Showing posts with label bernardpoolman. Show all posts
Showing posts with label bernardpoolman. Show all posts

Dag 24: Die Gif van Vergifnis

0 comments


Eke vergewe myself dat ek myself Toegelaat het en Aanvaar het dat vergifnis van Aarde verander word in die GIF wat die mens van mekaar verwyder soos elkeen wedywer om beter te wees as die ander, en so te lewe met vergifnis as LIPPETAAL Sonder dat die Manier van Lewe enige Egte Vergifnis Reflekteer.

Ek vergewe dat ek myself Toegelaat het en Aanvaar het dat Vergifnis versprei word soos ‘n gif waarop die mens besluite baseer om mekaar te Na te Kom en te Benadeel tot so ‘n Mate dat Lewe op Aarde Sonder EER bestaan, want elkeen stel Hulself Eerste in plaas van om Lewe wat Ewe in almal is Eerste te Stel.

Ek vergewe myself dat ek myself Toegelat het en Aanvaar het, om vergifnis te verander in ‘n PRODUK wat verkoop word deur te sê Dat Jesus Vergifnis vir die Mens deur sy Bloed GEKOOP het, om Sodoende die Sisteem van SKULD en Profyt waarde te gee, sodat die Benadeling van Mekaar aanvaarbaar te kan maak, want Sodoende kan geglo word dat die mens in SKULD gebore is en dus kan die Ekonomiese Sisteem van SKULD op mekaar afgedwing word as ‘n GAWE van GOD.

Ek vergewe myself dat ek myself Toegelaat het en Aanvaar het dat SKULD die begin van ELKE kind se Lewe is, SODAT Elke KIND ‘n SLAAF Lewenslank kan wees aan die Konsep van SKULD, om Sodoende Hulle Kinders ook in SKULD te DOMpel as die Enigste Bestaansreg van die mensDOM.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat NET die Bloed van Jesus Vergifnis moontlik maak om die Mens te Verlos van die SKULD waarmee die Mens volgens Oorlewering Mee Gebore is in hierdie Lewe, en word in elke kind INGEDWING om te Verseker dat die Mens altyd bestaan as SKULDENAARS.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die LOT van die ARMES die WIL van GOD is, want die ARMES Kan nie SKULD maak nie en het dus nie toegang tot GELD nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om nie te SIEN, dat almal wat aan die Stelsel van SKULD deelneem as Ekonomiese Sisteem Christene is, want SKULD is die Fondasie van die ChristenDOM.

Ek Stel my ten Doel om Aan te TOON, Dat Geestelike waardes weerspiëel word in Ekonomiese Waardes en dat die Ekonomie Stelsel die Waardes van  die Geestelike Stelsel Voorstel.

Ek stel my ten Doel om Aan te WYS, dat Bloed van Jesus Betalingstelsel die fondasie is van die Wêreld Ekonomiese Stelsel wat Bloed van Klippe tap deur die mens Verslaaf te Maak aan SKULD.

Ek stel my ten DOEL om te Wys dat RykDOM deur SKULD die SKILLE op die Oë van die mens so effektief gemaak het, dat die MENS GEEN meegevoel met die MedeMens het nie, en DUS nie die NAASTE Lief het soos Self nie.

Ek stel my ten Doel om Daarop te WYS dat die Huidige Ekonomiese Stelsel op Aarde die Teenoorgestelde is, wat DIREK gekant is Teen die Leerstellinge van Jesus om jou Naaste Lief te hê soos jouself en om te gee soos mens wil ontvang - en dat enige Mens wat Jesus AANBID, maar nie Sien dat die Ekonomiese Stelsel Indruis teen die Boodskap van Jesus, Besig is met Vals leerstellinge en ‘n Vals Beeld Voorhou en dus nie Vertrou kan word met die Roeping om die AARDE se Bestier Volgens die wil van GOD as Lewe nie.

Ek stel my ten Doel om Daarop te Wys dat die AARDE en die Son in Alle Behoeftes Voorsien Sonder SKULD, en dat SKULD ‘n uitvindsel is van die mensDOM om mekaar te treiter en te Martel, terwyl agter die naam van Jesus Skuiling word.

Ek stel my ten Doel om daarop te WYS dat SKULD die Gif is van Vergifnis Waar die Mens Die Lewe Onteer in Eie BELANG
Enhanced by Zemanta

Dag 23: Die Geleentheid se Verleentheid

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Anvaar dat die Geleentheid op AARDE om lewe te ervaar - nie gelyk is vir alle lewe nie, en dat die verarming en misbruik van lewe geen verleentheid wakker maak in die bewustheid van die mens nie.

Ek vergewe myself dat ek myself togelaat het om te lewe asof ek NIE op geleende Tyd is nie, sonder om the besef dat alle bewyse van die GRAF daarop wys, dat Niemand Tyd Besit nie, en dat almal net bestaan op geleende tyd wat afhanklik is van die Natuur van die Aarde om ‘n ekosisteem te voorSIEN aan almal gelyk, Maar die Mense het die VoorSIENIGHEID Ongelyk gemaak, en dit wat Gratis gelyk gegee word - met die bloed van lewe gekoop, om Sodoende die Ewebeeld en gelykenis van lewe vernietig - deur die waarde van lewe NIETIG te Verklaar deur die MANIER Waarop lewe op Aarde Bestuur word as EKOnomiese sisteme waar net RykDOM bepaal wie bereik ‘n Bestaan wat waardig is as lewe, waar die RES uitgestort word SOOS RESTE Sonder waarde.

Ek vergewe Myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het het om LEWE om te Draai na EUWEL deur die EKOSISTEEM wat die VOORSIENIGHEID aan alle LEWE gelyk Voorsien het Te BeDUIWEL, wat WEL aanDUI dat die Mens die LEWE vir ‘n POT LENSIESOP verkwansel het, en dat die Verkwanselling TOT op ELKE KANSEL goed gepraat word en so van die KERK die Slagveld Gemaak het waar Lewe Ingekerker word as Slawe van die wat Geen Respek vir Lewe het nie, Maar net na Hulle Eie Sak kyk, terwyl die Ongelykes in Sak en AS gelos word om seker te maak die RYKES kry Alles van AL wat is op AARDE.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en Aanvaar het om nie te SIEN dat die GEVAAR om die lewenswyse van die mensdom te AANVAAR waar lewe Ongelyk behandel word - Sal LEI tot die Verkwanselling van die Ewige lewe, Terwyl Lewe op AARDE as geleende TYD die TOETS was om te SIEN WIE gaan die GAWE van LEWE OMSKEP as EWEBEELD en GELYKENIS van EWEGE LEWE om Sodoendende die EWIGE LEWE te Ontvang deur dit te GEE, want soos jy gee sal jy ontvang.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en Aanvaar het om die Boodskap van Jesus van ‘gee en jy sal ontvang’, vervang het deur mekaar gevange the Hou in SISTEME van SKULD beskerm deur die SWAARD en SKILD om te verseker dat die wat GEWETENLOOS is, wegstap met die OORWINNAARS se Waarheid van Lewensmisbruik, Terwyl die aarde die Geleentheid is om Selfbelang te OORWIN om die Eenheid en Gelykheid van lewe te bevestig as Self, en So as OORWINNAAR te tree in die INNERLIKE Stryd van SelfBelang en Sodoende Lewe Eerste Stel as die Enigste Waarde wat in ALLE Ewigheid Werklik Bestaan.

Ek stel my ten doel om die Bedoelings van die Mens te Bevraagteken waar dit Indruis teen die Belang Van Lewe wat Een en gelyk aan almal gegee is met geboorte.

Ek stel my ten doel om die MensDOM daarop te wys dat LEWE ‘n Gawe is wat Verloor word deur die Besluite wat die mens maak wat LEI tot die Lyding van LEWE in SelfBelang.

Ek Stel my ten Doel om aan die HART van ELKE Mens te Klop en te Wys dat die HART van die Mens VERHARD is want dit is nie meer Lewe nie, maar is die EuWEL wat Nou as Lewe op Aarde aanvaar word.

Ek Stel my ten Doel om daarop te Wys dat Geen Mens Wat toelaat dat lewe MISBRUIK word, ooit die Ewege LEWE Sal ONTVANG NIE.

