Showing posts with label ewebeeld. Show all posts
Showing posts with label ewebeeld. Show all posts
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
aarde,
bernardpoolman,
boodskap van jesus,
Desteni,
ekonomiese sisteem,
ekosisteem,
eqafe,
ewebeeld,
geleentheid,
gelykenis,
lewe,
ouer,
politiek,
skuld,
tyd,
vrees,
waarde
Ek vergewe myself
dat ek myself toegelaat het om te Anvaar dat die Geleentheid op AARDE om lewe te ervaar
- nie gelyk is vir alle lewe nie, en
dat die verarming en misbruik van lewe geen verleentheid wakker maak in die bewustheid van die mens nie.
Ek vergewe myself
dat ek myself togelaat het om te lewe asof ek NIE op geleende Tyd is nie, sonder om the besef dat alle bewyse van die GRAF
daarop wys, dat Niemand Tyd Besit nie, en
dat almal net bestaan op geleende tyd wat
afhanklik is van die Natuur van die Aarde om ‘n
ekosisteem te voorSIEN aan almal gelyk, Maar
die Mense het die VoorSIENIGHEID Ongelyk
gemaak, en dit wat Gratis gelyk gegee word - met die bloed van lewe gekoop, om Sodoende
die Ewebeeld en gelykenis van lewe vernietig - deur die waarde van lewe NIETIG te Verklaar
deur die MANIER Waarop lewe op Aarde Bestuur word as EKOnomiese
sisteme waar net RykDOM bepaal wie bereik ‘n Bestaan wat waardig is as lewe, waar die RES
uitgestort word SOOS RESTE Sonder waarde.
Ek vergewe Myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het
het om LEWE om te Draai na EUWEL deur die
EKOSISTEEM wat die VOORSIENIGHEID aan alle
LEWE gelyk Voorsien het Te BeDUIWEL, wat WEL aanDUI dat die Mens die LEWE vir ‘n POT LENSIESOP verkwansel
het, en dat die Verkwanselling TOT op ELKE
KANSEL goed gepraat word en so van die KERK die Slagveld Gemaak het waar Lewe
Ingekerker word as Slawe van die wat Geen
Respek vir Lewe het nie, Maar net na Hulle
Eie Sak kyk, terwyl die Ongelykes in Sak en AS gelos word om seker te maak die
RYKES kry Alles van AL wat is op AARDE.
Ek vergewe myself
dat ek myself toegelaat het en Aanvaar het om nie te SIEN dat die GEVAAR om die
lewenswyse van die mensdom te AANVAAR waar
lewe Ongelyk behandel word - Sal LEI tot die Verkwanselling
van die Ewige lewe, Terwyl Lewe op AARDE as geleende TYD die TOETS was om te SIEN WIE gaan die GAWE van LEWE OMSKEP as EWEBEELD en GELYKENIS van EWEGE LEWE om Sodoendende die EWIGE LEWE te Ontvang
deur dit te GEE, want soos jy gee sal jy ontvang.
Ek vergewe myself
dat ek myself toegelaat het en Aanvaar het
om die Boodskap van Jesus van ‘gee en jy sal
ontvang’, vervang het deur mekaar gevange
the Hou in SISTEME van SKULD beskerm deur
die SWAARD en SKILD om te verseker dat die wat GEWETENLOOS is, wegstap met die
OORWINNAARS se Waarheid van Lewensmisbruik,
Terwyl die aarde die Geleentheid is om Selfbelang
te OORWIN om die Eenheid en Gelykheid van
lewe te bevestig as Self, en So as OORWINNAAR
te tree in die INNERLIKE Stryd van SelfBelang en Sodoende Lewe Eerste Stel as
die Enigste Waarde wat in ALLE Ewigheid Werklik Bestaan.
Ek stel my ten
doel om die Bedoelings van die Mens te Bevraagteken waar dit Indruis teen die
Belang Van Lewe wat Een en gelyk aan almal gegee is met geboorte.
Ek stel my ten
doel om die MensDOM daarop te wys dat LEWE ‘n Gawe is wat Verloor word deur die Besluite wat
die mens maak wat LEI tot die Lyding van LEWE in SelfBelang.
Ek Stel my ten
Doel om aan die HART van ELKE Mens te Klop en te Wys dat die HART van die Mens
VERHARD is want dit is nie meer Lewe nie, maar
is die EuWEL wat Nou as Lewe op Aarde
aanvaar word.
Ek Stel my ten
Doel om daarop te Wys dat Geen Mens Wat toelaat dat lewe MISBRUIK word, ooit die Ewege LEWE Sal ONTVANG NIE.
