Dag 22: Gevoel is die Doel

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat die doel van die Lewe is ‘n spel van, Hoe Ek Voel, en tensy ek GOED voel het die Lewe nie ‘n Doel nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om hoe Ek Voel meer belangrik te maak as die Lewe Self en dat ek gevoel gebruik om ander te kry om met my saam te stem want as twee of meer soos EK VOEL dan moet Ek reg wees, ten spyte van ‘n Wêreld  wat bewys dat Ek niks Voel vir die Lyding wat my Voorkere en Gevoelens op die Vleismens neer gedaal het, want Ek wil altyd Eerste wees en Sal nie My Gevoelens opgee om Lewe Eerste te stel nie, want dan verloor Ek en Ek sal liewer die Lewe laat Verlore gaan voor ek gevoel opgee.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om van die Lewe ‘n Spel te maak wat ‘n Doel het wat die reg tot die lewe minder gestel het as die Doel van die Spel waar ek as Wenner uit die stryd kan kom met ‘n Doel wat my Lewe Rede gee waar die Doel My Lewe laat uitstaan as of Rykdom in Geld of Rykdom in Gees of Rykdom in Gevoel, want as Ek my Doel bereik, kan ek mos nie dom wees nie, want ek het die Doel van die Lewe Verstaan en twee of meer Stem met my saam en Ek is Dus met die Doel van God en staan nie Alleen nie, maar ek staan OOK nie vir die Reg tot Lewe vir Almal nie, maar dit maak nie saak nie wat dit moet die Doel van God wees wat ek Nooit sal kan verstaan nie, sê ek aan myself want Ek moet Myself Eer as Eerste, Lewe is nie my verantwoordelikheid nie, DIT IS GOD SE WIL

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Sonder Gevoel Lyding in die Lewens van Miljoene Mense op Aarde toe te laat solank EK Goed Voel en Voel ek bereik ‘n Doel sonder dat ek Soos ‘n Gek Voel omdat ek die Lewe vir ‘n Pot Lensiesop verkoop het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om op die hele doel van die Wêreld sisteem te Fokus rondom Individuele Gevoelsvervulling deur te fokus op die Spel van Mindere Self vervulling wat my Beter sal laat Voel oor My Lewe, want ek het aanvaar dat My Lewe net Waarde het as dit ‘n Doel het wat die resultaat het wat my GOED laat voel en dat Enige Iets wat my nie so gou moontlik laat Goed Voel nie, op die manier waar ek tevrede sal wees, kannie waar wees nie, want in die Spel van die duidelike Gevoelsvervulling kan Ek wen en Almal het mos ‘n kans om dieselfde te doen, maak ek self wys, sonder om te Besef dat Wysmakery ‘n skepping is wat Ek Maak in Belang van my Eie Gek in ‘n Wêreld so klein waar net Ek bestaan en die Lewe verkleineer word tot dat Niks werd is in werklikheid vir ander nie, maar net omdat My Lewe My Doel het, is Alles sommer net Reg en Sal ek nooit My Doel opgee nie, want My onmiddellike prentjie van My Lewe Lyk GOED en die werklikheid van die wêreld is Ver van My, want ek wil nie besef dat dit Net Geld en Kos en ‘n Dak oor my Kop is wat my Kop laat Raas met soek na ‘n Doel en snaaks genoeg sal Ek myself nie die Doel Gee om Lewe vir Almal as Een en Gelyk Eerste te stel nie, want ons kan mos nie ALMAL wen nie, want dan het ek Nooit ‘n kans om Spesiaal te wees nie en om Spesiaal te wees moet die Doel van die Lewe wees, want DAN voel EK goed en Ek is Mos nie ALLEEN in die gevoel nie, so ek moet my gevoel Najaag kom wat wil en Raas die Kop van die EIE GEK . Ek is Gek oor gevoel. 

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om op Opvoeding en Familie te fokus rondom die doel van die Unieke gevoel en dat Ek Die Rykdom van Gevoel die MEESTER van my lewe gemaak het ten spyte van die Daaglikse bewyse dat die gejaag na wind ‘n wêreld geskep het waar Lewe nie Eerste as Enigste Waarde Geëer word nie, maar dat ek die waarheid met ‘n eenvoudige waai van die hand kan afmaak as Onwaardig sodra dit indruis met my Doel van die lewe om die Droom te Soek waar my Lewe Goed sal voel,
Want dan het ek my doel vervul en so het ek my kinders van geslag tot geslag gelei tot die Slagting van die Lewe deur die Doel van die Lewe iets te maak soos Gevoel wat nie lewe nie Een en gelyk en Almal Eer nie, maar solank ek wen, is ek nie deel van die slagting nie, so ek moet reg wees anders sou ek mos ook gely het, maak ek myself wys.

Ek stel my ten doel om die MENSDOM te wys dat die RYKDOM van GEVOEL net die gierigheid van die EIE GEK  is wat Gevoel Hoër gestel het as Lewe en so ‘n wêreld hier geskep het wat lewe ONTEER deur lewe nie EWE EERSTE te stel nie.

Ek stel my ten doel om te wys dat WYSMAKERIGHEID nie Wysheid is nie en dat die Ouer as Onderwyser die kinders van Geslag tot Geslag mislei het oor die Doel van die Lewe en sodoende reeds groot dele van die aarde se oorspronklike lewe uitgewis het net om die Doel van Gevoel te vervul en dat die mens as lewe meer vermoëns, die aarde in ‘n paradys moes verander deur Gelykheid waar ALMAL Goed sal kan voel en nog steeds Uniek sou kon wees, maar nou het ons die aarde so verwoes, dat ons ons EIE belang sal moet opgee vir HIERDIE LEWE totdat ons ‘n Nuwe Wêreld geskep het waar die gelyke balans van lewe op aarde weer herstel is.

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat ALLE gedagtes nie vertrou kan word nie, want ek het toegelaat dat Gevoel die Lewende vlees word en so die ware lewe vernietig en tot niet verklaar en sal dan eers die moed moet hê om my vlees te reinig van die Outydse gevoelens want dit laat toe dat baie nie eers kos het om te eet nie.

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat daaglikse geskrewe van self vergifnis oor ‘n periode van MINIMUM 7 jaar uiteindelik die Vlees sal Reinig van die Onetiese Onmeetbare gevoelens en wanneer my Vlees gereinig is sal my Gees van lewe weer Rein wees en sal  ek nie meer beheer word deur die Gevoelens van die Sondes van die Vaders nie. Dan sal ek Lewe op Aarde kan Herskep en ‘n Nuwe Aarde tot stand bring, waar gevoel Eties is en Lewe Eerste gestel word.

comments (0)

Post a Comment