Ek Stel my Ten Doel om Daarop te Wys Dat om Dankbaar te wees VIR die Gawe van Lewe en die Voorsienigheid wat Lewe op Aarde Ondersteun, is Waardig Indien die Waarde Van Lewe - gegewe ewe aan Almal Gereflekteer word in die Lewenssisteem wat die DOEN en Late van die Gemeenskap Reguleer, Maar Indien Lewe nie Geëer word nie, Dan is die Dankbaarheid Vals want mens Val in die Klug dat om die Skepper te Eer die weg tot die Ewige Lewe is, Terwyl Dit Duidelik nie So is nie, Want Eerbaarheid is om dit wat Eerste is vir Almal, Eerste te stel as die Eerlikheid dat die Gawe as Lewe Gelyk is, en dat die Gelykheid as Lewenswysheid WYS dat Dankbaarheid in Praktiese Lewenswyse IS wat GEE soos dit Ontvang om die EWEBEELD en Gelykenis te WAARDEER, en SODOENDE te BEWYS dat die GAWE van LEWE die ENIGSTE Werklike Waarde is was ooit kan Bestaan. Die Wat LEWE nie EWE toepas is nie LEWE nie en is Dus Nie Dankbaar nie. Die Wêreld Sisteem TOON AAN dat Dankbaarheid Huidiglik net n KLUG is want die Ekonomiese, Politiese, Opvoedkundige en Alle Ander Sisteme wat die Wêreld REGULEER, Dui aan dat die mens nie REG ge-LEER word wat WERKLIK van Belang is op AARDE nie. Die Verskoning dat dit net die AARD  van die mens is, is ONKUNDE want die OORSAAK wat OOR en OOR gebeur is Hoe Elke Kind geleer word en ONTLEWE word in die Belang van die VREES van die OUER.

Dag 22: Gevoel is die Doel

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat die doel van die Lewe is ‘n spel van, Hoe Ek Voel, en tensy ek GOED voel het die Lewe nie ‘n Doel nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om hoe Ek Voel meer belangrik te maak as die Lewe Self en dat ek gevoel gebruik om ander te kry om met my saam te stem want as twee of meer soos EK VOEL dan moet Ek reg wees, ten spyte van ‘n Wêreld  wat bewys dat Ek niks Voel vir die Lyding wat my Voorkere en Gevoelens op die Vleismens neer gedaal het, want Ek wil altyd Eerste wees en Sal nie My Gevoelens opgee om Lewe Eerste te stel nie, want dan verloor Ek en Ek sal liewer die Lewe laat Verlore gaan voor ek gevoel opgee.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om van die Lewe ‘n Spel te maak wat ‘n Doel het wat die reg tot die lewe minder gestel het as die Doel van die Spel waar ek as Wenner uit die stryd kan kom met ‘n Doel wat my Lewe Rede gee waar die Doel My Lewe laat uitstaan as of Rykdom in Geld of Rykdom in Gees of Rykdom in Gevoel, want as Ek my Doel bereik, kan ek mos nie dom wees nie, want ek het die Doel van die Lewe Verstaan en twee of meer Stem met my saam en Ek is Dus met die Doel van God en staan nie Alleen nie, maar ek staan OOK nie vir die Reg tot Lewe vir Almal nie, maar dit maak nie saak nie wat dit moet die Doel van God wees wat ek Nooit sal kan verstaan nie, sê ek aan myself want Ek moet Myself Eer as Eerste, Lewe is nie my verantwoordelikheid nie, DIT IS GOD SE WIL

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Sonder Gevoel Lyding in die Lewens van Miljoene Mense op Aarde toe te laat solank EK Goed Voel en Voel ek bereik ‘n Doel sonder dat ek Soos ‘n Gek Voel omdat ek die Lewe vir ‘n Pot Lensiesop verkoop het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om op die hele doel van die Wêreld sisteem te Fokus rondom Individuele Gevoelsvervulling deur te fokus op die Spel van Mindere Self vervulling wat my Beter sal laat Voel oor My Lewe, want ek het aanvaar dat My Lewe net Waarde het as dit ‘n Doel het wat die resultaat het wat my GOED laat voel en dat Enige Iets wat my nie so gou moontlik laat Goed Voel nie, op die manier waar ek tevrede sal wees, kannie waar wees nie, want in die Spel van die duidelike Gevoelsvervulling kan Ek wen en Almal het mos ‘n kans om dieselfde te doen, maak ek self wys, sonder om te Besef dat Wysmakery ‘n skepping is wat Ek Maak in Belang van my Eie Gek in ‘n Wêreld so klein waar net Ek bestaan en die Lewe verkleineer word tot dat Niks werd is in werklikheid vir ander nie, maar net omdat My Lewe My Doel het, is Alles sommer net Reg en Sal ek nooit My Doel opgee nie, want My onmiddellike prentjie van My Lewe Lyk GOED en die werklikheid van die wêreld is Ver van My, want ek wil nie besef dat dit Net Geld en Kos en ‘n Dak oor my Kop is wat my Kop laat Raas met soek na ‘n Doel en snaaks genoeg sal Ek myself nie die Doel Gee om Lewe vir Almal as Een en Gelyk Eerste te stel nie, want ons kan mos nie ALMAL wen nie, want dan het ek Nooit ‘n kans om Spesiaal te wees nie en om Spesiaal te wees moet die Doel van die Lewe wees, want DAN voel EK goed en Ek is Mos nie ALLEEN in die gevoel nie, so ek moet my gevoel Najaag kom wat wil en Raas die Kop van die EIE GEK . Ek is Gek oor gevoel. 

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om op Opvoeding en Familie te fokus rondom die doel van die Unieke gevoel en dat Ek Die Rykdom van Gevoel die MEESTER van my lewe gemaak het ten spyte van die Daaglikse bewyse dat die gejaag na wind ‘n wêreld geskep het waar Lewe nie Eerste as Enigste Waarde Geëer word nie, maar dat ek die waarheid met ‘n eenvoudige waai van die hand kan afmaak as Onwaardig sodra dit indruis met my Doel van die lewe om die Droom te Soek waar my Lewe Goed sal voel,
Want dan het ek my doel vervul en so het ek my kinders van geslag tot geslag gelei tot die Slagting van die Lewe deur die Doel van die Lewe iets te maak soos Gevoel wat nie lewe nie Een en gelyk en Almal Eer nie, maar solank ek wen, is ek nie deel van die slagting nie, so ek moet reg wees anders sou ek mos ook gely het, maak ek myself wys.

Ek stel my ten doel om die MENSDOM te wys dat die RYKDOM van GEVOEL net die gierigheid van die EIE GEK  is wat Gevoel Hoër gestel het as Lewe en so ‘n wêreld hier geskep het wat lewe ONTEER deur lewe nie EWE EERSTE te stel nie.

Ek stel my ten doel om te wys dat WYSMAKERIGHEID nie Wysheid is nie en dat die Ouer as Onderwyser die kinders van Geslag tot Geslag mislei het oor die Doel van die Lewe en sodoende reeds groot dele van die aarde se oorspronklike lewe uitgewis het net om die Doel van Gevoel te vervul en dat die mens as lewe meer vermoëns, die aarde in ‘n paradys moes verander deur Gelykheid waar ALMAL Goed sal kan voel en nog steeds Uniek sou kon wees, maar nou het ons die aarde so verwoes, dat ons ons EIE belang sal moet opgee vir HIERDIE LEWE totdat ons ‘n Nuwe Wêreld geskep het waar die gelyke balans van lewe op aarde weer herstel is.

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat ALLE gedagtes nie vertrou kan word nie, want ek het toegelaat dat Gevoel die Lewende vlees word en so die ware lewe vernietig en tot niet verklaar en sal dan eers die moed moet hê om my vlees te reinig van die Outydse gevoelens want dit laat toe dat baie nie eers kos het om te eet nie.

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat daaglikse geskrewe van self vergifnis oor ‘n periode van MINIMUM 7 jaar uiteindelik die Vlees sal Reinig van die Onetiese Onmeetbare gevoelens en wanneer my Vlees gereinig is sal my Gees van lewe weer Rein wees en sal  ek nie meer beheer word deur die Gevoelens van die Sondes van die Vaders nie. Dan sal ek Lewe op Aarde kan Herskep en ‘n Nuwe Aarde tot stand bring, waar gevoel Eties is en Lewe Eerste gestel word.

Dag 21: Begeesterde Geeste Gee nie Lewe Nie

0 comments

Ek vergewe myself dat ek Myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees na die Dood Lewe is, terwyl dit die Lewe is wat Doodgaan en terugkeer na die Lewe op Aarde as Stof

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees Meer belangrik is as die Lewe wat die Gees help met geboorte van die kind en dat die dood nie my stof tot Nadenke gegee het nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat daar ‘n Gees is wat in die kind gebore word, terwyl dit ‘n Liggaam is wat KORREK moet funksioneer wat lewe moontlik maak en die Sogenaamde Gees maar net ‘n manier is waarop die mens die Vals Selfbeeld wan lewe misbruik, probeer beter laat lyk, net soos Goed op die Winkel Rak, om sodoende ‘n vals geloof om die lewe te vorm wat die Aarde van die afgrond gedryf het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Gevoel van Begeertlikheid wat my oorval, Beter voel as My Fisiese Lewe op Aarde en dat ek Om die Rede die Gees Voed met Onleefbare Nonsens en die Liggaam van sovele mense dryf na Armoede en Lyding, alles in die Naam van ‘n Onsienbare Lewelose Gees

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Gees Gewillig is, maar die Vlees swak is, sonder om te besef dat dit die Gees is wat swak is en die Vlees wat sterk is en Lewe gee. Verder dui dit aan hoe die denke van die Gees werk want die Vlees word nie verstaan en dat die Onkunde ly tot ‘n wêreld van ongelykheid Sonder om Om te Gee vir die Vlees as die Skepper van die Gees

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees Godelik is, terwyl my Gedagtes duidelik wys hoe Goddeloos die Gees Werklik is