Ek Stel my Ten
Doel om Daarop te Wys Dat om Dankbaar te wees VIR die Gawe van Lewe en die
Voorsienigheid wat Lewe op Aarde Ondersteun, is Waardig Indien die Waarde Van Lewe - gegewe ewe aan Almal
Gereflekteer word in die Lewenssisteem
wat die DOEN en Late van die Gemeenskap Reguleer, Maar Indien Lewe nie Geëer word nie, Dan is die Dankbaarheid Vals want
mens Val in die Klug dat om die Skepper te Eer
die weg tot die Ewige Lewe is, Terwyl Dit Duidelik nie So is nie, Want
Eerbaarheid is om dit wat Eerste is vir
Almal, Eerste te stel as die Eerlikheid dat die Gawe as Lewe Gelyk is, en dat die
Gelykheid as Lewenswysheid WYS dat Dankbaarheid in Praktiese Lewenswyse IS wat
GEE soos dit Ontvang om die EWEBEELD en Gelykenis te WAARDEER, en SODOENDE te BEWYS dat die GAWE van LEWE die
ENIGSTE Werklike Waarde is was ooit kan
Bestaan. Die Wat LEWE nie EWE toepas is nie
LEWE nie en is Dus Nie Dankbaar nie. Die Wêreld Sisteem TOON AAN
dat Dankbaarheid Huidiglik net n KLUG is want die Ekonomiese, Politiese, Opvoedkundige en Alle Ander Sisteme wat
die Wêreld REGULEER, Dui aan dat die mens nie REG ge-LEER word wat WERKLIK van
Belang is op AARDE nie. Die Verskoning dat dit net die AARD van die mens
is, is ONKUNDE want die OORSAAK wat OOR en OOR gebeur is Hoe Elke Kind geleer
word en ONTLEWE word in die Belang van die VREES van die OUER.
Posted by Bernard Poolman | Posted on
My gesag word ondermyn en dit het te doen met wat ek sien as
myne. Gesag is gewoonlik nie sag nie en die uitoefening van gesag is
gewoonlik gepaardgaande met aggressie, geweld en beheer, fisies of in
woorde.
Ondermyning van my gesag is waar my selfwaarde ontwrig word deur
die gebeurtenisse wat my laat voel dat ek nie in beheer is nie. My gebrek
aan beheer dui aan dat die gesag my beheer en my heer is. Die
gesag is dan ook dit wat my posisie aan myself weergee. Wanneer
ander my gesag nie respekteer nie, is my selfwaarde as posisie
bevraagtekend. Dit dui aan dat dit waarop ek my selfwaarde baseer, nie
waar is nie. Die bas noot van die klank van my woord ontbreek dus. Die
feit dat dit onder is in ondermyn beteken dat die gebrek aan selfwaarde net
aangedui word, wanneer my oorspronklike motivering vir gesag bevraagteken word
op een of ander manier. Dus is die ondersoek van alle dinge veral die
ondersoek van dit wat onderliggend is aan my selfwaarde dringend nodig.
Onderliggend is die fondasie van my lig van verstaan en dit wat my oplig.
Wanneer die fondasie nie ‘n ware fondasie is wat die lewe en beeld van die lewe
waardig is nie, dan vind ek dat ek maklik ondermyn kan word.
Wat my fondasie is, is die feit dat my werklike selfbeeld
die beeld van die lewe is wat in fisiese vorm uitgedruk word as persepsie,
klank, gevoel, kreatiwiteit, liefde, woorde, wysheid ens. Wanneer die
onderliggende selfbeeld se definisie ontbreek, word ‘n vals selfbeeld geskep en
ons blaas dan ons beul trompet baie harder en sê Kyk, hier is ek, Kyk wat kan
ek doen!, Kyk, ek is beter as jy! Kyk, whê, whê, whê, whê, whê! Die
ondermynende inligting wat aan die mens geleer word is die onderliggende rede
vir konflik op alle terreine van die lewe. Voorbeelde van oorlewing, kompetisie,
wen, woede, manipulasie, gierigheid, dreigemente ens. Om nee te sê vir
die beheer van ons onderliggende fondasie deur die beheer van inligting en ‘n
gebrek aan kennis van hoe die onderliggende basis van selfbeeld van die mens
werk, bring bevryding, en die geleentheid om die lewe weer toe te pas met ‘n
passie wat werklik liefde en vrede uitleef.
Aan die vrug sal die boom geken
word en die vrug is ons woorde. Ons woorde vorm dan die fondasie van ons dade
en na die bewuswording van ons wording as woorde is daar ‘n tyd wat ons eers
moet skoonmaak met vergifnis en deur die toetse van versoeking gaan om te sien
of ons werklik verander het. Elke aksie moet dus ondersoek word om te
sien wat die onderliggende motivering van die aksie is. Dus, waarop is
die aksie gebaseer en waar kom die inligting vandaan wat die aksie motiveer en
wat is die doel van die inligting wat die aksie motiveer. Hierdie proses
is waar ons proe aan elke aksie en dit ondersoek om te sien of dit
werklik is wie ons is. Werk ons aksies dus binne die basis van doen
aan ‘n ander wat jy aan jou gedoen wil hê, asook, is ek lief vir myself wat my
toelaat om ander te verstaan en lief te hê. Wanneer die onderliggende
fondasie van jouself nog nie gevind is nie, word jou siel nogtans verkoop
aan omstadighede, en moet jy uitvind wie het jou siel in pag, die
omstanders wat deelneem aan jou lewe en wie in die kleine en die groter wêreld
jou beheer en jou optrede bepaal.
