Showing posts with label gelykheid geldstelsel. Show all posts
Showing posts with label gelykheid geldstelsel. Show all posts
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
antwoord,
bernardpoolman,
bybel,
christenskap,
Desteni,
eqafe,
geld,
gelykheid geldstelsel,
genot,
God,
Jesus,
rykdom,
verantwoordelikheid
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat verantwoordelikheid nie noodwendig met n antwoord kom nie ten spyte dat die woord verantwoordelikheid wel aandui dat dit die antwoord omvang.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om antwoorde te versin met die versinnebeelding van beelde voor wat werklik belangrik is as lewe, om so die verantwoordelikheids sin wat lewenswaardig moes wees, te verarm met a stelsel van arm en ryk sodat ek ‘n verskoning kan hê hoekom ek my koningskap met geld kan koop en selfs my rykdom kan beskerm ten spyte van die kerm van die arm lasposte, deur wette in te stel wat eiendom beskerm as die groot belangrike verantwoordelike ding om te besit wat deur geen ander reg aangetas mag word nie, al lei dit tot die dood van die armes.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om my verskoning te gebruik dat die armes mos n hand kan uitsteek en werk vir hulle geld net soos ek gewerk het vir my geld sonder dat ek kyk in eerlikheid hoe geld werklik werk en dat geld nie vir almal werk nie, maar my eie belang rus so groot op my hart dat ek die deur van my hart nie kan oopkry om in lewensbelang na my antwoorde te kyk met die fondasie dat die enigste ware verantwoordelikheid op aarde dit is wat lewe as gelyke gawe in alles erken en ondersteun.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te lag in die grootsheid van my mag wat deur geld toegestaan is dat ek net verantwoordelikheid vir myself aanvaar en die genot van my lewe uitleef ten spyte van die bewustheid dat baie nie het wat hulle as lewe moet he nie. Tog gee ek nie om nie, want my lewe is goed en die god van geld beskerm my selfs teen die grootste storms met versekering dat wat vergaan sal nuut vervang word. My god van geld is so verantwoordelik dat ek nooit n ander god sal dien nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat ek nie my broer se wagter is nie want my eie ek is al wat ek aanvaar as my waarde as die antwoord van my verantwoordelikheid en ek voel niks wanneer daagliks baie in pyn en lyding die wereld verlaat omdat daar vir hulle geen heenkome was nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om die rykdom van my goeie god te aanvaar en om deur Sy wil te leef asof ek nooit sal sterf nie, want die erfenis van my geld god gee aan my ‘n waardeuring van die lewe waardeur ek kan sê ek is dankbaar dat ek so ‘n skat van my geld god ontvang het en daarom bou ek vir my geld god paleise van kerke dat die armes ook kan kom rus vind by die skaduwee van my grootse geld god en wens dat hulle pense ook soos myne gevul word met die wyn en brood van die bloed van die lewe, wat ek elke dag verspil in die naam van my geld god as my persoonlike offer aan die almag van die geld god, sodat my weg altyd vol geld kan wees en ek te alle tye kan leef in die vervulling wat geld my bied.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om myself voor te doen as die antwoord tenspyte daarvan dat my antwoord van die geld god nie die lewe ewe in all wesens eer nie, maar eerder my as geldvogtige eerste plaas aan die regterhand van die geld god van waar ek heers oor hemel en aarde en self al kom daar tsoenamies of aardskuddings, sal ek nie vrees nie, want ek weet my geld god is met my en sal vir my en my saad sorg sodat my naam verewig kan word in the geboue en strate en kerke wat deur die geld god moontlik gemaak is en sodoende sal my naam vir ewig lewe as bewys dat die geld god die enigste ware god is met sy baie name wat hy as wese aanneem wat ek kan geniet met die geld wat sy liefde aan my gee. So het ek elke ding wat die geld god maak as sy kind in wie hy welbehae het, want ek bewys bo alle twyfel dat daar geen ander god is as die geld god wie my naaste is en in my hart woon waar hy die pad skoon hou dat die geld soos fonteine van geld in my lewe kan vloei en so aan my die lewe gee wat alle ander net kan beny.
Ek stel my ten doel om die geld god uit te roei deur geld beskikbaar te maak in gelyke dele genoegsaam in waarde aan alle lewe deur ’n nume ekonomies politiese sisteem gebaseer op een mense en stem.
Ek stel my ten doel om alle vals beelde van grootsheid gebaaseer in geld oop te maak, om te wys dat om so baas te speel maak ander seer.
Ek stel my ten doel om die eerlikheid van lewe te herstel sodat almal wen en eerste is as gelykes sodat die eie ek van die valsheid van n lensiesop lewe tot besinning geruk kan word.
Ek stel my ten doel om die gal te ontbloot wat deur die lag geskep word deur die wat van hulle sinne beroof is deur die geld god en om weereens deel te wees van die aarde waar net die lewe aard.
Ek stel my ten doel dat eerlikheid as wat beste is vir lewe die wagetr word sodat almal gelyk sal wees as lewe en dus as een familie sal lewe as kinders van die aarde.