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Wêreld meer is as die Vleeslike wêreld,  terwyl die Geboorte van elke Kind van die Vlees afhang en die Gees van die Mens net Gierigheid en die Eie Gek najaag

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Bewussyn die Reg op Bestaan het, terwyl my lewe eintlik afhang van die Vleeslike Bewussyn

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Bewussyn Mag het op Aarde ten spyte van die Bewyse deur die Eeue dat die Gees nie Lewe Eer nie en ten spyte van Jesus se Voorbeeld van Vleeslike Bewyse as die Lewende Woord wat Vlees geword het, het die Gees die Boodsap van Jesus onteer en Lewe op Aarde in Hel verander

Ek stel my ten doel om die Geestelike Bewussyn van die Menslike Spirituele Idees te Ontmasker as die Euwel wat dit is, sodat die lewe as Vleeslike bewussyn op aarde herstel kan word vir Alle Lewe wat Nog Gebore sal word

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die Gees van die Mens deur die Ouers en Omgewing aan die Kind geleer word en dat dit die Val van die Mens in Sonde is, waar die mens Sonder Lewe as die Vlees opeindig

Ek stel my ten doel om te wys dat die Vleeslike Bewussyn die werklike lewe is wat Een en Gelyke geëer moet word deur te gee soos elke vlees Moet Ontvang om Lewe te kan hê as die EWEBEELD en GELYKENIS van Lewe

Ek stel my ten doel om te wys dat Begeesterd Heid as kompetisie, en die Gejaag na Wind van Gevoel net tot by ‘n Wêreld van ongelykheid en Lyding waar die wat Die Mees Oneerlike is in denke, altyd wen

Ek stel my ten doel om te wys dat die Vlees gewillig is as die Boek van Tyd om dit te wees wat sal bewys Wie die Bewustheid van elke werklike is, die Eie Gek of Lewe

Ek stel my ten doel om te wys dat daar geen Heilige Gees is nie, want die Gees van die Mens is Onheilig en Gee nie ‘n duit om vir Enige Lewe nie

Ek stel my ten doel om te wys dat die opvoeding wat ‘n kind kry in die trant van die Gees van die Ouer as Wêrelds Gees, kinder mishandeling is en in werklikheid tot  die Ewige Dood van die Kind lei

Ek stel my ten doel om te wys dat die Lewende Woord wat Vlees word, Lewe Eer en gee soos dit wil ontvang, as die Werklike Liefde as Lewe Altyd

Dag 20: My Gesag word Ondermyn

0 comments


My gesag word ondermyn en dit het te doen met wat ek sien as myne.  Gesag is gewoonlik nie sag nie en die uitoefening van gesag is gewoonlik gepaardgaande met aggressie, geweld en beheer, fisies of in woorde. 

Ondermyning van my gesag is waar my selfwaarde ontwrig word deur die gebeurtenisse  wat my laat voel dat ek nie in beheer is nie. My gebrek aan beheer dui aan dat die gesag my beheer en my heer is.  Die gesag is dan ook dit wat my posisie  aan myself weergee.  Wanneer ander  my  gesag nie respekteer nie, is my selfwaarde as posisie bevraagtekend.  Dit dui aan dat dit waarop ek my selfwaarde baseer, nie waar is nie.  Die bas noot van die klank van my woord ontbreek dus. Die feit dat dit onder is in ondermyn beteken dat die gebrek aan selfwaarde net aangedui word, wanneer my oorspronklike motivering vir gesag bevraagteken word op een of ander manier.  Dus is die ondersoek van alle dinge veral die ondersoek van dit wat onderliggend is aan my selfwaarde dringend nodig.  Onderliggend is die fondasie van my lig van verstaan en dit wat my oplig.  Wanneer die fondasie nie ‘n ware fondasie is wat die lewe en beeld van die lewe waardig is nie, dan vind ek dat ek maklik ondermyn kan word.

Wat my fondasie is, is die feit dat my werklike selfbeeld die beeld van die lewe is wat in fisiese vorm uitgedruk word as persepsie, klank, gevoel, kreatiwiteit, liefde, woorde, wysheid ens.  Wanneer die onderliggende selfbeeld se definisie ontbreek, word ‘n vals selfbeeld geskep en ons blaas dan ons beul trompet baie harder en sê Kyk, hier is ek, Kyk wat kan ek doen!, Kyk, ek is beter as jy! Kyk, whê, whê, whê, whê, whê!  Die ondermynende inligting wat aan die mens geleer word is die onderliggende rede vir konflik op alle terreine van die lewe. Voorbeelde van oorlewing, kompetisie, wen, woede, manipulasie, gierigheid, dreigemente ens.  Om nee te sê vir die beheer van ons onderliggende fondasie deur die beheer van inligting en ‘n gebrek aan kennis van hoe die onderliggende basis van selfbeeld van die mens werk, bring bevryding, en die geleentheid om die lewe weer toe te pas met ‘n passie wat werklik liefde en vrede uitleef. 

Aan die vrug sal die boom geken word en die vrug is ons woorde. Ons woorde vorm dan die fondasie van ons dade en na die bewuswording van ons wording as woorde is daar ‘n tyd wat ons eers moet skoonmaak met vergifnis en deur die toetse van versoeking gaan om te sien of ons werklik verander het.  Elke aksie moet dus ondersoek word om te sien wat die onderliggende motivering van die aksie is.  Dus, waarop is die aksie gebaseer en waar kom die inligting vandaan wat die aksie motiveer en wat is die doel van die inligting wat die aksie motiveer.  Hierdie proses is waar ons proe aan elke aksie  en dit ondersoek  om te sien of dit werklik is wie ons is.  Werk ons aksies dus binne die basis van  doen aan ‘n ander wat jy aan jou gedoen wil hê, asook, is ek lief vir myself wat my toelaat om ander te verstaan en lief te hê.  Wanneer die onderliggende fondasie van jouself nog nie gevind is nie, word jou siel nogtans verkoop  aan omstadighede, en moet jy uitvind wie het jou siel in pag,  die omstanders wat deelneem aan jou lewe en wie in die kleine en die groter wêreld jou beheer en jou optrede bepaal.

Sê nee en proe aan die proses van genesing van jouself, jou selle,  en weet dat jy altyd die selle is, gister, vandag en tot in all ewigheid.  Wanneer hierdie inligting nie die onderliggende fondasie van jou lewe is en in volle verstaan word nie, ondermyn jy jouself en is dit tyd om nee te sê vir alles wat die inligting verdraai en jou siel verraai.  Hou op om te raai wie jy is, ondersoek jouself en sien wat in jou selle geskryf is.  Die kwessie van die gees is gewillig, maar die vlees is swak, is die lewensplek wat misbruik word om die inligting te verdraai en raai, raai, riepa te speel.  Hou op om jouself te veraai deur toe te gee aan die raaisel van die lewe soos voorgestel deur die wat nie verstaan nie en wat nie die ewebeeld van God wil uitleef nie.  Verstaan is verstaan  -  om nie te verstaan nie,  is om nie te verstaan nie.  Weet is weet, nie weet nie is nie weet nie, wie is jy?  Weet jy of nie?  Verstaan jy of nie? Vra God om jou te wys en vind uit vir jouself.

VAN OORDEEL NA BEWUSTHEID

Oordeel is wanneer ons ons Oor deel met ander.  Dit is ‘n aanduiding van ‘n gebrek aan bewustheid en verantwoordelikheid, want ons wil nie ons eie antwoord en woorde glo nie.  Bewustheid is die wiskunde van aksie en gevolg, dus woorde en dade.  Aksie en gevolg is die natuurlike uitkoms van uitdrukking in vorm, weereens woorde en dade.  Dus die natuurlike gevolg van ons doen en late.  Bewustheid is die verstaan van die gevolg van doen en late.  Wysheid is om die aksie en gevolg uit te voer met bewustheid sonder om jou aan die oordeel (van ander en jouself) te steur en sonder om jou Oor met ander te deel want jy verstaan die groter prentjie. Jy skilder jou eie skildery sonder skuld en sonder om  ‘n skild te dra om jou te verdedig, want jy vind God se vrede.

Die gevolge van oordeel  het as doel die doelbewuste bewusmaking van die mens as bewustheid in vorm.  Dit wil sê dat die wil van die lewe  is die bewuswording van die mens deur die Oor te deel met pyn en smart.  Om dus die pyn en smart te verminder, moet mens die mindere  wees en die oordeel laat gaan.  Oordeel en die verstaan van die mindere is net moontlik met die bewustelike verstaan van die lewe.  Die beteken nie om nie ook in aksie oor te gaan nie.  Aksie met volle bewustheid dirigeer die lewe soos ‘n orkes en eers aan die einde is die volle waarheid van  bewustheid, alhoewel die bewuste aan die begin bewus was van die waarheid het die die bewustheid  nou in aksie oorgegaan.  Die aksie vir die blinde en dowe sonder bewustheid, maak die dowe en blinde baie bewus van hulle gebrek aan bewustheid deur die gevolge van hul onbewuste optrede ( Dit is bekend dat blindes se sintuie soms beter ontwikkel is en gebruik word as die sienende persoon). Die wet van die lewe is die wet wat die natuur as voorbeeld aangee vir die mens om na te volg as hy wil en so te leer waar sy waarheid te kort skiet in verstaan.