Sê nee en proe aan die proses van genesing van jouself, jou
selle, en weet dat jy altyd die selle is, gister, vandag en tot in all
ewigheid. Wanneer hierdie inligting nie die onderliggende fondasie van
jou lewe is en in volle verstaan word nie, ondermyn jy jouself en is dit tyd om
nee te sê vir alles wat die inligting verdraai en jou siel verraai. Hou
op om te raai wie jy is, ondersoek jouself en sien wat in jou selle geskryf
is. Die kwessie van die gees is gewillig, maar die vlees is swak, is die
lewensplek wat misbruik word om die inligting te verdraai en raai, raai, riepa te
speel. Hou op om jouself te veraai deur toe te gee aan die raaisel van
die lewe soos voorgestel deur die wat nie verstaan nie en wat nie die ewebeeld
van God wil uitleef nie. Verstaan is verstaan - om nie te
verstaan nie, is om nie te verstaan nie. Weet is weet, nie weet nie
is nie weet nie, wie is jy? Weet jy of nie? Verstaan jy of nie? Vra
God om jou te wys en vind uit vir jouself.
VAN OORDEEL NA BEWUSTHEID
Oordeel is wanneer ons ons Oor deel met ander. Dit is
‘n aanduiding van ‘n gebrek aan bewustheid en verantwoordelikheid, want ons wil
nie ons eie antwoord en woorde glo nie. Bewustheid is die wiskunde van
aksie en gevolg, dus woorde en dade. Aksie en gevolg is die natuurlike
uitkoms van uitdrukking in vorm, weereens woorde en dade. Dus die
natuurlike gevolg van ons doen en late. Bewustheid is die verstaan van
die gevolg van doen en late. Wysheid is om die aksie en gevolg uit te
voer met bewustheid sonder om jou aan die oordeel (van ander en jouself) te
steur en sonder om jou Oor met ander te deel want jy verstaan die groter
prentjie. Jy skilder jou eie skildery sonder skuld en sonder om ‘n skild
te dra om jou te verdedig, want jy vind God se vrede.
Die gevolge van oordeel het as doel die doelbewuste
bewusmaking van die mens as bewustheid in vorm. Dit wil sê dat die wil
van die lewe is die bewuswording van die mens deur die Oor te deel met
pyn en smart. Om dus die pyn en smart te verminder, moet mens die
mindere wees en die oordeel laat gaan. Oordeel en die verstaan van
die mindere is net moontlik met die bewustelike verstaan van die lewe.
Die beteken nie om nie ook in aksie oor te gaan nie. Aksie met volle
bewustheid dirigeer die lewe soos ‘n orkes en eers aan die einde is die volle
waarheid van bewustheid, alhoewel die bewuste aan die begin bewus was van
die waarheid het die die bewustheid nou in aksie oorgegaan. Die
aksie vir die blinde en dowe sonder bewustheid, maak die dowe en blinde baie
bewus van hulle gebrek aan bewustheid deur die gevolge van hul onbewuste
optrede ( Dit is bekend dat blindes se sintuie soms beter ontwikkel is en
gebruik word as die sienende persoon). Die wet van die lewe is die wet wat die
natuur as voorbeeld aangee vir die mens om na te volg as hy wil en so te leer
waar sy waarheid te kort skiet in verstaan.
Die menslike natuur volg, of die natuur van die lewe, of die
natuur van die sondes van die vaders. Die gevolge is natuurlik binne die
natuur wat die mens volg. Op die huidige oomblik is die mens op sy
blindste, want al die vals lig of sal ons sê onnatuurlike lig van menslike
skeppings onder die sondes van die vaders verblind die mens vir die
natuurlike lig van die lewe en in die proses word die natuur verwoes. So
as dit woes gaan met die mens, dan broei ‘n storm uit en die kleintjie wat nou
groot gemaak word as ‘n gevolg aan die verwoesting, is die besoek van die dier
as mens. So skep ons woeste tuine as woestyne. So is die kringloop wat
die mens loop tot hy die kring sien en dan lui die klok en dit wat lok en
uitlok, word gesien vir wat dit blok – die lig word geblok deur dit wat
uitlok. Sê nee vir die lok van uitlok en word genees.