Ek stel my ten doel om uit te reik na elke mens wat verval het pens en pootjies en deel geword het van die lensiesop wat die waarde van lewe versteur het sodat dit wat lewe is wel weer opstaan en op aarde wortel skiet.
Ek stel my ten doel om die antwoord van verntwoordelikheid te wees as lewe wat lewe weer herstel tot die aarde as gelykheid vir almal.
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
bernardpoolman,
dood,
dwase,
ekonomiese sisteem,
eqafe,
geld,
gelykheid geldstelsel,
gemeenskap,
God,
Jesus,
kruisiging,
liefde,
misbruik,
religie
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om deel te wees en deel te neem aan die skepping en instandhouding van die gemeenskap terwyl daar niks van gemeenskaplike belang werklik tot stand gekom het nie, omdat dit wat regtig lewe is onderhewig geplaas is aan geld waarsonder niemand kan oorleef nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die enigste gemene belang wat elke wese het naamlik Lewe, so te min ag dat ek toegelaat het dat tot die helfte van die menslike bevolking in brandarmte lewe, terwyl ek niks doen om die brand te blus nie, want ek is nie lus om my hande vuil te maak terwyl ek my kan verlustig in die wonderlike dinge wat geld kan koop.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om geld die almagtige heerser as die baas te plaas soos die blaas op die brein vol wind wat maak asof die gejaag na wind nou werklik enige waarde kan hê, terwyl die gejagery eintlik tog net eindig waar alle misbruik eindig, die ewige daaglikse dood van brandarmte want ek het my reg van lewe verkoop vir n pot lensie sop.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die praktiese lewens boodskap van Jesus, om te gee sodat jy kan ontvang , onderdanig gemaak het aan die reëls van profyt, eienaarskap en geld, want ten spyte van die voorbeeld van Jesus het ek van Jesus ‘n drogbeeld gemaak deur sy kruisiging as vreesbeeld in elke mens in te boender om seker te maak niemand staan op en bevraagteken wat nou eintlik werklik op aarde aangaan nie, want as jy bevraagteken sal jy gekruisig word, selfs deur die wat beweer hulle volg Jesus terwyl hulle eintlik geld volg.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om wette op skrif te plaas om die dwase wat leef net om die baas van geld te wees, te beskerm en so Geld die God gemaak het wat alle mag het oor lewe en dood en my in vrees laat lewe elke oomblik waar ek my geld moet tel om te sien of ek nog kan kos koop en ‘n dak oor my kop het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die dwase te eer deur self ook brein blase vol wind te kry wat jaag na geld asof daar geen ander manier is nie, want die geld god is onwrikbaar en onoorwinbaar en heers met vrees deur die krag van die wet van die profyte wat my najaag totdat ek betaal vir my sonde om nie aan God te gee wat God toekom nie. Die God van Geld het nie ‘n seun of kind nie en vergewe niemand en sal jou tot in die afgrond jaag as jy die geld god haat en so moet ons dus ons god liefhê voordat ons van ons God kan ontvang en in die maat van ons liefde vir ons geldgod, word ons skatkamers gevul.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om nooit te bevraagteken hoekom die mens op aarde nie lewe as ewe nie totdat ek verstaan het dat God nie aan elkeen ewe veel geld gegee het nie en dat jy net soveel geld kan kry as die liefde wat jy het vir die liewe geldgod.
Ek stel my ten doel om saam te werk met ander wat een is dat ons wel die aarde kan herwin vir die lewe en om wat hier is te omskep in dit wat in die gemene belang van lewe is sodat elkeen kan lewe in vervuldheid.
Ek stel myself ten doel om ‘n ekonomiese sisteem in wording en werking te stel wat op alle maniere aan elke mens ‘n lewenswaardige bestaan sal gee en omdat ek dit aan elke mens gee sal ek dit ontvang omdat ek deel is van die mensdom.
Ek stel my ten doel om die gejaag na geld te stop deur ‘n nuwe ekonomiese sisteem wat aan almal gelyke geld sal besorg sodat elkeen vir hulle self kan sorg en ‘n waardige lewe mag hê.
Ek stel my ten doel om die boodskap van gee, sodat dit wat jy wil ontvang, as lewende woord te vestig, as ‘n ekonomiese sisteem wat alle lewe as ewe ag, en wat gegee word, deur die aarde gelyk te verdeel, sodat almal gelyk sal wees voor die aangesig van lewe
Ek stel my ten doel om slegs lewe te eer as waarde en my lewende woorde as woordeskat en om die skatkamer van lewe in te rig.
Posted by Bernard Poolman | Posted on
Filed under:
Afrikaans,
bernardpoolman,
Desteni,
dogma,
eenheid,
eqafe,
euwel,
ewe,
geld,
geldsugtigheid,
gelykheid geldstelsel,
God,
Jesus,
lewe,
lewende taal,
waarde
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het, om my woorde op aarde te lewe, as deel van die aanvaarde sisteem, waar leed die algemene aanvaarde en verwagte uitkoms is wanneer twee of meer mense saamwerk om geld te kry om van te lewe.
Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het om blindelings te glo in die onsienbare, wanneer dit duidelik gestel was – In die begin was Die Woord en Die WOORD WAS GOD en die Woord was met God. God lewe as WOORDE as jy en ek maar ons is so gek dat ons nie wil sien hoe ons die woorde lewe as ons wereld nie.
Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het om die lewe wat aan my gegee is, te omskep as die euwel van my woorde, wat bewys dat daar geen wysheid is wat opregte eerlikheid openbaar nie. Dit Dui Wel aan dat die mensDom die DuiWel blameer sonder om te besef hoe ons op aarde lewe, een en gelyk staan met ons woorde soos ons dit dag na dag nagejaag het in ons gedagtes en dan vervlees as ons leuse wat ons uitleef.
Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het, die DogMa van ma en Pa aanvaar het, sonder om alle dinge te ondersoek om te sien wat onder wys en agter dit wys, wat is waaragter/waaragtig. Ek vergewe myself dat ek onderwysers aanvaar het as meesters van die lewe teenstrydig met die duidelike gevolge dat wat hulle elke kind geleer het as lewensreëls nie ‘n wêreld as resultaat gehad het wat die beste is vir elke een wat hier op aarde lewe nie.
Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het dat lewe onderdanig gemaak is tot die geldsugtigheid van die mens wat so fel heers dat dit in werklikheid die Here God van die mens geword het in alle maniere.
Ek vergewe myself dat ek toegelaat en aanvaar het, dat ek die woorde van Jesus nie vlees gemaak het as myself nie, deur te gee wat ek wil ontvang en dat ek sekere maniere van gee aanvaar het, solank dit onderdanig was aan die geld wat ek wil hê om lekker en sonder vrees te lewe.
Ek vergewe myself dat ek die valsheid toegelaat en aanvaar het om God te bedank vir die geld wat ek het, welwetende dat daar baie mense is wat met baie minder lewe maar meer waardig is en dat ek geen poging aangewend het om ‘n manier te vind dat almal kan hê wat ek het nie, sodoende het ek die boodskap van Jesus verkrag om my eie inneliker stem te dien wat my die heeltyd help om my doen en late vir myself beter te laat lyk, ten spyte van ‘n wereld waar dinge net goed lyk vir die wat geld het.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om ander te oordeel wanneer hulle geld het, so baie dat hulle sommer lekker ruik en lekker ryk is, maar wanneer ek geld het, tree ek net so op soos die wat ek ge-oorrdeel het. Dit weereens wys dat Jesus wel insig gehad het, maar in plaas dat ons lewe soos hy voorgestel het, het ons hom opgehef as ‘n god sodat ons deur so ‘n opheffing ‘n verskoning kan hê hoekom ons nie sy gelyke is nie en hoekom ons nie die woorde van Jesus as vlees word nie.
Ek stel my ten doel om’ n sisteem op aarde te ontwikkel wat alle lewe as die enigste waarde sien en so almal toelaat om as gelykes in’ n eenheid as lewe te lewe, want dit sal ewigdurende vrede en liefde bring wat werklik waar is en die liefde wat nou deur die stem in die kop aangejaag word, sal tot niet gaan sodat lewe kan bestaan vir almal.
Ek stel my ten doel om die woord as lewe te word, op ‘n manier om alle lewe as gelyke te behandel sodat dit die woord lewe sal ondersteun, soos dit die woord stel as EWE en so vir alle wesens wat aarde toe kom die EWE LEWE te gee, sodat ek dit kan ontvang, want slegs deur so aksie word die EWIGE gedien, as Lewe en bewys ek my respek en eerbied aan dit wat aan my gegee is in gelyke maat.
Ek stel my ten doel om in die pad te staan van alle euwel wat lewe misbruik net vir eie gewin en om nie op te gee, tot almal sien dat die enigste pad op aarde is die pad wat lewe verenig as ewe.
Ek stel my ten doel om geldgierigheid tot ’n einde te bring, deur ‘n stelsel te implimenteer waar almal genoeg en ewe geld het, sodat alle vergelding en ontgelding wat nou aan god se wil toegeskryf word, tot ’n einde kan kom, deurdat almal ewe as lewe ge-ëer en ondersteun word.
Ek stel my ten doel om die lewende woord wat beste virlewe is te word, in alle dimensies/die mensies sodat ek in dieselfde mate kan gee en ontvang en dus sal staan as die eenheid en gelykheid van lewe.
Ek stel my ten doel om die stem binne my, wat my so bemin te oordeel, tot stilstand te bring en te stop om deel te neem aan gedagtes wat net my vrese verwoord en aan my eie voordeel aandag gee.
Ek stel my ten doel om’n ekonomiese sisteem op aarde voor te stel wat ware waarde omskryf as lewe, om so’ n wêreld tot stand te bring waar slegs lewe hoog geag word.
Subscribe to:
Posts (Atom)