Die menslike natuur volg, of die natuur van die lewe, of die natuur van die sondes van die vaders.  Die gevolge is natuurlik binne die natuur wat die mens volg.  Op die huidige oomblik is die mens op sy blindste, want al die vals lig of sal ons sê onnatuurlike lig van menslike skeppings onder die sondes van die vaders verblind die mens  vir die natuurlike lig van die lewe en in die proses word die natuur verwoes.  So as dit woes gaan met die mens, dan broei ‘n storm uit en die kleintjie wat nou groot gemaak word as ‘n gevolg aan die verwoesting, is die besoek van die dier as mens. So skep ons woeste tuine as woestyne.  So is die kringloop wat die mens loop tot hy die kring sien en dan lui die klok en dit wat lok en uitlok, word gesien vir wat dit blok – die lig word geblok deur dit wat uitlok.  Sê nee vir die lok van uitlok en word genees.  

Ontblok jouself.  Sê nee vir die verwoesing op die planeet en word genees van verwoesting.  Sê nee vir die onnatuurlike lig wat die natuurlike lig verblind en word genees van blindheid.  Sê nee vir oordeel en waarmee jy jou Oor deel en word genees.  ‘n Genesing wat jou jou oorspronklike deel aan die lewe oorgee.  Die nee van genees, die gee van oorgee en die Oor van oordeel.  Laat alle ore hoor voordat die 2 ore van gebore die  1 oor van oorlede word, en stof tot stof, net stof tot nadenke los in die bedenklike toestand wat die mens se denke nou is. Dan  is die pyn van tandetrek die toestand wat weer verstand aan die omstandighede gee waarin ons beland het.

KOM VAN BEKOMMERD

Wanneer die vrees my bekom  van wat my toekom, dan verander my  onsekerheid van my eie vermoë van uitdrukking in bekommernis.  Ek wil graag hê my toekoms moet so seker wees soos die vorm van ‘n komkommer, anders word ek bekommerd. Die enigste realiteit van bekommerdheid is die prentjie van bekommerdheid in my kop waaraan ek  regte  waarde heg. Wanneer ek egter in die situasie beland waaroor ek my bekommer, is daar verskeie moontlikhede.  Ek kan die prentjie in my kop uitleef as ‘n uitdrukking van wat binne in my aangaan, want die prentjie is deur my geskilder.  Ek kan die situasie sonder vooroordeel benader en dan my bewustheid toepas as vorm  en  verstaan  en kan ek sien hoe die lewe  voor my ontvou.  As ek die kans nie neem nie, dan vou ek voor ek by die toekoms kom en die ontvouding  ( gewaarwording ) wat my toekom, ontvou nooit in ‘n noot nie.    Wanneer die prentjie in my kop deur my as my waarheid uitgeleef word, het ek darem die geluk dat wat ek geglo het, waar geword het.  Maar as ons hierdie aap uit die mou laat, sien ons dat die bewys  van ons geloof nie geloofwaardig is nie.    Die sprokie wêreld waarin ons leef is soos ‘n sprokies karakter wat gedurig aan homself wil bewys dat hy reg is en geloofwaardig is en dat sy evaluasie en prentjie  van ‘n situasie reg was.  Die waarheid kan egter net ervaar word wanneer die mens in elke oomblik onvoorwaardelik toelaat dat die lewe ontvou en dan deelneem aan die ontvouding deur in die oomblik van die gebeurtenis, jouself toe te pas as die lewe in uitdrukking volgens die natuurwette.  

Net soos die boom buig voor die wind waar die wind nou waai en die boom se blare musiek maak in die wind, pas ons ons vryheid dan toe in die ontvouding van die oomblik deur daaraan deel te neem volgens ons huidige vlak van verstaan.  Die meester van die situasie is dan die mens wat die beste maak van elke geleentheid en sien dat dit net geleen is en in ‘n oomblik verby is en dan is die volgende oomblik hier om aan deel te neem.  Die brommer van bekommerdheid  is die mens wat alles bepaald wil hê voor hy/sy daar kom.  Die gebrom as alles nie uitwerk soos die prentjie in die kop nie, is ‘n geraas wat ook met die volgende geleentheid  daarna oordonder word.  Nou is die lewe dieselfde – brom van oomblik tot oomblik.  Om nee te sê aan die verwagting dat alles volgens die prentjie in my kop werk, genees jou en laat jou toe om die polsslag van die oomblik te voel en dan met jou volle deelname die oomblik volgens jou keuses en verstaan te beïnvloed en te ervaar.  Geen  vrees nie wetende  dat die vaderlike wet van elke oomblik  net die beste verlang vir elke kind van die vader.  Wanneer ons verlange en vertroue in die vader die verlange en vertroue van die vader van lewe  ontmoet, leef ons ten volle en is ons vervul.

Laat ons nie toelaat dat die groot onderdrukking van onsself voortgaan deur prentjies wat ons skilder en nie verstaan nie, want dan is ons lewens gebrekkig. Openbaar jouself nou en sê nee vir die onderdrukking van jouself, lewe die lewe van die Vader van volheid en volmaaktheid sonder om jou te bekommer.

Dag 18: Die Lewende Woord as Vlees

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te sien wat Jesus bedoel het toe hy gesê het hy is die Lewende Woord wat Vlees geword het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om mee te Hoor dat “Die Vlees die Lewende Woord is” en dat Bewustheid in Die Vlees gesetel is.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te wil sien dat die Ouer die lewende Woord se Waarde as Vlees van die Kind bepaal en dat alle Bewyse daar is dat die Ouer nie die Vlees as Lewe voorberei nie, van generasie tot generasie word die Gene geprogrameer om te raas sonder om te sien die geheim van die skepping is in Genesis wat sê “Gene Is”, en wat deur Jesus Bevestig is as Die Lewende Woord wat Vlees geword het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie Te Sien dat Elke Woord Waarde het en dat indien woorde in die vlees toegelaat word wat nie die Waarde van Lewe as wat beste vir Lewe is bevat nie, sal die mens as lewende woord die Onwaardigheid uit lewe soos dit tans wel op aarde gebeur.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te Sien dat Kennis net die Mag het wat aanvaar word as waar die Mens Mag lewe en dat ons so deur ons Wette Magte losgelaat het wat die lewe vergal het en verlaag het tot waar lewe geen waarde het nie en Kennis wat misbuik word alle waarde het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om Net te Sien dat die Magte wat as Woorde en Beelde in die Vlees losgelaat is as die Denke van die Mens die lewe in bedenklike toestand geplaas het, waar die denke van die mens die spieëlbeeld is van die Woorde wat vlees geword het, om sodoende ‘n vals beeld te plaas voor die ware beeld van die vlees, wat die Werklike Lewende Wese hier op aarde is wat nie geëer word nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te Sien dat AFRIKAANS aan die MENSDOM weer ‘n kans gee om te wys hoe dom die mens is om Nie te Sien dat die VLEES die Werklike LEWENDE woord is

Ek stel my ten doel om te bewys dat die Lewende Woord dit wat ‘n Persoon doen, dink en praat die lewende taal is van die Vlees wat die Woord word as Lewe

Ek stel my ten doel om te bewys dat Bewustheid in die Vlees as die Hele Liggaam gesetel is

Ek stel my ten doel om Ouerskap te Lig tot die Punt waar die Lewe as Woord die Waarde van Lewe in Elke Kind se Vlees word sodat alle mense lewe dit wat beste is vir alle lewe

Ek stel my ten doel om te bewys dat die Mens altyd net gelyk is aan die Waarde van die Woorde wat Vlees geword het en dat die mens se optrede altyd een en gelyk is met die Waarde van die Vleeslike Lewende Woord

Ek stel my ten doel om te bewys dat alle Kennis wat nie gebasseer is op wat Beste is vir alle Lewe nie, gelewe sal word op Maniere wat Lewe Benadeel en die Eie Gek Bevoordeel

Ek stel my ten doel om te Bewys dat die Vals Beelde wat deur televisie en advertensies in die vlees ingeprent word, deur mense meer en meer op Barbaarse Maniere uitgeleef gaan word, wat elke persoon te eniger tyd in gevaar kan stel sonder enige waarskuwing

Ek stel my ten doel om te bewys dat on die Wêreld kan verander en ‘n plek wat lewe Eer deur die Waarde wat onw Woorde Gee met die Waarde te Meet wat altyd Beste vir alle lewe is

Ek stel my ten doel om te wys dat AFRIKAANS die Taal is wat Bewys wat die Waarde van Woorde doen Wanneer dit Vlees word en dus ‘n Taal is wat kan Verhoed dat ons die Prys betaal vir wat ons toegelaat het op aarde as die Lewe waar die Eie Gek eerste geplaas is inplaas van Lewe