Ontblok
jouself. Sê nee vir die verwoesing op die planeet en word genees van
verwoesting. Sê nee vir die onnatuurlike lig wat die natuurlike lig
verblind en word genees van blindheid. Sê nee vir oordeel en waarmee jy
jou Oor deel en word genees. ‘n Genesing wat jou jou oorspronklike deel
aan die lewe oorgee. Die nee van genees, die gee van oorgee en die Oor
van oordeel. Laat alle ore hoor voordat die 2 ore van gebore die 1
oor van oorlede word, en stof tot stof, net stof tot nadenke los in die
bedenklike toestand wat die mens se denke nou is. Dan is die pyn van
tandetrek die toestand wat weer verstand aan die omstandighede gee waarin ons
beland het.
KOM VAN BEKOMMERD
Wanneer die vrees my bekom van wat my toekom, dan
verander my onsekerheid van my eie vermoë van uitdrukking in
bekommernis. Ek wil graag hê my toekoms moet so seker wees soos die vorm
van ‘n komkommer, anders word ek bekommerd. Die enigste realiteit van bekommerdheid
is die prentjie van bekommerdheid in my kop waaraan ek regte waarde
heg. Wanneer ek egter in die situasie beland waaroor ek my bekommer, is daar
verskeie moontlikhede. Ek kan die prentjie in my kop uitleef as ‘n
uitdrukking van wat binne in my aangaan, want die prentjie is deur my
geskilder. Ek kan die situasie sonder vooroordeel benader en dan my
bewustheid toepas as vorm en verstaan en kan ek sien hoe die
lewe voor my ontvou. As ek die kans nie neem nie, dan vou ek voor
ek by die toekoms kom en die ontvouding ( gewaarwording ) wat my toekom,
ontvou nooit in ‘n noot nie. Wanneer die prentjie in my kop
deur my as my waarheid uitgeleef word, het ek darem die geluk dat wat ek geglo
het, waar geword het. Maar as ons hierdie aap uit die mou laat, sien ons
dat die bewys van ons geloof nie geloofwaardig is nie.
Die sprokie wêreld waarin ons leef is soos ‘n sprokies karakter wat gedurig aan
homself wil bewys dat hy reg is en geloofwaardig is en dat sy evaluasie en
prentjie van ‘n situasie reg was. Die waarheid kan egter net ervaar
word wanneer die mens in elke oomblik onvoorwaardelik toelaat dat die lewe
ontvou en dan deelneem aan die ontvouding deur in die oomblik van die
gebeurtenis, jouself toe te pas as die lewe in uitdrukking volgens die
natuurwette.
Net soos die boom buig voor die wind waar die wind nou waai
en die boom se blare musiek maak in die wind, pas ons ons vryheid dan toe in
die ontvouding van die oomblik deur daaraan deel te neem volgens ons huidige
vlak van verstaan. Die meester van die situasie is dan die mens wat die
beste maak van elke geleentheid en sien dat dit net geleen is en in ‘n oomblik
verby is en dan is die volgende oomblik hier om aan deel te neem. Die
brommer van bekommerdheid is die mens wat alles bepaald wil hê voor hy/sy
daar kom. Die gebrom as alles nie uitwerk soos die prentjie in die kop
nie, is ‘n geraas wat ook met die volgende geleentheid daarna oordonder
word. Nou is die lewe dieselfde – brom van oomblik tot oomblik. Om
nee te sê aan die verwagting dat alles volgens die prentjie in my kop werk,
genees jou en laat jou toe om die polsslag van die oomblik te voel en dan met
jou volle deelname die oomblik volgens jou keuses en verstaan te beïnvloed en
te ervaar. Geen vrees nie wetende dat die vaderlike wet van
elke oomblik net die beste verlang vir elke kind van die vader.
Wanneer ons verlange en vertroue in die vader die verlange en vertroue van die
vader van lewe ontmoet, leef ons ten volle en is ons vervul.
Laat ons nie toelaat dat die groot onderdrukking van onsself
voortgaan deur prentjies wat ons skilder en nie verstaan nie, want dan is ons
lewens gebrekkig. Openbaar jouself nou en sê nee vir die onderdrukking van
jouself, lewe die lewe van die Vader van volheid en volmaaktheid sonder om jou
te bekommer.
