tyd nooit weer terug nie.

Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat die ewebeeld en gelykenis van God as mens ydelik gebruik word en dat almal wat die naam van God ydelik gebruik sekerlik sal sterwe.

Dag 7: Die Kop wat Raas

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat my gedagtes myself is, sonder dat ek dit as maatstaf gebruik om net eerlikheid na my binneste oordele van ander te kyk en te sien wie ek werklik is as hoe my kop werk en as wat ek deelneem in die werk van die werklikheid van lewe op aarde.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die geraas in my kop te glo as maatstaf van lewe sonder dat ek verstaan en begryp hoe my kop se vrugte van geraas gegroei het van niks tot die energieke warboel wat my altyd die baas van die plaas maak soos in ‘n kooporasie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het en in alle eerlikheid nie besef het dat ek met geboorte geen denke gehad het nie en eers mettertyd leer dink en in taal geleer was en dus in werklikheid net die ikoon van kloning is wat die gevolg is van wat ek geleer en gedink het van ander dus eintlik nie werklik die waarheid is nie maar net die sondes van die vaders is wat ek help aanteel deur gedagtes wat mekaar te laat teel in die geboer en remoerdery van my persoonlike geheime gedagte wereld sonder dat ek bekommerd word en besef dat ek eintlik kyk na die Ware Ek wat ek toegelaat het om tot stand te bring en so die lewe op aarde toegelaat het om totaal opgevoeter te word.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat  en aanvaar het dat ek ten spyte van myself as voorbeeld my kinders geleer het om gedagtes te eer en hul gedagtes eerste te plaas, in plaas van die lewe, teen spyte van die gereelde demonstrasie deur die lewe, dat die dood ‘n einde aan gedagte bring.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om lewe gelyk te stel aan die EIE EK van gedagtes sonder om te sien hoe verdag die optrede van gedagtes is in die natuur van hul oordeel waar ek myself toelaat om my gedagtes die reg van oordeel te gee, waar ek altyd reg is sonder om te hoor wat Jesus gesê het - oordeel nie want so sal jy ge-oordeel word, betekende dat wat jy in jou gedagte toelaat sal die Vlees Word wat jy lewe as lewende Woord.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat ek nie besef het dat die Lewende Woord van die Vlees die Lewe op aarde skep en dat die gemors begin met die gemor in die kop waar gedagtes elke dag beplan tot dit die dagloon word wat die lewe verloon.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat eerlikheid nooit ontwikkel het tot die besef dat wat eerste was, wel lewe was, maar dat ek toegelaat het dat lewe verydel word, deur die lewe ydelik te gebruik in die Naam van my gierigheid om MY EIE EK altyd Eerste te Plaas, en so doende lewe op AARDE verwoes het op elk manier moontlik sonder om my self te stop en tot regstelling te ruk.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat ek die waarheid van die lewende woord wat ek toegelaat het op aarde met beelde voor my as mooie prentjies te plaas om nie te sien wie ek werklik  as werklikheid is nie, want ek het my gelyk gestel as die beelde van skoonheid wat in die ware werklikheid nie skoon is nie, maar wat as my verskoning kies om my die Reg te gee om my Eie Ek Eerste te stel as al wat ek EER.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat ek myself nie tot oordeel geroep het oor die leed wat ek op aarde toegelaat het nie, en die woord van die lewe oor gedeel het tot leed nie meer bestaan nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat ek die leed van oordeel lewensreg gegee het in my gedagtes soos n krimineel sonder om die verdagte optrede te sien van hoe dit werklik werk om die leed te veroorsaak hier op aarde nie.
Ek stel my ten doel om alle gedagtes van alle mense tot oordeel te roep sodat leed op aarde tot einde kan kom en slegs dit wat beste vir lewe as die lewende woord as vlees toegelaat word.
Ek stel my ten doel om die ware betekenis van lewe as die lewende woord tot wording te bring sodat lewe eerste gestel word en die vals beeld van die EIE EK verdoem word vir wat dit werklik is totdat net lewe hier is waar geen geheime meer bestaan nie, want alles is oopgemaak om te sien wat werklik as werklikheid toegelaat was.
Ek stel my ten doel om te wys hoe die skepping deur die gedagtes die god's verlatenheid op aarde geskep het deur die God van die lewende woord verlore te laat as die verdagte van gedagtes waar die god die lewe verlaat het sonder om verantwoordelikheid te neem vir die antwoord van die lewende Vlees as die Lewende Woord wat werklik die ooga van die Naald is wat die Matjies Kombers aan mekaar werk om die prent van die lewe te Vorm.