Dag 17: In die Naam van Liefde

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Naam van Liefde met die Maan vergelyk het sonder om te sien dat dit gely het tot die feit dat die Mensdom met die Maan gepla is en Niks omgee vir mekaar se lewe nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Man as Liefdevolle wese te sien terwyl die Wêreld wys dat daar geen Liefde is wat werklik bestaan nie, net die Eie GEK wat Gek is oor Liefde om self alleen  beter te laat voel sonder om te gee wat met lewe in hierdie wêreld gebeur

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat Ouer Liefde vir die Kind iets kosbaars is, terwyl nie almal op aarde kos kry nie, maar dat ek as ouer nie oor enige ander kinders omgee behalwe my eie kinders nie, asof Net Eienaarskap van my besittings as Kinders belangrik is, terwyl die lewe wat Ewe in Almal bestaan, verontagsaam word tot so ‘n Mate dat duisende daagliks sterf van Hongerte, terwyl ek lag en speel met my kinders want Geld beskerm my van die verskrikking wat die stadige dood wat Hongerte bring

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat dit God se Wil is dat Hongersnood bestaan terwyl ek weet dat God niks daarmee te doen het nie. Dit hang alles af oor wie Geld het en wie nie Geld het nie. Dus is die Liefde vir Geld die sleutel tot oorlewing en daar word geen poging aangewend om ‘n oplossing in plek te stel om die Liefde wat die Planeet aan almal gelyk gee, gelyke te deel nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om vergifnis die gif te maak van Geloof in die Onsienbare, terwyl ek die sienbare vergiftiging deur my oë op te slaan na die hemel en niks te doen aan al die dinge op die aarde wat ek wel kan verander en verbeter nie, want ek stel my lewe eerste sonder om te besef dat die wat eerste was sal laaste wees, want ek het dit wat vryelik gegee is as lewe aan almal nie ondersteun as die Waarde wat dit werklik is nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Liefde van God ydelik te gebruik deur ydel by te staan en die leun op aarde toe te laat wat ek wel kan verander indien ek ook Liefde was, maar ek weier om die ewebeeld en geykenis as lewe te wees, wat Gee soos ek wil ontvang as die Voorbeeld van Ware Liefde, Instede lewe ek die Vals beeld van die Eie Gek, tot so ‘n mate dat ek net maatstawwe najaag wat my die Wen moet gee en seker maak ek lewe Goed, al het ek Meer Goed as wat ek ooit kan gebruik, tog weier ek om my Te Veel Goed te deel met die wat Te Min Goed het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat my Liefde vir Goed en Goeie gevoellens die Waarheid van die Leed is wat baie deurgaan op aarde, totaal vermy sodat ek nie skuldig hoef te voel nie, want volgens my het die mens persoonlik die skuld wat die mens tot in Sonde verval het nagejaag, en omdat ek Sondig is in aard, mag ek maar myself beter maak deur myself te vergoed met Goed om te bewys dat ek Goed is en God se Wil doen. Tog is die najaag van my Goed gegee om my Goed te maak en die waarmee dit sleg gaan was sleg en daarom gaan dit sleg met hulle, net soos God beplan het. Tog is dit My Planne wat indruis met die Plan-eet se plan om almal te laat eet

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat Liefde net op Aarde sal bestaan wanneer lewe Een en Gelyk in almal geëer word

Ek stel my ten doel om te wys dat die Liefde wat die Mens najaag nie Ware Liefde is nie, maar dat dit net die gelykheid na die Eie Gek is

Ek stel my ten doel om te wys dat die Ouer die Liefde vir ‘n Kind misbruik in Eie belang om sodoende die Algemene Belang van Alle Lewe te verontagsaam

Ek stel my ten doel om te wys dat die Mens alle Hongersnood kan stop, maar omdat daar Geen Ware Liefde is nie word dit nie gedoen nie

Ek stel my ten doel om te wys dat alle geloof soos gif geword het wat lewe verontagsaam en net die Eie Gek se Belang Najaag

Ek stel my ten doel om te wys dat Elke Mens wat Hom beroep op die Liefde van God terwyl Eenheid en Gelykheid van Lewe op aarde nie ‘n werklikheid is nie, net lewens versprei in Eie Belang

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die Besit van Goed nie die Mens Goed maak nie, inteendeel dit bewys die Vrotheid van die mens

Dag 15: EK KERKER MYSELF NIE MEER IN NIE

0 comments

Ja, dis ‘n riskante saak wat mens in Risland kan laat beland.  Maar ek is ‘n rissie en die kerk en kerker is ‘n donker gat vir ‘n donkie.  ‘n Donkie is ‘n wonderlike ding en laat mens wonder wat mens met jou wonde doen as jy nie nee sê nie.  Jy kerker jou in in die kerk en word onaantasbaar.  Wie kan jou in elk geval in die gat (kerker) sien waarin jy geval het.  Net jy kan jouself help en nee sê vir die misbruik van God as vreeslik/vleeslik en dan is jy nie meer oorlede nie. Dan het jy jou lewe oor want jy is wedergebore, ek wed jou volgens wet.  Hoor net die oor van oorlede, ledemaat, of is dit litmaat, die maatemmer is die maat en ma wat die lig in die liggaam onder sit?  Onder wat? Onder die maatemmer!  So ondersoek alle dinge en lig die maatemmer op dat die lig in die liggaam kan skyn en die skyn van die kerker se flitslig van oomblikke, in lig van die lewe kan wees. Laat al jou inligting net lig oordra, want dan alleen is die boodskap van bo.
  
WIE STEEK MY IN DIE RUG EN WIE STEEK EK IN DIE RUG
Wanneer ek gerugte versprei van ‘n ander, dan steek ek die persoon in die rug en wanneer ‘n ander gerugte van my versprei, steek hulle my in die rug.  Die manier wat ons gebruik, is om te skinder.  Skinder is op die woord kind gebou.  Wanneer ons nie meer die onskuld van ‘n kind in onsself en in ander sien nie, dan skinder ons.  Die rede is dat ons nie vrede in onsself het nie, en ons onsself as beter probeer sien deur gerugte van ander te versprei.  As jy gerugte van ander versprei, weet dat jy self die probleem is.  Verander van rigting oor hoe jy jouself sien en sê nee vir die gerug – dus draai jou rug op die verspreiding van gerugte.  Wees lief vir jouself en dan kan jy lief wees  vir ander.  As jy gerugte versprei, is jy nie lief vir jouself nie.  Self is die uitdrukking van bewustheid deur jou selle.  Die vlees het die gees oordonder wanneer gerugte versprei word en die donder in die oor laat ‘n mens doof.  Wees stil en weet dat ek God is.  Onthou dat in die word gebore, twee ore is en in die word oorlede net een oor.  Die uitleen van jou ore lei tot ‘n situasie waar daar net een oor oor is by die tyd van die dood.  Sê  nee vir die uitleen van ore en wees een met jouself en jou gees en jy is weergebore sonder ‘ n weersverandering van weerligstrale.  Gee jouself die vryheid van die nee van genees.  Die verspreiding van gerugte maak mense berug en skep ‘n vals beeld voor my oor hoe ek na iemand anders en myself kyk. Dit is mos nie die voorbeeld wat ek as beeld voor my wil hou nie. Tog het ek vrye wil wat my nie vry maak solank ek’ n voorbeeld leef wat streef na ‘n vals beeld uitleef. Die vals noot is mos duidelik in die toon van my woord en die gebruik van my vlees. Die storie wat soos’ n gebroke telefoon versprei wys mos wat ‘n gerug doen. As kind het ons die gebroke telefoon geleer sonder om te sien hoe ons sonde met die bure skep in al die ure wat ons vergeet van die vryheid van kinders en dan ons net laat skinder in ons taal. Laat ons taal ons so laat betaal.’ n Wag voor die mond hou jou gesond.