Posted by Bernard Poolman | Posted on
DIE WONDER VAN WONDERLIK
Al ooit gewonder wat wonderlik beteken? Wonderlik is om die wonde te genees van die kere wat jy nie nee gesê het en jouself eerste gestel en jouself ge-ëer het nie. Daar waar jy jou waarheid vertrap het vir die goeie woorde van ander en toegelaat het dat ander se woorde en dade jou wond, is die begin van wonderlik. Wanneer jy sien dat die wond deur jouself veroorsaak is deurdat jy nie nee gesê het nie, help jou sien hoe jy jouself gewond het en vergiftig het en in hel gesit het. Wanneer jy verstaan hoe jy jouself vergiftig het, kan jy vergifnis doen. Met die sien van die waarheid, vergewe jouself en vergewe ook die ander wat skynbaar aan jou iets gedoen het. Vergifnis is die sleutel om wonderlik te ervaar. Dan lek jy nie meer jou wonde nie en wonder nie meer oor die lewe nie, want jy sien die ek van jouself wat die gif/geskenk gebring het. Dan wonder jy nie meer oor wat môre sal bring nie, want jy voel en is wonderlik en die lewe is wonderbaar en die openbaring baar ‘n nuwe môre wat in plek is wanneer jy daar kom. Net soos die voëls van die veld gevoer word, so is jou pad dan wonderbaar en die dade wat groter is soos deur die Meester Jesus aangedui, word duidelik en jy kan dan ook jou meeste wees en wanneer jy jou meeste is, is jy jou eie meester. Wonderlik, is dit nie?
EK SKIET MY IN MY EIE VOET
Om te skiet het ons ‘n patroon nodig. Wanneer ons onsself in die voet skiet, dan loop ons moeilik. Die patrone van ons lewe is in ons ingeoefen van kindsbeen af en is die patrone van die sondes van die vaders wat ons besoek tot in met die sewende geslag. Met die slagting van die sk-ape wat kom van ape, vergeet ons ons lag. Om die patrone te indentifi-seer en te verstaan bring die moontlikheid van genesing en vernuwing. Wanneer ons dan nee sê vir die patrone, genees ons. Om te trots te wees om na eie patrone te kyk, is dan die troon wat die siel onttroon. Dit is een van die skille van verskillende patrone wat ons laat skildig voel en alle soorte prente van hel en vuur in ons koppe skilder. Wie skilder die prentjie? Wie verkoop die siel van die mens met n skildery wat die ewebeeld van God nie waardig is nie? Wie hou die waarheid dig met skul dig of is dit kul dig?
Patrone wat ons aanneem word onder verskillende woorde beskryf in die boek. Wanneer jy die patroon in jouself sien, vergewe jouself dat jy jouself toegelaat het om daaraan deel te neem en sê nee elke keer as die patroon opkom om jou te onttroon as kind van God. Onthou dat die patroon op verskillende maniere as versoekings aan jou gewys sal word deur al jou kennisse/vriende/familie en gemeenskap van goed en kwaad. Ont hou jouself dan van deelname aan die patroon deur nee te sê vir jou deelname en dan sal jy nie meer hard wees op jouself deur jouself te oordeel nie. Wanneer ander jou oordeel, oordeel hulle net hulself – Gee aan hulle ‘n boek en bespreek die woord en die krag van die woord. Bespreek die plan van die planeet waar daar genoeg is vir almal om te eet en moenie dat die spel van n preek die waarheid van God se woord weerspreek nie. In elke woord wat ons spreek, spreek God met ons tot ons weer ons waarheid ontdek en geeneen sal verlore gaan nie. Laat die spel van die woord nie mag oor jou hê nie, maar mag jy deur die rede van die woord vrede vind tot in alle ewigheid.
LEIERS MOET NIE LYDING BRING NIE
Waar die waarheid van enige situasie in die wêreld lyding is, moet die vraag gevra word : “Waarom laat die leiers van die wêreld toe dat die lyding plaasvind?”. Die lyding is ‘n refleksie van die leierskap in die wêreld en as inwoners van die wêreld is dit tyd dat die mense, ek en jy, nee sê vir die soort leierskap en die toelaat van die lyding. Dan sal die wêreld genees. Om te begin sê ons nee in ons eie huise vir enige vorm van lyding, dan brei ons dit uit na ons woongebied, dan na ons dorpe en stede, dan na ons dorpsbestuur dan na ons provinsiebestuur, dan na ons landsbestuur, dan na ons buurstate en in die proses help ons die proses van genesing, reg oor die wêreld. Leiers moet lei deur hul verstaan van die waarheid van die woorde wat gespreek word en hoe ons woorde ons werklikheid skep. n Werklikheid wat nie vir almal werk nie. Met leiers wat maniere ontwikkel het om die mense in die wêreld in die donker te hou deur so min as moontlik te sê, het ‘n plan-eet geskep waar almal nie w-eet nie. Nou dat ons wêreld in ‘n donker tyd is, weet dat ons deelneem (Ons wêreld is in ‘n donker tyd en ons neem daaraan deel) aan die skepping van die donkerte, omdat ons nie nee sê daarvoor nie en hierdie donker beeld voor as voorbeeld gebruik in plaas van die ewebeeld van God. Weet dat daar niks verborge is wat nie bekend gemaak sal word nie. Dus is die hou van geheime en die gebrek aan inligting onaanvaarbaar, want dit bring ‘n gebrek in ons gemeenskap. Die gebrek aan inligting bring in ‘n gebrek aan lig wat donkerte is. Wanneer die mens in die donker bly, word vrees’ n manier van lewe en die lig word onder die maatemmer van oordeel gebêre wat net donkerte bring. Die donkerte in ‘n donker tyd meet die lig van die liggaam van die mens en laat die lig van verstaan uitstaan wanneer daar nee gesê word vir die donkerte. Die manier wat die lig onderdruk word in hierdie dae is die Groot Onderdrukking. Openbaar jouself, genees jouself, sê nee en genees. Onthou om ook jou kommunikasie en oordra van inligting aan ander te meet aan die lig wat dit skep en die verstaan wat dit oordra. Om in te lig is om lig te maak. Om te verstaan is om die lig te wees. Die beheer van inligting skep ‘n gebrek aan lig wat donkerte bring en ons neem daaraan deel. Is dit die oordeel? Om te hoor en nie die lig van verstaan oor te dra nie, want on skies om deel te neem aan n gebrek van inligting waar ons voel ons het nie direkte verantwoordelikheid nie. Dan is ons mos verlos, want ons het ons los gemaak van verantwoordelikheid. Dit is egter nie die verlossing wat Jesus die voorbeeld van was nie. Jesus is die voorbeeld van die uitleef van die ewebeeld van God met volle verstaan en ons weier om die verantwoordelikheid te neem om sy voorbeeld in word en daad te volg. Om te weier beteken om n weier veld van invloed te hê deur jou lig van verstaan te skyn en so jou naaste te verlos van die invloed van vrees en die duisternis van nie die ewebeeld van God leef nie. Die skyn van jou lig van verstaan wat in jou hart en kop aangaan word gemeet aan jou vermoë om die inligting wat jy praat as raad uit te dra aan ander om te deel in jou verstaan sonder oordeel of skrikwekkende boodskappe van hel en vuur. Meet jou woorde en dan jou dade aan die lig wat dit bring. Meet jou leiers aan die lig wat hulle uitdra in hulle inligting, woorde en dade sowel as gebrek aan inligting, woorde en dade. Vir ‘n leier om te sê:” Vertrou my, ek weet beter!”, skep donkerte. Die donkerte is die gebied van vrees en onsekerheid en is die val van die mens in die gat van vals inligting en vertroue. Wie is tans in beheer van die wêreld? Lig of donkerte? Wie is ons Heer en Meester? Lig of donkerte? Dit wat jou woorde skep en waaraan jy deelneem in jou dade dui mos aan watter deel jy neem in die wereld in jou deelname en die name wat jy daaraan gee as jou deel in oordeel. Net jy kan jouself oordeel om ‘n nuwe keuse te maak oor hoe jy jou inligting uitdra deur die gebruik en verstaan van jou woorde.
ONTHOU OM TE ONT HOU
Wat ons van hou, het ‘n houvas op ons. Wat ‘n houvas op ons het, het ons normaalweg van iemand anders geleer. Wanneer ons die leer van ‘n ander klim, vind ons onsself nie en ontgin ons ‘n ander se kleim en vind nie ons eie skat van die lewe nie. Wanneer ons kyk na die aap en die pampoen storie, sien ons dat die vashou van die pitte deur die aap hom ‘n gevangene maak van die pampoen. Interessant noem ons geld ook pitte in Afrikaans. As ons aan geld vashou, het geld ‘n houvas op ons. Dan beheer geld ons en word(woord) ons heer en meester wat bepaal wanneer ons die meeste is. Ons prys onself mos dan ook met hoeveel geld ons het en almal om ons moet die prys van ons geldheer betaal.
Ongelukkig is ook baie van ons in-lig-ting geba-seer op donker nuus. Die donker nuus maak seker ons hou vas aan pitte( be-lof-tes ) van versekering wat ons toe-kom-s verseker. Wat dit verseker is dat ons kry wat ons toekom, net ‘n pampoen. Dan noem ons mos so ‘n per-so-on ‘n pampoenkop? Net soos die aap se hand vassit in die pampoen, sit die sk-aap se hand nou vas vol geld in die k-luis.