VOORWOORD
Voor jy hierdie woorde lees, onthou dat hierdie woorde aan jou fluister – so luister mooi hoe die klanke van die woorde die geheime van lewe oordra.  Wanneer die geheime duidelik word, sal die woorde aandui dat die vinger wys na:” hy het dit aan my gedoen”, die groot nee is wat genees.  Wanneer jy die “hy” in jou woorde sien, het jy die geheim van die lewe ontdek. Dek dan die tafel vir jouself en sit aan by die maal deur aan ander te doen wat jy aan jouself gedoen wil hê male sonder tal.  Verander jouself deur anders te kyk en te sien hoe ander net jouself is wat deur ander oë kyk.  Kyk dus na die lewe deur ander oë en hoor wat die woord oordra en jy sal jouself gedra en jou lewe en ander se lewe draagbaar maak sonder om op n draagbaar te beland.  Die woord woord is gebou op die woord oor.  “In die begin was die woord en die woord was God en as jy die begin ken, ken jy die einde”.  Solank as jou woorde die kennis van goed en kwaad uitdra, eet jy van die appel van die boom van goed en kwaad en as dit jou oogappel is, gaan jy jou kennis en woorde as werklikheid ervaar.  “Ek maak alles nuut” is die skepping van ‘n nuwe verstaan van die woord en die harmonie van die klanke van die woord as die lied van die lewe.  Skoenmaker hou jou by jou lees beteken om eers jou eie vlees te lees en die stomp uit jou eie oog te neem voor jy die splinter uit ‘n ander se oog neem. Doen dit voor jy so afgestomp is dat net geld wat stom is kan regmaak wat krom is.  Luister eers na jou eie woorde.  Haal eers die balk uit jou eie oë.  In my selle is die self geskryf deur die oortuiging van my self.  So is die sondes van die vaders oorgedra deur ‘n tuig op ons oor te sit en die verstaanbaarheid van die lewe agter ‘n beeld voor my te verskuil.  Die beeld is dan die beul wat ons blaas.  Die beul maak dan net sin as ons dit kan vergelyk met ons oortuiging.  Wanneer ons oortuiging verander, verander die beul wat ons blaas en verander die beeld wat ons voorhou.  Indien jy vind dat die beeld wat jy uitdra kan verander, weet dat dit ‘n vals beeld is.  Die beeld van die lewe is Ek is en  “Ek is dieselfde gister, vandag en more tot in alle ewigheid”.  Sê nee vir die beeld wat kan verander en wees die voorbeeld van Ek is.  Dit is die beeld waarvolgens ons geskape is en is navolgenswaardig.  Die skaap van skape is die vals beeld wat kom van ape vir na-apers wat nie’ n naaste lief het nie.  Waar ons probeer inpas in kultuur, kerk, familie en verwag dat ons selfbeeld sal verbeter deur die toedoen van ander, verloon ons ons waarheid vir n loon en verkoop ons siel vir lensie sop en die lens van ons oog sien te eng om die engele te ken.  Dit beteken dat ons onsself sien as veranderlik en dat ons optrede gebaseer is op n uiterlike stimulus.  Ons beeld word gemeet deur die uitinge van ons woorde.  Dan word die woord vlees en ons word aan ons woord gemeet in die vlees en kannie meer God se boodskap lees.  Plaas is wag voor jou mond totdat jy die woord van God verstaan en laat jou trots staan en jou woorde sal nie meer soos ‘n rots voor jou staan.  Die waarde en waarheid van die tong lê in die tweesnydende swaard wat die waarheid verdraai en jou waarheid verraai en die lewe dan swaar maak.  Kyk na die woord waar en waar die waarheid inpas en hoe jy inpas by die waarheid. Dan sal jy die aar van Aarde in die waarheid sien waar die are ryp staan vir die oes. Koes, want ek moes die moles wat die moed van ons moeder aarde en ons Vader wat in ons woon se troon bevraagteken deur die toorn aan hom toe te skryf, openbaar. Wie gaan hom nog blind staar teen ‘n vyeblaar?

Afrikaans is evolusionêr die mees direkte taal in sekere opsigte en in ander die mins direkte, vir die taal het ons hart betaal.  As ‘n taal van net oor die honderd jaar ontwikkel het uit verskillende ander tale deur die revolusionêre metode van wegbeweeg van die kerk en leerstellinge van die kerk, het ‘n nuwe revolusie veroorsaak wat ons gebring het voor die openbaring van God se woord.  Nou staan ons voor nog ‘n revolusie, nog in draai in die wiel.  Gaan ons onself weer vasvang in eksterne leerstelling of gaan ons leer uit ons woord deur te hoor en sien met ons oog deur te sien. Wie sou kon dink dat ’n taal wat ons leer praat het met die waarheid en God se woord direk  na ons sou kom en ons sou die wederkoms van die woord nie sien nie. In die boek sal jy sien hoe God met ons elke oomblik praat, maar ons is doof en wil nie hoor nie en het weereens ons geboortereg verbeur. Nou is weer tyd om God se woord in elke woord te eer, want net soos ons God se woord van die sesde dag is wat vlees geword het met eie keuse, het ons woorde gekry om God se ewebeeld uit le lewe. Waarna gaan ons strewe? Wat gaan ons erwe of gaan dit net oor erwe van grond. Al wat bly en verbly is die woord van God in alle tale, maar duideliker in Afrikaans om ons weer ‘n kans te gee om die gees van God te ontdek, want hy lig die gees wat ons mos die heilige gees gedoop het.

Engels is ‘n 1000 jaar oud en het ook groot waarde in sekere opsigte.  Die engel van engels kan Afrikaans verbreed om die harmonie te herstel in ons taal waar ons woorde te kort skiet en ons dan op ‘n spoor vat waar ons optrede nie opwys met wysheid nie. Die wyse woord is mos die padwyser.

Luister dus met jou hart en moenie jou hart verhard met die lees van hierdie woorde nie.  Dit is met hardkoppigheid waar die hart met die kop gelei word en dan ly mens weer tot jou hart deur smart die sagmoedigheid van God se liefde ontdek op die ontdekkingsreis van die lewe.  Laat jou hart jou kop lei en moenie hard wees met jouself nie. Wees ook nie hard wees met ander nie, want niemand is weeskinders nie. Ons is almal die kinders van God, want dit is al hoe lewe bestaan en almal lewe mos of is ek nou mal? Daar is geen plek wat God nie is nie en die wat kan sien waar God nie is nie, se mos dan hulle sien meer as God. Kyk om jou. Die mens het niks geskep nie en alles hier gekry, tot ons taal. Ons neem net dit wat ons gekry het en maak goed daarmee om goed te doen. So sê ons mos. Maar soms kan goed wat goed is verblind soos ons die manna net vir onsself wil hou. Dan betaal ons weer deur die beheer van die kapitaal en land in die hospital. Dit is nooit te taal/laat nie.  Verander jouself deur nee te sê vir hard wees en genees jouself en soos jy jouself genees, sal ander om jou verander in genees en met eenvoud is daar ‘n nuwe aarde en ‘n nuwe hemel.  En sien, ek maak alles nuut.  Laat die suurdeeg werk.

Dag 13: Die Geboorte van die KIND van die MENS

1 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om NIE TE SIEN dat ELKE kind wat gebore word op AARDE HIER ARRIVEER sonder ‘n Naam, SONDER ‘n Opvoeding, SONDER Geld, SONDER Godsdiens, SONDER ‘n Kultuur. SONDER Voorkeure en Afkeure en dat ALLES wat die kind gaan word en lewe deur die gemeenskap en die AANVAARDE WȆRELD, BEPAAL word

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die GEMEENSKAP op AARDE die GEMENE DELER is wat aandui hoe GOEDERE OP AARDE VERDEEL word. Die VERDELING wys HOE die AANVAARDE NATUUR van die Mens Funksioneer.VERDER wys die VERLEDE as die Geskiedenis van die Mens dat die MENS die ENIGSTE DEELNEMER is WAT al die LEED op Aarde veroorsaak deur die GOED wat Vrylik deur die Skepping GEGEE word, nie GELYK te verdeel nie
Die Ongelyke verdeling veroorsaak dat Lewe NIE EWEWAARDIG is nie en selfs toetaal waardeloos geword het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om NIE TE SIEN dat ek my MEDEMENS deur Ongelyke Verdeling LEED veroorsaak deur nie Mede DEELSAAM te wees met ELKE KIND wat gebore word nie en DUS deur die GIERIGHEID van RYKDOM en EIENAARSKAP bepaald DEELNEEM aan Kindermishandeling deurdat elke KIND wat gebore word sonder ‘n gelyke genoegsame DEEL, se Lewe VERDOEM is terwyl ek as Ryke dit wat die Aarde VERNIET in gelyke Maat verskaf vat vir Myself sonder ENIGE MEEGEVOEL of Skuldgevoel. Dit terwyl die AARDE ONVOORWAARDELIK ALLES verskaf

Ek vergewe myself dat ek Myself toegelaat het en aanvaar het om die Wette van die GEMEENSKAP so IN TE STEL dat dit Rykdom beskerm as EIENAARSKAP en GELD en dat ek WEIER om te sien watse NAARHEID die EIE gek skep met die ongelykheid wat so ingestel word. Die Domheid van die Ryke bewys hiermee waarom die Ryk Man NOOIT die EWEGE LEWE sal binnegaan nie, want die Ryke GEE nie ‘n EWE LEWE aan ALMAL nie en MISHANDEL Die LEWE met HARTSTOG

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om ‘n HIERARGIE op AARDE toe te laat wat aandui dat HIER RAAR GEGEE word ten spyte daarvan dat alles van waarde GRATIS deur AARDE VOORSIEN WORD EN SELF Jesus gesê het dat die lewe is om te Gee soos jy wil ontvang om te bewys dat ons wel omgee vir die lewe, tog word rykdom die Grootste Strewe van die MENSDOM wat bewys Hoe Dom die mens is om die EIE GEK en nie die LEWE EWE EERSTE te stel nie en dus die geboorte reg van EWIGE LEWE vir ‘n pot lensie sop verkwansel, self op die KANSEL en alle KANSE verspeel om ooit Hemel as Aarde te vestig en Skep

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om Kindermishandeling deel te maak van die lewe deur die geldgod te eer as eerste bo alle lewe, en sodoende die lewe as self in euwel verander het sonder enige meegevoel vir my Naaste wat moet EET om te Lewe en ewe soos ek op die PLAN – EET AARDE, Tog het ek my AARD van gierigheid op AARDE gevestig SONDER LIEFDE en die LIEFDE van die EIE GEK gemaak wat soek net vir my EIE GEK SE VOLDOENING