Wat is so belangrik in ons definisie van onsself en ander in die lewe dat ons aan ons oordeel van ons omskrywing moet vashou? Sel-fbeeld? Stof wat ons optof? Wat is die beeld wat ons uitdra in ons inligting? Wat is die voorbeeld wat ons s-tel? Is dit die voorbeeld van God of die beeld voor God? Onthou dat ons inligting aan ons gegee word deur ouers, kerk, kultuur, skool, koerant, televisie, boeke, ens. In meeste van hierdie gevalle word woorde gebruik met pr-ente om ‘n prentjie te skilder. Die woorde dra of lig uit as inligting wat verstaan word vir die liggaam van die mens of dit dra ‘n gebrek aan lig uit wat dan donkerte en vrees bring. Sê nee vir enige inligting wat donkerte en vrees bring en genees jouself van die houvas van die donkerte en vrees. Maak jouself los aan die manier wat inligting het om altyd die selle te lyk (met die selfde prentjie oor en oor word jou oor-deel ver-deel) en om in jou selle te woon as jou selfbeeld. Wanneer jy verstaan dat jou inligting bepaal wie jy is en wat jy lewe, sal jou nuwe keuse verlossing bring. Diegene wat die gene van die mens se optrede verstaan, maak seker dat hulle die inligting beheer en is dan die heer van die optrede van die mens. Dan word die ewebeeld van God in Genesis 1 vergeet.
Weereens is dit slegs onthouding deur selfdissipline met toepassing van die ewebeeld van God wat dissipels van die lewe en lig van verstaan skep. Die maatstaf van die maatemmer skep die manier om te sien of ons die lig van verstaan ondersteun of die donkerte as ‘n gebrek aan verstaan ondersteun. Die vermoë om inligting te verstaan en prosesseer is die sentrale vermoë wat ontwikkel moet word sodat jou bewustheid ‘n sentrale word wat woorde met werklikheid opkoppel. Daar voor is moed nodig, want dit beteken die opgee van ons oortuigings wat ons aan vashou, dus onthouding, dus die verwydering van dit wat ons vashou sodat ons die nuwe dag kan ingaan sonder dit wat ons onthou van gister. Ons lewe dus elke dag sonder beinvloeding van wat ons gister gelewe het en dit wat ons onthou as geheue waaruit ons oordeel gebore word. Die beheer van inligting skep die situasie waar ons elke dag herinner word wat die beheerders van inligting wil hê ons inner beeld en innerlike self moet wees.
Hierdie proses is slegs ‘n proses van verstaan en is nie ‘n oordeel van diegene wat donkerte uitdra as lig nie. Hulle verstaan nie en ons as toepassers van die inligting gee aan hulle die mag om aan ons te wys hoe ‘n gebrek aan inligting die donkerte skep. Dit skep dan aan ons die geleentheid om wakker te word en die vreugde van die wakker word te ervaar. En groot is die vreugde in die leerskares wanneer een verlore kind tuiskom en sy werlike doel op aarde ontdek. Die doel om die woorde wat hulle spreek as ewebeeld van God te lewe, en dan word die w-oor-d vlees en God openbaar homself in sy kind.
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
Afrikaans,
bernardpoolman,
Desteni,
dood,
eqafe,
ewebeeld,
gelykenis,
ken ten dele,
kennis,
konings,
liefde,
oorheers,
sien,
talente,
tyd,
verskonings,
verydel,
vrede,
werksaamheid,
ydelik
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek net ten dele kan ken en my so ‘n verskoning gegee het om nie verantwoordelikheid vir my lewe en alle ander lewens op aarde te aanvaar nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek net ten volle kan weet teen die einde van die tyd, SONDER om te sien dat elke oomblik in tyd die einde van die tyd van baie besluite aanbreek waarvan ek kan leer, maar omdat ek die einde van die tyd doelbewus nie wil verstaan nie, leer ek niks van die einde van die tyd in elke oomblik, om op aarde ‘n lewe van waarde te vestig nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat daar ‘n tyd is vir alle dinge, maar ek weier om te leer van die tyd wat eindig in elke oomblik sodat ek my besluite kan versterk om sodoende ‘n aardsbestaan te skep wat beste is vir alle lewe.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat tyd soos ‘n gety werk, wat die vorm aanneem van goeie tyd en slegte tyd. sonder dat ek leer van die einde van die tyd in elke oomblik, om so oor tyd te heers en op aarde dit te skep wat beste vir alle lewe is.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om goeie tyding te koppel aan die koms van Jesus in plaas van om die tyding te wys wat van tyd leer, in so myself gelyk te stel aan die voorbeeld van Jesus en so Vrede en Liefde op aarde te vestig as die enigste manier waarop dit kan bestaan, naamlik waar alles gereël word in gelyke maat op die manier wat beste is vir alle lewe.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die wêreld van tyd net ‘n skynbeeld is en dat ek eers werklik kan sien na die dood wanneer ek volgens my geloof die tydlose ingaan, sonder om te sien dat waar tydloosheid bestaan, kan ek niks leer nie en as ek nie leer in die tyd wat aan my gegee is nie, ek nie die tydlose kan ingaan as die ewebeeld en gelykenis van God nie, want ek het die ewebeeld en gelykenis wat aan my gegee is ydelik gebruik en was so ydel dat ek niks geleer het van die einde van die tyd nie en dat ek my kans as lewe so verydel het, geloof gebruik het om ydel met kop omhoog te loop en te verklaar dat, omdat ek gekies is om die ewebeeld en gelykenis te verteenwoordig hoef ek niks te doen nie, want ek is die spesiaal verkose van God, sonder dat ek besef, wat gegee is kan weggeneem word en deur my talente nie in werking te bring in werksaamheid om te bewys dat ek die gawe van ewebeeld en gelykenis waardig is nie, tot my ondergang sal dien waar net die klaagliedere van my wederegtilikheid sal oorbly, omdat ek dit tot te laat gelos het om wel op te staan as lewe vir lewe.
Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings, uit te wys dat almal altyd ten volle kan.
Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings uit te wys dat in elke oomblik die einde van die tyd hier is om van te leer, hoe om die reëls op aarde te stel dat werk op maniere wat beste is vir alle lewe.
Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings uit te wys dat die tyd vir alle dinge oorheers kan word met wat beste is vir alle lewe.
Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat die gety nou is om van die einde van tyd in elke oomblik te leer.
Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat om te wag vir Jesus en nie as sy voorbeeld hier in lewende aksie te staan nie, is ‘n mors van tyd en lewe en wanneer tyd verlore gaan word mens tydloos en kry jy die tyd nooit weer terug nie.
Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat die ewebeeld en gelykenis van God as mens ydelik gebruik word en dat almal wat die naam van God ydelik gebruik sekerlik sal sterwe.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek net ten volle kan weet teen die einde van die tyd, SONDER om te sien dat elke oomblik in tyd die einde van die tyd van baie besluite aanbreek waarvan ek kan leer, maar omdat ek die einde van die tyd doelbewus nie wil verstaan nie, leer ek niks van die einde van die tyd in elke oomblik, om op aarde ‘n lewe van waarde te vestig nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat daar ‘n tyd is vir alle dinge, maar ek weier om te leer van die tyd wat eindig in elke oomblik sodat ek my besluite kan versterk om sodoende ‘n aardsbestaan te skep wat beste is vir alle lewe.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat tyd soos ‘n gety werk, wat die vorm aanneem van goeie tyd en slegte tyd. sonder dat ek leer van die einde van die tyd in elke oomblik, om so oor tyd te heers en op aarde dit te skep wat beste vir alle lewe is.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar om goeie tyding te koppel aan die koms van Jesus in plaas van om die tyding te wys wat van tyd leer, in so myself gelyk te stel aan die voorbeeld van Jesus en so Vrede en Liefde op aarde te vestig as die enigste manier waarop dit kan bestaan, naamlik waar alles gereël word in gelyke maat op die manier wat beste is vir alle lewe.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die wêreld van tyd net ‘n skynbeeld is en dat ek eers werklik kan sien na die dood wanneer ek volgens my geloof die tydlose ingaan, sonder om te sien dat waar tydloosheid bestaan, kan ek niks leer nie en as ek nie leer in die tyd wat aan my gegee is nie, ek nie die tydlose kan ingaan as die ewebeeld en gelykenis van God nie, want ek het die ewebeeld en gelykenis wat aan my gegee is ydelik gebruik en was so ydel dat ek niks geleer het van die einde van die tyd nie en dat ek my kans as lewe so verydel het, geloof gebruik het om ydel met kop omhoog te loop en te verklaar dat, omdat ek gekies is om die ewebeeld en gelykenis te verteenwoordig hoef ek niks te doen nie, want ek is die spesiaal verkose van God, sonder dat ek besef, wat gegee is kan weggeneem word en deur my talente nie in werking te bring in werksaamheid om te bewys dat ek die gawe van ewebeeld en gelykenis waardig is nie, tot my ondergang sal dien waar net die klaagliedere van my wederegtilikheid sal oorbly, omdat ek dit tot te laat gelos het om wel op te staan as lewe vir lewe.
Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings, uit te wys dat almal altyd ten volle kan.
Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings uit te wys dat in elke oomblik die einde van die tyd hier is om van te leer, hoe om die reëls op aarde te stel dat werk op maniere wat beste is vir alle lewe.
Ek stel my ten doel om aan alle konings van verskonings uit te wys dat die tyd vir alle dinge oorheers kan word met wat beste is vir alle lewe.
Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat die gety nou is om van die einde van tyd in elke oomblik te leer.
Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat om te wag vir Jesus en nie as sy voorbeeld hier in lewende aksie te staan nie, is ‘n mors van tyd en lewe en wanneer tyd verlore gaan word mens tydloos en kry jy die tyd nooit weer terug nie.
Ek stel my ten doel om aan die konings van verskonings uit te wys dat die ewebeeld en gelykenis van God as mens ydelik gebruik word en dat almal wat die naam van God ydelik gebruik sekerlik sal sterwe.
Subscribe to:
Posts (Atom)