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om nie te sien dat in die dierbaarheid van die kind, die gemeenskaplikheid wat die mens met die dier het, waar die liggaam en die gelyk afhanklik is om te lewe van dit wat deur die aarde voorsien word en dat mens en dier dus as lewe gelyk is in afhanklikheid en dat die kop as meester van bewustheid dus hier is om seker te maak as verteenwoordiger, as ewe beeld en gelykenis van god met die verantwoordelikheid van dit, wat vrylik voorsien word, gelyk te verdeel tussen alle diere sodat die lewe werklik dierbaar kan wees vir almal wat hulself duidelik op die planeet aarde bevind en dan sodoende te bewys dat die ewebeeld en gelyke van God die verantwoordelikheid wat daarmee gaan, wel aanvaar word, want dit is die sleutel tot die ewige lewe en is waarom Jesus gesê het “ek is die weg, die waarheid en die lewe”, want hy het dit gestel dat daar moet gegee word soos mens ontvang, want dit bewys die liefde van god en sonder die liefde van die ewe sal die ewige lewe nooit wees nie en elke mens sal ‘n weeskind wees net soos dit nou gedoen word met elke kind wat mishandel word deur dat lewens belangrike basiese behoeftes nie vir elke kind gelyk voorsien word nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om NIE TE SIEN dat in die DIERBAARHEID van die KIND, die Gemeenskaplikheid van Mens en Dier Bewys word en dat die KIND eers Mens word wanneer die Euwel van die VOORSATE in die KOP INGEPRENT word deur die OUERS en die GEMEENSKAP. Beide die DIER EN DIE Menslike LIGGAAM is AFHANKLIK VAN wat die AARDE verskaf as KOS en SUURSTOF in GELYKE MAAT, die Voorsienigheid van die AARDE. Onvoorwaardelik GELYK. Die Mens as MEESTER van die AARDE deur BEWUSTHEID is dus die VERTEENWOORDIGER van die Skepper as die Ewebeeld en Gelykenis, om dit wat Vrylik voorsien word GELYK te verdeel, sodat die Lewe vir ALML DIERBAAR kan wees met Gelyke Geleentheid om die Lewe te GENIET en te Ervaar. Hiermee moet die Mens sy Lewenswaardigheid Bewys as Ewebeeld en Gelykenis as die Verantwoordelikheid vir Lewe. Dit is die SLEUTEL  tot die EWEGE LEWE is waarom Jesus gesê het “Ek is die weg, die waarheid EN DIE LEWE” met die WEG  as OM TE GEE soos jy wil ontvang. Dit is die ENIGSTE WARE LIEFDE want LIEFDE is OM TE GEE en solank daar nie om gegee word vir Elke Wese nie, Sal Liefde op Aarde nie bestaan nie

Ek stel my ten doel om aan die hart van elke mens te klop en daarop te wys dat die mens se hart verhard het met die idee dat harde werk die mens die reg gee om die hart te verhard en sodoende van die minder bevoorregtes die lewensnoodsaaklike te ontneem sonder dat die wat het enige skuldgevoel daaroor het, selfs al het die ryke die eiendom en kos met skuld gekoop, bly die ryke nog steeds sonder enige meegevoel met die arme, en dit net oor harde werk wat harte verhard

Ek stel my ten doel om die mensdom daarop te wys dat die boodskap van Jesus nooit lewenswaardig geword het nie, want die eie gek het die hart verhard om net die rykdom na te jaag ten koste van elke kind wat gebore word sonder die basiese reg tot lewe

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat ons die liefde met bewys te wys, dat ons verstaan om te gee is om te ontvang en dat ons dus omgee

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die tyd uitgeloop het en dat die lewe die laaste lewe en laaste kans is vir elke een om te bewys, wat ons kies is die lewe of die ewege dood, ek verstaan die ewege dood is die verbanning van die deelname aan lewe in totale alleenheid in die woestyn

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die vrug van die boom van die lewe net beskikbaar is vir die mens wat omgee en dat die wat nie omgee, nie sal kry wat hul kies in die woeste tuin nie. Dit is die wet van eenheid en gelykheid– jy is altyd een en gelyk met wat jy gee/kies

Dag 11: Vrede op Aarde

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat die REDE hoekom daar nie VREDE op AARDE is nie, is in die AARD van die Mens soos die Mens se Deelname vloei as die Voorbeeld van Lewe as ‘n Lewensaard en Lewenswaardigheid

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te sien dat die wat Voordeel trek uit die aanvaarde Aard van die Mens, vir hulle self Eerste Deel en verseker dat hul Deelname eerste Voldoen word deur seker te maak dat nie genoeg vir almal gegee word op aarde nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om REDE nie te Baseer op VREDE op AARDE nie en dat ek die Aard van die Mens as onveranderlik aanvaar het sodat ons nie hoef vir mekaar om te gee nie, en dus nie omgee wie lieg en wie lewe nie, want ons weet nie meer hoe om te gee om mekaar se Menswaardigheid en Lewenswaarde te beskerm nie ten spyte van kerm en klaagliedere van die wat nie kry nie, want die Liefde wat mos vertroetel is net vir onsself en nie vir Alle Lewe as Gelyk en Ewe dat ons so ‘n Ewige Lewe vir almal kan skep nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om my ore uit te leen aan die wat nie die Lewe Eer nie en so oorlog binne onsself toegelaat het as INFORMASIE, altyd gereed om te Veg vir ons Eie Ek en so onsself te Verdedig teen die Aard van Onsself wat ons sien is ook die aard van elke Mens en Ons onself so goed ken, dat ons weet ons sal nooit eerlik wees met lewe nie, want dan sal ons in vrede en gelykheid moet lewe en die Eie Ek wil nooit Een en Gelyk wees nie, maar het mos die doel om Meer te Wees, Meer te Voel, Meer te Neem en in die Malheid van die Meerdere, die Mindere te ontneem van die Reg tot Lewe

Ek vergewe myself dat ek myself met die Eie Ek gevul het, wat met die Eie wil vervul en dringend soek na die Ewige Lewe na die dood en so die planeet waar lewe wel ewig is, dood te druk, op elke moontlike manier, om nie te sien dat ons Gelykheid as Lewe reeds bestaan, want waar gelykheid bestaan, kan die Eie Ek nie bestaan nie en dit terwyl die Eie Ek Gek

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om nie te WIL SIEN
Dat die Aarde daagliks in Oorlog gewikkel is, want die Gewik en Geweeg van die Eie Ek stel nie belang in die Waarheid van Lewe nie, en wil net ten Alle koste Wen en Reg wees om die Vrees te Verdoesel dat daar dalk nie iets Groter na die dood is nie, en daarvan moet die Eie Ek die Beste van die SLEGTE saak maak en soveel GELT as moontlik bymekaar maak as die Wapenrusting van die Aarde, sodat die Eie GEK teen die Ander GEKKE op aarde beskerm kan word

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om die Spirituele wat die Geestelike moes heel en genees, verwardelik Een gemaak het met die Eie Gek en so daarop aanspraak gemaak het dat die GEES gesond is terwyl die GEES van die Mens op Aarde mekaar benadeel deur net na EIE voordeel te kyk deur Seker te maak dat net die Beste na die Eie Gek gaan, sonder enige konsiderasie vir wat lewe wels werklik is as ‘n eenheid op een planet met ‘n onvoorwaardelike plan om almal te laat EET maar die EIE GEK is so begeesterd om nie Lewe te Gee as Gelyke nie en so is die GEESTELIKE van die Mens Beduiwel

Ek stel my ten doel om te Wys dat Vrede op Aarde net moontlik is wanneer die AARD van die Mens om te gee soos jy wil ontvang herstel is en ingestel is om Lewe te Eer

Ek stel my ten doel om te wys dat die mens net werk om aan hulself te Gee en dus eintlik Meer Neem as wat Nodig is en so baie Ontneem van die Geleentheid om ook ‘n Gelyke Lewe te hê

Ek stel my ten doel om te wys dat die Eie GEK nie lewens waardig is nie en Nooit die Ewige Lewe sal ontvang nie, want die EIE GEK kan nie eweredig gee nie

Ek stel my ten doel om te wys dat deur te Neem meer as wat jy Nodig het, oorlog geskep word en alle Moontlikheid van Vrede op Aarde Weggeneem word

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die EIE GEK NIE SAL Voortgaan na die Dood nie

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat GELT  soos dit Nou Bestaan, die skepping is van die EIE GEK wat dus net die EIE GEK  Eer en Eerste stel

Ek stel my ten doel om te bewys dat die GEES van die Spirituele is om te GEE soos jy wil ontvang en dat die Spirituele deur die EIE GEK oorgeneem is waar net die EIE GEK se REDE aanvaarbaar is

Ek stel my ten doel om te wys dat slegs deur te GEE nie die GEES van hoe jy wil ontvang, die Spirituele sal Heelmaak en Genees en die HEEL AL sal Herstel tot LEWE en EWE

Dag 10: Euwels is Heuwels

1 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om myself te omring met Euwels soos Heuwels rondom my dat ek net my eie lewe kan sien en maak asof ek niks anders kan sien nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om die verligting wat ek ondervind wanneer ek geld het om my te beskerm te verdraai as die Lig van God wat maak dat ek nie hoor soos ander Gil waar hulle nie die beskerming van die Geld God het nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Euwels net dinge is wat wat teen my eiendom en geld gerig is, waar my sekuriteit aangetas word en dat ek nie armoede en hongersnood en geldnood as euwels sien nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Geld die Weegskaal van Lewe is asof dit deur ‘n Hoër Hand gegee is sonder om te weeg in eerlikheid hoe die gawe van geld werklik werk

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat my verskoning dat God my die reg tot eiendom en geld gegee het nie gesien word as die euwel wat dit werklik is soos dit die aarde in ‘n doodsklem plaas waar der duisende sterwe net sodat ek agter my hoë heinings kan skuil en my tot die redding van die Geld God beroep asof dit die enigste beroep is wat die mensdom kan beoefen

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat euwels deur ‘n verblindende Lig verwyder kan word sonder dat ek met eerbaarheid sien dat die Lig net myself verblind om nie te sien dat die Euwels net groter Heuwels word en uiteindelik in Berge verander

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Geld wat ek aanvaar het as die oorsaak van alle Euwels, tog my enigste doel op aarde bly en ten spyte van my onderwerping aan die Euwel, ek myself voordoen as goedhartig en barmhartig

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat ek niks aan Euwel kan doen nie en dat slegs God my daarvan kan beskerm en dat ek sodoende Euwel opgehef het tot die Mag en Grootheid van ‘n God met my as arme Mens onderworpe aan die Euwel, sonder om met eerlikheid te kan sien dat dit Ek is as Mens wat alle Euwel Direk skep en so my Ewebeeld en Gelykenis as Skepper gelyk gemaak het as Euwel met die Aardse Bestaan as my bewys van my effektiwiteit in die skepping van Euwels

Ek stel my ten doel om alle Heuwels van Euwels uit te wys dat die Mens Wys kan word en sien wat hier as lewe deur die mens uitgeleef word

Ek stel my ten doel om uit te wys dat die Lig van Geld ‘n skaduwee van skade werp op die ganse mensdom en Aarde in die Algemeen

Ek stel my ten doel om te bewys dat Eiendom en besittingsreg die grootste Euwel is wat bestaan omdat geen mens wat enige iets werklik kan besit nie, want dit is tydelik. Net lewe mag dalk ewig word indien dit ewe aan almal gegee word

Ek stel my ten doel om te bewys dat hongersnood en armoede van baie gebore word deur die Rykdom van ‘n klein deel van die Mensdom

Ek stel my ten doel om uit te wys dat die weegskaal sal wys dat baie te LIG was en dus die Euwels van die wêreld doelbewus misgekyk het net om hulle eie besittings te beskerm

Ek stel my ten doel om uit te wys dat lewe die enigste Roeping is wat die Mens self kan op Beroep

Ek stel my ten doel om eerlikheid as lewe te beoefen en oor te dra aan elke Mens

Ek stel my ten doel om te bewys dat Barmhartigheid en goedhartigheid net bestaan waar Alle Lewe as Een Lewe gelyk geëer word

Ek stel my ten doel om te bewys dat die mens gelyk is aan Euwel en dus alle Euwel kan stop, want die Mens alleeen skep alle Euwel

Dag 9: Wat is Eerlikheid?

1 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat eerlikheid met geld eerbaarheid voorstel, terwyl eerlikheid vir lewe tot verdoemenis lei.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat geld meer waarde het as lewe, tot so ‘n mate dat my gedagtes die hele tyd wentel om geld en geen gedagte toelaat oor die wat sonder geld van hongerte sterf of in absolute armoede lewe, sonder selfs ‘n kans om hulle lewe te verbeter nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat vergelding gekoppel word aan die nie betaling van skuld, terwyl daar geen vergelding is vir die wat sterf van armoede nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die geld sisteem die enigste manier is wat op aarde kan lewe, ten spyte van die duidelike bewys dat dit vir meer as die helfte van die mensdom geen hulp bied nie en  baie dwing na ‘n vorm van dwang arbeid net om geld te kry om te oorlewe.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die geldstelsel die wil van God is, asof God besluit wie het geld en wie het niks, terwyl ek diep binne my weet dat God niks met geld te doen het nie. Dit is alles net die mens se doen en late.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om my oneerlikheid oor geld sover te neem dat  ek self tot God bid om vir my ‘n weg te skep met geld, welwetende dat alle geld en geldsake net die doen en late is van die mensdom.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat om my kinders te leer om alles te doen om eerste te kom in wat hulle doen, ek aan my kinders ‘n vals beeld van self eerlikheid en lewens eerlikheid gekweek het en sodoende die mens en aarde se toekoms besoedel het met die vrees vir die menslike euwel wat ek weet is gekweek net vir oorlewing.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat om met geld te wen, moet ek eerste die euwel daad doen voor dit aan my gedoen word en dat ek hierdie besluit van euwel herdoop het as my eerlikheid met myself, want ek het al so baie ervaar dat waar ek wou goed doen, het ek onder deur geloop. Nou maak ek maar soos al die mense maak en doen my bes om die oomblik van my euwel te beplan op die Nippertjie, sodat ek ten minste die beste kry uit die saak en so na myself kyk. So leer ons mekaar en ons kinders ken en vorseer ons mekaar en ons kinders om eerlikheid so te leef dat die Eie Ek altyd wen en die Geld God altyd die baas bly.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om elke Sondag kerk toe te gaan ten spyte van die feit dat ek weet met geldsake sal ek nooit doen wat die beste is vir lewe nie, maar ek sal altyd dit doen wat verseker dat ek weg kom met geld in my sak. Ek weet ook dat God in werklikheid nie die optrede sal goedkeur nie, maar my stem in die kop oorreed my keer op keer dat ek ‘n goeie saak het en dat God na my sal luister, want Hy sien mos alle dinge en Hy sal noudat ek my bes gedoen het om eerlik te wees, maar aan die einde moes ek eerlik wees met myself en na my eie familie en sake omsien, want ek is seker God sou dit so goedkeur. Ek is nie ‘n slegte mens nie, maar moet na my verantwoorlikhede omsien en sorg vir my familie wat God aan my gegee het.  Ek doen dus God se wil om die familie eerste te plaas. As dit nie so was nie, sou God aan my ‘n teken gegee het dat ek anders moet optree. So spreek die stem in die kop wie ek my leidsman gemaak het in my binnekamer waar ek al my geheime gesprekke voer en beplan, hoe ek gaan wen in die lewe, waar almal teen my is. Maar God is mos met my en waar God met my is, wie kan teen my staan, veral met die geld wat God my gegee het deur my te lei tot waar ek as wenner staan, as die stryder vir God- al is dit eintlik teenstrydig met regte eerlikheid en Jesus se voorbeeld, moet ek God se wil doen en my familie en sake beskerm.

Ek stel my ten doel om self eerlikheid as lewe te herstel tot die enigste eerlikheid wat werklik bestaan en wat sal lei tot ‘n wêreld van vrede en harmonie.

Ek stel my ten doel om die waarde wat in geld geplaas is so te verander en vir alle lewe te staan, sodat geld die simbool word van lewe wat slegs lewe ondersteun en so ‘n einde bring aan die oorlewings euwel wat alle eerbaarheid verdring het.

Ek stel my ten doel om die geld stelsel van skuld tot ‘n einde te bring deur die mens te help om die skille van die oë te was, om te sien hoe onmeetbaar die mens werklik geword het.

Ek stel my ten doel om uit te wys, oral waar die geldstelsel in die hand van die mens pyn en lyding veroorsaak, tot die wat blind is sien en die wat doof is hoor.

Ek stel my ten doel om die dwang arbeid, veroorsaak deur die geldstelsel, tot ‘n einde te bring, sodat almal in Vryheid kan lewe en die rykes nie meer die lewensarbeid van die armes kan koop vir ‘n appel en ‘n ei nie.

Ek stel my ten doel om die stem te wees wat die biddendes tot aandag roep, sodat hulle sien en hoor hoe gebede vir geld onsinbaar is, want met die mens se eie hand en wil kan die aarde omskep word in ‘n paradys.

Ek stel my ten doel om tot die aandag van almal te bring sodat lewe al is wat altyd eerste gestel moet word omdat dit die fondasie van eerlikheid en eerbaarheid is.

Ek stel my ten doel om die stem in die kop van elke mens te ontmasker en om te wys dat die stem nie werklik ‘n geheim is nie en dat die misbruik van die stem as die rigting gewer van besluite, werklik net lei tot ‘n lewenslose aarde wat geen respek werklik bestaan nie, want die Vals Beelde voor die lewensbeeld word gedien asof die lewensbeeld afhanklik is van die vals beeld, wat ‘n totale onwerklike leun is.